Skip to content

Nuut uit Hyundai se stal

November 5, 2009

Hyundai het al ‘n ver pad gevorder sedert 1967 toe hierdie motormaatskappy in die lewe geroep is. Tans is Hyundai (wat die Kia-handelsmerk insluit) die vierde grootste motorvervaardiger in die wereld in terme van jaarlikse motorverkope(naas Toyota, General Motors en Volkswagen ).

S7307220

Jare terug het mense vir jou gelag en snedige aanmerkings gemaak, sou jy ‘n Hyundai bestuur. Dan het jy hom ook maar so sku-sku uit die motorhuis getrek. Om eerlik te wees, was die eerste Koreaanse motors waarmee ekself kennis gemaak het, maar swakkerig afgewerk en nie op die standaard wat mens aan gewoond geraak het van Europese en Japannese vervaardigers nie. Die goed was effe blikkerig en raserig. Die motors se kwaliteit het deur die jare egter dramaties verbeter en deesdae lag mens nie meer vir Hyundai nie. Motor-entoesiaste en die motormedia is dit eens dat Hyundai nou op gelyke voete saamgesels met die res van die motorwereld. Dit is bevestig toe Hyundai se luukse Genesis verlede jaar aangewys is as Noord-Amerikaanse Motor van die Jaar. Kort daarna het Hyundai die aantreklike Genesis Coupe bekendgestel, wat eweneens geesdriftig deur die kritici ontvang is.

S7307184S7307187

S7306956S7306955

Hyundai se mees onlangse toevoeging tot sy stal, is die aantreklike nuwe Hyundai Sonata. Hoewel die nuwe Sonata eers volgende jaar in meeste oorsese markte vrygestel gaan word, is die motor reeds algemeen te sien op die pad hier in Korea. Ek dink die nuwe model is in terme van stilering ‘n reuse verbetering op die ou Sonata en definitief beter om na te kyk. Die Sonata is in ‘n 4-silinder 2.0 liter en 2.4 liter beskikbaar, asook ‘n 3.5 liter V6. Sy prys in Korea wissel tussen R150 000 en R180 000 (teen die huidige Rand-Won wisselkoers). Die motor is aansienlik groter as die vorige geslag Sonata en in alle eerlikheid ‘n bietjie groot vir my – ek verkies klein, blitsige motors. Die motor bly egter aantreklik en behoort strawwe kompetisie te bied in sy klas, veral in die mededingende Amerikaanse mark.

Advertisements
17 Kommentaar leave one →
  1. November 5, 2009 11:40 nm

    Glad nie sleg om na te kyk nie, maar ek dink ook dis ‘n groot skip daai. Ek hou van klein karretjies, veral die nuwe SOUL!

    • November 8, 2009 10:38 nm

      Stem saam oor die Kia Soul. In ‘n Onlangse Beeld-artikel het hulle hom baie positief beoordeel. Die nuwe klein Matiz is ook oulik.

  2. November 6, 2009 6:13 nm

    Met die hedendaagse Hyundai is daar weinig verkeerd. Soveel van die H100 lorrie-bakkies is op ons paaie, my ouers het self ‘n nuwe een waarmee hulle naweke na hulle Karooplaas gaan, en dit ding ry verdomp lekker.

    Ek dink dit sal ‘n fab camper maak met die regte tekkies en ‘n goeie kappie.

    Ongelukkig is die naverkope diens hier by ons maar AFRIKA, wat die produk ‘n slegte naam gee, maar ek vertrou dit sal ook eendag regkom.

    Die meneer op jou pic is gladnie sleg nie. Soos in not bad at all!!!

  3. Cijferkes permalink
    November 6, 2009 6:47 nm

    Ek’t maar net gedink Kia is tans GM… maar toe ek hier gelees het dis eintlik Hyundai het ek net gou skelm gaan loer by google en ontdek ek dat ek blykbaar Kia verwar het met Daewoo… Net om jou ‘n idee te gee hoe “goed” die Koreaanse karre by ons (of is dit dalk eerder “by my” ? *) in Europa bekend is 😉

    * = self bestuur ek ‘n Duitse motor en ‘k gaan verder net mooi swyg 😉

    • November 8, 2009 10:40 nm

      Goed om weer van jou te hoor! Ek dink dit sal nog ‘n tydjie neem vir die Koreane om werklik impak te maak op die Europese mark. Na my oordeel is Europese motors steeds tops.

  4. November 8, 2009 12:24 vm

    Chris – wat saam met my werk [IT tegnikus} gaan komende week na ‘n motor skou in [ek dink Manchester] en ek het hom gevra om vir my foto’s te neem – sal blog as dit goed is – gese jy sal daarvan hou. Hy is vreeslik “in” met motor-skoue en al die goete, julle sal lekker kuier. 🙂

  5. November 9, 2009 5:09 nm

    Jinne ek moet bieg ek dink die lyne het aansienlik verbeter….

  6. November 10, 2009 12:21 vm

    Ek dink hulle maak skitterende karre wat wonderlike waarde vir geld is. En hulle bied alles wat die ander het, terugkoop waarde is net so goed.

    Ek laaik hulle.

  7. November 10, 2009 12:23 vm

    Ek lees skoor se die naverkoop-diens is swak. Ek het nou my derde nuwe Hyundai in 5 jaar en die diens vir my was 120%. Maar dalk is dit nie oral so nie.

  8. Mefri permalink
    November 10, 2009 4:42 vm

    Ek is ook meer as tevrede met my Renosterkalf.

  9. November 10, 2009 11:04 nm

    Renosterkalf?????

  10. Mefri permalink
    November 11, 2009 3:26 vm

    V6 4X4 Tucson Hehe kyk mooi, hy lyk soos ‘n Renosterkalf en hy is so sterk soos ‘n os.

  11. November 11, 2009 10:08 nm

    😆
    Kyk bietjie na die nuwe Tucson: als behalwe ‘n renosterkalf!

  12. November 29, 2009 6:43 nm

    Ek sal binne die volgende 2 of 3 jaar moet dink aan nuwer ryding koop en die Tucson lyk vir my nogal aanneemlik. So ook klink die pryse daar oorkant, ek wonder of ons nie ‘n plan met ‘n vlot of ‘n dink kan maak nie!

  13. November 30, 2009 9:55 nm

    Jy kan nie verkeerd gaan nie, Kop! Oor die vlot, weet ek nie so mooi nie – daar is deesdae net te veel seerowers, maar ek kan dalk enetjie DHL. 😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: