Skip to content

Die slagorde is opgestel…

Desember 5, 2009

500px-2010 FIFA World Cup logo11500px-2010 FIFA World Cup logo11500px-2010 FIFA World Cup logo11500px-2010 FIFA World Cup logo11500px-2010 FIFA World Cup logo11

Met groot fanfare het die trekking gister in Kaapstad plaasgevind om die 32 spanne wat gekwalifiseer het, in groepe te deel vir die eerste rondte van die 2010 Sokker Wêreldbekertoernooi. Daar is agt groepe en slegs die twee spanne wat bo eindig in elke groep, dring deur na die tweede rondte.

Voormalige Wêreldbekerwenners is in vetskrif aangedui; spanne wat al ‘n halfeindstryd gehaal het of as verloorspan in ‘n eindstryd gespeel het, is in kursief aangedui; die spanne se huidige posisie op FIFA se ranglys, word in (hakies) aangedui. Die groepe is as volg (vroeë gunstelinge arbitrêr aangedui volgens my eie subjektiewe oordeel):

  • GROEP A

Suid-Afrika(86), Meksiko(15), Uruguay(19), Frankryk (7)

Gunstelinge: Frankryk, Meksiko

  • GROEP B

Argentinië(8), Suid-Korea(52), Nigerie(22), Griekeland(12)

Gunstelinge: Argentinie, Nigerië

  • GROEP C

Engeland(9), VSA(14), Algerië(28), Slowenië(33)

Gunstelinge: Engeland, VSA

  • GROEP D

Duitsland(6), Australië(21), Ghana(37), Serwië (20)

Gunstelinge: Duitsland, Serwië

  • GROEP E

Nederland(3), Japan(43), Kameroen(11), Denemarke(26)

Gunstelinge: Nederland, Kameroen

  • GROEP F

Italië(4), Nieu-Seeland(77), Paraguay(30), Slowakye (34)

Gunstelinge: Italië, Paraguay

  • GROEP G (“Groep van die dood”)

Brasilië(2), Noord-Korea(84), Ivoorkus(16), Portugal (5)

Gunstelinge: Brasilië, Portugal

  • GROEP H

Spanje(1), Honduras(38), Switserland(18), Chili (17)

Gunstelinge: Spanje, Switserland

Ek beoog om op ‘n latere stadium meer volledig te skryf oor die onderskeie groepe, die individuele spanne se kanse en my persoonlike gunstelinge. Hou hierdie spasie dop.

500px-2010 FIFA World Cup logo11500px-2010 FIFA World Cup logo11500px-2010 FIFA World Cup logo11500px-2010 FIFA World Cup logo11500px-2010 FIFA World Cup logo11

6 Kommentaar leave one →
  1. Desember 5, 2009 2:56 nm

    Ek stem grotendeels saam, behalwe dat ek nie so seker is van Groep G nie. Ek dink enige iets kan daar gebeur en sal nie verbaas wees as Ivoorkus deurgaan nie. Verder dink ek Griekeland kan dalk Nigerië verras en Australië staan ook ‘n kans – dalk kleiner.

    As Suid-Afrika Meksiko wen in die openingswedstryd, dink ek ons kan deurdring na die 2de rondte. As ons daar gelykop speel of verloor, is ek bevrees dan is dit die einde.

  2. Desember 6, 2009 9:30 nm

    George, ek dink dat as Bafana die tweede rondte haal, kan hulle hul weredlbeker-veldtog as suksesvol beskou. Dit sal geen geringe prestasie wees nie. Ek stem saam oor die eerste openingswedstryd. Dit sal tot ‘n groot mate Bafana se lotgeval bepaal. Niks is egter onmoontlik nie en Bafana kan dalk net verras. Die geskiedenis is aan hulle kant: geen gasheerland het nog ooit vasgeval in die eerste rondte nie. Dit gese, glo ek steeds hul kanse bly skraal.

  3. Desember 6, 2009 10:03 nm

    Boer, dankie, ek veral sal die spasie dophou, nie dat ek nou hierdie groot aanhanger van sokker is nie, maar ek hou darem van die wereldbeker-wedstryde. SA sal natuurlik baie gou uitval.

  4. Desember 7, 2009 2:21 nm

    Dit was nogal snaaks hoe almal hoop om teen SA te speel…

  5. Desember 7, 2009 11:14 nm

    …was nogal komies. indien nie half hartseer nie. Natuurlik baat dit SA om ‘n totale buiteperd te wees – een of ander span gaan hulle dalk net onderskat.

  6. Desember 11, 2009 11:24 nm

    SA – nommer 86…. ook maar goed ons bied dit aan, anderste het ons nie ‘n plekkie gehad nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: