Skip to content

Uit my BiBlioteek

Oktober 14, 2009

S7307009

Enigeen wat belangstel in wereldgebeure, internasionale tendense en ekonomie, sal Fareed Zakaria se The Post-American World boeiend en interessant vind. Zakaria is die gerespekteerde redakteur van Newsweek en aanbieder van die program Zakaria GPS op CNN.

Die boek kyk toekomsgerig na die skuiwende magspole in die wereld en fokus op “the rise of the rest“, soos Zakaria dit noem. “The rest” dui op die politieke en ekonomiese opkoms van ‘n verskeidenheid lande, met die sogenaamde BRIC-lande (Brasilie, Rusland, Indie en Sjina) aan die voorpunt. In hierdie verband skenk Zakaria verstaanbaar die meeste aandag aan die opkoms van Indie en Sjina. Die inhoud is boeiend, logies uiteengesit en met selfvertroue geskryf.

Sommige van die gevolgtrekkings en analises laat baie ruimte vir kritiek. Ander van die geskiedkundige analogiee en afleidings is debatteerbaar. Daar is vele gedagtes, voorveronderstellings en kreatiewe denkspronge. Soms kom dit voor asof Zakaria populisties omgaan met feite en plooi om sy eie oortuigings te staaf (soos maar meermale die geval is in populere boeke oor sake-van-die-dag). Hy noem byvoorbeeld vir Kenia (die 82ste grootste ekonomie in die wereld) in dieselfde asem as Suid-Afrika en Brasilie, maar laat na om Nigerie (die 41ste grootste ekonomie in die wereld en die derde grootste in Afrika) te noem. Inderdaad is daar baie kritiek te lewer, sou mens puntenerig wou raak.

Mens hoef egter nie met alles saam te stem wat Zakaria skryf nie. Die waarde van die boek le juis daarin dat dit debat ontlok en mens weer laat herbesin; jou weer dwing om jou eie standpunte en oortuigings te verken en aan te pas. In geheel bied die boek ‘n baie goeie analise van internasionale betrekkinge en hoe dit wat vandag plaasvind, die toekoms gaan vorm.

Aanhaling:

Things went badly for Britain from the beginning. It had more men and better weapons and was fielding its best generals. But the Boers were passionate in defending themselves, knew the land, had the support of much of the white population and adopted successful guerilla tactics that relied on stealth and speed. Britain’s enormous military superiority meant little on the ground, and the British commanders resorted to brutal tactics – burning down villages, herding civilians into concentration camps (the world’s first), sending more and more troops. Eventually Britain had 450 000 troops in southern Africa fighting a militia of 45 000.”

The Post-American World, W.W Norton, 259 bladsye, $15.95

Advertisements
11 Kommentaar leave one →
  1. Oktober 15, 2009 3:04 vm

    Dit sal seker maar moeilik wees om te weet waarheen dinge op die ou end gaan ontwikkel. Tans is ek redelik negatief as ek al die dinge sien wat die mensdom bedreig. Miskien gaan die Post-Amerika wereld meer soos die middel-eeue lyk.

    • Oktober 18, 2009 10:56 nm

      Soos ek ook hieronder se, dink ek nie die post-Amerikaanse wereld gaan so ‘n slegte plek wees nie.

      • Oktober 19, 2009 3:17 vm

        Ek stem saam, as dit bloot ‘n geval is dat die wereldorde so verander dat iemand anders die plek van die VSA gaan inneem sal dit nogal verfrissend wees. Ongelukkig is die wereld meer ingewikkeld en daar is allerande ander bedreigings wat nie noodwendig enigiets te doen het met wie die wereld orde oorheers nie. Daar wonder ek of die verskuiwingin magposisie nie ook gepaar sal gaanmet ‘n algemene val in die beskawing nie.

  2. Oktober 15, 2009 4:11 vm

    Baie interessant – ek gaan dit beslis aanskaf.

  3. Sammi permalink
    Oktober 16, 2009 3:33 nm

    Een ding wat my wel getref het op ‘n Emeritus vlug nou die dag, toe ek die plaaslike(daar) koerante gelees het, was hoe goed dit gaan in die “nuwe” ekonomiese lande. En ek het gedink: Jip, die era van die super-powers soos USA en UK is verby. Vir ‘n baie lang tyd. En wie weet omrede die Skrif vir ons vertel dat die Anti-Chris van die Ooste gaan kom, is dit soos ons dit ken, verewig verby?? Het my nogal aan die dink gesit. Weereens.

    • Oktober 18, 2009 10:51 nm

      Ekself dink nogals die post-Amerikaanse wereld sal nie so slegte plek wees nie. Ek dink ons het seker nou al genoeg gehad van die Amerikaanse empire. Die boek dui egter nie soseer op die wegkwyn van die VSA nie, maar eerder op ‘n wereldorde waar die VSA nie meer die enigste groot mag gaan wees nie – en dit is net goed.
      As dit by Openbaring kom, erken ek ek is ‘n leek. Kan jy dalk vir my die teksverwysing gee, Sammi?

  4. Oktober 17, 2009 3:26 nm

    Dit lyk baie interessant om te lees.

    Ek is bly om te sien dat daar darem een nie-Suid Afrikaner is wat die vergrype van Brittanje erken.

    • Oktober 18, 2009 10:54 nm

      Ek dink daar is baie buite Suid-Afrika wat die Britte se vergrepe erken. Dis interessant – in die boek voer Zakaria (in soveel woorde) aan dat die Boere-oorlog die begin van die einde was van die Britse Ryk. Voorts trek hy dan ‘n verband met die VSA se oorlog in Irak en Afghanistan – ‘n analogie waarmee ek nie noodwendig saamstem nie, maar wat mens aan die dink sit.

  5. Sammi permalink
    Oktober 19, 2009 11:45 nm

    Boer, hierdie verwys meestal daarna – daar is verdere melding in ander boeke ook
    Jesaja 10
    Jesaja 14
    Jesaja 31
    Daniel 7
    Daniel 8
    Daniel 11

    En hierdie een spreek nogal duidelik
    Esegiel 38

    Ek het hierdie baie lanklaas bestudeer, maar ek onthou tydens ons studies met ‘n top kenner dat hy tesame met ander kundiges, by daardie uitgekom het. Miskien kan Flippie bylas?

    • Oktober 20, 2009 6:01 nm

      Ek sal so bietjie gaan lees. Ek is maar van nature lugtig vir “kundiges” wat eksakte voorspellings oor die eindtyd maak. Die Bybel se voorspellings oor die eindtyd is van die mees misbruikste dele van die Boek en mense verval dikwels in apokaliptiese angs. Daar is ook vele verklarings vir die term “anti-Chris”, maar ek dink dis dalk ‘n debat vir ‘n ander dag en miskien op ‘n ander blog.

  6. Sammi permalink
    Oktober 20, 2009 9:41 nm

    Is goed so, Boer

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: