Skip to content

Ballingskap

Oktober 19, 2009

Ek het lank getob oor Piesangverkoper (ek sluit die skakel in, maar op die oomblik funksioneer sy blog nie…en hy het nog nie die probleem reggestel nie! ) se vraag oor die titel van my blog. Eers het ek die lang, omslagtige antwoord geformuleer, maar by nabetragting het ek hierdie antwoord te skel en negatief gevind. Daarom verskaf ek na keuse eerder die gereduseerde antwoord.

Ballingskap dui vir my op die tydelike en voorveronderstel ‘n moontlike terugkeer na die geboorteland. Daarenteen verteenwoordig emigrasie ‘n meer permanente toestand waarbinne ‘n terugkeer na die geboorteland nie voorsien word nie. Wat ballingskap (ironies genoeg) impliseer is hoop…die moontlikheid van veranderde omstandighede. In lig hiervan:

Die titel van my blog, Boer in Ballingskap, val lekker op die tong, maar dis nie al rede hoekom dit die titel van my blog is nie. Ek bedoel ballingskap in die tradisionele sin van die woord, nl. dat ek huidiglik die keuse maak om, weens ‘n sameloop van diverse omstandighede, eerder in ‘n vreemde land te woon, as in my eie geboorteland. Dis ‘n rasionele keuse gebaseer op die ontleding van ‘n stel spesifieke realiteite.

Dit is so eenvoudig soos dit.

Advertisements
29 Kommentaar leave one →
  1. Oktober 20, 2009 12:23 vm

    Ek dink nie enige een van ons sou hier gesit het as dit nie vir die sameloop van omstandighede en spesifieke realiteite was nie.

    Goed gestel.

  2. Sammi permalink
    Oktober 20, 2009 12:23 vm

    Ek het meegevoel – dis hoe my oudste innie UK ook daarna kyk. Sy hart lê hier -sal altyd – maar vir praktiese redes is hy daar.
    Sterkte Boer!

  3. Oktober 20, 2009 12:48 vm

    Moet erken, jou antwoord het my verbaas. Nooit gedink ek sal die woorde ‘tydelik’ of ‘hoop’ daarin raaklees nie. 😉

    • Oktober 21, 2009 10:09 nm

      Geensins onsensitief nie. En al was jy, is hierdie deurwinterde vel van my redelik dik. 🙂 Moet net nie dat die gebruik van hierdie twee woorde jou die verkeerde afleidings laat maak nie…

  4. Oktober 20, 2009 3:06 vm

    En ek hoop eendag sal dit moontlik wees dat julle die ballingskap kan ophef. Dis sleg dat ons land mense soos jy en Kaalvoet, en sekerlik vele ander ook, verloor, vir watter redes dan ook al.

  5. Oktober 20, 2009 5:36 nm

    Ek het nog nooit so daaroor gedink as dit by jou blog se titel nie. Dit klink net vir my lekker. Is ons nie maar almal in eennof ander ballingskap nie. Altyd iewers anders met die hoop om eendag terug tekeer na ons oorsprong. Fisies sowel as geestelik.

    • Oktober 21, 2009 10:13 nm

      Oor fisies en geestelik het jy dit gelyk. Baie mense leef ook maar in interne ballingskap, hetsy tov ‘n geboorteland of sommer van die wereld in geheel. Ek dink dis George Maru wat eenkeer genoem het dat ballingskap ook ‘n manier is van behoort en die woorde het my bygebly.

  6. Oktober 20, 2009 8:27 nm

    Ek wonder hoeveel Portugeuse destyds gedink het hulle sal dalk teruggaan Angola en Mosambiek toe?

    Anyway, wat ek eintlik wou sê, is dat Obama mos nou vir almal hoop gegee het – so baie dat hy sommer die Nobrain prys ook gewen het. So jy kan nou maar teruggaan. 🙂

  7. Oktober 20, 2009 11:40 nm

    Nooit anders daaroor gedink nie 😉

  8. rianabrand permalink
    Oktober 22, 2009 12:43 vm

    Ek het die eerste keer toe ek jou tegenkom op die www het ek op een of ander manier dit aangevoel – want jou webblog het iets verteenwoordig wat ek self ook gevoel het, maar nooit die moed gehad het om in woorde om te sit nie. Jou ondersteuning oor die jaar het ook gemaak dat my “innerlike ballingskap” stillietjies plek gemaak het vir ‘n gekiesde ballingskap – ‘n plek waar ek my nou veilig voel. Dankie vir jou mooi uitleg en bevestiging van my vermoede. Vir my is jy ‘n steunpilaar en inspirasie. Dankie daarvoor. R

  9. Oktober 23, 2009 10:53 nm

    Ek het toevallig gister terwyl ek aan my tesis gewerk het, op jou heel eerste inskrywing ooit afgekom.

    Jy wil dit dalk weer lees 😉

    • Oktober 23, 2009 11:57 nm

      Lekker om te weet sommige lesers lees so ver terug! 🙂
      Ek onthou die inskrywing baie goed. My gevoel het nie veel verander nie. Ek dink net my skryfwerk het verbeter en ek kan myself nou duideliker uitdruk.

  10. Oktober 24, 2009 2:16 vm

    Waarom het jou inskrywing se einde – “so eenvoudig soos dit” – my laat dink aan die gedig van Celliers: –“Dis Al”
    ——-

    Dis ’n balling gekom
    oor die oseaan,
    dis ’n graf in die gras,
    dis ’n vallende traan –
    dis al
    ———

    • Oktober 27, 2009 11:54 nm

      Baie mooi gepas. Al is daar baie om te ervaar, bly ballingskap maar ‘n hartseer saak en nie mens de eerste keuse nie.

  11. Oktober 24, 2009 2:19 nm

    Op die manier kuier ons darem lekker saam met jou in die vreemde en leer van die kultuur en dinge. Bly dus maar nog bietjie daar! Maar ek is bly om te hoor die hunkering is huistoe!

  12. Oktober 26, 2009 5:06 nm

    Ek het ook al gewonder oor jou blog se naam, nou wonder ek hoekom ek nooit maar net gevra het nie. Dankie vir die bevestiging van wat ek vermoed het.

  13. Oktober 28, 2009 4:52 vm

    Volgende adres? Enige idees waar jy graag sal wil heengaan?

  14. Oktober 28, 2009 9:45 nm

    George, waar ek graag sal wil gaan en waar daar geleenthede is, is nie altyd dieselfde plek nie. Ek sal sien wat oor my pad kom. Maar vir die rekord: ek sal glad nie omgee om ‘n wyle in Europa te vertoef nie, spesifiek Frankryk (en nie die Britse Eilande nie).

  15. Oktober 28, 2009 10:25 nm

    Europa is definitief ´n goeie plek om te probeer. Ek is nou amper 3 jaar in Duitsland, ´n halfuur se ry van Switzerland af en 20 minute se ry van Frankryk af. Ek dink dat ek nie genoeg sal kry van hierdie lewe nie, en daar is so baie wat ek nog wil sien dat ek nie oud genoeg gaan word om alles nog te sien en leer wat ek wil nie. Ek het 40 jaar aan SA gegee, en wil nou net hier bly in rus en vrede. Ek kan dit nie voorstel om terug te moet gaan na my geboorteland nie, want soos wat almal sê, die omstandighede het verander. Dinge is nie meer dieselfde nie en dit wat is is net herinneringe van al die goeie tye. Dit is wat op die ou end by ons bly en gee ons moed om nuwe dinge te ervaar en die herinneringe te bêre by al die ander. After all “home is where the heart is1”

  16. Oktober 29, 2009 10:00 nm

    Kathy, ek’s bly jy’t kom avatar wys hier by my sodat ek nou jou blog ook kan volg! Ek het familie in Switserland en Duitsland, so ek is wel bewus van die lewenskwaliteit in Europa. Dis nie om dowe neute dat hierdie lande bekend is as Eerste Wereldlande nie. Om die waarheid te se, na ‘n bietjie lees op jou blog, beny ek julle. 🙂 Europa roep my met ‘n seer hart en wie weet…

  17. Oktober 30, 2009 7:55 nm

    Hi daar.. dis my eerste keer op jou blog 🙂

    Ek stem saam met Kathy. Ek is nou 8 jaar in Holland, en wil ook nie terug gaan SA toe nie. Mens raak so vinnig gewoond aan ‘n lewe sonder geweld en probleme

    Ek is bly om te hoor dat jy hoop het om terug te gaan.
    Ek is te bang

    Groete

  18. November 1, 2009 4:46 nm

    Ek deel jou sentiment oor die Britse eilande, alhoewel ek dalk nog Ierland sal oorweeg. ‘n Land in Europa wat my deesdae wel baie trek, is Denemarke. ‘n Vriendin van my sê egter dat sy dink dit moet baie boring wees daar, want alles is net reg en werk en wat hulle as probleme beskou, verskyn nie eers op ons radar nie.

    Ek weet net nie so mooi van die winters nie 🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: