Skip to content

Die Kia K7 en ‘n spioenasiedrama

Desember 11, 2009

Hierdie is die advertensie vir die splinternuwe Kia K7 (in uitvoermarkte bekend as die Cadenza), die opvolger van die Kia Opirus (in uitvoermarkte bekend as die Amanti). Die K7 is Kia se luukse sedan en daar is groot hoop dat hierdie model sal bou op die sukses van die Opirus in veral die belangrike VSA-mark.

Die advertensie is gebaseer op die gewilde Koreaanse spioenasiedrama, Iris, wat tans hier op die kassie platskerm te sien is. Die nuwe K7 word as motor van keuse in Iris gebruik en vorm deel van Kia se omvattende bemarkingsveldtog. Tonele in die advertensie is hervervaardig  om ooreen te stem met werklike tonele in die TV-reeks.

Die akteur in die advertensie is Lee Byung Hun, wat een van die hoofrolle in Iris vertolk. Lee is ‘n bekende Koreaanse akteur wat oa in Hollywood se GI Joe: Rise of the Cobra te sien was. Lee is veral gewild onder die skoner geslag hier in Korea.

Ekself volg Iris en vind die reeks realisties, boeiend en interessant. Dus: ek hou van die reeks, die akteur, die advertensie en natuurlik die motor.

NS: Die TV-reeks is met Engelse onderskrifte op die internet beskikbaar.

7 Kommentaar leave one →
  1. Bertus! permalink
    Desember 12, 2009 9:01 nm

    Boer, ek lees op Attie se blog jy vra hom uit oor sy siening oor saamwoon voor die huwelik, toe kom loer ek dadelik op jou blog om te sien wat jy daaroor skryf, maar nog geen woord.

  2. Desember 13, 2009 10:19 nm

    Bertus, bly om te sien jy blog weer. Teleurgesteld dat jy geen opinie waag oor Lee Byung Hun of die Kia K7 nie.😉

    Ek voel bloot net nie ernstig genoeg oor die kwessie (saamwoon voor die huwelik) om ‘n inskrywing daaraan te wy nie. In kort: ek skaar my by wat Ds. Chris Jones oor hierdie kwessie gese het.

  3. Desember 14, 2009 6:07 nm

    Dis nogal goed geskiet, hoewel ek nie so seker is wat op aarde die emosionele flashback daar soek nie. Die kar self lyk ongelooflik…

  4. Desember 14, 2009 10:22 nm

    Die terugflits-tonele kom uit die TV-reeks. Maar ja, hulle kon dit maar gelaat het.

  5. Desember 15, 2009 3:52 nm

    Nogal cool ad ja. Moet stem dat daai stukkie met die sad musiek en terugblikke wel bietjie irriterend was, en sommer my aandag verloor het. Maar miskien is dit ook omdat ons nie die reeks ken nie?

    Eintlik dink ek dit is nogal ‘n baie oulike idee om die tv-reeks te gebruik.

  6. Desember 16, 2009 11:09 nm

    Ek is verslaaf aan die reeks! Dit is regtig baie goed en ek stem dat hulle die terugflits maar kon laat gaan het. Dit was ‘n baie goeie aksiebelaaide chase scene gewees en dis jammer hulle het nie mees daarvan in die advertensie gesit nie!

  7. Desember 18, 2009 12:07 vm

    @BiB – aaah, ok. dit maak baie meer sin.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: