Skip to content

Binne elkeen van ons skuil daar ‘n boek…

Januarie 8, 2010

Finaal2b

If there’s a book you really want to read, but it hasn’t been written yet, then you must write it .” – Toni Morrison

Hierdie boek brand al jare hier binne my en ek is dankbaar dat ek dit uiteindelik op die rak kan sien. Dit sal nie in almal se smaak val nie, sal sekerlik kritiek ontlok en ook ‘n paar mense se vere deurmekaar krap. Maar ek glo die wat daarvan gaan hou, sal baie daarvan hou. Feit van die saak is dat dit effens anders is. ‘n Anderste storie met anderste karakters, wentelend rondom die tema van verdeelde lojaliteit. As jy tyd het, lees dit en besluit self.

’n Gewese lid van die NIA het uiteindelik rus gevind in die stilte van die natuur, op die oog af ’n veilige plek.

Lev Engelbrecht is menssku, wrang en moeg, drink en rook te veel. Hy het baie moeite gedoen om soveel afstand moontlik te plaas tussen homself en die skynwêreld van internasionale spioenasie. Nou, ingevou in die geheime van die natuur en die mistiek van wyn, is hy ‘n toegewyde sommelier, ’n wynkenner.

Maar ‘n vlugtige ontmoeting in ’n koffiekroeg, lei opeens tot ’n maalkolk van verraad, onderduimse agendas, afpersing, korrupsie en internasionale terreur. Dan verskyn die vasberade spioen Oosterbeek, die intelligente en aantreklike Jane Turnbull; invloedrykes in die ANC se binnekring en die alomteenwoordige Mossad. In die skaduwees beweeg die spoke van Carla en Gerhard.

Lev se besluite en optrede het wye gevolge vir die Suid-Afrikaanse regering, wat kan strek vanaf Pretoria tot Washington, Tel Aviv tot Parys. Spanning laai met elke hoofstuk op, verlede,
illusies, werklikheid en disfunksionele politiek, knaag dreigend. Oplossings ontglip.

Wát is feit en wat fiksie?

die Sommelier is nog nie amptelik bekendgestel nie, maar is reeds beskikbaar in Pretoria by Graffiti in die Kolonnade-sentrum en die Huis vir Afrikaanse Poësie se Boekerij in Capital Park. Dit sal hopelik binne die afsienbare toekoms landwyd beskikbaar wees.

68 Kommentaar leave one →
  1. Januarie 8, 2010 1:07 vm

    Wow, ‘n regte skrywer!
    Baie geluk. Ek gaan hom verseker soek.

    • Januarie 9, 2010 12:46 vm

      dankie, ekisanna…ons wat so met woord en letter omgaan is almal eintlik maar regte skrywers – van die beste skrywers wat ek van weet, is nog nie gepubliseer nie

  2. Marieta permalink
    Januarie 8, 2010 1:08 vm

    EK SIEN UIT DAARNA OM SOMMELIER TE VERSLIND. BAIE GELUK! JY VERDIEN DIE SUKSES.

  3. Januarie 8, 2010 1:29 vm

    Wow! Sommer so stil-stil terwyl ons nie kyk nie. Mooi man!

  4. Januarie 8, 2010 2:45 vm

    Wow! Wow! Wow! Ek gaan dit so gou moontlik kry en lees. Kan ons handtekeninge in ons boek kry as jy weer hier te lande is?😉

  5. Thea permalink
    Januarie 8, 2010 3:20 vm

    Ek het gister my boek ontvang in die pos en het omtrent nog net ‘n derde van die boek oor om te lees. Ek is baie beindruk! Uitstekende skryfwerk Bib!!

  6. flippiefanus permalink
    Januarie 8, 2010 3:26 vm

    Veels geluk Bib. Hoop hulle verkoop soos soetkoek.

  7. Lou-Lou permalink
    Januarie 8, 2010 4:41 vm

    Ek is so dankbaar dat dit realiteit geword het en ek is trots op jou, Bib! Kan nie wag om dit te lees nie!!

  8. Januarie 8, 2010 4:58 vm

    Sjoe! ‘n Genuine skrywer! 😉 Baie geluk, Bib!

  9. Januarie 8, 2010 5:02 vm

    Baie geluk, weereens, ek glo dit sal ‘n goeie storie wees!

    • Januarie 8, 2010 5:03 vm

      o ja, die titel van jou pos, ek wou nog se…ek glo elke persoon IS ‘n boek – wat wag om gepubliseer te word…🙂 hoop jy verstaan wat ek meen…

  10. Januarie 8, 2010 7:03 vm

    Baie geluk Bib, ek gaan probeer om dit in die hande te kry.

    • Januarie 9, 2010 12:49 vm

      Dankie, alleman. Ek dink egter nogal die posgeld is besonders hoog…laat my maar weet as ek verkeerd is.

      • Januarie 10, 2010 7:08 nm

        Nee wat, ek trek al op bl 115. Kan nie neersit nie.

      • Januarie 10, 2010 7:46 nm

        Ek’s baie bly…weet nie hoe jy dit so vinnig in die hande kon kry nie.

  11. Plaasjuppie permalink
    Januarie 8, 2010 3:53 nm

    Baie geluk Bib, klink na my tipe leesstof hierdie. Ek reken ek het nou net die regte verskoning om vanaand by kollonade te loop draai.

  12. Riko permalink
    Januarie 8, 2010 8:21 nm

    Baie geluk Bib! Ek het onlangs weer John le Carre se boeke (her)ontdek, en veral Tinker, Tailor, Soldier, Spy en The Constant Gardner baie geniet. Wat ek die meeste waardeer het is dat dit “regte” spioenasie romans is, nie James Bond fieterjasies nie. Slim, misterieus, relevant en met karakters wat leef.

    En ek het so ‘n spesmaas die dat Die Sommelier ook so ‘n soort spioenasie roman gaan wees, maar in Afrikaans! Kan nie wag om dit te lees nie.

    Ek hoop die boek is ‘n reuse sukses.

    • Januarie 9, 2010 12:53 vm

      Riko, dankie vir die besoek. Ek ken ‘n Riko, maar weet nou nie of dit die Riko is wat ek ken nie…? Maar jy praat my taal. Le Carre is sonder weerga! My gunsteling skrywer in die spioenasie-genre en nog al die jare vir my ‘n inspirasie. My gunstelinge is A Perfect Spy en natuurlik die legendariese The Spy that came in from the Cold. Dankie vir jou goeie wense. As my boek net met 10% slaag waarmee Le Carre in Engels kon slaag, sal ek baie gelukkig wees!

      • Anoniem permalink
        Januarie 11, 2010 2:15 vm

        Inderdaad dieselfde Riko! Toe ek onlangs by die huis gekuier het, het almal van jou blog gepraat, toe besluit ek ek sal ‘n plan moet maak om dit te besoek – en dit was beslis die moeite werd!

        Ek moet ‘n plan maak om The Spy that came in from the Cold in die hande te kry – nog nie gelees nie…

        Groete, van nog ‘n boer in ballingskap😉

  13. Januarie 8, 2010 9:08 nm

    Baie geluk Bib! Dis voorwaar iets om op trots te wees en jy mag maar! Ek was bevoorreg genoeg om dit ‘n ruk terug te kon lees en het dit sommer tweekeer gedoen😉 Ek het dit baie geniet! Dit was vir my een van daai boeke wat mens nie kan neersit nie! Welgedaan!

  14. Januarie 8, 2010 10:30 nm

    Veels geluk met die publikasie!

  15. Januarie 8, 2010 10:35 nm

    Geluk! Sien uit daarna om dit te lees.

  16. Mefri permalink
    Januarie 9, 2010 4:58 nm

    Baie geluk BiB, dit is voorwaar iets om op trots te wees.

  17. Januarie 10, 2010 3:45 vm

    Baie , baie geluk met die publikasie BIB, natuuuuuuuuurlik gaan ek hom iewers kry om te lees.
    🙂

  18. Januarie 11, 2010 3:05 vm

    Liewe aarde, mens kan ook nie jou rug draai en gaan vakansie hou nie, dan gebeur al die opwindende goeters. Baie geluk, Boer, ek gaan definitief plan maak om dit in die hande te kry!

  19. Januarie 12, 2010 11:37 nm

    Mefri, flint en George,

    Dankie en laat my weet indien daar enigsins probleme is om dit in die hande te kry.

  20. Mefri permalink
    Januarie 13, 2010 7:47 nm

    Baie dankie BiB, as ek na die ander luister wat dit reeds gelees het, mag ek dit nie misloop nie. Na die 13de Februarie (my dogter trou) sal ek meer tyd tot my beskikking hê, dan gaan ek beslis hom in die hande probeer kry.

  21. Januarie 14, 2010 12:33 vm

    Jy het ‘n groot dag wat voorle! Sterkte met al die reelings.

  22. Januarie 14, 2010 2:44 nm

    Veels geluk Boer, ek kan ook nie wag om dit in die hande te kry nie!

    Onlangs, met Nikita se Fanus-inskrywing oor hoe elkeen volgens sy beroep doodgaan, het ek deur lyste beroepsbenaminge gegaan en op “sommelier” ook afgekom. Ek het op Wikipedia daaroor opgelees, hulle wys daar een van die mes-tipe kurktrekkers wat die sommelier gebruik. Eintlik is dit al kurktrekker wat ek het op die oomblik, die een met die 2 handvatsels wat afdruk het gebreek, ek is op soek na een van die wat indraai, met ‘n stukkie wat dan “omflip” en dan draai jy net verder, maar kon nog nerens een kry nie. Maar Sondag dink ek toe ek is nou al omtrent so handig soos ‘n sommelier met hierdie meskurktrekkertjie. Met ‘n bottel Van Loveren Special Late Harvest Gewürztraminer. Maat, daar sit daardie kurk toe vas, ek het in my lewe nog nie so iets gesien nie. Sien die sommelier amper sy alie! Maar na die gespook was ons aangenaam veras met die boeket van die wyn en die besondere vrugtige smaak.

    Ek is nie verbaas oor die titel van jou boek nie!

  23. Januarie 14, 2010 10:33 nm

    Dankie, Kop!
    Tussen al die fensie kurktrekkers met astronomiese pryse daarbuite, bly die sg. sommelier mes oftewel die “waiter’s friend”, die eenvoudigste, vinnigste, betroubaarste en beste om te gebruik. Maar soms kan die prop hardkoppig wees, veral die verdomde plastiekproppe! Ek’s natuurlik ‘n voorstander van skroefdoppe, want baie minder moeite!
    Daardie kurktrekker wat jy soek, behoort jy by enige goeie wynwinkel op te spoor en selfs by die wyn-afdelings van oa Makro ens.

    • Januarie 15, 2010 4:24 vm

      Ek het terstond die mense by Boekemakranka van jou boek gaan vertel!

      Die Wesrand, waar ek my bevind, is nie lanie genoeg om iets soos wynwinkels te hê nie, net algemene drankwinkels, Makro het ook nie, dis juis waar ek die bottel Gewürztraminer raakgeloop het. (Dis darem jammer hulle sê dis ‘n variëteit wat beter vaar in ‘n koeler klimaat…) Maar dis darem nie asof ek nie regkom op die oomblik nie!

      • Januarie 15, 2010 10:00 nm

        Kop, ek het jou inskrywing gaan lees. Dankie vir die gratis reklame, ek waardeer dit baie!🙂

  24. Januarie 19, 2010 5:56 vm

    Baie baie geluk!! Wat ‘n wonderlike ervaring om jou eie boek in druk te sien!

  25. Emil permalink
    Januarie 19, 2010 4:02 nm

    Baie geluk, Bib. Sal graag die intrige lees sodra ek dit kan opspoor. Ek is veral geintreseerd in die drinkery, natuurlik😉

    Alles sukses met die verspreiding en verkope.

  26. rianabrand permalink
    Januarie 20, 2010 12:51 vm

    Ek is trots op jou!!! Veels geluk en veel sukses – hoop jy word skatryk dat jy net kan skryf en jou wynding kan geniet en jou ervaring met ons kan deel! Hiep Hiep Hiep Hoera

  27. Februarie 1, 2010 2:06 vm

    Sjo!!!!! ‘n Celeb hier in ons midde!

    Baie geluk!

  28. Bertus permalink
    Februarie 1, 2010 4:25 vm

    Goeie bliksem! Wanneer het dit gebeur?????

    • Februarie 1, 2010 11:06 nm

      Duidelik lees jy nie gereeld genoeg hier nie.😉

      • Bertus permalink
        Februarie 2, 2010 6:02 vm

        Boer, ek was vandag spyt om te sien dat die Exclusives in Menlyn Mall nie jou boek het nie. Ek dink die ooste van Pretoria is ‘n belangrike mark – baie Afrikaans en baie ryk. Ek gaan vir hulle ‘n vriendelike brief skryf en vra dat hulle dit stock.

      • Februarie 2, 2010 10:20 nm

        Ek weet die boek is nog nie by Exclusive nie…ook glad nie so maklik as om jou boek bloot op hulle rak te gaan sit nie. Maar skryf die brief en gee hulle gas!

        Dankie vir die ondersteuning.

      • Bertus! permalink
        Februarie 3, 2010 1:02 vm

        Ek stuur vir jou boodskap op Facebook.

  29. Februarie 1, 2010 2:31 nm

    Baie Geluk! Ek sal by die Narcies (PJ) hoor of hy toe die boek gekry het. En waar… they’ll know. They know EVERYTHING ‘nd ALL there is to know about books!😉

  30. Februarie 1, 2010 11:08 nm

    Dankie, BB!

  31. kluisenaar permalink
    Februarie 27, 2010 3:14 nm

    so loop ek ook al ‘for many moons’ met my boek wat brand hier binne my….Korea het jou goed gedoen…dalk gaan die hartklop van die land my ook inspireer om te waag…

  32. Maart 1, 2010 11:22 nm

    Welkom, kluisenaar! Jy moet op ‘n dag net eenvoudig gaan sit en begin skryf en dit doen. Dis grootliks ook maar ‘n wilsbesluit.

    NS: Ek sou graag die Koreaanse ervaring deel van die krediet wou gee vir die boek, maar dit was in wese reeds voltooi voor ek Korea toe gekom het.

  33. Wilna Wilkinson permalink
    Maart 2, 2010 5:21 vm

    so dit IS jy!!
    Kan ek ‘n kopie van joune by jou kry in ruil vir een van myne??

  34. Maart 2, 2010 11:14 nm

    Wilna, klink na ‘n plan!🙂

  35. shiningfire permalink
    September 7, 2010 2:21 vm

    Heita BiB

    Welgedaan!
    Ek sukkel nog om aan die gang te kom,

    SF

  36. September 24, 2010 4:14 vm

    Dankie, SF! Soms moet mens maar jouself dwing!

  37. Hanni permalink
    April 1, 2011 12:01 vm

    Gerrie…wanneer lees on nr 2?

    Lize het jou “Sommelier” vir my persent gebring na Perth toe. Dis amper sonder neersit in ‘n dag of wat gepolish, soos goeie Boschendal Merlot!

    Spannend. Net-soos-dit-was, nou-nog-is in daai wereld.

    Die “Sommelier” word nou hier in Perth van vriend-na-vriend aangepass. Vir sommiges is die lees met pyn, met gemengde gevoelens, van herhinneringe oor ons mooie land wat seer maak…ja, seker te verwagte.

    Ek dink die boek is ‘n Afrikaanse Le Carre. En ek het al sy boeke gelees.

    Ek hoop jou muse kan jou inspireer vir nog so een…

    h

    • April 1, 2011 4:15 nm

      Dankie vir die kommentaar, my vriend! Om dit ‘n Afrikaanse Le Carre te noem is sekerlik die GROOTSTE kompliment wat iemand my kan toevoeg. Ek dink egter Le Carre (my rolmodel as skrywer) is absoluut in ‘n klas van sy eie. Dankie vir die ondersteuning en miskien verras die muse nog vir my!🙂

Trackbacks

  1. Die Sommelier – GP Terblanche « alleman

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: