Skip to content

die Woord het mens geword…

Desember 25, 2009

Enya – ‘Silent Night’ (Oíche Chiúin)

In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. Hy was reeds in die begin by God. Alles het deur Hom tot stand gekom: ja, nie ‘n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie. In Hom was daar lewe en die lewe was die lig vir die mense. Die lig skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie…

Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien wat Hy, as die enigste Seun, van die Vader het, vol genade en waarheid.

Die Evangelie van Johannes
Afrikaanse vertaling (1983)

Advertisements
19 Kommentaar leave one →
  1. Mefri permalink
    Desember 25, 2009 12:46 vm

    Ek wens vir jou ‘n baie geseënde Kersfees toe BiB.

    groete

    Mefri

    • Desember 27, 2009 8:50 nm

      Baie dankie, Mefri! Waardeer jou wense. Al is dit effe laat, dieselfde vir jou en jou geliefdes en sommer ook voorspoed vir die nuwejaar.

  2. Desember 25, 2009 5:14 vm

    Boer, jy was een van die eerste ouens wat my welkom geheet het hier op wordpress. Dankie dat jy my laat tuis voel het.

    Mag jy ‘n Geseende Kersfees vier, en net geluk ken.

  3. Desember 25, 2009 5:37 vm

    ‘n Geseende Kersfees vir jou…hoop die sneeu kom vir jou ook… 🙂 Hoe waar…

    “..ja, nie ‘n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie”

  4. Desember 27, 2009 8:53 nm

    Dankie vir jou wense en dieselfde daar!

    ….ek hoop die sneeu kom so met die nuwejaar. Het die afgelope naweek sneeu beleef, maar net sulke suutjies-sneeu, wat nou nie eintlik in my boek tel nie.

  5. Desember 28, 2009 12:51 vm

    Een van die grootste gedagtes waardig vir bepeinsing.

  6. Desember 29, 2009 3:18 nm

    Ek wonder of jy toe sneeu opgespoor het…. maar niks beat nog steeds ‘n Somerkersfees nie…

    • Desember 29, 2009 10:12 nm

      Die enigste sneeu wat ek kom opspoor, is die wordpress-vlokkies hier op my blog. 😆
      Maar ja, teoreties het ek sneeu opgespoor, maar dit was eintlik maar net ‘n verskoning vir sneeu…Ek wag reikhalsend op Januarie.

  7. Desember 29, 2009 8:25 nm

    BoerinB, ek dink `n wit Kersfees is in ons ras se kollektiewe oer geheue en in ons gene ingeprent. Die Somerkersfees hier is goed, maar ons verlange na sneeu op daardie dag lê diep.
    Vooerspoed vir jou in die nuwe jaar.

  8. Desember 29, 2009 9:14 nm

    En wat sien ek hier in jou “sidebar”?? Stunning man!! Baie, baie geluk en mag dit die eerste van vele wees! Ek gaan nou dadelik my bestelling plaas. Alles wat mooi is ook vir jou vir 2010!

  9. Desember 29, 2009 10:15 nm

    Dankie, Thea! Ek’s bly iemand loer darem so af en toe na die kantpaneel. 😉

    Beste vir jou ook en mag die nuwejaar jou goed behandel.

  10. Desember 29, 2009 11:01 nm

    BAIE geluk, Boer! Jy se ons ook NIKS nie! SKELM! Dis iets om op trots te wees, jy moet vir ons ‘n blog-inskrywing daaroor gee, toe man! Moenie so suinig wees nie!! Wanneer word die volgende een gepubliseer? 🙂

  11. Desember 29, 2009 11:22 nm

    Ek’s mos maar ‘n skaam outjie. 😳 😆

    Ek sal binnekort ietsie daaroor skryf – belowe!

  12. Desember 31, 2009 3:00 vm

    Geseende Kersfees BIB, (belated) maar het gevlug vanaf die sneeu na Florida vir sonskyn and beach life.

  13. Lou-Lou permalink
    Januarie 5, 2010 5:13 vm

    Die musiek is SO suiwer, die foto’s pragtig en die Woord is die Waarheid! Baie dankie!
    en BAIE geluk met die publikasie – kannie wag om dit te lees nie!!

    • Januarie 8, 2010 12:18 vm

      Lou-Lou, baie bly jy hou van die musiek. Enya se stem was vir my nog altyd baie suiwer. Dankie vir die besoek hier en jou gelukwense.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: