Skip to content

Beijing: ‘n Avontuur benede vriespunt

Januarie 20, 2010

Soos meeste seker nou-al bewus is van, het ek net na nuwejaar, Beijing besoek en dit was loshande die deurmekaarste, holderstebolderste, mond-oophangende, interessantste en koudste ervaring wat ek nog in my lewe gehad het. As ek miskien die stad nie in die winter besoek het nie en nie agtelosig was nie, sou die ervaring steeds interessant, maar baie rustiger gewees het. Omstandighede het egter saamgespeel en my vlugtige besoek het in ‘n baie unieke, en glo ek, eenmalige ervaring ontwikkel.

S7300025

S7300028Maar kom ek begin by die begin. Ek het die Sondag om 8:15 die oggend vertrek vanaf Busan (die groot hawestad so ‘n uur of wat suid van my). Wel, dit was die plan…Op die lughawe – toe ek my bagasie inweeg -word ek reeds gewaarsku dat swaar sneeu die vlug moontlik kan vertraag. Wel, op die ou-end is die vlug net so ‘n halfuur vertraag. Maar toe ons uiteindelik Beijing bereik, deel die kaptein ons mee dat hulle moet sirkel en wag, want die aanloopbane is blykbaar chaos met die sneeu. En gesirkel het ons gesirkel. Naderhand het ek bang geraak die Boeing se brandstof raak op. MaarDSCF9146 uiteindelik land ons en my mond hang oop vir die wit, sneeuende wêreld. Alles is spierwit en dit sneeu stormsterk (ek het eers onlangs gelees dat hierdie die grootste sneeustorm in Beijing was sedert 1951!). Natuurlik was dit omtrent nog ten minste 45min voor die Boeing parkeerplek kon kry. En uiteindelik uit. Chaos by paspoortbeheer en doeane. Mense, mense, mense, honderde (en miskien duisende) mense. Wag en wag en wag en wag. Uiteindelik daar deur. Maklik die tas op die rolband gekry (want die tasse van my vlug ry toe reeds seker al langer as ‘n uur in die rondte!)

S7300033S7300034

Die aankomssaal is ook chaos en net mense, mense en mense. Ek stap na buite waar ek (volgens internet-gegewens) die bus na die Beijing Treinstasie kan kry, waarnaby my hotel veronderstel is om te wees. En toe slaan die koue die lug uit my longe soos geen ander koue dit ooit S7300038 gedoen het nie. Kyk, dis loshande die koudste wat ek nog ooit gekry het. En verder is dit net mense en motors en busse tussenin en die pad is ‘n modderbad van die sneeu en dis koud (het ek dit al gesê?). Nou moet ek die bus vind, maar dis nie maklik nie. Die Sjinese praat oor die algemeen GLAD nie Engels nie (Korea voel soos Engeland teen Sjina in hierdie verband). Jy probeer praat, maar al wat jy die heeltyd hoor is ‘n taal wat meeste van die tyd klink soos die gemiaau van bronstige katte. Ek soek bordjies en loop verward rond. Probeer vir die een busdrywer verduidelik en hy sê klim op, dis reg…net om my na ‘n rukkie met ‘n klomp gemiaau van die bus af te jaag. En toe sien ek S7300043 uiteindelik ‘n blou bordjie waarop in Engels staan waar die bus heengaan. Ek koop ‘n kaartjie en die busdrywer knik en miaau my die bus in. Ek gaan sit en blaas my asem uit. En dis koud, baie koud. (dit was blykbaar -15 of -20, maar wie hou nou statistiek?). En uiteindelik vertrek die bus, maar die rit is lank, baie lank en baie stadig. Die paaie is chaos met verkeer en die paaie lyk soos tydrenpaaie – vol modder en ys. En dit SNEEU!!!

S7300041S7300039

Na wat soos ‘n leeftyd gevoel het (eintlik slegs 2 en ‘n half uur om 35 km te ry), stop die bus by die stasie en toe tref ‘n bak spreekwoordelike yskoue water my in die gesig! Ek het nie my tas by my nie ! Die het ek in die chaos op die lughawe net daar gelos! En al my klere is daarin en die kamera se laaier en ekstra batterye en my toiletware ens. ens. (gelukkig is die kamera self in my handbagasie, soos altyd). En my hart spring uit my keel. Ek KAN NIE GLO EK HET SO-IETS AANGEVANG NIE!

DSCF9171DSCF9159

Ek is van die bus af, met die gedagte om so vinnig moontlik by die hotel te kom, in te teken en dadelik weer terug te gaan lughawe toe om my tas te soek. Ek klim af en die wêreld is wit en dis koud en die wind waai en dis net sneeu en mense soos skimme toegevou in warm klere en ek het geen idee watter rigting om in te slaan na die hotel nie. En MY TAS IS BY DIE LUGHAWE! Dis toe wat so ‘n opgeskote Sjinesie “taxi-taxi” skreeu en aan my pluk. Nou het ek gelees dat mens lugtig moet wees vir taxi-DSCF9151 bestuurders in Sjina en ek wys ek sal eerder loop, want die hotel behoort nie meer as 10 min se loop te wees nie. Maar hy hou aan en dis net mense en dit sneeu en dis koud. Hy se vir my “50” (Yuan = min of meer R50). Ek weet dis baie duur, maar ek wil net by die hotel kom om terug te gaan lughawe toe om my tas te soek. So ek stem in. Maar dis nie ‘n taxi nie, dis ‘n oop riksja met ‘n klein gemotoriseerde fiets vooraan . En daar gaat ons, terwyl ek my byna bevrore vind soos die sneeu teen my aanwaai. Gelukkig is die hotel naby en ons is gou daar. Klim af en wil vir hom 50 Yuan gee. Hy skud sy kop heftig en sê 50 Euro oftewel 500 Yuan!!! Ek sê nee, hy’t gesê 50, maar hy sê Euro en hy is adamant! En ek voel na weghardloop! En dis ‘n DSCF9170 gestryery en hy miaau aggressief en ek wil net by die hotel kom om terug te gaan lughawe toe om my tas te kry. En ek dog ek raak handgemeen op my eerste Beijing-besoek. Uiteindelik stop ek vir hom 200 Yuan in die hand en verwens myself, die weer, die koue en voel uiters gatvol. Gelukkig is die hotelpersoneel vriendelik en kan rudimentêre Engels praat. Hulle sê, nee, ek moet net die lughawe bel en dan stuur die lughawe my tas vir my na die hotel. Dus is ek na die kamer en ek begin dadelik bel. Maar meer as ‘n uur bly dit bloot beset – kry ‘n ander nommer en bly beset, bly beset. Die hotel sê dis seker agv van die weer en gekanselleerde vlugte dat die telefone so beset bly. (ek het later verneem dat ongeveer 80% van alle vlugte Sondag gekanselleer is en ek was dus gelukkig om te land).

DSCF9173DSCF9176

Nee, besluit ek, ek gaan nou terug lughawe toe, want my tas moet ek kry. Maar ek gaan nie met die bus nie, want ek sien nie weer kans vir die lang en stadig ry nie. Ek sal met die Airport Express trein ry (Beijing se Gautrein). Ek moet net met die moltrein ry en eenkeer lyn verander. Terug uit in die snerpende koue en vind my pad stasie toe (toe ek sien hoe naby die stasie werklik aan die hotel is, toe vloek ek eers die riksja-S7300044 taxibestuurder). Daar aangekom is daar ‘n massa mense buite die moltreinstasie om kaartjies te koop. Nie rye nie, bondels en bondels. Maar lughawe toe moet ek, want my tas wil ek daar kry. Wag buite geduldig in die bondel en so word daar geskuur, gestoot en gestamp, maar ek staan my man. Uiteindelik in nog ‘n bondel deur na die moltreinstasie self en op die moltrein. Nou kyk, die moltreine is vol, vol, vol. So het ek dit nie in Japan of Korea gesien nie. Om die waarheid te se DSCF9153 het hulle beamptes wat die mense by die oop deure inforseer! Jy staan vasgedruk en jy hoef nie eers vas te hou nie, want jy word regop gehou deur die mense om jou. Soos sardientjies! En toe die wisselstasie uiteindelik bereik word, moet ek my pad met fisiese geweld uitstoei om af te klim! Ek was skielik terug in ‘n wafferse rugby-losskrum, net die verskil dat ek nie agter ‘n ovaalvormige bal aan was nie, maar slegs na ‘n oop deur gesoek het!

DSCF9157 S7300252

Stap, stap, stap met bondels mense na die Airport Express stasie…net om daar te kom en te hoor die Airport Express loop nie agv die sneeu. Moed-in-die-skoene terug met die moltrein hotel toe. In my hotelkamer sak ek op die bed neer, totaal uitgeput. Dis reeds 5 uur die middag (dws DSCF91506-uur Koreaanse tyd, nadat ek die oggend 5:40 reeds die bus na die lughawe geneem het). Ek is nie honger of dors nie. En ek begin weer bel lughawe toe – selfde storie – beset, beset, beset. Nee, dink ek, miskien moet ek aandete gaan eet in die hotel, want buite waag ek dit nie weer nie, want dit sneeu steeds. Die kos is baie lekker en ‘n troos, hoe skraal ook al. Terug kamer toe en begin weer bel en uiteindelik kom ek deur…na die elektroniese stem wat se: “For EnglishDSCF9190 press #2″ en dan “for flight information, press #3, for bla-bla-bla, press bla-bla-bla…or hold for a consultant…” en ek hou aan en hou aan en hou aan, terwyl ek na vioolmusiek luister. Tot ek weer neersit, want ek’s bang vir die telefoonrekening. En so gaan dit aan totdat ek uiteindelik ‘n stem aan die anderkant kry. Nee, hulle het niks gevind nie, maar ek moet die volgende oggend weer skakel. Ek sug dus, drink ‘n bier en probeer slaap, nadat ek vir ‘n wakker-oproep vra vir 7-uur dat ek ontbyt kan eet. En uiteindelik kom die onrustige slaap. My beplanning was om dag een die Verbode Stad en Tiananmenplein te sien, maar al wat ek gesien het was sneeu, modderpaaie en duisende, miljoene mense.

DSCF9179 DSCF9162

Hulle bel my 7-uur, maar ek raak eers 8:45 wakker. Ek stort en trek weer dieselfde klere as die vorige dag aan (watter keuse het ek nou?). Gaan na die ontbytsaal. Nee, dis reeds na 9 – ontbyt  is verby…Nou-ja, wonderlike begin tot my 2de dag! Terug hotelkamer toe en bel weer die lughawe. Beset, beset, beset, elektroniese stem…en kom hierdie keer vinniger deur. Nee, hulle het geen bagasie gekry volgens my beskrywing nie…Met ‘n groot sug gaan sit ek op die bed en sien dat dit darem opgehou sneeu het en die son skyn. En toe besluit ek maar om Beijing by die horings te pak en te gaan verken, al is ek nie lus vir die koue nie.

S7300505

Ek neem toe weer die sardientjies-in-‘n-blik moltrein na die Verbode Stad en Tiananmenplein en ek kon die pragtigste foto’s in die sneeu neem. Later raak mens amper gewoond aan die nypende koue, jou dooie tone en die pyn in jou hande. Tiananmenplein is GROOT en Die Verbode Stad is eweneens ‘n oorweldigende ervaring wat mens nederig maak. Dis massief (9 999 kamers in totaal) en jy verdwaal in die stad binne ‘n stad. Maar pragtig en so die moeite werd. En so met die loop op die seepglad-van-die-deurgetrapte-sneeu paadjies, koop ek my eerste stukkie grond (ek het baie ander mense ook darem sien val). Ek sou nog grond koop in die volgende twee dae en op die ou-end loop mens op die dungetrapte sneeu soos jy op eiers sal loop.

DSCF9197

En dis ook net toe ek na ure en ure se fassinering by die Verbode Stad uitstap, dat ek my eerste ervaring met mooi, Engelssprekende Sjinese meisies het. Hulle kom na my en vra waar ek vandaan is (en die tipiese reaksie: “but your not black”) en sê hulle wil net gesels. Nou-ja, Sjinese wat Engels magtig is = hemel. Dus sê ek ek is lus vir koffie en hulle sê hulle sal my ‘n plek wys. Maar die heeltyd in my agterkop is ek maar uiters agterdogtig. Hulle neem my toe na ‘n tradisionele Sjinese teehuis, waar jy in ‘n kamer deur ‘n dametjie die hele tee-maak seremonie en tee-drink manier gewys word, kompleet uit die mooiste klein porseleinkoppies van verskillende grotes vir die verskillende tipes tee – amper soos ‘n wynproe. Inderdaad ‘n interessante ervaring. Natuurlik het ek nie gevra wat dit kos vooraf nie (groot fout!), maar ten minste het die meisies helfte betaal. Hulle wil toe die aand saam met my gaan eet, maar ek het dit van die hand gewys. Hulle was baie gaaf, maar ek weet nou nog nie wat hulle motiewe regtig was nie…Ek sou in die volgende 2 dae by meer as een geleentheid genader word deur Sjinese meisies wat Engels magtig is om saam te kuier. Ek het dit elke keer van die hand gewys, want ek was net te agterdogtig (of bang?).

DSCF9243DSCF9245
Ek vaar toe maar ‘n paar winkels in en koop noodgedwonge klere, want kyk, ek gaan nie vir etlike dae met dieselfde klere loop nie. Om onderbroeke te soek, moes ek op die ou-end my broek effe aftrek om vir die mense te wys wat ek soek, want niemand verstaan Engels nie. Na ‘n groot gemiaau-miaau het ek uiteindelik by ‘n Jockey-winkel uitgekom. Handgebare het my baie gehelp in Beijing…tot my vernedering moes ek vir mense met eksplisiete handgebare ook wys presies wat ek wil doen, toe ek ‘n toilet gesoek het en niemand Engels verstaan het nie! In elk geval, terug by die hotel, eet weer daar en bel die lughawe. Nee, hulle het nog niks gevind nie.

S7300262S7300513

Die volgende dat sit ek opsy vir die Groot Muur. Ek het mooi op die internet gelees watter bus ek waar moet kry. Ek bel nie weer lughawe toe nie, want ek het nou opgegee. Ek is vroeg op, betyds vir ontbyt en het S7300263 die pad vol moed gevat, want ten minste het ek skoon klere aan. (o-ja, die vorige aand het die toilet in my hotelkamer verstop geraak en ek moes dit uitsorteer, maar gelukkig was hulle baie simpatiek). Ek kom presies op die plek uit waar ek die bus moet kry, maar saam met ‘n groep Russiese toeriste (daar was geweldig baie Russiese toeriste in Beijing) stel ek vas dat die bus nie ry nie, want die paaie is steeds toe van die sneeu en buitendien is die Muur ook vir toeriste gesluit. (Die Russe kon so bietjie Sjinees verstaan, dus dankie aan Igor en Svetlana). Opsie 2 is om na ‘n busstasie te gaan aan die anderkant van die stad, want van daar ry daar busse na ‘n ander, verder deel van die Muur. So stoot-stoot, druk-druk met die moltreine en S7300060wisselstasies en uiteindelik by die ander busstop ‘n uur later. Daar probeer ek vasstel of die busse ry, maar dis net sulke gesette busbeampte-tannies wat miaau-miaau en onverstaanbare naamborde wat al beter dae geken het. En hulle lag vir my en wys vir mekaar dat my neus groot is! Uiteindelik, na vele rondtes van stomstreke, kan ek met redelike sekerheid vasstel dat ook nie daardie busse na die Muur ry vandag nie.

S7300300

Ok, nou is dit reeds 12-uur die middag, nadat ek al 7-uur opgestaan het om die Muur te sien. Bogger die Muur! – nou moet ek die beste maak van die tyd wat oor is! Dus het ek toe beide die Hemeltempel en die Somerpaleis besoek. Dit was oor-en-oor die moeite werd en ek sou veral iets ontsagwekkend gemis het, het ek nie na die Somerpaleis toe gegaan nie. Die ironie van die Somerpaleis, toe van die sneeu, het my nie ontgaan nie. Wat veral spesiaal was, was die geweldige groot Kunmingmeer wat solied bevrore was met die wit sneeu daaroor. Almal het op die meer rondgeloop en ek kon ‘n baie mooi sonsondergang sien, so oor die sneeubedekte landskap.

S7300379

Daarna is ek na Wanfujing, wat ‘n baie bekende inkopie-straat is in Beijing. Dis ook hier waar ek die talle stalletjies raakgeloop het, met peuselhappies wat mens se nekhare laat regop staan: skerpioene (groot en klein), seeperdjies, seesterre, koggelmanders, wurms, honderdpote, goggas, larwes ens. Ek het niks probeer nie, maar net foto’s geneem. By die mark met aandenkings, verpes die mense jou ook omtrent en pluk jou sommer aan die klere nader en wil jou nie los nie. “Best price, best price!” En as jy net belangstellend na iets kyk, dan wil hulle dit reeds toedraai en oplui. Maar hier het ek ook by een van die talle eetplekkies die bekende Peking Eend geëet: Een van die lekkerste etes wat ek in my lewe gehad het (moet net weer noem – Sjinese kos is regtig lekker). En toe terug hotel toe, eintlik baie tevrede. (Ek het nog nie weer die koue genoem nie, maar dit was steeds bitter-bitter koud).

S7300431S7300450

S7300454S7300436

Ek was poot-uit en het besluit om die laaste dag effe later te slaap en dan vroeg lughawe toe te gaan om ‘n omvattende laaste poging aan te wend om die tas op te spoor . Alles het goed verloop en by die lughawe se reuse terminaal 2 (‘n dagreis te perd van terminaal 1 en 3 af!) het ek van bakboord na stuurboord gesoek en in ‘n laaste desperate poging die polisiestasie op die lughawe probeer. En kan jy glo (Dank Vader!) hulle het wraggies my tas, nes ek hom gelos het. Ek kon die polisieman (wat effe Engels kon praat) omtrent soen! Natuurlik was hulle agterdogtig en moes die tassie eers uitgepak word. Maar met ‘n gerusste hart het ek die res van die tyd op die lughawe spandeer.

S7300361S7300355

Ek het myself terstond bederf met ‘n WONDERLIKE kop, nek en skouer massering om al die Beijing-stres uit te vryf. Hierdie keer was die vlug net so ‘n uur vertraag (die lughawe was nog dik met sneeu), maar ek het uiteindelik in Busan tuisgekom. Daar geland, besef ek dat die laaste bus na my tuisstad – Gyeongju – reeds vertrek het. My enigste opsie was ‘n taxi, want ek moes die volgende oggend vroeg werk. Dit kos my toe ‘n plaashuis vol geld, want dis amper 70km na Gyeongju. En boonop het die taxi-bestuurder soos Schumacher gejaag en kort-kort het die naald gelek-lek aan die 180km/h merk. ‘n Ontspanne rit was dit verseker nie. Maar Dank Vader, ek was uiteindelik veilig tuis en ek was lanklaas so bly om my woonstel te sien.

S7300090

Hierdie besoek aan Beijing sal ek vir altyd onthou, want dit was werklik onvergeetlik, al het ek die koue, krisisse en ervarings in die oomblik nie so snaaks gevind nie. Die ironie van die lewe is dat dit so dikwels is juis wanneer dinge nie volgens plan verloop nie, wanneer mens jou interessantste herinneringe skep. Ek sal weer Sjina besoek, want die Muur moet nog verken word, maar in die winter kry jy my nie weer in Sjina nie…

NS: Ek skryf dalk later meer in detail oor die spesifieke plekke wat ek besoek het.

Advertisements
29 Kommentaar leave one →
  1. Januarie 21, 2010 1:31 vm

    Ek sit nou met ‘n baie groot glimlag op my gesig en se baie dankie dat ek nie gegaan het nie. Ek sou die verlore tas en ander chaos nog kon handle, maar dit sou baie moeilik gewees het vir my om uit te gaan as dit so koud was. Ek kan nie genoeg se hoe min ek van koue hou nie. Ek gaan verseker gebruik maak van my somervakansie, want Sjina is nog op my lysie van plekke om te besoek, aangesien ek reeds 2 maal in Japan was.

    Ek dink ons vergeet baie gou hoe dit aan die begin vir ons in Korea was, want toe kon ons ook nie die taal praat nie en ek weet ek het baie staat gemaak op handgebare. Ek dink ek sal ‘n boekie saamvat Sjina toe sodat ek kan prentjies teken 😉

    • Januarie 22, 2010 10:14 nm

      Weet jy, ek dink jy sou dit tog geniet het. Aanvanklik slaan die koue jou asem weg, maar dis verbasend hoe vinnig mens verlief neem daarmee…en dit wat jy sien en ervaar maak ook op daarvoor.
      Wat jy se oor ons aanvanklike ervaring in Korea, is natuurlik ook waar…mens vergeet gou. Ek dink baie dat a mens in die Ooste kan regkom, dan kan jy enige plek in die wereld oor die weg kom.

  2. Januarie 21, 2010 3:03 vm

    Ek kan nie verstaan hoe mense in sulke ongenadige koue kan oorleef nie. ‘n Vriendin in Kanada het my vertel van die wonderlike konsert wat sy om middernag, 31 Desember 2008, by die Niagara-valle bygewoon het… die temperatuur? -15 Grade Celsius! Wat ‘n voorreg om ten spyte van verlore tasse en die koue, al daardie wonderlike plekke te besoek. Hoop jou besoek aan die Groot Muur geskied in lieflike, warm, sonskynweer.

    • Januarie 22, 2010 10:16 nm

      Soos ek hierbo genoem het…die mens is ‘n ongelooflike aanpasbare wese. En veral as mens seker grootword in sulke temperature, dan is mens gewoond daaraan. Ek glo en sal die Muur nog in goeie weer besoek.

  3. Januarie 21, 2010 5:34 nm

    Sjoeeeweee…. dit lyk koud!

    Die kiekie van die bome tussen die sneeu is erg mooi! Dis so wit, wit… regtig mooi!

  4. Riko permalink
    Januarie 21, 2010 6:38 nm

    Sjoe, wat ‘n ervaring. Sulke travel probleme is die ergste. Wanneer jy nie kan beheer wat gebeur nie, wanneer mense jou uitbuit en jy hulpeloos is, wanneer jou planne nie in jou eie hande is nie!

    Maar jy is reg, dit maak vir die vakansies wat jy die langste onthou en waaroor jy die meeste stories kan vertel.

    Ek weet nie wat ek in sulke koue sal maak nie. As dit -5 in Londen is gaan ek klaar dood!

    Pragtige foto’s. Vreemd van die Engelse-Sjinese meisies?!

    • Januarie 22, 2010 10:18 nm

      Dankie, Riko…julle het ook julle kwota sneeu en koue gehad, ne!
      Nie so vreemd van die meisies nie – ek maak mos die Oosterlinge se kniee lam! 😆

  5. Thea permalink
    Januarie 21, 2010 9:06 nm

    Shame Bib, dis nou regtig ‘n vakansie wat heel skeef geloop het. Jou foto’s is nietemin pragtig!!

    Ek kon nog nooit uitmaak hoe die skewe ogies mekaar verstaan as hulle so snaaks met mekaar praat nie! 😆

  6. Januarie 22, 2010 1:02 nm

    Baie interessante inskrywing, jammer oor jou probleem met die tas, dis tipies wat ek ook sal aanvang! Maar daar eindig die ooreenkoms – ek sal eensklaps doodgevries het! Jou foto’s is puik.

  7. Januarie 22, 2010 5:36 nm

    Nee, liewer jy as ek. Vriende van my was so paar jaar terug in Beijing en al kommentaar wat hulle het was dat hulle vir die eerste keer ervaar het hoe dit moet voel om ongeletterd te wees.
    My vakansie in SA het ook op lae noot afgeskop. My bagasie was per kameel vervoer. 3 dae na my in SA aangekom. Hulle het vergeet om dit te laai. Dink net daaraan, as jy eendag so terug dink, dan sal dit een van die wonderlikste ervarings van jou lewe wees. Geen geld kan so vakansie koop nie.

  8. Januarie 22, 2010 10:21 nm

    Jy voel meeste van die tyd soos ‘n disleksiese doofstomme!
    Jammer om te hoor van jou eie teenspoed, maar ek is seker jy het SA gate uit geniet (veral as jy die Kaap besoek het).

  9. Januarie 23, 2010 12:28 vm

    LOL, “gemiaau van bronstige katte”. Wat ‘n beskrywing! Ek’s bly jy het heel en positief daar uitgekom. Om te dink, tong in die kies, as jy jou tas in ‘n Amerikaanse lughawe so sou gelos het sou hulle JOU kom soek het, ondervrae het, en gedink het jy wou die plek opblaas met ‘n tasbom. Dis nou nadat hulle die tas eers in die lug opgeblaas het. Just for safety. Oor die Sjineese meisie was Engels magtig is…Uhmmm…

    Dit was ‘n lekker-lees inskrywing. Ek’s seker jy kyk nou terug daarna met ‘n geskud van die kop en ‘n smile.

  10. Laurence permalink
    Januarie 23, 2010 2:57 nm

    Jinne, maar ek het lekker gelees aan daardie storie. Mens wil dit nie willens en wetens soek nie, maar dit is sulke ervarings wat die lewe voorwaar inkleur. Die koue, die mense, die sneeu en die ge-miaauw…

  11. Mefri permalink
    Januarie 23, 2010 6:24 nm

    LOL ek het jou foto’s en verteling gate-uit geniet BiB. My heel lekkerste vakansie in die buiteland was op een-en-twintigjarige ouderdom gewees en dit het net so chaoties begin. Jou woorde wek ‘n gevoel van spanning en opwinding in my op. Ek is gelukkig met geduld aanmekaar gelas en ek vind plesier in onverwagte gebeure, dit laat die adrenalien in my are ontplof en dit torpedo alliepad op volspoed na my kroontjie – al my sintuie verskerp onder sulke omstandighede. Dalk is ek so bietjie weird, maar jy sal vind dat dit die heerlikste herinnering gaan word.

    Hehe, en dis die man wat verlang het om sneeu te sien, jy moet vir ander goeters ook wens, want dit lyk vir my jou wense word in oormaat bewaarheid. 😉

  12. Januarie 24, 2010 7:13 nm

    Sjoe… die koue slaan sommer regdeur die PC voel dit vir my… 🙂 … soveel sneeu! … wat ‘n ervaring! … dankie vir die mooi beskrywing van als wat jy ervaar het… dit voel asof ook ek ‘n stukkie van Beijing in die winterkoue ervaar het!

  13. Januarie 25, 2010 5:13 vm

    Groetnis en ‘n goeie ervaring vir jou met die sneeu. Ek woon in Kanada en my eerste kennismaking met sneeu was min of meer deselfde as jou ervaringe….. die GROOT SKRIK!

    Groetnis vanaf Kanada!

  14. Januarie 25, 2010 9:48 nm

    Ek wonder net hoekom jy nie van die peuselhappies op straat wou probeer nie, aangesien jy altyd aan my sit om my kullinere horisonne te verbreed?!

  15. Januarie 25, 2010 10:09 nm

    My kulinere horisonne is ook net SO breed! 🙂

  16. shiningfire permalink
    September 12, 2010 12:54 vm

    Hygend maar die stuk het my op die punt van my stoel laat sit! Laat my dink aan die soortgelyke ondervinding wat ek in Londen gehad het. Fietse? Die mense van Amster”damage” verwens my nogsteeds oor die fietsklokkies wat op dowe ore geval het! 🙂 Nou daaaar het ek myself lelik vasgeloop! Hoe moes ek geweet het!

  17. September 24, 2010 4:19 vm

    Sal graag insae in hierdie storie wil hoor!

Trackbacks

  1. Tussen Ryslande, Berge en ‘n Bevrore Rivier « Boer in Ballingskap

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: