Skip to content

Die wêreld aan haar voete

Februarie 26, 2010

Sy is op elke televisiestasie, op groot elektroniese advertensieborde, op die kant van busse, in tydskrifte, koerante, winkels en webwerwe. Sy is die openbare gesig van menige bank, motormaatskappy, selfoonmaatskappy, skoonheidsprodukte, lugversorgers, kosprodukte esm. Almal, van die kleinste kleuters tot die oudste tannies en omies weet van haar en praat oor haar. Sy word verafgod in Korea. Sy vervaag die lyne tussen sport en kuns. Om haar in aksie te sien, is ‘n swymelende ervaring. Sy is mooi, jonk en uiters talentvol. En op 19-jarige ouderdom reeds ‘n multi-miljoenêr. Haar naam is Kim Yu Na en sy is Suid-Korea se skaatssensasie.

100208 p19 gold1

Foto: Korea Times

Woensdag, in die eerste been van die Olimpiese figuurskaats (bekend as die sg. kort program) het sy reeds haar eie wêreldrekord vir die hoogste punt in ysskaats se ISU beoordelingstelsel gebreek. Sy het haar teenstanders van die baan geskaats en die beoordelaars oorrompel met haar sexy en uiters stylvolle vertolking van – haar nou reeds kenmerkende – James Bond klankbaanmusiek. Vanmiddag vroeg, Koreaanse tyd, het sy ook die tweede been (bekend as “vryskaats”) totaal oorheers en die goue medalje in die vroue figuurskaats in Vancouver verower. In die proses het sy weer eens ‘n nuwe wêreldrekord opgestel, met ‘n fenominale gekombineerde telling van 228. Sy voeg die goue medalje by haar titels as Wêreldkampioen, Vier Kontinente Kampioen en meermalige wenner van die Wêreld Grand Prix Kampioenskap. En dan praat mens nog nie eers van haar titels en prestasies as ‘n junior nie. Sy is heel moontlik die beste vroue ysskaatser ooit en sy het die wêreld aan haar voete.

Advertisements
8 Kommentaar leave one →
  1. Februarie 26, 2010 2:29 nm

    Fenominaal. Sy laat daardie trippel spronge na niks lyk…. en sy is net 19! WOW.

  2. Februarie 26, 2010 9:28 nm

    Sy mag maar!!! Sy het versekr daai goud oor en oor verdien!
    Ek is ook baie bly die girl van Kanada het ‘n medalje gewen…

  3. Februarie 26, 2010 11:56 nm

    I am sure South Korea went crazy with Queen Yu Na’s performance and achievement. She is very very good.

    • Februarie 27, 2010 12:20 vm

      Nes jy daar se: Tydens haar skaatsbeurt het die hele Korea tot virtuele stilstand gekom vir ongeveer 5 minute. En nou’s dit al wat in die koerante en op nuus is. Die sterstatus wat sy reeds gehad het, het nou verdriedubbel. Ek glo dat niks of niemand nog ooit so gewild was in Korea nie. As ek se sy word verafgod, bedoel ek dit in die letterlike sin van die woord. Hulle soen die grond waarop sy loop. Tog ook vir my lekker om deel van die euforie te wees, want ek het saamgekyk en was saam in vervoering.

  4. Mefri permalink
    Maart 1, 2010 1:55 nm

    As daar nou een ding is wat my asem van pure verwondering in my bors kan stol is dit ‘n grasieuse kunstige ysskaats vertoning. Dankie BIB dit is asemrowend‼

  5. April 3, 2010 3:57 vm

    Wow!

Trackbacks

  1. Hierdie land wat ek liefhet « Boer in Ballingskap

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: