Skip to content

Weer opsoek na grafte

Desember 3, 2009

Op ‘n koel vroegwinter Sondagmiddag gaan soek ek te fiets die redelik afgeleë graf van Koning Beopheung, die 23ste heerser van die Silla Dinastie (57-935nC). Die geskiedkundige stad waar ek woonagtig is, Gyeongju (die antieke hoofstad van Silla ), is soos vele ander Koreaanse stede en dorpe, uitsonderlik fietsvriendelik en daar word met kilometers en kilometers fietspaaie voorsiening gemaak vir gespeekte wiele. Daarom kan mens te fiets bykans na enige plek in Gyeongju gaan en boonop in veiligheid. Ek het natuurlik nie in ag geneem dat hierdie spesifieke graf redelik ver is nie en ook moeiliker is om te vind as op die kaart. Ek het ook nie rekening gehou met die stewige opdraandes op pad uit Gyeongju uit nie, daar waar die fietspaaie eindig en die skouer van die pad ietwat van ‘n nagedagtenis is.

S7309618

Ewenwel, so blaas-blaas by die bulte op en af, swenk ek uiteindelik af op ‘n grondpaadjie wat (volgens die kaart) in die algemene rigting van die graf loop. Om die ou-end afgedraai met nog ‘n nouer paadjie deur bosse, landerye, gehuggies en plaaswerwe. Uiteindelik afgekom op ‘n pagoda (hier kan mens kwalik enige plek gaan sonder om ‘n pagoda te sien). Die bordjie vertel dat dit die pagoda van Hyohyeon is wat dateer uit die 9de eeu en ongeveer 4.6m hoog is. Die pagoda lyk egter soos meeste ander Silla pagodas en het niks met die graf van Bopheung te doen nie…behalwe dat dit veronderstel is om in die omtrek van Bopheung se graf te wees.

Al begin die son al effe kopsak, dog ek dat ek so ver gery het, dat ek sekerlik nog bietjie verder kan soek. Ek het immers nie al die pad gery net om nog ‘n pagoda te sien nie! En so word my deursettingsvermoë beloon, toe ek uiteindelik die welkome bruin bordjie gewaar wat die paadjie na Bopheung se graf aandui. Nog ‘n styl paadjie berg se kant toe met die fiets en toe te voet nog ‘n styler paadjie die bosse in om uiteindelik Bopheung se gemanikuurde graf te ontdek, waar dit rustig tussen die geboë dennebome rus.

S7309623

Koning Beopheung het geheers vir 26 jaar, vanaf 514-540. Hy word spesifiek onthou as die eerste Silla koning wat Boeddhisme as die amptelike geloof van Silla geproklameer het en daarna Heungnryunsa tempel laat bou het. In een van my vorige inskrywings vertel ek meer oor Heungnryunsa en die interessante aanloop tot die proklamering van Boeddhisme as amptelike geloof van Silla .

Gemeet aan die grafte van ander Silla konings, is hierdie graf besonder klein en nederig. Die graf is 3m hoog en maar 13m in omtrek. Koreaanse historici twyfel of hierdie werklik Beopheung se graf is, veral as sy verskeie prestasies in ag geneem word. Die feit dat hy Geumgwan Gaya (die belangrikste stadstaat binne die groter Gaya Konfederasie) oorwin en geïnkorporeer het, verskeie wette en ordinansies van krag gemaak het om die samelewing sosiaal te reguleer, ‘n kabinetstelsel daargestel het, Silla se eerste departement van verdediging geskep het en Boeddhisme as amptelike geloof gevestig het.

S7309625

Om eerlik te wees, het ek al meeste van die grasgrafte in Gyeongju besoek en hulle verskil meeste van die tyd net marginaal van mekaar. En verseker is Bopheung se graf een van die minder indrukwekkendes wat ek nog gesien het. Maar die bevrediging lê nie noodwendig altyd in dit wat jy sien nie – dis die soeke na die grafte wat ek so baie geniet. Om nuwe paaie en plekke te ontdek, die geskiedenis daaragter te bestudeer en afgeleë plekke te vind waar ek andersins nooit sou uitkom nie.

Advertisements
11 Kommentaar leave one →
  1. Desember 3, 2009 1:50 nm

    Ek dink ook dis baie lekkerder om net te verken as om spesifiek na grafte te gaan kyk. Hulle lyk almal dieselfde (min of meer), maar aan die begin was dit iets besonders om te sien nes die tempels. Daai opdraendes wat mens kry as jy uit enige dorp/stad ry is glad nie aangenaam nie!

  2. Desember 3, 2009 5:53 nm

    EK hoop jy het oppad terug die afdraendes geniet. Ek geniet jou vertellings.

  3. Desember 3, 2009 9:36 nm

    😆 Ek hou ook glad nie van opdraandes nie! Herinner my net aan hoe onfiks ek is! Ek stem… dis die “ontdekkingsreis” as mens dit so kan noem, wat dit lekker maak, die uitkom in die natuur, die vars lug ens. – die hele pakket.

  4. Desember 4, 2009 12:41 vm

    Ek probeer nou dink n.a.v. Nikita se post met Oom Fanus se idee van hoe mense van verskillende beroepe doodgaan, wat sou hy van ‘n Koreanse koning gesê het? Miskien, hy gaan hoopvol die hiernamaals in?

  5. meermin permalink
    Desember 4, 2009 7:30 nm

    Ag jy moet maar lekker soek na grafte want ek gaan jou nie help nie!

  6. kyker permalink
    Desember 5, 2009 9:14 vm

    Ek dink nou: Mense pas nou al amper 1,500 jaar lank, vanaf 540 reeds, die beskeie graf tussen die bome op. Dit sE nogal iets oor hoe belangrik hulle land se geskiedenis vir hulle is.

  7. Desember 5, 2009 12:22 nm

    Dit is so,kyker. Oral in Korea doen hulle ongelooflik moeite met bewaring van die geskiedenis. Hulle spandeer ook miljoene op restourasie ens. En daarvoor respekteer ek hulle geweldig.

  8. Mefri permalink
    Desember 6, 2009 9:15 nm

    Dit was nou lekker interessant gewees en ek hou hiervan: Maar die bevrediging lê nie noodwendig altyd in dit wat jy sien nie – dis die soeke na die grafte wat ek so baie geniet.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: