Skip to content

32 spanne…1 doel

November 22, 2009

2010 fifa world cup logo

Die uitspeelwedstryde is verby en al 32 spanne wat volgende jaar in Suid-Afrika sake gaan uitspook, is bekend. Hier volg die lys, met die spanne se huidige FIFA-rangorde in (hakies). Groepwenners van die kwalifiserende rondtes word in kursief aangedui en voormalige Wêreldbekerwenners in vetskrif. Spanne wat al in ‘n halfeindstryd gespeel het, is onderstreep. Spanne wat al in eindstryde gespeel het, maar verloor het, het ‘n asterisks* by.

EUROPA:

  • Spanje(1), Nederland*(3), Italië(4), Portugal(5), Duitsland(6), Frankryk(7), Engeland(9), Griekeland(12), Switserland(18), Serwië(20), Denemarke(26), Slowenië(33), Slowakye*(34)

AFRIKA:

  • Kameroen(11), Ivoorkus(16), Nigerië(22), Algerië(28), Ghana(37), Suid-Afrika(86)

SUID-AMERIKA:

  • Brasilië(2), Argentinië(8), Chili(17), Uruguay(19), Paraguay(30)

ASIË:

  • Australië(21), Japan(43), Suid-Korea(52), Noord-Korea(84)

NOORD-en SENTRAAL-AMERIKA:

  • VSA(14), Meksiko(15), Honduras(38)

OSEANIË:

  • Nieu-Seeland(77)

Al bogenoemde spanne het al ten minste eenkeer vantevore vir deelname aan die Wêreldbeker gekwalifiseer, maar die volgende spanne kon nog nooit daarin slaag om verder te vorder as die eerste rondte nie:

  • Algerië, Griekeland, Honduras, Ivoorkus, Nieu-Seeland, Suid-Afrika

Die voormalige wenners van die Wêreldbeker is:

  • Brasilië (1958, 1962, 1970, 1994, 2002), ), Italië (1934, 1938, 1982, 2006), Duitsland (1954, 1974, 1990), Argentinië (1978, 1986) Uruguay (1930, 1950), Frankryk (1998), Engeland (1966)

Op grond van bogenoemde informasie kan mens seker dink dat jy reeds kan begin met tentatiewe voorspellings, maar baie hang saam van hoe die spanne groepsgewys geloot word vir die Wêreldbeker. Die loting vind op 4 Desember in Kaapstad plaas. Daarna kan mens dalk in die kristalbal begin loer…

Advertisements
3 Kommentaar leave one →
  1. November 25, 2009 3:48 vm

    Ek wil nou nie dom klink nie(ek weet maar min van sokker af), maar sou Suid-Afrika gespeel het as ons nie die wêreld beker hier in ons land gehou het nie?

  2. November 25, 2009 9:38 nm

    Nee, Suid-Afrika het slegs gekwalifiseer omdat die toernooi aldaar plaasvind. Ek glo nie Bafana sou andersins daarin kon slaag om te kwalifiseer nie. Van al die deelnemende spanne, is Suid-Afrika ook tans die span met die laagste posisie op die FIFA-ranglys.

Trackbacks

  1. Die slagorde is opgestel… « Boer in Ballingskap

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: