Skip to content

dis koud hierdie kant van die dam

Desember 17, 2009

S7307243

Weervoorspelling vir Vrydag, 18 Desember 2009

Maksimum: -3

Minimum: -8

Windfaktor bygereken: -15

Advertisements
30 Kommentaar leave one →
  1. Desember 17, 2009 11:41 nm

    Nja-nja-nja…lekker, kry vir julle, hoor! 😆

  2. Desember 18, 2009 2:21 vm

    Sterkte! Ek sal maar liewer niks van die weer hierdie kant van die dam sê nie… nou-nou word jy jaloers! 😉

  3. Desember 18, 2009 2:39 vm

    Dit sneeu hierdie kant van die poel! Ek het vanmiddag deur ‘n storm van sleet/sneeu gery, die wind het nogal hewig gewaai en dik vlae sleet het om my neer gereen, dit was nogal erg, eerste keer dat ek so iets beleef, sneeu het redelik dikkerig geval, wereld lyk mooi die kant!

  4. Desember 18, 2009 3:05 vm

    Al is ek mal oor somer en son, sou ek nogal gehou het van ‘n regte wit kersfees, met sneeu, net een keer. Geseende Kerstyd BiB. Dink aan julle daar ver 🙂

  5. Desember 18, 2009 9:03 nm

    Ek voel daai koue wind hier op die eiland! Ek gaan die naweek nie eers my neus by die deur uitsteek nie. Volgende week se temperature lyk darem weer bietjie beter.

    • Desember 18, 2009 11:44 nm

      Ek gaan NIKS by die deur uit steek nie, wat nog te se my neus! 😆

      • Mefri permalink
        Desember 19, 2009 12:15 vm

        BiB, hoe op dees aarde bly mens warm is so ysige plek?

        Ek het lekker gelag vir jou opmerking. 🙂 Glo my, ek sal ook nie.

      • Desember 19, 2009 4:45 nm

        Baie rooiwyn en ‘n verhitte vloer!

  6. Desember 18, 2009 9:47 nm

    Die sneeu le lekker DIK hierdie kant vandag! Gelukkig is ek nou amptelik met vakansie van vandag af…lekker laat geslaap in hierdie koue…

    • Desember 18, 2009 11:39 nm

      Nikita, jy maak my jaloers! Hier waar ek woon is sneeu eerder die uitsondering as die reel. Ek moet altyd effe noord of oos reis om “regte” sneeu te beleef. Maar het myself belowe dat ek weer bietjie gaan ski hierdie jaar. Miskien moet ek maar net geduldig wees – die sneeu sal kom!

      • Desember 19, 2009 12:02 vm

        Ek hoop dit kom vir jou ook, sal bietjie vir die weervoorspelling vra om aan te stuur, dit val weer hier by ons, baie baie fyn flokkies -sjoe, hoekom lyk die woord flokkies nou snaaks met ‘n f – lol!

      • Desember 19, 2009 4:44 nm

        Ek vermoed vlokkies is met ‘n v…

  7. Desember 18, 2009 10:44 nm

    Ek hou glad nie van koue nie.
    Ek geniet die wonderlike somersonskyn ten volle!
    (Dit is so om en by 30 vandag in Jozi)

  8. Desember 18, 2009 11:43 nm

    Ek het nie soseer ‘n probleem met die koue nie en het ook al eintlik gewoond geraak aan die Noordelike Halfrond winters. Maar as dit nie sneeu nie, dan frustreer die sny-deur-murg-en-been koue my. Dan is dit net koud en die wereld om jou nie eers mooi nie. Bygese, vanoggend het ek migrerende swane by die (bevrore) rivier gewaar en dit was ten minste ‘n hoogtepunt.

    • Desember 19, 2009 7:28 nm

      Jy’s reg met v vir vlokkies 🙂 Hier by ons het die sneeu nog nie begin smelt nie, die sonnetjie is uit, maar hy’s maar koud. Nog sneeu word voorspel. Die strate is soort van rybaar, dus as jy so 10mph wil ry. Van Rooi Wyn gepraat. Ek het ‘n SA-rooie gekry: Luddite Shiraz 2005 (hulle voer net ‘n sekere aantal per jaar uit en ek het bottel nr2923 van 25400) Ken jy dit? Dan ‘n witte – Arniston Bay (The Tides – 2009) Ek ken hierdie twee glad nie. Die Engelse is soooooooo lief om vir jou ‘n bottel wyn te gee om “dankie” te se, ons sit hier met oor die 20 bottels wyn net oor die afgelope jaar en ek’s die enigste een wat “drink”! lol! Gee die ouens daardie kant ook graag wyn? Ek dink dis omdat dit in hul “kultuur” is om te “drink” die kant.

  9. Desember 19, 2009 8:58 nm

    Nou maak jy my nie net jaloers met die sneeu nie, maar ook met die wyn! Ongelukkig is die gebruik om wyn as geskenk te gee nie groot hier waar ek is nie. Ek dink ek moet jou kom help drink! 🙂
    Luddite Shiraz was (die laaste keer toe ek dit geproe het) ‘n baie, baie lekker Shiraz van Neil Verburg, as ek dit nie mis het nie. Definitief een van die beter Shiraz-wyne in SA. Dus: Ek’s jaloers!!!!
    En Arniston Bay….wel is maar Arniston Bay….drinkbaar en gou vergeetbaar.
    Geniet die sneeu en die wyn!! 8)

    • Desember 20, 2009 5:07 vm

      hi Boer, jy’s welkom om te kom help drink! 🙂 Ek is nie ‘n witwyn-liefhebber nie, dalk sal ek die Arniston Bay sommer in ‘n pons gooi. Jammer dat ek jou jaloers maak, sal nie weer nie 🙂

      • Desember 21, 2009 11:32 nm

        Nou gaan ek lelik met jou wees…ek maak jou die keer weer jaloers! Dit sneeu weer hier by ons! Die van 4 dae terug het nog nie eens ‘n mm gesmelt nie en die vlokkies val al vir ‘n uur lank hier! 🙂

      • Desember 23, 2009 12:37 vm

        Sies vir jou! 😕

  10. Cijferkes permalink
    Desember 24, 2009 1:53 vm

    Shame man, ek’s jammer om te lees jy kry die koue sonder die sneeu… but look on the bright side… : hier is dit (tot vandag nou, want vanaf môre het ek mos vakansie) elke dag 2x 42km op die kleinste paaie wat ‘n mens op aard’ kry, deur al die sneeu en ys (en die padsout wat al die yster en staal van jou kar opvreet) en ek belowe dit is nou ook nie baie lekker nie! O ja, en as mens by die huis kom en parkeer in die aand kan mens nie eers die handbriek gebruik nie, die kans dat dit sou vasvries deur die nag is net té groot by -6°C… Ek het wel ‘n motorhuis maar my BMW is te groot en moet dus buite slaap, met as gevolg dat die leer stoele in die oggend nou nie regtig ‘n baie aangenaam gevoel gee nie. Ek sou kan aangaan karring maar ek gaan nie 😉 Geseënde Kersfees en ‘n gelukkige nuwe jaar!!

  11. Desember 24, 2009 10:46 nm

    Cijferkes, goed om jou avatar weer hier te sien! Jy laat my so EFFE beter voel oor hierdie sneeulose Kersfees…

    In elk geval, Geseende Kersfees vir jou ook en sterkte met die koue! 8)

  12. Januarie 8, 2010 12:24 vm

    Nou-ja, ek het hierdie inskrywing geplaas voor ek Beijing besoek het. My definisie van die woordjie “koud” is heeltemal omvergegooi. Ek sal nog vertel…

  13. Januarie 8, 2010 4:27 vm

    Boer, ek se die keer niks…anders word jy weer jaloers 🙂 indien jy foto’s wil sien, kan jy op my woef se blog gaan kyk…20cm+ diep, maar ek glo jy het in Beijing meer gesien? 🙂

  14. Januarie 8, 2010 9:01 nm

    My stoep is gevries…letterlik! Die water van die wasmasjien het dit in ‘n skaatsbaan verander! Ek is nie gebou vir die plek se koue nie en ek laat my nie meer vertel dat vet alleen ysbere warm hou nie!

    • Januarie 8, 2010 9:43 nm

      Ek het so pas omtrent 20cm sneeu wat oral oor my kar dik aangepak het, afgespoel met water sodat ek die kar kan “rybaar” maak. Ek het agteruit gery in die stukkie “erf” hier voor ons huis in hierdie 20cm sneeu en dit was nogal scary…ek gaan oor ‘n halfuur moet ry – meer scary, ek moet ry- nie ‘n keuse nie. Die pad voor ons huis is soort van rybaar, selfs taxis ry dit vandag. Die straat begin met ‘n steil opdraende by ‘n sirkel en dis nogal gevaarlik, karre gly agteruit op daardie steilte. Ek glo ek sal ok wees daar as die taxis nou al hier verby ry, want hulle het eers geweier om die kant toe te ry en ons straat is die enigste straat wat ons toegang na die dorpie gee..’n lang straat. Ek sien nie uit na hierdie sowat 8km wat ek moet ry nie, maar moet, manlief sit in SA en nie hier om die rywerk te doen nie..hoe bederf raak mens nie!

    • Januarie 9, 2010 12:31 vm

      Ek kan maar net se: sterkte, Kaalvoet!

      Nikita, al my simpatie met jou situasie! Ek sien op CNN dis regtig erg! Ek moet se nadat ek beleef het wat ek in Beijing beleef het, het sneeu ook maar nou sy bekoring vir my verloor. Dit maak pragtige foto’s, maar verder is dit baie ontwrigtend.

      • Januarie 9, 2010 8:06 nm

        Baie ontwrigtend…ek se ook, dis prentjie mooi terwyl dit val en mens geniet dit, maar daarna kom die ongerief. Die pad – wat ek gister gery het – moes ek gisteraand na11pm weer ry…dit was letterlik ‘n lagie ys gewees, 10mph gery, maar op plekke effe gegly as ek om ‘n draai (sirkel) moes gaan. Dis nogal angswekkend om te ry, veral as dit die eerste keer is. Temp was redelik onder vriespunt.

Trackbacks

  1. Dis daai tyd
  2. My soektog na gespeekte wiele… « Boer in Ballingskap

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: