Skip to content

Die winterspele is spierwit

Februarie 22, 2010

Ek is bevoorreg om die Winter Olimpiese Spele wat tans in Vancouver gehou word, plaaslik op televisie te volg en ek geniet dit baie. Van die sportsoorte is baie interessant (bv. Skotse ysbal) en meeste daarvan adrenalien-gedrewe. Dit is om die waarheid te se fassinerend. En Korea, tans vierde in die medalje-wedloop, doen glad nie sleg nie.

Maar een ding wat my opval, is dat die spele spierwit is. Nou praat ek nie van die sneeu nie, maar van die feit dat sedert die begin van die spele, ek nog net een swart (Amerikaanse) atleet gesien het. Die res is spierwit (en Asiaties). Ek verwys nie hier na die gebrek aan Afrikane nie (dis logies, want Afrika doen nie regtig wintersport nie). Dis net dat tydens die Somerspele, ‘n groot getal deelnemers van Europese lande en die Amerikas, swart is. In die Winterspele skitter hulle in hulle afwesigheid.

Nou wonder ek waar is die politieke korrektes en hoekom is hulle skynbaar so stil? Kan so ‘n spierwit spele, gestroop van enige diversiteit geduld word in die 21ste eeu? Tik ‘n byvoorbeeld die soekterm “lack of diversity” in en Google bied jou meer as 19 miljoen skakels soos hierdie. Waar is die stemme wat die VSA/Europese lande beskuldig van diskriminasie en ‘n gebrek aan geleenthede vir swart atlete? Hoekom kla niemand nie? Waar is diegene wat altyd so vinnig is om die spook van rassisme op te roep? Waar is die mense wat die uitbuiting van westerse koloniale skuldgevoelens tot ‘n fyn kuns vervolmaak het? Hoekom word die stand van sake net so gelate aanvaar? Of ignoreer die hoofstroom-media bloot die kwessie?

Uiters vreemd.

(Op dieselfde wyse natuurlik word die gebrek aan diversiteit in die VSA se gewilde NBA basketbal-reeks ook geignoreer. So ook die gebrek aan diversiteit in Frankryk se nasionale sokkerspan. Die gebrek aan diversiteit van die nasionale reddingspanne wat Haiti onlangs te hulp gesnel het, is ook stilweg aanvaar.)

Advertisements
21 Kommentaar leave one →
  1. flippiefanus permalink
    Februarie 23, 2010 2:00 vm

    Miskien is dit omdat die atlete wat vir lande soos Amerika deelneem nie regtig Amerikaners is nie maar Kanadese en Swede wat nie kon in kom in Kanada en Swede se spanne nie. 😉

    • Februarie 23, 2010 11:55 nm

      Nogal nie vergesog nie…

    • Februarie 24, 2010 2:35 nm

      Wel daar is ‘n paar lede in die Amerikaanse span wat in ander lande gebore is, maar as ek kyk na die medal count dan is ek bly daardie Kanadese en Swede wat “nie hul spanne kon haal nie” is nou in die Amerikaanse span. Tot dusver loop die Amerikaners voor met medaljes gewen.

      • flippiefanus permalink
        Februarie 25, 2010 1:31 vm

        Ja maar ek dink dis bloot omdat hulle meer is en meer geld het. Kan tog nie wees omdat Amerikaners beters is nie, of hoe? 😉

      • Februarie 25, 2010 2:15 nm

        Dis seker nie moeilik om ‘n paar altete te koop as jy hulle onder geld toegooi nie?

  2. Februarie 23, 2010 2:14 nm

    Miskien stel hulle net nie belang in die wintersportsoorte nie. Ek volg nie die spele nie, maar kan tog van so ‘n dekade of twee terug ‘n paar goeie swart ysskaatsers onthou… ek dink jy het ook die Suid-Afrikaanse sokkerspan vergeet.
    😆 @ Reddingspanne…

  3. Februarie 23, 2010 8:37 nm

    Goeie vraag. Ek het dieselfde opgemerk.

  4. Februarie 24, 2010 2:30 nm

    Good observation. Tong-in-die-kies aan die stook..? Laat my dink aan die Springbokspan was te wit is kommentaar wat altyd rondgegooi word.

  5. Februarie 24, 2010 5:42 nm

    Lol! Ja, goeie punt.

  6. Februarie 25, 2010 9:37 nm

    Ek het besluit daar is ‘n beter manier om die sukses van die Olimpiese spanne te bepaal, as om bloot na die aantal medaljes te kyk. Doen ‘n eenvoudige statistiese oefening en vergelyk die aantal medaljes wat elke land wen met die aantal atlete wat hulle Spele toe gestuur het. Tog ‘n beter manier om die sukses van die atlete te meet? Sover lyk die situasie dus so:

    1. Suid Korea (wie anders?)
    2. Noorwee
    3. Nederland
    4. VSA
    5. Oostenryk
    6. Frankryk
    7. Sjina
    8. Pole
    9. Swede
    10. Rusland

    • Februarie 26, 2010 4:37 vm

      Dit sou meer regverdig wees om te kyk na medaljes per capita. Maar dan sal Korea nie bo wees nie, eerder Noorweë 🙂

      • Februarie 26, 2010 10:49 nm

        Heeltemal reg, George….maar ek weet nie of dit so ‘n regverdige stelsel sal wees nie, want dit beteken dat Andorra en Liectenstein elke keer net so 2 medaljes moet wen om bo te eindig, terwyl arme Sjina altyd onder aan die leer sal wees. 🙂

  7. flippiefanus permalink
    Februarie 26, 2010 12:56 vm

    Aggenee die Kanadese stel my heeltemal terleur, maar ek is bly om te sien dat VSA nie bo aan die lys is nie.

    • Februarie 26, 2010 1:00 vm

      Volgens my berekeninge le Kanada 11de en die Spele is darem nog nie verby nie. Sien hoeka hulle yshokkiespan het die Russe geknoop.

  8. Februarie 26, 2010 4:45 vm

    Die Amerikaners doen so goed want die atlete sien Vancouver as ‘n tuisgrond. Dis was maklik om in ‘n vliegtuig te spring en daar te gaan oefen voor die spele of vir weke daar te gaan bly. Julle moet onthou dis slegs die 3 or 4 de spele waar die VSA eintlik goed doen. Die powerhouses was altyd Duitsland, USSR, Noorwee, en ander Europese lande.

  9. Februarie 26, 2010 4:51 vm

    Terloops, praat van wit spele. Volgens ‘n advertensie wat ek onlangs in Mexico gesien het, lyk dit daar is deesdae min blankes in Suid Afrika oor.

    • Februarie 26, 2010 2:21 nm

      😆 seker die rhythm ding…. daar is bitter min wittes wat ek daardie steps wil sien doen!

    • Februarie 26, 2010 10:52 nm

      Daar was nog altyd min blankes in SA…deesdae is daar net nog minder.
      Ten minste is ek bly hulle adverteer darem iewers – hier in Asie het ek nog niks op TV gesien nie….dit terwyl lande soos Angola en Kenia die mooiste en mees professionele toeriste-adverstensies hier vertoon (baie beter as bg. poging).

  10. flippiefanus permalink
    Maart 3, 2010 2:46 nm

    Kanada het toe op die ou end glad nie so sleg gevaar nie. 14 goue medaljes!

  11. Maart 3, 2010 11:59 nm

    Kanada het baie goed gedoen en die meeste goues verower. Hulle kan ook trots wees op die Spele wat hulle aangebied. Die Kanadese se entoesiasme en patriotisme was ook aansteeklik.

  12. flippiefanus permalink
    Maart 6, 2010 2:45 vm

    Ek is sommer nou baie trots op die Kanadese.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: