Skip to content

Dis amptelik!

September 23, 2009

korea-z-01 240309

Die FIA (Federation Internationale de l’Automobile) het Maandag bevestig dat die eerste Koreaanse F1 Grand Prix volgende jaar op 17 Oktober in Yeongam, Jeollanamdo sal plaasvind.

Ek kan nie nou-al bevestig dat ek dan steeds in Korea gaan wees nie, maar as ek nog hier is, kan ek wel bevestig waar ek die naweek van 15-17 Oktober sal wees.

17 Kommentaar leave one →
  1. September 23, 2009 12:27 nm

    Ek is nie so groot F1 fan nie, maar ek is seker jy sal 4 maande ekstra oorleef om dit te sien😉

  2. September 23, 2009 10:44 nm

    Ek gaan die sokker EN die Grand Prix kan inpas, want gelukkig oorvleuel dit nie!🙂

  3. September 24, 2009 4:01 nm

    Ons het hom hier in Abu Dhabi in November. Ek het geslaap en al die kaartjies was uitverkoop voor ek kon kry. Dit suck! Sal maar na volgende jaar sin toe gaan.

  4. September 25, 2009 7:42 vm

    Toe ek op hoerskool was het ek my ma geterg en gese ek gaan ‘n renjaer word…(was een van my belangstellings – toe) en sy wou die creeps kry…sy’t gedink ek’s ernstig (ek het my ernstig gehou)🙂 Ek hou nou nog so bietjie van “spoed”

  5. September 27, 2009 2:46 nm

    BiB
    Vat net jou oorpluisies saam….
    Mens se ore fluit erger na so ‘n grand prix as wat dit fluit na ‘n nagklub sessie
    Ek hoop jy kan dit maak. DIt is ‘n belewenis

    • September 27, 2009 9:54 nm

      Regtig lekker om jou weer in die blogwereld te sien!🙂 Welkom terug!

      • September 28, 2009 11:47 nm

        Die lus om te griffel is uiteindelik terug BiB. Dankie😉

  6. September 27, 2009 7:45 nm

    Waar wil jou hart wees daai tyd boertjie?

  7. September 27, 2009 9:55 nm

    My hart sal wees waar dit altyd is – by my geliefdes, waar hulle ook mag wees.

  8. Oktober 5, 2009 4:25 vm

    Hoop vir jou part jy is nog daar Boer! Met Fisi in die Ferarri-span het mens nou mooi gesien, dis nie sommer ‘n geval van gee ‘n ou ‘n rooi kar en hy’s ‘n potensiële kampioen nie, kyk maar na die verskil tussen hom en Raikonen. Maar met Alonso daar dink ek dit gaan ‘n ander storie wees!

  9. Oktober 6, 2009 10:54 nm

    Ek stem saam, Kop! Ek is ‘n baie subjektiewe Alonso-ondersteuner en glo hy sal baie goed doen in die rooi motor. Renault het net nie die motor gehad die afgelope 2 jaar nie en Briatore se manewales het ook nou nie eintlik gehelp nie.
    Ek moet egter byvoeg dat die jong Vettel my ook geweldig beindruk.

  10. Oktober 9, 2009 4:33 vm

    Boer, ek voel ‘n veer vir F1, maar ek sal vreeslik graag wil hoor waarna jy hier skimp. Kom jy terug na jou geboorteland? Ag ek hoop so. Ek sal graag met jou ‘n glasie witwyn gaan drink indien jy ooit hier uitslaan. Jou land het jou nodig.

  11. Oktober 9, 2009 10:31 nm

    Jy vlei my! Dat ‘n land nou my sal nodig he!🙂

    Ek keer een of ander tyd terug, maar vir hoe lank, weet ek nie…Ek neem jou egter op vir ‘n glasie wit (of rooi). Sal lekker wees!

    NS: Waar’s jou blog heen?????

Trackbacks

  1. Schumi jaag weer! « Boer in Ballingskap
  2. Die reuk van rubber op teer en twee blitsige bulle « Boer in Ballingskap

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: