Skip to content

My soektog na gespeekte wiele…

Januarie 14, 2010

Ek beweer nie Katie Melua is oneerlik nie, maar 9 miljoen fietse het ek beslis nie gesien nie…

DSCF9163DSCF9168

Om die waarheid te sê het ek ongeveer net so 19 of wat gesien, almal eensaam in die sneeu, skynbaar opsoek na ‘n baas…

DSCF9172DSCF9167

Maar ek is wyser, want nou weet ek dat Sjinese nie fietsry in die sneeu nie…veral nie as die sneeu van so ‘n aard is dat dit die paaie selfs vir motors en busse onbegaanbaar maak.

DSCF9174

Ek vertel binnekort meer van my unieke en bitter koue ervaring in die sneeulandskap van Sjina.

NS: ‘n Ruk terug het ek vertel dat dit koud is hierdie kant van die dam…daarna kon ek sweer dat ek nog nooit so koud gekry het as in Beijing nie…maar vanaand hardloop die ysbere die strate vol hier in Korea….-10, -15, -20? Ek hou nie meer statistiek nie…ek weet net ek kry koud…bitter koud…met ‘n hoofletter F.

28 Kommentaar leave one →
  1. Januarie 14, 2010 12:37 vm

    Boer, ek smile lekker vir jou die kant. Ek was weer vasgesneeu vandag. Dit sneeu nog die hele dag deur hier by ons, maar baie fyn vlokkies. Gisternag nogal kwaai gesneeu, ek het so ‘n uur terug naby 10cm sneeu van my kar afgevee om hom skoon te kry. Heelwat skole was weer toe, more weer. Ek sal dit gaan waag om te ry, maar kyk, ek is doodbang vir ry in hierdie weer, veral waar ek baie steil opdraendes moet ry – die pad wat afdraai na my skool en dan weer die enigste afdraai van die besige hoofpad na ons dorpie, ‘n lekker la-ang opdraende! Nee kyk, hierdie sneeu moet nou bietjie pad vat, ek is nou regtig ernstig moeg vir die ongerief wat daarmee gepaard gaan. Een dag se 20cm is mooi en lekker, maar dit raak nou meer as 2 weke!

  2. Januarie 14, 2010 12:43 vm

    Ek weet waarvan jy praat…ek het nou eers weer genoeg sneeu gesien om my vir ‘n hele paar jaar tevrede te hou.🙂
    Sterkte daar!

    NS: En drink nou die Luddite: ek belowe dit gaan help vir die koue!

    • Januarie 14, 2010 1:00 vm

      LOL! Nee, ek bere daardie Luddite spesiaal vir ons vriende wat oor ‘n paar weke oorkom, hulle kom ook sommer oorslaap en wil graag met Renier dit deel. Ek moet se, die begeerte is daar om dit oop te maak.🙂 Ek wens ek het nou Elderflower hier gehad, dan was dit defnitief oop en al klaar opgedrink ook, haha.. Sterkte daardie kant ook!

  3. flippiefanus permalink
    Januarie 14, 2010 1:38 vm

    Ag is dit nie pragtig as dit so gesneeu het nie? Dit sal seker nooit sy bekoring vir my verloor nie, maak nie saak hoe koud dit is nie. Solank daar net sentrale verhitting is.

  4. Januarie 14, 2010 2:32 vm

    Dit sal seker onsensitief wees om te noem dat dit vandag 36 in die Kaap was.🙂

    • Januarie 14, 2010 10:24 nm

      Geensins! Ek verlang nie na ekstreme temperature nie, net na matigheid. Sterkte daardie kant, waar julle globale verhitting beleef! Een voordeel, natuurlik, is dat ‘n koue bier soveel lekkerder smaak.

  5. Januarie 14, 2010 3:08 vm

    Koud met ‘n hoofletter “F” ? 😯 Dan moet dit bitter koud wees! 😆

    Stem saam met Flippie – dis regtig fraai, die sneeu en die fietsies. 😉

    • Januarie 14, 2010 10:24 nm

      Vlam en FF, in sulke koue is dit gewoonlik eers na die tyd op die foto’s werklik fraai.

      • flippiefanus permalink
        Januarie 15, 2010 2:27 vm

        Sneeu is op sy fraaiste wanneer dit nog vars is. Terwyl dit sneeu is dit nie regtig so vreeslik koud nie. As mens warm genoeg aangetrek is kan mens dit aansoek en geniet.

        Kom nou Bib dis nie so erg nie, erken dit nou maar. Ek het ‘n hele paar jare in Kanada gebly. Ek vermoed jy soek sommer maar net so beitjie simpatie.🙂

      • Januarie 15, 2010 10:01 nm

        Jy’t my uitgevang, Flippie!😉

  6. Januarie 14, 2010 3:28 vm

    Ek stuur vir jou ‘n stukkie son…. dis vrek warm die kant!

    • Januarie 14, 2010 10:25 nm

      Son, die het ons…dis net die gepaardgaande hitte wat ek mis. Maar, dankie, ek hou die pos dop!🙂

  7. Januarie 14, 2010 5:34 nm

    Word daardie fietse actually gery in sulke koue?!

  8. Lou-Lou permalink
    Januarie 15, 2010 2:32 vm

    Ja, Bib, dis nou wat hulle noem fietse op die ys! Merkwaardig dat hulle wag op hulle base! Hier sou hulle dalk verdamp het.

  9. Januarie 15, 2010 2:33 vm

    Ai, tog. BiB, dis vrek mooi! Sou my plestiek verstandtande gee om dit net een keer so, te kan beleef.
    Jou foto’s is prentjiemooi!

  10. Januarie 15, 2010 4:38 nm

    Daai baaisiekils het dan nie kettings en slotte aan nie😯

    • Januarie 15, 2010 10:03 nm

      Ek dink steel van fietse is die laaste ding waaraan mens dink as die weer so is. Fietse is natuurlik ook so goedkoop daar, dat mens dit nie hoef te steel nie….maar nou dat ek weer dink, miskien het ek net die paar fietse gesien wat oorgebly het, nadat die ander 8.9 miljoen fietse reeds gesteel is!😆

  11. Januarie 15, 2010 9:55 nm

    Dit was die afgelope 2 weke regtig blerrie koud! Ek wil nie eers by my rekenaar sit nie, want dis nie 5 minute nie dan voel ek nie meer my vingers nie en dit met my vloer aan!!!!! Ek wil terug Japan toe, dit was baie warmer, al het dit gesneeu!

  12. Januarie 15, 2010 10:08 nm

    Kaalvoet, bly jy’s veilig terug van Samurai-en-Sushi land! Ja, hierdie koue kan maar nou gerus begin loop neem!😕

  13. Januarie 16, 2010 5:16 vm

    Hoe sê ou Johan Stemmet altyd, dis nou nie nodig om ‘n goeie storie met feite te bederf nie! Al is daar niks meer as 19 fietse nie, bly dit nog een van die coolste liedjies oot – dit het juis weer namiddag op die radio gespeel toe ek hier verby die huis moes ry om ‘n kar se wiel te gaan oplaai. Ek hou veral van:

    We are twelve billion light years from the edge,
    That’s a guess…

    Miskien is die ouens net nie lus vir baaisiekelry as dit sneeu nie!

  14. Januarie 16, 2010 2:25 nm

    BiB, ek stem saam, vanjaar voel heelwat koeler as gewoonlik. Die weer ouens se vanjaar is die koudste in 25 jaar. Maar dis ‘n gereelde gebeurtenis elke paar jaar wanneer die jet streams wobble.

    Aan die anderkant, wie gaan Beijing toe vir ‘n vakansie in die middel van die winter? Dis amper so erg soos Moskou. Dit klink vir my jy hou van uiterste vakansies of het die weer nie saamgespeel met jou planne nie?

  15. Januarie 17, 2010 9:25 nm

    Ek hou van uiterstes!😆

  16. Januarie 18, 2010 5:08 nm

    Ek kry sommer sulke kou rilling as ek na daai fotos kyk!

  17. rianabrand permalink
    Januarie 20, 2010 12:43 vm

    Nou sal ek maar my opinie gee…ons het vertrek uit die Kaap van 38 grade die vorige dag was in die skaduwee 42 grade en ek moet eerlik erken ek verwelkom elke sneeu vlokkie en frisse lug hierdie kant…salig… Gee my maar enige dag die sneeu bo daai vreeslike hitte! Ek gaan nou dik ertjiessop maak ;o) dit help altyd vir die koue gevoel!

  18. Januarie 20, 2010 11:03 nm

    Ek verkies ook die koue bo die erge hitte. Geniet die ertjiesop!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: