Skip to content

Identiteitskrisis

Maart 6, 2010

“Where are you from?”

“South Africa.”

“Oh…I always think South Africans are from Germany…It’s the Boer accent.”


“Where are you from?

“South Africa”

“I thought you were from Russia”


“Where are you from?”

“South Africa.”

“But you’re not black!”


“Where are you from?”

“South Africa”

“Africa? I thought people from Africa were black”

Advertisements
25 Kommentaar leave one →
  1. Maart 6, 2010 2:19 vm

    Die siening wat baie mense van ander werelddele oor SA het kan nogal baie snaaks wees. Ek het Woensdag middagete gaan eet saam met ‘n Blogger vriendin wat uit Arizona hier aangekom het om vir ‘n maand deur die land te toer. Sy vertel ons dat toe hulle oor Johannesburg draai om op ORTIA te gaan land, sy gedink het hulle land in Los Angeles. Sy kon nie glo dat daar so ‘n groot stad in SA kon wees nie en al die swembaddens in die agterplase het haar aan LA herinner. 😆

  2. Maart 6, 2010 3:01 vm

    😆

  3. Maart 6, 2010 4:11 vm

    Het niemand jou nog gevra oor die leeus wat so wild hier rondloop nie? 😆

  4. Maart 6, 2010 6:43 vm

    hmmm… ek is al gese…”I thought you are Australian/Canadian/Austrian/from NewZeeland/France…” ek kan nie eers al die lande onthou nie. ‘n Kind het eendag vir my gevra of ek Russies is. Die “black” het ek nog net een keer gekry, maar manlief en kinders BAIE keer. Kinders in ‘n laerskoolklas het die eendag probeer raai, al die lande probeer [kanada was eerste][volgens my aksent], als behalwe SA (en daar was baie SA onnies wat in London aflos/skoolhou, die SA aksent is oorbekend aan hulle, maar blykbaar het ek “iets” wat dit net nie so laat klink nie.) 🙂

    • Maart 7, 2010 7:08 nm

      Die Oosterlinge dink gewoon dat daar geen wittes in Afrika is nie. Wel…hulle is amper reg. Seker maar so vreemd soos dit vir ons is om ‘n Sjinees te ontmoet wat Kaukasies is…

  5. Maart 6, 2010 1:13 nm

    Jip, ek het ook dit ookal by vervelens toe gekry. Gewoonlik dink hulle ek’s Brits. Die ergste was toe ek ‘n draai gemaak het op ‘n klein eilandjie aan die Suide van Korea genaamd Docho-Do. Ek is gestormloop deur ‘n bende kinders wat nog nooit ‘n uitlander in die persoon gesien het nie. Toe ek vir hulle sê dat ek is vanaf Suid-Afrika het hulle my nie geglo nie en mooi laat verstaan dat ek is ‘n liegbek Amerikaner want daar is geen witmense in Afrika nie.

  6. Maart 6, 2010 5:07 nm

    Probeer veruidelik dat jy van Namibia af kom –

    “What? Nambbwghbika? where’s that?
    “Bolivia?”
    “Is that a country?”
    “Siberia?”
    Malaysia?”

    Niemand het ‘n vae clue waar die plek is nie.

    • Maart 7, 2010 7:06 nm

      Ek kan dink dat Nam nog soveel moeiliker as Suid-Afrika is! Baie van my kids dink nog steeds ek kom van Suid-Amerika. Ek het opgehou om hulle reg te help.

  7. Maart 6, 2010 6:15 nm

    Die volgende gebeur weer van tyd tot tyd met my in SA:

    “So where are you from?”
    “Nee sommer van hier. Suid-Afrika. Regtig.”
    “Oh, really.”

    Ek vrees vir die wêreldbeker want ek gaan weer gedurig geforeignise word.

    😆

  8. Maart 7, 2010 3:32 vm

    Op Farm Town het ‘n ou uit Ohio my eendag gevra of daar wilde diere in ons dorp is. I was VERY tempted 😈

  9. Maart 7, 2010 8:27 nm

    ‘n 15-jarige kind vra vir my van watter land ek is, ek se toe Suid-Afrika, sy se toe nee, ek kan nie van “Suid”-Afrika wees nie, daar is nie so ‘n land nie, want dis soos Noord-Afrika, Wes-Afrika, Oos-Afrika, daar is nie sulke lande nie, want dis die “rigting”… ek het lekker vir haar gelag! – wel, sy’t ‘n punt beet, maar dit het net gewys wat haar kennis is, ek het haar maar verskoon, want sy is oorspronklik van Somalie en het nie in Somalie skool gegaan nie en was maar toe al ‘n jaar of wat in Engeland. [hierdie Somaliers is een grooooooot pyn vir die Britse onnies, hulle se dit nie hardop nie, maar hulle hou niks van hulle nie, hulle is groot moeilikheidmakers in skole in London].
    -maar hulle is ook darem nie die enigste groep “moeilikheidmakers” nie. [my skaakvriend Dan se dieselfde van hulle in Amerika]

  10. Maart 7, 2010 9:08 nm

    ‘n Taxi bestuurder het eendag amper die kar omgekeer toe ek se ek is van SA en hy het ‘n hele ding begin oor hoekom ek nie swart is nie…

    Ek weet van onderwysers van SA hier wat soms baie pret het deur hulle van al die wilde diere te vertel. Ons het nie skoolbusse nie, maar vang sommer ‘n olifant of kameelperd in die verbygaan. ‘n Ander girl het moeg geraak vir al die vrae oor hoe sy kan wit wees en sy het sommer gese haar pa is swart en hulle was tevrede dat haar pa darem swart is.

    ‘n Koreaan het my eenkeer in Russies gegroet…ek neem aan hy’t my gegroet, maar toe het ek hom mooi verduidelik waar ek vandaan kom!

    As jy South Africa noem verwar hulle dit soms met Saudi Arabia ook! Ek se net ja om hulle van my rug af te kry.

  11. Maart 8, 2010 6:09 vm

    ‘n Paar jaar gelede het die volgende met ons in Florida, USA gebeur…
    “Where are you from…
    South Africa…
    Oh, are you missionaries from the rain forest”…!

  12. Maart 8, 2010 7:23 nm

    Kry dit ten minste 1 keer per maand hier in die Midde Ooste.

  13. Maart 9, 2010 12:25 vm

    As iemand ‘n comment maak oor ons aksent laat ek hulle altyd raai. Hulle is nooit reg nie, behalwe as hulle voorheen Suid-Afrikaners ontmoet het.

  14. Maart 9, 2010 2:18 nm

    😆
    Ek onthou ek het in Londen dit selfs gereeld gekry…die, maar jy is nie swart ding nie. ‘n Paar jaar terug op ‘n cruise in die Med dieselle, dit was nogal snaaks.

  15. Maart 11, 2010 8:38 nm

    Ola jou wasbleek swartman met jou voete in die sneeu van ‘n vreemde kontinent. Jy wat jou moedertaal behendig onderdruk om soos ‘n Rus of Duister te klank!

    Geniet jou koue, ons sweet hierso, en moenie skaam wees om jou borskas ver uit te druk nie. Jy het goeie gene. Afrika krake in jou hakke. Sonstrale in jou hart.

  16. shiningfire permalink
    September 12, 2010 1:29 vm

    Ek het altyd die Hoofsjef (Brittish natuurlik) belowende stories vertel oor die diere in SA. Hy het waarlik geglo ek het ‘n dolfyn in my swembad, hom sommer ‘n poskaart gewys van ‘n dolfyn wat uit die see spring. Nou ja, toe ek omdraai en by die kombuis uitstap het die mes my rakelings gemis en die deurkosyn getref. Danksy die skeel oog wat hy gehad het! Ek moes altyd hoor ek is van Dutchland.

  17. September 24, 2010 4:19 vm

    🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: