Skip to content

Effektief, vinnig, veilig en goedkoop

November 1, 2009

S7307011

Nou die aand, toe ek weer by ‘n busstop staan en kyk na die elektroniese bord wat aandui dat my bus nog 3 min. ver is, besef ek opnuut hoe gestroomlyn Korea se stedelike busstelsel is en, inderdaad, hulle hele openbare vervoerstelsel.

Hierdie elektroniese borde is reeds in gebruik in al die groter stede en is ook besig om uitgebrei te word na kleiner stede en dorpe. Die bord vertoon al die inligting wat jy nodig het, asook die weervoorspelling en ‘n klein televisieskerm waarop tv-programme en/of advertensies vertoon woord. En as die bus se volgende stop die stop is waar jy wag, verdwyn die aangeduide minute en word dit vervang met ‘n glimlaggesig.

Die aanduiding van die presiese tyd wat die bus gaan vat om by jou busstop uit te kom, vergemaklik mens se reis, aangesien jy nog op die laaste ‘n paar goed kan doen, as jy sou sien jy het nog tyd om mee te speel.

Die stedelike busse en interstedelike busse is ook eentonig reelmatig op tyd. Ditto vir die treine en moltreine. Oor die algemeen is die hele openbare vervoerstelsel in Korea ontsettend effektief, vinnig, veilig en goedkoop. Daar is in der waarheid bitter min plekke in die land wat jy nie met openbare vervoer kan bereik nie. Jy kan dus in geheel sonder ‘n voertuig van jou eie oor die weg kom. Dis hierdie totale en veilige onafhanklikheid van beweging wat mens ontsettend mis wanneer jy weer die dag in Suid-Afrika kuier.

Advertisements
24 Kommentaar leave one →
  1. November 1, 2009 11:09 nm

    Moet volkome saam stem. Dit is een ding wat ek baie mis in Suid Afrika. Openbare vervoer. Jammer om te sê, maar dit sal nooit daardie punt bereik soos in die Verre Ooste of sommige Europese lande nie. Ons kan seker maar net droom!
    “You set your watch according to a Swiss Train Time Table!”

  2. November 2, 2009 2:00 vm

    Sjoe, dit moet wonderlik wees!

  3. November 2, 2009 11:38 vm

    Dit is lekker om net terug te sit en te ontspan terwyl iemand anders die bestuurwerk doen. Dis natuurlik nie altyd so vinnig soos om met jou eie kar te ry nie, maar dis net so gemaklik!

  4. November 2, 2009 4:24 nm

    Dit wys maar net weer dat ons deel van die derde wêreld is. ‘n Mens kan mos nie van ‘n Volkswagen ‘n Mercedes se funksionering verwag nie, maar die probleem kom wanneer ons so aanvaar dat dit is hoe dit moet wees, dat dit ons nie meer plan nie. Ek is bevrees dat ons nie ver daarvandan is nie.

    • November 2, 2009 10:46 nm

      Jong, Attie, ek weet nie – Volkswagens is deesdae darem uitstekend, of wou jy net nie Hyundai noem nie? 😉

      • November 3, 2009 3:41 nm

        Dalk moes ek KIA genoem het. Hulle het my baie amper ‘n rat voor die oë gedraai.

      • November 3, 2009 10:13 nm

        Weet nie van Kia in SA nie, maar die Kia’s hier op die pad is deesdae eersteklas…miskien sou Tata die beste vergelyking gebied het.

  5. November 2, 2009 11:11 nm

    Nou hoe weet mens watter is jou bus in daai snaaks teks?

    • November 3, 2009 1:12 nm

      Dit gaan nie oor die teks nie, maar oor die nommer. As jy weet waarheen jy wil gaan kan jy maklik uitvind watter nommer busse oral daarheen ry!

  6. November 2, 2009 11:51 nm

    Toevallig dat ek self nou net ‘n blog-skrywe gemaak het oor die Koreaanse vervoerstelsel, en toe direk daarna jou eie skrywe lees. Ek moet ook saam stem dat hierdie vervoerstelsel een van die hoof dinge is wat ek mis elke keer wat ek Suid-Afrika toe gaan.

    Iets wat ek ook baie gemis het tydens my laaste kere in Suid-Afrika is die min tyd wat ek daar kry vir lees. Hier in Korea het ek altyd ‘n moltreinboek by my. Ek spandeer maklik twee ure per dag in busse en (mol)treine wat ek dan gebruik om te lees. Ek vind dit ‘n wonderlike manier om daardie “dooie tyd” met iets verrykend te vul. My ervaring was dat ek in Suid-Afrika, waar ek self moet bestuur, veel minder gelees het.

    • November 3, 2009 10:06 nm

      Ek spandeer nie so baie tyd op openbare vervoer nie, maar stem saam dat mens baie geleentheid kry om te lees, dink, musiek luister, video’s kyk ens. Ek het gewoonlik die koerant by my. Maar die lekkerste vir my is die gebrek aan verkeersfrustrasies. Met die openbare vervoer bly die bloeddruk altyd laag…behalwe soms as jy van die poppies sien inklim. 🙂

  7. luthien permalink
    November 3, 2009 1:34 vm

    Ek stem, mis dit ONGELOOOOOOFLIK!!!

    Ek dink op ‘n manier bring dit jou ook bietjie nader aan mense, aangesien jy saam met ander ‘n sitplek of bus of trein moet deel. Jy neem meer waar, knoop dalk selfs ‘n geselsie aan, vat ‘n slapie oppad iewers heen, lees ‘n boek of tydskrif of koerant, luister na jou gunsteling musiek op jou mp3 player as jy alleen iewers heen oppad is of vang gou bietjie die laaste paar sepies se episodes op jou DMB selfoon (dis nou meestal die Koreaane).

    Mis elke bus en subway en taxi en trein en spoedtrein … sug.

    me

  8. November 3, 2009 10:10 nm

    Lekker om weer van jou te hoor! Ek kan dink jy mis dit baie. Mens raak darem baie gou gewoond aan die gerief van openbare vervoer. En ek dink mens mis kan die DMB selfone net so mis, indien mens een gehad het.

    Miskien moet jy vir jou ‘n chaffeur kry. 🙂

    Mooiloop!

  9. meermin permalink
    November 3, 2009 10:17 nm

    Lekker middag vir jou. Of is dit nou al aand? Gaan loer gerus daar in op my blogs.

  10. November 4, 2009 4:17 nm

    Dis wonderlik om alles te sien wat almal ervaar. Hou aan pos, dis alles so interessant.

  11. November 4, 2009 5:55 nm

    Gelukkig is jy nie in Japan nie – blykbaar knyp die manne blykbaar die girls se boude op die treine. En partykeer loop mans ook sommer deur. (Dis net wat ek gehoor het…)

    Aan Attie: Hier in Australia ry elke tweede groot gesin ‘n Kia Carnaval. Dis ‘n puik voertuig om die minste te sê. Snaaks genoeg sien jy amper nooit Volkswagens hier nie.

  12. November 4, 2009 10:08 nm

    Ek was in Japan en niemand het my geknyp nie. 😦

  13. November 7, 2009 10:50 vm

    Dit was ‘n groot storie hier op die nuus, oor “groping” op treine in Japan. Blykbaar is die jong manne bietjie vulgêr as die treine baie vol is, en dan vroetel hulle rond waar hulle nie moet nie. Blykbaar het twee derdes van vrouens in japan al so iets beleef op ‘n trein.

    Nou dat ek daaraan dink, dit was in dieselfde tyd toe jy daar getoer het. Is dit toevallig? Het die verbande boer bietjie gryperig geraak daar op die eiland? 🙂

  14. November 8, 2009 12:21 vm

    Sjoe, aardetjie, Engeland kan gaan slaap, hulle sal nooit in der ewigheid daarby uitkom nie, hulle het nie eers in 2001 internetbanking gehad nie! [ek dink die Saffas het dit hier vir hulle kom doen]

  15. November 8, 2009 7:13 nm

    Lyk my ek het ‘n wanopvatting oor Engeland of miskien was ek te lanklaas daar? Ek was onder die indruk dat die openbare vervoer eerste klas is. In elk geval sal hulle dit moet opknap vir 2012.

    • November 8, 2009 8:55 nm

      Boer, Openbare vervoer is goed, nie so goed soos waar jy is nie. In vergeleke met SA – natuurlik eerste klas(briljant) in vergeleke met waar jy is – err… [n.a.v. wat jy hier vir ons wys] Moenie ‘n fout maak nie, hulle vervoer werk baie goed, maar hulle kan baie verbeter, bv waar ons nou is [nie te klein plekkie nie] is daar net busse op die uur na die volgende plek – dis nie aanvaarbaar nie, eerder dan elke 30 min. Ek het menige maal in Wes-Londen baie lank vir busse gewag – wat nie op tyd was nie. Die Underground is nogal goed, as jy kyk hoeveel mense daagliks daarop gaan, vertragings is minimaal – soms met tye nogal erg, maar dit gebeur min. Ek het voor 2001 Internetbanking in SA gedoen en my rekeninge dmv internet betaal – hier het hulle gedink ons praat van iets waarvan hulle nie weet nie toe ons vir perdrylesse oor die internet wou betaal. ABSA her al 3-4 jaar terug begin om ‘n sms (onmiddellik) vir ons te stuur elke keer as daar ingelog word in ons rekening…hier? no way..die Saffas moet dit seker nog vir hulle inwerking stel hier. 🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: