Skip to content

Die Meisies in hulle Kimono’s

September 2, 2009

S7306200Voordat ek Japan besoek het en sodoende meer van die land leer ken het, was daar twee dinge wat ek nie in Japan verwag het nie (as getuienis van my eie skandelik-gebrekkige kennis van een van die mees invloedryke state in die wereld), nl. kimono’s en kastele.

Oor die kastele skryf ek later, maar die vraag wat sekerlik gevra word is hoe ek dan nou nie kimono’s in Japan verwag het nie?

Natuurlik is ek bewus van die feit dat kimono’s so eg Japannees is soos sushi en sumo . Wat ek egter nie verwag het nie, is dat hierdie tradisionele kledingstuk steeds die dagdrag vorm van vele Japannese vrouens (en ook sommige mans). Die eerste keer wat mens dit op ‘n besige stasie ofS7306447 sypaadjie opmerk, neem jy verkeerdelik aan dat die vrouens op pad is na die een of ander tradisionele seremonie. Dan loop jy hulle egter weer en weer raak en begin besef dat heelparty (veral jonger) Japannese steeds hierdie pragtige drag alledaags dra.

Dit is anders in Korea, waar die tradisionele hanbok-uitrustings slegs gedra word na sekere spesiale en/of tradisionele geleenthede. Die dra van die kimono’s in die warm Japannese somers maak egter sin, aangesien hierdie drag koel en lig voorkom, anders as die Koreaanse hanbok. Die kimono’s vertoon ook vir my persoonlik soveel mooier en meer grasieus as die Koreaanse ekwivalent. En die mooie Japannese meisies lyk sommer nog mooier in hulle kimono’s.

En so van die Japannese meisies gepraat…hulle is baie aantreklik en sexy S7306448 en verseker meer so as die Koreaanse meisies (ek het ‘n paar Koreaanse vroulike kennisse wat my sal slag hieroor, maar gelukkig kan hulle nie Afrikaans lees nie).

In die stede, op busse, in treine en oraloor word jou sig gestreel en jy word visueel bederf deur die pragtige natuurlike skoonheid van die Japannese meisies. Meisies in bikini’s en skrapsgeklede poppies in koketterige onderklere kan maar verbyhou.

Gee my gerus ‘n Japannese meisie in ‘n kimono – stylvol, smaakvol, elegant en onweerstaanbaar sexy…

Aan die pragtige dame wat onwetend vir my model gespeel het:

“Arigato!”

Advertisements
27 Kommentaar leave one →
  1. September 2, 2009 10:20 nm

    Ek moet met jou saamstem. Die kimono’s is baie mooier en lyk net soveel beter as die hanbok/tente wat hulle hier dra. Die meisies is ook baie mooier en die mans is ook nie te sleg nie, maar een ding wat my opgeval het is dat hul net oor die algemeen soveel beter aantrek as die Koreane. Ek sweer, die oorgrote meerderheid Koreane is kleurblind!

  2. September 2, 2009 11:35 nm

    @ hanbok = tente 😆

  3. September 3, 2009 4:13 vm

    Is self verbaas oor die kimono-draery steeds vandag.. en moet saamstem oor hoe goed jou ‘model’ lyk!

  4. September 3, 2009 1:54 nm

    Ek dink sy’t geloer vir jou!

  5. September 3, 2009 6:45 nm

    Bib ek dink jy’s nou bietjie te lank in die Ooste! 😆

  6. September 4, 2009 5:10 vm

    Boer, skryf vir ons ‘n post en verduidelik jou naam. Die ballingskap-gedeelte spesifiek nou. Daar is in SA tans allerlei praatjies nadat daardie SAner in Kanada asiel gekry het van mense wat beweer hulle is in ballingskap en word uit die land uit gedwing en so-aan. Ek sou graag wou weet of jy ballingskap ook so bedoel en of jy dit eintlik meer ligsinnig aanwend soos “Boer aan die swerf” of so iets. Suggereer ballingskap vir jou ‘n gedwonge emigrasie of volg jy eintlik jou hart terwyl ballingskap eintlik ‘n selfopgelegde opoffering is wat jy maak sodat jy jou drome in die vreemde na kan streef. Dankie.

    • September 6, 2009 10:05 nm

      Dankie vir die belangstelling. As my antwoord eenvoudig was, sou ek jou sommer hier geantwoord het, maar ek sal so bietjie my gedagtes moet meet en woorde moet weeg, voor ek antwoord. Ek sal so ‘n inskrywing doen, maar dit gaan nie oornag tot uiting kom nie. My gedagtes het so bietjie tyd nodig om ryp te word.

  7. September 4, 2009 3:36 nm

    Ja BiB, ek wil ook lees wat die Piesangman se vraag se antwoord gaan wees.

    Miskien moet jy van die kimono’s SA toe stuur dat ons so ‘n mode hier kan begin. Dit lyk dem oulik en gemaklik. En pragtig met die sandale daarby.

    Miskien kan tannie Helen Zille die eerste ontvanger daarvan wees, en sodoende die mode openbare blootstelling gee. Soos die Madiba hemp, kan ons die Zille Kimono begin identifiseer! 😆 En kort-kort pluk sy ‘n lang swaard agter haar rug uit, en dreig die opposisie… Of is ek nou in die verkeerde movie? 😯

    Ek stem met Thea – jy is definitief te lank daar! Hoe sal klein Boertjies met skrefies ogies nou lyk??

    Lekker naweek!

  8. September 4, 2009 4:44 nm

    Wel, ek het ook nie geweet dat hulle nog tradisonele drag dra nie… Klink vir my boer het sy hart daar verloor? 😉

  9. September 5, 2009 11:53 nm

    Vir my was dit net so mooi – maar ek was te skaam om ‘n foto te neem!!

    Die teenoorgestelde van die tradisionel kimonos sien mens darem ook: die 30 jariges in “skoolklere” en al die cute-cute weird uitrustings!

  10. kaneelsuiker permalink
    September 6, 2009 11:42 nm

    Japan is my droom! Nog net drie jaar dan gaan ek soontoe verdwyn.

  11. illuminerend permalink
    September 7, 2009 3:24 nm

    Arigato vir die mooi kimono’s.

  12. September 8, 2009 3:24 nm

    Die kimono’s is vir my baie mooi!

    Ja Bib ek het ook al baie gewonder oor jou skuilnaam!!!

  13. September 8, 2009 7:01 nm

    Ek hou daarvan. Dit lyk baie beter as die Ninja klere wat die vrouens hier in die Midde Ooste dra. 🙂

  14. September 9, 2009 5:10 nm

    Jissie BiB, so van die os op die jas. Daai ‘multi-etniese mielies’ by jou foto’s….wil jy nie ‘n paar pitte in die pos gooi nie? Dit lyk bitter interessant! Is dit daar in jou geweste te vind?

  15. September 9, 2009 11:57 nm

    Die kimono, pragtig dankie. Ek was in ‘n museum oor geishas. En daar het ek kimonos gesien wat ‘n paar honderd jaar oud is, meters en meters regte sy. Amazing.

  16. September 25, 2009 8:24 nm

    ek het ‘n kimono, en mal daaroor. lekker geleees, dankie vir dit

Trackbacks

  1. Ballingskap « Boer in Ballingskap

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: