Slaan oor na inhoud

“…want dis mos Chuseok”

Oktober 9, 2009

S7306849So dis Chuseok – ‘n tyd wanneer die hele Korea vir ‘n naweek migreer na hulle ouer- en/of grootouerhuise om saam danksegging te hou vir die komende rys-oes en eer aan hulle gestorwenes te bring. Die paaie is vol van die motors en verkeersopeenhopings aan die orde van die dag. So waar gaan jy die langnaweek? Jy neem die trein na Busan en spesifiek Haeundae – daardie plek wat reeds diep in jou hart S7306854gekruip het. Geen probleme met verkeersknope op die spoorlyn nie en die trein kruie rustig langs die see af tot by Haeundae-stasie. Daar aangekom, neem dit nie lank om ‘n geskikte en billike blyplek in ‘n motel naby die stasie te vind nie. Geen luukses hier nie, S7306855 behalwe ‘n rekenaar en internetkonneksie in jou kamer. Maar die vriendelikheid van die man agter die klein kantoorvenstertjie ken geen perke nie. Vinnig-vinnig kom hy met ‘n skinkbord aangestap vol songpyeon (die ryskoekies wat tradisioneel tydens Chuseok ge-eet word) en yslike krappote. Laasgenoemde word oopgeknip en die sagte, wit vleis met groot genoegdoening ge-eet. Later die naweek is daar nog ‘n hele paar gevalle van Chuseok -goedwilligheid.

S7306862Dan met die trein na die lewendige S7306858 inkopie- en sosiale distrik van Seomyeon. Daar word ure in die Kyobo-boekwinkel spandeer om weer ‘n slag ‘n voorraad Engelse leesstof te bekom (hulle het nie ‘n Afrikaanse afdeling nie). Teen die aand is die strate ‘n nes van wriemelende mense, klubs, winkels, kroee en restaurante. Die helder neonflitsende ligte en tipies oosterse reklame-geskrifte op die geboue omring jou. Mense koop en kuier by die honderde straatstalletjies. Hier slag ‘n man sorgvuldig palings uit die watertenk, daar maak ‘n vrou pajeon (‘n tipe Koreaanse pannekoek) of ttoekbokki (gemengde snysels ryskoek en gepersde visdeeg in warm rissiesous). Die geure en kleure oorweldig jou sintuie. Maar dis ‘n lekker gevoel – ‘n gevoel van lewe en S7306863S7306850gemeensaamheid, gestroop van enige paranoia. Jou maag voel leeg en jy word gekonfronteer deur ‘n oorvloed van kuierplekke en restaurante. Jy besluit op jimtak (oftewel, hoender en groente gemarineer en gebraai in sojasous). Dis ‘n baie aangename, groot bord kos.

S7306867 Dan verder die nag in. Al die winkels is tot laat oop en almal doen inkopies. Kyk hier by stalletjies, snuis-snuis daar deur ‘n paar winkels. En die talle haarsalonne is laat oop en vol klante (terplaatse is ‘n besoek aan ‘n haarsalon deel van die uitstappie na die middestad). Na aandete is dit tyd vir ‘n paar mengeldrankies by ‘n kuierplek met atmosferiese dekor en musiek.

Die volgende oggend breek ‘n pragtige bloulugdag (so tekenend van die S7306959herfs hier). Jy neem die bus na Yonggungsa – die tempel wat dramaties op die rotse by die see gelee is. Dit kom voor of helfte van Busan ook besluit het om die tempel te besoek, maar teen die tyd is jy reeds gewoond aan die feit dat jy selde oor ‘n naweek kan wegkom van die massas. Talle van die kinders is geklee in die tradisionele hanbok -uitrustings.

S7306897 En watter pragtige tempel is dit nie! Hier op die ruwe rotse waar die branders breek en die meeue krys. Dit is in 1376 opgerig, in die 16de eeu deur die Japannese afgebrand en weer ten volle gerestoureer in die 1930’s (ironies genoeg gedurende die tydperk vanS7306928 Japannese besetting). By die bruggie na die tempel is daar ‘n put waar jy jou munte kan werp vir goeie geluk. Jy werp ‘n paar munte wat ampers die oop rug van die steenskilpad tref en die Koreane vind dit komies.

Die wit pagoda’s is pragtig afgeets teen die blou see. Die tempel self is eg in Koreaanse tradisie in pragtige kleure afgewerk. Langs die hoofsaal, is S7306942daar ‘n groot goue Boeddha wat sit en glimlag. Oor die bruggie na die rotse onder, ontdek jy talle poeletjies met anemone en ander seelewe en jy dink aan die Kaap. Die branders se klots teen die rotse en spatsels wit skuim bring ‘n rustigheid oor jou. Die swart Bhodisatttva watS7306896 parmantig op die rotste sit met haar rug na die see,lyk eensaam, maar lok tog getroue aanbidders wat kom buig en geskenke van vrugte en rys op die altaar sit. Jy volg die paadjie terug verby die figure van die oosterse diereriem wat wagstaan en dan verskyn al die winkeltjies en stalletjies. Op pad gee ‘n vriendelike tannie vir jou ryskoekies, want “dis mos Chuseok “.

S7306935S7306944

S7306911 Terug met die bus en na Busan Akwarium by Haeundae -strand. Groot en netjiese akwarium met drie verdiepings onder die grond en ‘n watertonnel wat onder die reuse haaitenk deurloop. Dis ook in die akwarium waar jy die eerste keer piranhas sien – pragtige S7306975 silwerkleurige visse wat bedrieglik vreedsaam (by wyse van spreke) voorkom. In ‘n ander tenk betower die pylstertvisse se grasieuse onderwater maneuvers.

S7306998Met skemerlig wat vinnig donkerder word, ‘n laaste langskadu-stap op die strand. Die volmaan hang groots en helder bo die mensgemaakte liggies langs die strand. Die aand en naweek word perfek afgesluit in ‘n deftige wynkroeg. Jy is verheug om ‘n enkel bottel Suid-Afrikaanse wyn in die temperatuur-beheerde kelder te ontdek. Die glas of twee Fairview Goats do Roam is lekkerder as wat jy dit ooit in die Kaap kon onthou. En ‘n kaasbord op die huis, want…”dis mos Chuseok “.

S7307003

17 Kommentaar leave one →
  1. Oktober 9, 2009 1:28 vm

    Dit was weereens ‘n kuier om te onthou! Daai een wynkroeg moet net hul kersies beter plaas volgende keer vir my hare 😉
    Die kaas en wyn was die beste!

  2. Oktober 9, 2009 10:26 nm

    Amper was jou bynaam “Vlam” 😆

    Net jammer jy het nie daardie lekker krappote probeer nie!

  3. Oktober 10, 2009 2:21 vm

    Hahahahaaaaaaa…amper het ek kaalkop daar uitgeloop!
    Been there, done that en ek like nie die krap so baie nie…die manier wat die minus ogies dit eet het my bietjie afgesit!

  4. Oktober 10, 2009 6:27 nm

    As kind het ons ‘n stel boeke in die huis gehad “Kinders van die wereld” (8 volumes) en daarin was daar altyd eers ‘n stuk feitlike inligting oor die land, foto’s ens en dan “verhale” van daardie land, min of meer so 8 lande per volume. Ek het my gate uit geniet met daardie boeke en met jou foto’s en vertellinge laat jy my baie aan die stel boeke dink en wens ek ek het dit hier gehad om weer “as kind” daardeur te blaai. Ek moet eerlik se, ek het China/Japan nie baie geniet nie – maar jy maak dit meer “lewendig”. 🙂

    • Oktober 10, 2009 6:28 nm

      jammer, feitelike inligting, bedoel ek! 🙂

    • Oktober 12, 2009 10:06 nm

      My jare is gevorderd genoeg om hierdie boeke ook te onthou! 🙂 Sjoe! Jarrrrrre terug! Dankie vir die skakel.

      • Oktober 13, 2009 1:26 vm

        Ek weet van skole in SA wat die boeke steeds het, dit was altyd by die Naslaanwerke, maar dis nou by die Geskiedenis/Aardrykskunde-afdeling waar kinders dit mag uitneem. Dis baie waardevolle boeke met al daardie legendariese stories van elke land daarmee saam. Dis soos die Skatkis-boeke, die boeke is ‘n ware skatkis.

  5. Oktober 10, 2009 8:20 nm

    Lekker! En interessant of van Chuseok te hoor.

    Maar een van die dae gaan julle weer bibber, nê?

  6. Oktober 12, 2009 10:07 nm

    Inderdaad is die wintersklere reeds uit die kas!

  7. Oktober 13, 2009 7:48 nm

    Voel asof ek ook daar was! Dankie vir die lekker vertelling!

  8. Elsa (Maria) permalink
    Oktober 14, 2009 4:48 nm

    Geniet die skrywe gate uit. Wens ek was daar!!

  9. Oktober 15, 2009 4:13 vm

    Ek is mal oor jou foto’s!

  10. Oktober 18, 2009 1:08 nm

    Boer, dankie vir ‘n hoogs interessante en welgeskewe storie. Sounds like the kind of weekends I like. Dit was lekker lees.

Trackbacks

  1. ‘n Winterwegbreek by die see « Boer in Ballingskap
  2. Hierdie inskrywing is nie oor bofbal nie (maar was amper) « Boer in Ballingskap
  3. Somer op die strand « Boer in Ballingskap

Lewer kommentaar