Skip to content

Oor Geloftedag en Amerikaanse skynheiligheid

Desember 20, 2009

As an Afrikaner, I take exception to the article of Barry Bearak: Holiday of White conquest persists in South Africa, published in the New York Times of December 16th, 2009.

Subjective and thoroughly biased, your report writer presents himself as somewhat of an expert on early South African history. In a thinly veiled derogatory manner Mr Bearak takes issue with Afrikaners’ annual celebration of the Day of Vow in South Africa. He not only juxtapose this celebration with the ideal of racial harmony in South Africa, but then goes on to marry the Day of Vow celebrations with racial inequality in South Africa and the general discrepancies between races in South Africa. Hereby Mr Bearak not only shows his own ignorance about South African history, but also exemplify the convenience of Americans’ own limited historical memory.

By subtly bashing the Afrikaners and their Voortrekker descendants, the writer conveniently forgets about the white American settlers’ own violent history of exterminating the native American tribes of North America during the 18th and 19th centuries. He conveniently (or purposefully?) does not remember the white American pioneers’ wars of conquest and the many battles that may be considered genocide today. The way the American settlers exterminated the native American Indians, is indeed a shame for most Americans. May I refresh your memory? Herewith just a few of the atrocities committed by white American settlers against the indigenous population of North America (and this list isn’t even exhaustive):

1818: The Chehaw Affair (about 50 Muscogee women and children killed)

1832: The Battle of Bad Axe (150 Indian men, women and children killed)

1850: The Bloody Island Massacre (60-100 Pomo people killed)

1853: Kaibai Creek Massacre (42 men, women and children killed)

1860: Wiyot Massacre (188 Wiyot women and children killed)

1862: Tonkawa Massacre (240 Tonkawa tribe members killed)

1863: Bear River Massacre (200 Indian men, women and children killed)

1864: Sand Creek Massacre (160 men, women and children of the Cheyenne tribe killed)

1865-71: The Yahi Massacres (200 of the Yahi tribe killed)

1870: Marias Massacre (173 women and children of the Piegan tribe killed)

1871: Camp Grant Massacre (100 Apache women and children killed)

1890: Wounded Knee Massacre (128 Sioux men, women and children killed)

Mr Bearak writes about the Afrikaners and the Voortrekkers, but doesn’t mention that the travels and trials of the Afrikaner Voortrekkers were not much dissimilar to those experienced by the pioneers of the Oregon Trail during the 19th century. To tell the truth it is very much the same: Attempts at deals with indigenous tribes for land expansion, treason, war and conflict between the European settlers and the native tribes. To see no correlation between the early European settlers and their expansion in North America and those in Southern Africa, is indeed shortsighted and reveals the writer’s bias toward Afrikaners. The surviving native American Indians were even horded into so-called Indian Reservations, not much different from the old apartheid regime’s bantustans. The last time I cared to check, the native American Indians – the original owners of American land – had to be satisfied with only about 2-3% of the land in the USA. Do you call this justice?

The writer further continues to mumble about the bad racial relations in South Africa, the inequality etc. As if this phenomenon does not exist in the USA. Please go and check your facts and see the significant inequalities that exists in the USA between African-Americans, Hispanics and white Americans.

The writer’s recall of the battle of Blood River and the circumstances surrounding this battle also leave much to be desired. You give absolutely no context to the battle and merely reduce it to the “slaughter of 3000 Zulus” (do you also refer to the “slaughter” of Stalingrad, where hundreds of thousands of Germans were “slaughtered”?). I beg you to give more attention to South African history when you write about South Africa again, but moreover: please inform yourself on your own bloody history of conquest and genocide, before giving your (oh so morally correct!) version of other peoples’ or countries’ histories.

At least it is not the Afrikaners or South Africa who are currently involved in two wars where poor civilians more often that not are the target of “precision bombing” by undiscriminating drones. It is also not the Afrikaners or South Africa that continue to support the illegal and violent Israeli occupation of Palestinian land.

And then Americans so often wonder why the world don’t like them…

32 Kommentaar leave one →
  1. Desember 20, 2009 9:40 nm

    Dankie! Ek het al baie gewens ek kan die arrogante Amerikaners sommer net hel toe stuur!🙂

  2. Desember 20, 2009 10:14 nm

    Well said!

  3. Desember 20, 2009 10:45 nm

    Encore!

    Unlike americans, South African Boers did not use Blood river as an excuse to set a continent ablaze, as the Americans did after Pearl Harbour.

  4. Desember 21, 2009 1:17 vm

    Excellent post! Self-righteousness seems to be an American trait. But what can you expect of a nation that is so ignorant regarding the world it lives in?

  5. Desember 21, 2009 1:38 vm

    Mooi so! 😉

  6. Desember 21, 2009 4:14 vm

    Stem!

  7. amanda permalink
    Desember 21, 2009 2:50 nm

    Ek het die betrokke artikel 3x herlees en ek is nog steeds in die duister oor jou heftige reaksie daarop. Ek sien nerens dat die skrywer soos jy dit stel, homself voordoen as ‘n “expert” op SA geskiedenis nie. Wil jy ontken dat rasse-verhoudinge in SA nogsteeds swak is? Dat mens die wantroue tussen kulturele groepe met ‘n mes kan sny? En dan is dit vir my ironies dat jy en die kommentators op jou blog presies dit doen wat julle amerikaners van beskuldig = venynige veralgemeende stellings oor ‘n land en sy mense wat julle nie ken nie. Dis presies dieselfde asom te se “alle afrikaners is rassiste”. Ja, daar is Amerikaners wat arrogant is en min weet van die res van die wereld. Maar nie almal is so nie (om Jeanne Goossen se titel aan te haal) – die Amerikaners met wie ek my lewe deel is nederige, hardwerkende mense – wyd-belese, intelligente denkers wat intens belangstel in ander mense se belewenis. En ek voel namens hulle beledig deur die venynige dinge wat hierbo gese is. En ek nooi julle uit om hier te kom kuier en die mense te leer ken, ipv om ‘n hele land en sy mense te reduseer tot ‘n paar geykte beskrywings

    • Desember 21, 2009 11:43 nm

      Wel lees dit nog 1 keer. Ek is jammer, maar weet nie waar hierdie man sy inligting gekry het nie. Ek get geen idee waar die Voortrekker Monument en Apartheid bymekaar uitkom nie? Dit was ‘n oorlog gedurende die Groot Trek, die slag van Bloedrivier. Hierdie man laat dit klink of een of ander sekte daar staan en mmmmmm in ‘n mantra, wat sy bedoeling is.

      Die rasseverhoudings is nog kak ja, en gaan so wees vir baie lank. Dit is ‘n feit… maar dit het boggerol met die slag van bloedrivier te doen, net soos wat die voortrekkermonument niks met versoening of apartheid te doen het nie. Sy skrywe trek aspris lyne tussen nie-verwante sake om sensasie te skep.

      Ek weet nie waar in Amerika jy jouself bevind nie, maar ongelukkig uit die meeste van my ondervinding en ontmoeting van Amerikaners, is dit baie na aan wat BiB hier beskryf het.

      • Desember 22, 2009 12:18 vm

        Ek het in my repliek nie eers aan die rasseverhouding-kwessie geraak nie, maar ek dink jy verwoord dit hier goed. Een van die snaakste dinge wat die skrywer kwytraak is soos volg:

        At the Voortrekker Monument, among those celebrating the Day of the Vow, barely a black person was in sight but for the men in blue uniforms picking up the trash.

        Ek bedoel…

  8. Desember 22, 2009 12:10 vm

    amanda, soos gewoonlik wanneer ek my vererg, is my reaksie op hierdie artikel emosioneel, in hiperbool en uit die aard van die saak nie subjektief nie. Maar soms het ek (wat meeste van die tyd verkies om rasioneel en beredeneerd te bly) ook ‘n behoefte daaraan om te mond uit te spoel en te se wat ek hier binne my voel.

    Jy sal egter sien dat ek spesifiek die skrywer van die artikel aanval en wat hy kwytraak, eerder as Amerikaners as ‘n kollektief. Ek dink jy sal saamstem dat die subteks van die artikel is dat Afrikaners nie hulle eie geskiedenis behoort te gedenk in Suid-Afrika van vandag nie. (Besef hy daar is verskillende volke met hulle eie tradisies en 9 amptelik tale in SA?) Miskien is ek te sensitief, maar tussen die lyne lees ek absoluut geen begrip of enigsins poging vir begrip vir die Afrikaner se geskiedenis nie. Die Slag van Bloedrivier (ja, dit was oorlog, nie bloot ‘n mensemoord nie) word ook glad nie in historiese konteks gestel nie. Die gemiddelde Amerikaanse leser (‘n regverdige veralgemening, glo ek) sal hierdie artikel lees en slegs onthou dat die Voortrekkers 3000 Zoeloes uitgemoor het sonder enige provokasie. Ek noem die skrywer “somewhat of an expert”, want hy skryf tog oor ‘n ander volk se geskiedenis en spesifiek dan die Bloedrivier en skep die indruk dat hy min-of-meer weet wat gebeur het.

    Wat my egter regtig kwaad gemaak het, is dat Amerika se eie bloedige geskiedenis geingnoreer word. In Amerika word die trekkers van die Oregon Trail spesifiek gedenk en hulle maak baie van hulle pioniers. Maar per implikasie wil die skrywer voorgee dat dit nie wenslik is vir die Afrikaner om sy eie geskiedenis te gedenk nie?

    Ek het self familie wat al jare in die VSA woon en het al met baie Amerikaners te doen gehad. Dit is inderdaad soos jy se: almal is nie so nie. Om die waarheid te se, nie die deursnee Amerikaner nie.
    Maar my eie veralgemeende en ongenuanseerde betoog is spesifiek gemik teen die skrywer en al die Amerikaners wat soos hy dink en voel. Dis nie dat ek noodwendig so spesifiek erg oor Geloftedag voel nie, maar ek is keelvol vir Amerikaanse kommentators se dubbele standaarde en morele skynheligheid, wat so dikwels in die pers tentoongestel word. Mens sal selde enigiets positief oor Afrikaners lees, ten spyte van die feit dat dit juis die Afrikaner is wat instrumenteel was in die demokratisering in Suid-Afrika. Die tendens strek baie verder en mens kry deurentyd die gevoel dat Amerikaners nie poog om veel begrip te toon vir ander volke nie en verkies om hulle eie menseregte-vergrepe onder die mat te vee. Hulle is altyd die eerste om te praat oor demokrasie ensomeer, maar hou vol om ondemokratiese regimes te ondersteun. Daar’s ‘n legio verdere voorbeelde.

    Ek dink my punt is bloot: Mense wat in glashuise woon, moenie klippe gooi nie.

    • Desember 23, 2009 2:52 nm

      …..of nie huil as ‘n klip hulle glashuisies tref nie….

  9. Emil permalink
    Desember 22, 2009 4:38 nm

    Ek het die artikel een keer gelees voordat ek Bib se repliek gelees het. Dit was nie nodig om dit weer te lees nie.

    Die skrywer se pure onkunde en vooroordeel is baie duidelik, en die artikel is emosioneel-gelaai. Sou dit bloot net as sosiale kommentaar aangebied word as één perspektief van ‘n indiwiduele ervaring, dan seker OK, maar vir die skrywer om hom voor te doen as ‘n kenner van die ingewikkelende nuanses en ragwerk van die Suid-Afrikaanse kultuur en geskiedenis sonder om behoorlik navorsing te gaan doen oor die etimilogie van sy teiken, is joernalistieke verkragting – en dan nog boon-op direkte verbintenis tussen dekades se geskiedenis trek so asof daar ‘n reguit lyn van die een gebeurtenis na ‘n ander getrek kan word.

    Bloedrivier het sy simboliek soos voorheen in Geloftedag erken wat nie vir almal dieselfde, vrome, positiewe betekenis het nie, maar dit verander nie ‘n enkele kapitel en iota van die geskiedenis van ‘n groepie mense wat laer getrek het om hulself en dit waarin hulle geglo het, te verdedig nie.

    Aan die hand hiervan is dit ‘n verdere skande dat die skrywers sy eie geskiedenis misken en kies om die paralelle te ignoreer wanneer Amerikaners 4 Julie vier.

    Daarom dink ek dat Bib se reaksie in die gees en trant van die oorspronklike artikel, nie ongegrond is nie.

    • Emil permalink
      Desember 22, 2009 4:40 nm

      Miskien moet ons vir Barry ‘n kopie van “New History of South Africa” aanstuur. Selfs daarin, met nuwe perspektief en al, word Bloedrivier se etimilogie erken en bespreek as ‘n gebeurtenis. “Morele” interpretasies het eers daarna gekom.

  10. Desember 23, 2009 12:42 vm

    Emil, al is dit jammer dat jy nie meer blog nie, is dit goed om te sien jy lees nog en lewer kommentaar. Ek dink jy brei die tafereel van my eie denke rondom hierdie kwessie baie goed uit. En dan nogal met keurige taalgebruik. Ek hou veral baie van die woordjie “ragwerk” en het dit lanklaas gehoor.

  11. Desember 23, 2009 3:51 nm

    Bravo BiB, BRAVO! Jy verwoord my gevoelens teenoor die artikel uitstekend. Solank ons toelaat dat ons geskiedenis afgemaak en afgekraak word, en nie opstaan vir ons verlede nie, SAL die nageslagte glo dat dit wat hulle lees, in die vorm van snert soos jy uitgewys het, wel die waarheid was, en skaam wees vir hulle herkoms.

    Dit is vandag maklik om klip te gooi of beskuldigings te laat spat oor die kuberruim. Wat ons nie uit die oog moet verloor nie, is die feit dat als wat ons vandag het, iewers begin het. Ja, selfs in doods angs langs ‘n rivier, binne-in ‘n laer! No guts, no glory.

  12. Desember 28, 2009 5:55 nm

    Puik inskrywing Bib. Ek is bly dat jy jou stem dikmaak oor die saak. Geloftedag het te make met ‘n gelofte wat ‘n groep van ons voorsate gemaak het in ‘n situasie waar hulle in nood verkeer het. As mens jouself as die nasate van hierdie mense beskou dat het hier gelofte betrekking op jou. Dit het niks te make met rassisme nie. Dis bloot ‘n geloofsaak.

    Dat die een of ander Amerikaner die vermetelheid het om homself oor hierdie saak uit te spreek is onsensitief, veral gesien in die lig van sy onkunde oor die saak.

  13. Desember 31, 2009 3:35 vm

    Kom ons vergelyk die Afrikaners met ander mense wat moes aanval ter wille van oorlewing (soos ek die storie gehoor het, moes die Afrikaners in die Slag van Bloedrivier doodmaak of doodgemaak word). Dalk is die Britte van die Tweede Wêreldoorlog ‘n goeie voorbeeld. Vier hulle soms nog die veldslae waarin hulle baie van die vyand vermoor het? En hoe word dit ontvang?

  14. Schalk W Jacobsz permalink
    Januarie 1, 2010 10:51 nm

    Die volgende inligting kom uit die amptelike joernaal van die emigrante Boere soos gepubliseer in De Zuid-Afrikaan te Kaapstad op 14 Junie 1839.
    Almal wou Pretorius aanstel as Hoofkommandant – hy weier – lot word gewerp en lot wys Pretorius aan.
    Hulle vroomheid en godsdienstigheid ten spyt misluk die eerste doelwit van die kommando met hulle aanval op Job se krale by Jobskop.
    Hulle lê gelofte af as gevolg hiervan op 9 Desember 1838. Dit word as volg genotuleer in die joernaal:
    “Sondagoggend voor die aanvang van die godsdiens het die Hoofkommandant diegene wat die godsdiens sou waarneem bymekaar laat kom en hulle versoek om met die gemeentes te praat dat hulle almal volywerig in gees en in waarheid tot God mag bid om Sy hulp en bystand in die slag teen die vyand en dat hy aan die Almagtige`n gelofte wou doen indien almal inwillig om, sou die Here ons die oorwinning gee, `n Huis ter nagedagtenis van Sy groot Naam te stig waar dit Hom sal behaag en dat hulle ook moes smeek om die hulp en bystand van God om hierdie gelofte verseker te kan volbring en dat ons die dag van oorwinning in `n boek sal aanteken om dit bekend te maak selfs aan ons laaste nageslagte sodat dit ter ere van God gevier mag word.

    Menere Cilliers, Landman en Joubert was verheug om dit te hoor. Hulle het hul gemeentes hieroor ingelig en hul algemene toestemming verkry.

    Hierna het die godsdiens `n aanvang geneem en die heer Cilliers het die diens in die Hoofkommandant se tent waargeneem. Hy het begin met sang uit psalm 38:12-16, hy het vervolgens die voorgebed gedoen en gepreek uit Rigters 6:1-24. Hierna het hy afgesluit met die gebed waarin voormelde gelofte aan God gedoen is en `n kragtige smeking om Gods hulp en bystand in die volbringing van die gelofte. Ons het verder gesing uit die 12de en 21ste verse van voormelde 38ste psalm en hy het die godsdiens afgesluit met die sing van psalm 134.”
    (9 Desember 1838 was 21 Kislew en 16 Desember 28 Kislew – die 3de en 4de sabatte van die maand Kislew, die 9de Israelmaand – die geboortemaand van Johannes die Doper; lees Lukas 1:26->; sien ook Jesaja 40:3)
    Hierna word die gelofte elke aand herhaal tot op 15 Desember en die gelofte is met ‘n eed verseël.
    Boere word by Bloedrivier aangeval deur ongeveer 25,000 Zoeloes waarvan 300 plus met vuurwapens toegerus was. 3 Boere gewond, net met assegaaiwonde; ruim meer as 3,000 Zoeloes sneuwel (soos getel op Maandag 17 Desember).
    Die gelofte, om vir die Almagtige ‘n volk te word, is nog nie nagekom nie.
    Tydens die slag van die Opatikloof 11 dae later op 27 Desember 1838 sneuwel 11 man: Die Engelsman Biggar, 5 van sy Zoeloemeelopers en 5 Boere. (155 + 1838 = 1993 wat ten einde loop met April verkiesing 1994.)
    Die God van Abraham, Isak en Jakob, JHWH van die leërskare leef!
    Johannes 15: 1 “Ek is die ware wingerdstok en my Vader is die Boer.”
    Boervolk ontwaak!

    • Januarie 8, 2010 12:20 vm

      Schalk, ek weet nie of ons politiek presies ooreenstem nie, maar dankie dat jy die moeite gedoen het om kommentaar te lewer en vir die historiese verwysings in jou kommentaar.

  15. Januarie 3, 2010 5:49 nm

    Die Angelsaksiese pers is nog maar altyd lief vir ‘n ligte Boerslanery, netsoos feitlik almal ook maar in die geheim graag ‘n stekie oor die Amerikaners inkry. Sover ek weet, vier die Amerikaners lustig Columbus Day en Thanksgiving (wat glad nie só onskuldig is nie). Die artikel in die NY Times is vir my nie so erg nie en dit maak wel ‘n paar belangrike opmerkings. Die feit dat al hoe minder Suid-Afrikaners ‘n veelrassige alledaagse ervaar het my ook al opgeval. Die rasseminderhede natuurlik nie, maar die rassemeerderheidsgroep groei en baie (die meeste?) het bitter min begrip van hule landgenote se kultuur en denkwyse en amper geen kontak. Één van die simptome is dat die persentasie Suid-Afrikaners wat ‘n SA-taal van ‘n ander rassegroep (behalwe Engels) praat m.i. drasties aan die afneem is. Ek sien nie, teen die huidige tempo, ‘n reënboog in die toekoms nie, hoogstens ‘n donker wolk met ‘n silwer rand. Vergelyk dít alles met meer welvarende lande soos die VSA, Australië of die VK waar ‘n enorme ophef van die kultuur van minderhede gemaak word en waar sensitiwiteit eintlik heeltemal oordoen word.

  16. Januarie 8, 2010 12:23 vm

    Petrus, dankie vir jou kommentaar. In wese stem ek saam met jou, veral jou laaste twee sinne. Dat die begrip “reenboognasie” bloot lee retoriek geraak het, is ongelukkig wel so. Oor die artikel self, dink ek Emil het in #9 my eie gevoelens goed opgesom.

  17. Schalk W Jacobsz permalink
    Januarie 8, 2010 4:12 vm

    Ek weet nie wat politiek met die saak te doen het nie.
    Maar dink hieroor na:
    Die gelofte was ‘n aanbod van kontrak teenoor God om vir Hom iets te doen in ruil vir oorwinning in die komende geveg teen die vyand. Deur aan hulle die oorwinning te gee, het Hy hierdie aanbod van kontrak aanvaar.
    As die gelofte was om die dag te herdenk waarom was God so wreed om op twee verskillende dae aan hulle die oorwinning te gee. Almal herdenk die 16de Desember. Maar wat van die geveg in die Opatikloof 11dae later op 27 Desember toe 300 kommandolede te perd in ‘n Zoeloelokval beland het en heeltemal omsingel was deur meer as 5,000 Zoeloes. Hulle het nege uur lank geveg al met die Wit Umfoloos op. In die laaste drif het ‘n klompie man in die welsand vasgeval, van die Zoeloes het tussen hulle ingekom en 11 man gedood.
    (1 Engelsman, Biggar, 5 van sy Zoeloes en 5 Boere. Interessant, 155+1838=1993: die laaste jaar van blanke bewind in die RSA.)
    Waarom word die 27ste Desember nie ook herdenk nie?

    • Januarie 9, 2010 12:33 vm

      Ek moet bieg ek weet nie van die Opatikloof-voorval nie, maar gaan nou so bietjie oplees daaroor.

  18. Januarie 8, 2010 4:58 vm

    CONGRATULATIONS!!! Bib!! BRILLIANT!! [ek weet nie hoekom ek die skrywe gemis het nie? – seker maar die sneeu se skuld .lol][o ja, ek het my Amerikaanse skaakvriend hierheen verwys…hoop hy kom lees hier…Dan…hy het ‘n graad in Geskiedenis…maar soos ek die Amerikaners ken, sal hy nie kommentaar lewer nie – sal snaaks wees as hy- maar baie vinnig eerder net soetjies verdwyn en voorgee hy het nie hier gelees nie…hahaha…]

    • Januarie 9, 2010 12:35 vm

      Jong-ja. Soos ek gese het, is my inskrywing in hiperbool en oordrewe. Dis maar net hoe ek gevoel het. Sal ook nie al die Amerikaners oor dieselfde kam skeer nie. Se maar vir jou skaakvriend ek is nie ‘n monster nie!😆

      • Januarie 9, 2010 1:18 vm

        Nee boer, glad nie. Mens moet ontslae raak van frustrasies en se wat jy wil se wanneer jy so voel. Jong, ‘n Amerikaner is ‘n Amerikaner is ‘n Amerikaner…🙂 Nee, Dan is darem al meer aan die “volwasse” kant en hy weet darem hoe ek ook voel oor “dinge” en politiek-gewys is hy aan “ons” kant en voel soos ons voel oor dinge wat gebeur en wat nou in Amerika soort van ook “afspeel”, dus, ek het maar ook net soort van gegrap toe ek gese het hy sal tien teen een nie ‘n boodskap los nie. Probleem is, die wereld daar buite dink hulle weet wat aangegaan het – maar hulle het nie ‘n clue nie…selfs hy [wat ‘n hoe kwalifikasie in Geskiedenis het en baie belese is] het dinge maar bietjie “verkeerd” gehad en nie al die feite op die tafel gehad nie. O ja, my boek deur Winston Churhill het vanoggend hier aangekom – een van my onlangse bloginskrywings oor die boek gemaak – “The Boer War:London to Ladysmith….” Lekker dik, net jammer dit kom hier aan ‘n week later as dit moes, nou is my leestyd beperk.

  19. Januarie 14, 2010 12:08 vm

    Nog so ‘n bietjie verpligte leesstof vir mnr. Bearak…

    http://www.guardian.co.uk/commentisfree/cifamerica/2010/jan/11/mawkish-maybe-avatar-profound-important

  20. Schalk W Jacobsz permalink
    Januarie 14, 2010 1:30 vm

    Die slag in die Opatikloof is gelewer deur dieselfde kommando, die Wenkommando soos dit na die stafveldtog genoem is, as die slag by bloedrivier.
    Almal dink die gelofte was om die dag te herdenk. Maar watter dag? Almal weet van 16 Desember maar mion mense weet van 27 Desember. Daar word beweer dat die walaer en die Boere se vuurwapens die rede was dat niemand aan Boere kant gesnseuwel het nie. Maar etlike honderde Zoeloes was met voorlaaiers toegerus by Bloedrivier.
    In die Opatikloof is 300 van die Boere wat by Bloedrivier geveg het, deur 5,000 Zoeloes omsingel en die Boere was te perd. Hulle het 9-uur lank geveg om te ontsnap.
    Hulle ontsnapping uit hierdie omsingeling was ook wonderbaarlik veral as ‘n mens in gedagte hou dat ‘n Britse regiment van 1,600 toegerus met Martini-Henry agterlaaiers, 9-ponder veldkanonne en vuurpyle in 1879 deur ‘n Zulumag van 12,000 man met assegaaie uitgewis is.
    Daarom vra ek, as die gelofte was om die dag te herdenk waarom het God besluit om die redding oor twee dae te versprei en waarom word die tweede dag van redding, 27 Dessember, nie ook herdenk nie?
    Die waarheid is dat die gelofte nie was om die dag te herdenk nie.
    Die genotuleerde bewoording in die amptelike joernaal gespubliseer in De Zuid-Afrikaan op 14 Junie 1839 was “… dat as die Here aan hulle die oorwinning sou gee hulle ‘n Huis ter gedagtenis van sy groot Naam sa stig waar dit Hom sal behaag en dat hulle God sou smeek om sy hulp en bystand om hierdie gelofte verseker te kan volbring”.
    Dit is ook genotuleer dat die gelofte in 3 afsonderlike dienste deur drie voorgangers, Cilliers, Landman en Joubert, tydens die oggenddienste in drie afsondelike tente verwoord is.
    As iemand beslangstel, kan ek hom/haar van ‘n elektroniese afskrif van ‘n Boerse (Afrikaanse) vertaling van die joernaal voorsien.
    Terloops, Boere is nie Afrikaners nie. Die Afrikaners van die Afrikanerbond wat in 1880 deur ‘n predikant in die Kaapkolonie gestig is in 1880 het in 1882 onder leiding van “Onse Jan’ Hofmeyer besluit om weg te beweeg van ‘n eklsusiewe Afrikaner beweging en lidmaatskap van die Britse Ryk en die soewereiniteit van die Britse koningin te aanvaar. Daarmee het hulle vir ewig vrywillig afstand gedoen van hulle onafhanklikheid.
    Cahmberlain het dit in 1898 as voorwaarde vir ‘n oorlog teen die ZAR aan Milner gestel dat die Afrikaners in die Kaapkolonie kant moet kies vir die Britse Ryk. Nie net het hulle kant geskies vir die Britte nie maar hulle het die Britse oorlogspoging bemagtig deur hulle spoorweë tot beskikking van die Britsse leër gestel. Die Britse Ryk het ‘n militêre mag van 450,000 troepe gebruik om die Boervolk van in totaal 180,000 siele te onderwerp om beheer te kry oor die ZAR se goudvelde. Die Afrikaners het aan Britse kant teen die Boere geveg.
    Die Afrikaner is die Boer se grootste vyand want hy gee voor om sy broer te wees. Die Afrikaner het gehelp om ons van ons soewereiniteit en identiteit te beroof en uiteindelik in ons eie land in knegskap te dwing onder ‘n vreemde en barbaarse regering.
    Op die oomblik eskaleer die plaasmoorde. ‘n Egpaar is vroeër vandeesweek eers met vleishake vol gate gekap, toe verder gefolter en uiteindelik met ‘n haelgeweer doodgeskiet.
    Daar sterf meer plaasboere jaarliks in Suid-Afrika as Amerikaanse soldate in Irak.
    Die sleutel vir die begin van die moorde was die dreunsang “Kill a Boer, kill a farmer” van oorle Peter Mokaba wat Thabo Mbeki voorgegee hat as net ‘n manier van sê – maar die doodstraf is opgehef sodat die kaders die boere kan uitmoor om sodoende uiteindelik die grond vir swart boere te bekom.
    Vriendelike groete aan alle blankes wat hulle broers in Suid-Afrika en in Duitsland vir die wolwe gegooi het.
    Schalk W Jacobsz

  21. Januarie 14, 2010 3:54 nm

    Schalk, kan jy daai joernaal aan my epos asb

    skoorbek@gmail.com

    Dankie

  22. Ben permalink
    Desember 16, 2010 11:04 nm

    Ek het eenkeer gelees dat een van die redes waarom die Zoeloes se mag geneutraliseer was, was dat hulle bo die Boerekrygers “groot, wit gedaantes” gesien het. Engele? In die boek Life on the Line oor die evangelis Des Sinclair se ervarings in Afrika en elders, het dit ook eenkeer gebeur dat hy, tydens ‘n aanval by Pretoria, skielik deur die booswigte alleen gelaat is. Later hulle weer in ‘n tronk reaakgeloop en hulle se toe dat hulle so geskrik het vir die wit gedaante bokant hom dat hulle summier weggehardloop het. Geloftedag gaan oor die handhawing van ‘n geestelike erfenis wat ‘n mens laat besef dat jy nie “van die aarde” is nie en het niks met rasvooroordele te make nie. Sulke ingrype en openbaring van transendentale gesag vind stellig nie in elke geveg en insident plaas nie, ‘n Mens sou wou sien dat Esegiel 37 ook onthou word, waardeur Boer en Brit dalk herinner sal word aan ‘n gemeenskaplike lotsbestemming. Sefanja 3:10 wys straks ook heen na die rol van geestelike Israel in Afrika. .

  23. Schalk W Jacobsz permalink
    Desember 17, 2010 3:48 nm

    Hier volg ‘n kriptiese opsomming van die Boer se geskedenis in Suid-Afrika.
    Op 6 April 1652 het Jan van Riebeeck en sy geselskap VOC-amptenare op die Kaapse skiereiland aan wal gestap om ‘n verversingspos te stig. Hulle opdrag was om vars proviand aan die VOC se oosterse handelsvloot te voorsien ter voorkoming van skeerbuik. Die skiereiland is vir dié doel uitgesoek omdat daar voldoende landbougrond was en dit die impak op die vasteland tot die minimum sou beperk.
    Dit was ‘n sakeprojek. Dit was nooit die bedoeling om ‘n nedersetting te begin nie.
    Die amptenary se gebrek aan boerderykennis het daartoe gelei dat die poging misluk het en Van Riebeeck het die VOC versoek om beroepsboere te werf vir die projek. Watter regdenkende boer, van Calvynse geloofsoortuiging, sou sy gevestigde boerdery verkoop, sy familie sak en pak op een van die VOC se bootjies laai om al langs die kus van donker Afrika oor die ewenaar verby die seemonsters op die kaarte te vaar om by die Kaap van Storms aan wal te stap om daar ‘n nuwe boerdery in ‘n vreemde klimaat bedreig deur mensvreter leeus en kannibale en sonder ‘n kerk te begin? As dit van die mens afgehang het, sou die VOC Van Riebeeck en sy span herroep het.
    Maar die mens wik en God beskik, lui die gesegde.
    Die verspreiding van die Europeërs oor die wêreld heen het in die 16de eeu begin. Die eerste Europese volk wat die roete om die Kaap verken het, was die Portugese. Hulle het twee kolonies in suider Afrika gestig, Angola op die weskus en Mosambiek op die ooskus en niks verder suid nie. Die Hottentotte het die Portugese op sig aangeval en vermoor omdat hulle die Portugese as gevolg van stamoorlewerings weens hulle kleredrag vir Moore aangesien het. Die Moore het die Hottentotte se voorsate met hulle slawehandel uit Noord-Afrika vedryf tydens die eerste millennium na Gesalfde. Dit het Suid-Afrika as’tware op ys gesit vir die koms van protestante.
    Die Tagtigjarige Oorlog tussen die Nederlande en Spanje het in 1568 nG uitgebreek en die Dertigjarige Oorlog het in 1618 nG in Wes-Duitsland begin. As gevolg van die vervolgings deur die Rooms Katolieke Kerk het Duitse plaasboere, Lutherane, uit die Westfalendistrik na die Nederlande gevlug. Sonder plase moes hulle ‘n heenkome vind deur by ander mense in diens te tree.
    ‘n Bykans onmoontlike aanpassing vir meeste plaasboere.
    As Lutherane het die Calvynse inslag van die Statenvertaling hulle nie aangestaan nie. Hulle het toe die Biestkensbybel wat in 1562 verskyn het, aangepas aan die hand van Luther se Duitse vertaling. Luther het klem geplaas op die feit dat die gelowige direk tot God, die Almagtige, kon nader deur sy Seun, Jesjua Gesalfde onder die nuwe verbond wat deur Jesjua se offerande in werking gestel is. “Elke indiwidu het die reg om uit te reik na God deur die Woord met verantwoording teenoor God alleen. Hy het nie priester, of predikant, of pastoor nodig as bemiddellaar nie.” Die inhoud van die nuwe verbond is alreeds deur Jeremia op skrif gestel en word aangehaal in die brief aan die Hebreërs.
    “En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer nie en sê: Ken JHWH; want hulle sal My almal ken, gering en groot onder hulle, spreek JHWH; want ek sal hulle ongeregtigheid vergewe en aan hulle sonde nie meer dink nie.”
    In 1648 het die Nederlandse weergawe van Luther se Duise vertaling van die Bybel verskyn en het die twee oorloë ten einde geloop.
    ‘n Skamele vier jaar later, in 1652, het Van Riebeeck aan wal gestap met sy geselskap VOC-amptenare.
    So het God, die Almagtige, JHWH van die leërskare, dit beskik dat daar plaaslose Duitse plaasboere van Lutheraanse oortuiging in die Nederlande sou wees toe die VOC met hulle werwings¬veldtog begin het. Boere wat vanweë hulle godsdiensoortuiging toegerus was om in die afwesigheid van die kerk getrou te bly aan hulle God.
    Hy het sy raadsplan dan ook deur die profeet Esegiël laat aankondig. “So waar as Ek leef, spreek die Heer JHWH, Ek sal gewis met ‘n sterke hand en met ‘n uitgestrekte arm en met uitgestorte grimmigheid oor julle regeer. En Ek sal julle uit die volke uitlei en julle versamel uit die lande waarin julle verstrooi is, deur ‘n sterke hand en deur ‘n uitgestrekte arm en deur uitgestorte grimmigheid.”
    Die Duitse plaasboere het nie kans gesien om die taak te verrig as die VOC se amptenare nie. Hulle sou dit alleen aanpak as Vryburgers. In 1655 het Van Riebeeck kennis geneem van die VOC se verandering van beleid ten opsigte van die Kaap. Die verversingspos sou voortaan as ‘n nedersetting bestuur word.
    In 1657 is die eerste vryburgerbriewe uitgereik. Dit was die ware volksplanting – moontlik gemaak deur die beskikking van die lewende God, die Almagtige, JHWH van die leërskare. Binne een geslag is al die landbougrond op die skiereiland deur die Duitse plaasboere beset.
    Toe gebeur daar iets waarvan almal weet maar min hulle aan steur. Kinders word groot en binne twintig jaar is hulle volwassenes wat selfversorgend wil wees. Op die skiereiland was daar nie meer plek vir ‘n eie grondjie nie. Al genade was om oor die Kaapse sandvlakte heen met boerdery te begin. Hulle bedoeling was om handeldrywende boerdery te bedryf soos hulle families op die skiereiland. Met die eerste seisoen het hulle dan ook ‘n pragtige opbrengs geoes en afgesit na die hawe om hulle produkte van die hand te sit. Maar die waens het in die sand vasgeval en teen die tyd hulle die hawe bereik het was alles vrot en verlep. Oornag het omstandighede hulle gedwing om bestaansboerdery te bedryf en die oorskakeling na veeteelt was die natuurlike gevolg. Geslag na geslag het die boerderybevolking al verder weg van die Kaap uitgebrei.
    Die oorspronklike inwoners van Suid-Afrika was die Boesmans – jagters en versamelaars wat ‘n nomadiese bestaan gevoer het. Hulle het geleidelik uitgewyk na die ylbewoonde gebiede van die Kalahari en die Namib. In 1713 het die eerste pokke epidemie die Hottentotte getref en die tweede weer in 1755. Dit het die Hottentotbevolking se getalle geweldig laat krimp en hulle verstrooi.
    “Ek sal hulle so langsamerhand voor jou uit vedrywe, totdat jy vrugbaar word en die land beërwe.”
    In 1734 is Van Imhoff as goewerneur van die Bataafse Republiek opdrag gegee om oppad Batawië toe besoek af te lê aan die Kaapse nedersettinkie en verslag te doen aan die VOC. Hy het tot sy skok ontdek dat die neder¬settinkie verskeie kere groter was as die moederland. Terug in Kaapstad het hy sy besorgd¬heid uitgespreek oor die onkunde op godsdienstige gebied en aangedring op die bou van nog kerke op die platteland en die aanstel van die nodige VOC-predikante. Ja, ook die predikante van die tyd was VOC-amptenare. Dit is net die plaasboere wat Vryburgers was.
    Die VOC word beskou as die vestigers van die “Calvinistiese godsdiens” in Suid-Afrika. Wat Van Imhoff vertolk het as “onkunde op godsdienstige gebied” was eintlik maar die boere se Lutherse godsdiensbeskouing. Hierdie nasate van die Westfalen plaasboere het hul godsdiens vryelik in die afwesigheid van die kerk en sy teoloë kon beoefen.
    “En Ek sal julle bring in die wildernis van die volke en daar sal Ek met julle in die gerig tree van aangesig tot aangesig. Soos Ek met julle vaders in die wildernis van Egipteland in die gerig getree het so sal Ek met julle in die gerig tree, spreek die Heer JHWH.”
    Uiteindelik het die ooswaartse migrasie van die plaasboere teen die suidweswaartse migrasie van die Xhosas tot stilstand gekom. Kort daarna het die Kaapkolonie onder Britse bestuur beland en ‘n vreemde taal is op die plaasboere in hulle onderhandelinge met die owerheid afgedwing. Ook het die begrip van die edele barbaar veld gewen in die denke van Britse en Amerikaanse evangeliste wat geboorte gegee het aan die “Filantrope”. In 1820 het Brittanje begin om Britse immigrante in die Oos-Kaap te vestig. Terselfdertyd het Zwide, hoof van die Ndwande Ingunistam in Natal, met ‘n aanval op die Ngwane Ingunistam van Matiwane ‘n kettingreaksie van stammoorde, bekend as die difecane, ontketen wat oor die Drakensberg gespoel het na die Transoranje. Die difecane het skaars tot bedaring gekom toe Silkaats en sy Matabele-hordes die binneland tref. Hulle het in die Wes-Transvaal gevestig nadat hulle die gebied tussen tussen hulle en die Zoeloes in Natal skoongevee het van sy inwoners. Die inwoners van die geteisterde gebiede het in alle rigtings weggevlug. Baie het in die Oos-Kaap beland waar hulle sonder heenkome rondgeswerf het. Die aankoms van die haweloses in die reeds moeilike omstandighede van die oosgrensgebied het die stituasie daar onhoud-baar gemaak.
    “En Ek sal julle onder die herderstaf laat deurgaan en julle bring in die band van die verbond.”
    Intussen het verslae van jagters en Trekboere oor die ontvolking van die noordelike gebiede die oosgrens-Boere bereik. Die vrugbare landbou gebied tussen die Umzimvubu- en Tugela-riviere in Natal het veral die ontluikende hunkering na die vestiging van ‘n eie vaderland in die wildernis onder die Boere gevoed. Verskeie ekspedisies is georgani¬seer om ondersoek in te stel. So het Piet Uys in September 1834 ‘n ekspedisie gelei deur Xhosa-gebied tot by die Tugela vanwaar hy met die broedermoorder, Dingaan, onderhandel het oor die Boere se vestiging in die gebied suid van die Tugela.
    Teen die einde 1835 het die toestand op die oosgrens sodanig versleg dat niemand dit meer kon waag om met vrouens en kinders en swaar gelaaide waens deur die gebied te reis nie. Daarom het die eerste geselskap emigrante Boere uit die Kaapkolonie deur die Trans¬oranje getrek om wes van die Drakensberg ‘n pad na Natal te baan. Die uittog het versnel en uiteindelik het goed een tiende van die Kolonie se Dietse gemeenskap aan die emigrasie deelgeneem.
    “En Ek sal julle onder die herderstaf laat deurgaan…”
    In die Boerse vertaling van die Woord – dit is nou wat algemeen bekend staan as die 33/53 Afrikaanse vertaling – word die betrokke Hebreeuse woord, wat meer as ‘n 130 keer in die Ou Testament voorkom, net twee keer met “herderstaf” vertaal. Die ander plek waar die woord “herderstaf” voorkom, is in Levitikus 27: 32 “Wat betref al die tiendes van beeste en kleinvee – alles wat onder die herderstaf deurgaan – die tiende moet aan JHWH heilig wees.” JHWH sê vir hierdie mense wat Hy in die wildernis bymekaarbring “En Ek sal julle onder die herderstaf laat deurgaan…”
    Wanneer diere onder die herderstaf deurgestuur is, is hulle getel en elke tiende een is afgesonder en aan JHWH gewei as offerdier.
    “Hulle mag nie ondersoek of dit goed of sleg is nie, en dit nie omruil nie; maar as hulle dit tog omruil, moet dit en die geruilde heilig wees; dit mag nie gelos word nie.” Die betekenis van hierdie skynbare teenstrydigheid word verklaar deur die volgende aanhaling uit Maleagi 1:14 “Vervloek is ook die bedrieër wat, terwyl daar onder sy kleinvee ‘n manlike dier is, ‘n gelofte doen en tog iets wat vermink is, aan JHWH offer.”
    So is die Dietse gemeenskap van die Kaapkolonie onder die herderstaf deur en een tiende afgesonder deur die emigrasie. En JHWH het die emigrante Boere aan Homself geheilig deur dit te beskik dat hulle onder kerksensuur geplaas word vir die sonde van “in opstand kom teen die owerheid”. Die algemene beskouing was dat die emigrasie tot groot finansiële skade vir die Kolonie sou lei.
    In 1836 het die Matabele, bemoedig deur die praatjies van die Amerikaanse sendelinge wat hulle wou kersten, begin om die emigrante Boere suid van die Vaalrivier aan te val. Op 17 Januarie 1837 het ‘n Boere kommando van 107 man onder leiding van Potgieter en Maritz die Matabele met ‘n strafekspedisie by Mosega aangeval en hulle met die banvloek getref. As gevolg van ‘n gebrek aan ammunisie en te min manskappe moes hulle die opvolgaksie laat oorstaan tot November.
    Op Donderdag 2 November 1837 het ‘n Boere kommando van 360 man onder leiding van Potgieter en Uys en vergesel van Andries Pretorius by Mosega aangekom met die opvolgaksie. Die afgebrande stat was verlate. Pretorius is vandaar na Natal om die gebied te verken. Teen Saterdag 4 November het die Potgieter/Uys-kommando die eerste volgende Matabele stat, Mezeg aan die voet van die Enzelberg, bereik. Die kommando van 360 man te perd het die aanval begin, die Matabele stat vir stat met die banvloek getref en nege dae later op Sondag 12 November by Kapain Silkaats se mag finaal gebreek waar 360 man te perd teen meer as 20,000 Vegkaffer te staan gekom het. Nie net het geen enkele Boer tydens hierdie oorlog gesneuwel nie, geen enkele Boer is tydens hierdie oorlog verwond nie. Die oorlog het geduur van die 5de Kislew tot die 13de Kislew. Die gelofte is in 1838 afgelê op die 21ste Kislew en die slag van Bloedrivier is gelewer op die 28ste Kislew. Kislew is die geboorte-maand van Johannes die Doper. Dit roep Jesaja 40:3 in herinnering “Berei in die wildernis die weg van JHWH; maak gelyk in die woestyn ‘n grootpad vir onse God!”
    Hulle het die oorlog volgens Bybelse voorskrifte geveg en die Matabele met die banvloek getref. Die Matabele het landuit gevlug en noord van die Limpopo Bulawayo gevestig. En nooit weer was die Matabele ‘n faktor in ons geskiedenis nie.
    Terwyl hierdie geveg aan die gang was, is Piet Retief, nou leier van die Boere, Natal toe om met die broedermoorder, Dingaan, te onderhandel oor die Boere se vestiging in die gebied suid van die Tugela soos Piet Uys gedoen het twee jaar te vore. Beide Retief en Uys is voor einde 1838 vermoor.
    En ‘n Zoeloe is vandag president van die Republiek van Suid-Afrika.
    Ná die moord op Retief en sy geselskap het die Zoeloemag die emigrante Boere by Bloukrans aangeval. Die junior regimente het die seniors getart dat die juniors die Boere sou uitgewis het. As gevolg hiervan het die senior regimente by Bloedrivier die junior regimente en etlike honderde Zoeloeskuts met voorlaaiers toegerus eerste ingestuur terwyl hulle die geveg sit en dophou het. Ná twee uur het Pretorius, wat bekommerd was oor die stand van die ammunisie, een van die poorte laat oopmaak en etlike skote met een van die kanonne op die senior regimente laat afvuur wat hulle tot die geveg gedwing het. Hulle moes eers rivier op om deur ‘n drif te kom. Toe het hulle aanval gesinkroniseer met ‘n terugval van die junior regimente om te hergroepeer sodat almal se gevegsordes deurmekaar gegooi is. Die Zoeloes het in wanorde op die vlug geslaan. Die joernaalinskrywing lui “Toe ons teen hulle uittrek, het hulle, tot ons spyt, so erg gevlug dat ons hulle in alle rigtings moes agterna sit.”
    Die voorbereiding vir die Zoeloe-nederlaag in Desember is alreeds in Februarie 1838 begin – en NIE deur die Boere nie.
    Elf dae later, op 27 Desember, het Pretorius ‘n kommando van 300 man in die Opatikloof begin aflei. As gevolg van die onweer het die wond in sy linkerhand, wat hy by Bloedrivier opgedoen het, so erg begin pyn dat hy die bevel aan die tweede in bevel, Kommandant Landman, oorhandig en teruggekeer het na die laer. Onder aangekom het die kommando hulle in ‘n lokval bevind, omsingel deur 5,000 Zoeloes en met te min ammunisie om te bly staan en veg. Afgesny van die roete terug na die laer deur die samedromming van die Zoeloes aan daardie kant het hulle ‘n pad oopgeskiet in die teenoorgestelde rigting waar die Zoeloes ietwat uitgedun was en rivierop gejaag op soek na ‘n pad terug na die plato waar die kommando was. Ná ‘n daglange geveg wat nege uur geduur het waartydens hulle deur verskeie driwwe moes jaag soos hulle kruis en dwars rivierop gedwing is deur die topografie van die walle, het ‘n klompie man in die laaste drif in welsand beland. Die Zoeloes het tussen hulle ingekom en elf man gedood – die Engelsman, Alexander Biggar, vyf van sy Zoeloe meelopers en vyf Boere: Jan Oosthuizen, Mar¬thi¬nus Gouws, Gerrit van Stade, Barend Bester en Nicholaas le Roux. Elf dae ná die slag van Bloedrivier sneuwel elf man aan Boere kant in die verhouding een, vyf, vyf.
    Eenhonderd vyf-en-vyftig jaar later word 1993 die laaste jaar van blanke heerskappy in Suid-Afrika.
    Op 9 Desember het die emigrante Boere, op voorstel van Pretorius, tydens die oggenddiens ‘n gelofte aan die Almagtige afgelê om ‘n Huis ter gedagtenis van sy groot Naam te stig waar dit Hom sal behaag indien Hy aan hulle die oorwinning sou skenk en hulle het ‘n ernstige smeekbede tot Hom gerig om sy hulp en bystand om hierdie gelofte verseker te kan volbring. So staan dit genotuleer in die amptelike joernaal van die emigrante Boere volgens die Raad van die Volk se opdrag gepubliseer op 14 Junie 1839 in De Zuid-Afrikaan te Kaapstad.
    Nadat JHWH die emigrante Boere hulle gelofte aan Hom om vir Hom ‘n volk te word met ‘n eed laat verseël het, het Hy hulle aanbod van kontrak, die gelofte, aaanvaar deur met twee wonderwerke aan 465 man die oorwinning te gee teen ‘n oormag van ‘n geskatte 26, 000 Zoeloes, etlike honderde van hulle toegerus met vuur¬wapens, in twee afsonderlike veldslae op 16 Desember en weer op 27 Desember. Sodoende het Hy hulle gebring in die band van sy nuwe verbond. En Hy het dit gedoen terwyl hulle onder kerksensuur was.
    “En Ek sal julle onder die herderstaf laat deurgaan en julle bring in die band van die verbond.”
    So het Hy hulle afgesonder en aan Homself geheilig as sy offerkudde.
    “Hulle mag nie ondersoek of dit goed of sleg is nie, en dit nie omruil nie; maar as hulle dit tog omruil, moet dit en die geruilde heilig wees; dit mag nie gelos word nie.”
    Die offerkudde mag nie gelos word nie. Die offerkudde mag nie weer deel word van die hoofkudde nie – dit moet geheilig bly. Die Boervolk is JHWH se offerkudde. Die Afrikaner is deel van die hoofkudde. Die Afrikaner kan Boer word as JHWH dit wil. Die Boer mag nooit Afrikaner word nie.
    “Oorkant die riviere van Kus vandaan sal my aanbidders, die dogter van my verstrooides, my offerande bring.”
    Ná die Bloedrivierstrafekspedisie het die emigrante nie tot eenheid gekom nie maar verdeel in twee Republieke en drie susterskerke. In 1880 het die Boere van Transvaal besluit om die wapen op te neem om die verlore vryheid terug te kry. Drie maande voor die byeenkoms te Paardelraal in Desember het hulle uitnodigings gerig aan die predikante van al die kerke om die volk te kom ondersteun in die moeilike stryd op hande. Weereens het die kerk hom gedistansiëer van die volk. Hulle het toe sonder die kerk opgetree in die gees van die verbond waarin JHWH voorsate gebind het in 1838 en ‘n belofte aan mekaar, nie aan God nie, afgelê met die woorde:
    “Daarom is dit dat ons hier bymekaarkom en dat ons mekaar die hand gee, as manne, as broers, plegtig belowende om trou te bly aan ons land en volk en met die oog op God saam te werk, tot die dood toe, vir die herstel van die vryheid van ons Republiek. So waarlik help ons God Almagtig.”
    Hierdie gehoorsaamheid aan die verbond, om vir JHWH ‘n volk te wees sonder kerk, is geseën met ‘n wonderbaarlike reeks oorwinnings teen die militêre magte van die Britse Ryk. Die klimaks was die slag van Majuba op Sondag 27 Februarie 1881. Die nag van Saterdag 26 Februarie het ‘n Britse regiment van 555 man die berg met die een gangbare roete bestyg. Die volgende dag het ‘n kommando van 150 vrywilligers die regiment van die kruin van die berg verdryf. Meer Tommies het hulle daardie dag van die kranse te pletter geval as wat deur Boere-koeëls afgemaai is. Hulle kon in hulle paniek nie die pad ondertoe vind nie.
    “JHWH sal maak dat jou vyande wat teen jou opstaan, voor jou verslaan word; op een pad sal hulle teen jou uittrek en op sewe paaie voor jou uit vlug.”
    Hierdie was die tweede getuie dat JHWH van die emigrante Boere verlang dat hulle Hom as volk aanbid en nie as lidmate van verskillende kerke nie.
    Jesjua Gesalfde het gesê “Want elkeen wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is, dié is my broer en suster en moeder.”
    Ná die skietstilstand het die Boere van Transvaal die onbevredigende vredesverdrag uiteen-gesit in die Pretoriakonvensie sonder protes op 3 Augustus 1881 aanvaar en geteken. Klousule 16 het volle godsdiensvryheid ingestel. Klousule 26 het die Transvaal oopgestel vir almal, buiten “Natives”, om vryelik in die Transvaal te vestig solank hulle die wette van die gebied gehoorsaam. In 1882 is die eerste Hindoe-gemeente in Marrabbastad buitekant Pretoria gestig. En die olifantkopgod, Ganesja, en die aapkopgod, Hanuman, is onder andere naas die HERE van die kerke tot godhede verhef.
    Ook in 1882 het die Afrikaner Bond in die Kaapkolonie besluit om weg te beweeg van ‘n eksklusiewe Afrikaner beweging en lidmaatskap van die Britse Ryk en die soewereiniteit van die Britse koningin te aanvaar.
    In 1886 is die hoof goudrif van die Witwatersrand deur Jan Gerritze Bantjes van Bloedrivier-faam se seun by die Floridameer ontdek. Die ontdekking van goud het uigeloop op die Tweede Vryheidsoorlog wat die twee Boere Republieke in een kraal saamgesnoer het. Hulle broers in die Kaapkolonie het vir hulle kant gekies en is tot rebelle verklaar wat by gevangeneming summier tereggestel sou word. Die Afrikaners van die Afrikanerbond het kant gekies vir die Britse Ryk, georganiseer teen ‘n algemene opstand in die Kaapkolonie en die gebruik van hulle spoorlyn tot die Britte se beskikking gestel.
    Die Boere het een sege na die ander teen die magtige Britse Ryk behaal wat ‘n hoogtepunt bereik het met “Black Week”. En toe, dag en datum negentien jaar na die sege van Majuba, het die keerpunt in die Tweede Vryheidsoorlog gekom met die oorgawe van generaal Cronjé en 4,000 burgers by Paardeberg op 27 Februarie 1900. Oral het die burgers op die vlug geslaan – hulle moed was gebreek.
    “JHWH sal maak dat jy voor jou vyande verslaan word; op een pad sal jy teen hom uittrek en op sewe paaie sal jy voor hom uit vlug; en jy sal ‘n skrikbeeld vir al die koninkryke van die aarde word.”
    Daarna moes die bittereinders hulle wend tot guerilla-oorlogvoering. Toe die Boere op hulle knieë was en die vroue en kinders in hulle tienduisende aan die sterf was in die helkampe van die Britse Ryk en daar geen hoop meer was vir ‘n Boere oorwinning nie het die Afrikaners van die Afrikanerbond vrywillig aangesluit by die Britse magte wat alreeds meer as 400,000 was en jag gemaak op die Boere rebelle in die Kolonie wat by gevangeneming summier tereggestel is.
    “Dink aan hoe Amalek jou op die pad teëgekom het en by jou die agterhoede, al die swakkes agter jou, verslaan het toe jy moeg en afgemat was, en hy God nie gevrees het nie. As dan JHWH jou God jou rus gee van al jou vyande rondom, in die land wat JHWH jou God jou as erfenis sal gee om dit in besit te neem, dan moet jy die GEDAGTENIS van Amalek onder die hemel uitdelg; vergeet dit nie.”
    Op 22 Januarie 1901 het koningin Victoria gesterf en het haar seun Eduard VII die troon op 60 jarige ouderdom bestyg. Een jaar later op 25 Januarie 1902 het die regering van koningin Wilhelmina van Nederland ‘n brief gerig aan die regering van koning Eduard VII van Brittanje en aangebied om as bemiddelaars tussen die twee strydende partye op te tree. Op 29 Januarie 1902 het die Britse regering die aanbod van die hand gewys. In hierdie briefwisseling tussen die Moeder- en Vadervolk in Frans en Engels gevoer, is die naam Boer drie-en-twintig keer en uitsluitlik gebruik. En so het die Moeder- en Vadervolk die verwagte baba tot Boer gedoop. Die Vredes¬verdrag van Vereeniging is gesluit met die Boer en NIE met die Afrikaner nie. Met die Tweede Vryheidsoorlog het die jongste dogter van Sion in baring gegaan. Maar die baring is gestuit deurdat die Boer die oorlog verloor en hy van sy soewereiniteit en sy identiteit beroof is.
    Miga het geprofeteer dat die Gesalfde wat oor Israel sou heers hulle sou prysgee: “Daarom sal Hy hulle prysgee tot op die tyd dat ‘n barende gebaar het. Dan sal die oorblyfsel van sy broers na die seuns van Israel terugkeer. En Hy sal optree en laat wei in die sterkte van JHWH, in die majesteit van die Naam van JHWH sy God; en hulle sal rustig woon, want nou sal Hy groot wees tot aan die eindes van die aarde. En Hy sal vrede wees.”
    Sefanja profeteer oor ‘n gedeelte van die volk wat hulle aan die suidpunt van Afrika bevind: “Oorkant die riviere van Kus vandaan sal my aanbidders, die dogter van my verstrooides, my offerande bring. Op dié dag hoef jy jou nie te skaam weens al jou dade waarmee jy teen My oortree het nie; want dan sal Ek uit jou midde wegruim die wat in jou oormoedig jubel, en jy sal jou nooit hoogmoedig gedra op my heilige berg nie. En Ek sal tussen jou in laat oorbly ‘n ellendige en geringe volk wat by die Naam van JHWH skuiling soek… In dié tyd sal Ek julle aanbring, ja, in dié tyd wanneer Ek julle versamel; want Ek maak julle tot ‘n roem en tot ‘n lof onder al die volke van die aarde, wanneer Ek voor julle oë julle lot verander.”
    Hierdie profesie sluit aan by die slot van Nebukadnésar se droom soos verklaar deur Daniël: “Maar in die dae van dié konings sal die God van die hemel ‘n koninkryk verwek wat in ewigheid nie vernietig sal word nie, en die heerskappy daarvan sal aan geen ander volk oorgelaat word nie; dit sal al daardie koninkryke verbrysel en daar ‘n einde aan maak, maar self sal dit vir ewig bestaan – net soos u gesien het dat sonder toedoen van hande ‘n klip van die berg af losgeraak het wat die yster, die koper, die klei, die silwer en die goud verbrysel het.” Die brief aan die Hebreërs praat van “die groter en volmaakter tabernakel wat NIE MET HANDE GEMAAK IS NIE, dit wil sê, wat nie aan hierdie skepping behoort nie.” JHWH het met ons in die gerig getree soos Hy gesê het Hy sal. Dit leer ons geskiedenis ons.
    Wat staan ons te doen?
    Hy het ons tot Hom geheilig as sy offerkudde. Ons moet tot bekering kom sodat ons SY offerande kan bring: ‘n Volk ter gedagtenis van sy groot Naam waar dit Hom sal behaag. Sy Seun, Jehsjua Gesalfde, het gesê “Ek is die ware wingerdstok en my Vader is die Boer.”
    Vir die res sal die Almagtige sorg soos Hy deur sy Woord sê dat Hy sal.

Trackbacks

  1. Dear Ms Polgreen… « Boer in Ballingskap

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: