Skip to content

Die visuele nirvana wat die koue die moeite werd maak

Maart 2, 2010

frame2d869c31350ff43aa0ef4388f189e80bb3fef579

Gedurende die meesleurende kleurespel van die herfs het ek die volgende gesê:

En nou laat ek herfs gaan…staal myself vir die vaalheid van winter…met die hoop dat sporadiese sneeu tog die eentonigheid sal breek.

frameaba1a8efeedd006cff6fa4bac72d1d7eb4ca5633frame4a4a3d1274dbbfaeaaeb36ff4c70a02507819001

Die hoop het nie beskaam nie. Die Jaar van die Tier is hier in die suidooste van Korea ingewy deur die mooiste sneeuval in ‘n lang tyd.

frame047eaf769f5588f19b173d62e73633e2af7a514cframec5c62a551439e7009a0536909d6e8d3c49ce5160

Aanvanklik het ek planne gehad om die langnaweek soos soveel miljoene ander Koreane die pad te vat. Toe ek egter die Saterdagoggend wakker word en die wit wêreld om my sien, het ek eensklaps besluit om eerder die sneeu in my tuisdorp te geniet. Ek wou veral van die geleentheid gebruik maak om sneeufoto’s te neem van plekke wat ek nog nie in wit gewaad gesien het nie.

frame81b468d687b662d2cfc3c63d19adbf3bb2b08ad9

Die seisoene in Korea bly ‘n visuele fees. Die wonderlike is hoe absoluut gedefinieerd die seisoene is. Dit bly asembenewend om te aanskou hoe een spesifieke plek met seisoenwisseling ‘n totale gedaanteverwisseling ondergaan. So kan mens dieselfde plek telkemale fotografeer en elke keer is die foto’s uniek en anders.

frameda89f52f341ccc5067e4bd3208443c286cd95dd5frame9b6f9cd7209e0082595d371dc13f38f8634f528a

Een so ‘n plek is die bekende Bulguksa aan die buitewyke van Gyeongju . Hierdie tempel is een van Korea se kosbaarste kultuur-historiese skatte en bly indrukwekkend om te besoek.

frame323100dd629075a44f9a0540523025cce16e66bbframe7ca4f1c2779d50c92df9810e18516c3c7564178d

frameb9864200bf37849432c9fa9757f54ec70ef9c5bbframed232e6ec565b0af4236c5b80415f85a007f59540

Die tempel en omliggende tuine is oornag in ‘n sprokiesland omskep en dit was net die regte plek om te besoek om die sneeu te ervaar. Die sneeu het ‘n dramatiese effek op die omgewing en die kontras kan nie groter wees met foto’s wat ek in ander seisoene geneem het nie.

frame51644d2a3446af6e71611da793a9012432334a73frame20c01524fe020ebe9898d9fcf08e69d84dd95096

Te veel woorde is oorbodig en ek glo die beelde wat ek hier plaas is die beste manier om te getuig van visuele nirvana. Dit maak inderdaad die koue die moeite werd.

frame61079d17e6b433490faed3a9b7fd61b3c776581b

NS: Intussen het ek die eerste tekens van die lente bespeur, so hierdie is ook my laaste ode aan ‘n baie koue, maar mooi winter.

19 Kommentaar leave one →
  1. Maart 3, 2010 1:18 vm

    Dit is pragtig. Moet asseblief nie vergeet om die lente-bloeisels vir ons te wys nie.

  2. Maart 3, 2010 12:21 nm

    Ek is in Seoul gebore. Hierdie foto’s is so mooi. Dankie dat jy gedeel het!

    • Maart 3, 2010 11:38 nm

      ‘n Amerikaner wat in Korea gebore is en Afrikaans magtig is!!! Wow!!!😯
      Dit wil gedoen wees! Ek haal my hoed af vir jou en wag dat my mond weer moet toegaan. Baie bly ek het jou blog nou ontdek.

      • Maart 4, 2010 1:08 vm

        ‘n Dubbele WOW! Afrikaans is definitief nie aan die uitsterf nie😉

      • Maart 4, 2010 3:20 vm

        Jou blog was ook ‘n aangename verrassing🙂. ‘n Afrikaner in Korea? Dit is so interessant! Watter “banchan” is jou gunsteling? Komkommer kimchi is myne.

      • Maart 4, 2010 11:39 nm

        Ek hou van die “gewone” kool-kimchi. Hoe rooier en ouer, hoe beter. Hou ook van die seegras en kelp, lotus-wortels en ander groentes waarvan ek nie altyd die name ken nie. Maar saam met Gochujang is als lekker.🙂

  3. Maart 3, 2010 7:09 nm

    Dit was mooi, maar ek is nou klaar! Die wind kan ook maar loop le en die son kan maar rerig nou ‘n verskyning maak!

  4. Thea permalink
    Maart 5, 2010 12:29 vm

    Bib jou foto’s is ongelooflik mooi! So ‘n stil mooi…

  5. Maart 5, 2010 7:07 vm

    Bietjie vroeg om koebaai te se vir die winter, maar hier by ons kan ons ook nie meer wag vir die lente nie. Dit was/is darem ‘n lang en koue winter.

    • Maart 5, 2010 11:17 nm

      Ek weet nie…miskien het die winter nog ‘n laaste kaart om hier te speel, maar dit wil nie so voorkom nie.

  6. Maart 5, 2010 11:48 nm

    Dit is beslis pragtig, maar na my draai in Suid-Afrika is ek nie meer lus vir die koue nie. Dis nie dat dit meer so sterflik koud is met dag temperature onder nil grade nie; dis bloot dat dit nog ongemaklik koud is. Ek voel soos ‘n ouer wat vir ‘n kind sê “Dit was lekker, maar nou’s dit klaar.” Ongelukkig wil die Winter nie na my ouerlike raad luister nie.

    Ek hinker weer na groen. Dalk’s dit die rede vir my kuiery op jou blog — so ‘n lekker warm olyfgroen agtergrond lê knus op die oog!

  7. Maart 6, 2010 1:12 vm

    Die groen is om die draai…

  8. Maart 6, 2010 6:45 vm

    Verdant is ‘n ou wat homself afrikaans leer! Het jy dit geweet?🙂
    Pragtige foto’s, prentjie-mooi/poskaart-mooi.

  9. Maart 8, 2010 8:44 nm

    Ek dink jy het te gou gepraat Boer!

  10. Maart 8, 2010 10:59 nm

    Ja-nee! Ek het te gou die winter afgeskryf…moes seker van beter geweet het.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: