Slaan oor na inhoud

Dan is dit nou hoe die lente lyk…

Maart 10, 2010

Net so ‘n week terug bring ek toe heel poëties ‘n laaste ode aan die winter en spreek die versekering uit dat die lente om die draai is. Wel, duidelik is ek geen weerkundige nie en het ek die winter voortydig halt geroep. Van Saterdag af het die temperature begin tuimel. Sondag het dit begin reën en teen Maandagmiddag het die reën in sneeu omgesit. Nie vlokkies nie, sommer sulke vlokke. Dis die swaarste sneeu hierdie winter en dit op die drumpel van die lente. Die foto’s spreek vanself…(en ja, dit is so koud soos dit lyk).

frameb5f0dfec2ebca6b3d99ff88001063712bea88c90

frame4d8a701409a8059b8674e53eaea7c6de8b3054a2frame6c692aecdf319996989f08f4ffb94ae2a2baadcd

framea952200407b380641200e224da58f83aca3a1476framec84770f6291f0493773506d992bcc7805574646b

frame5cb660e282d9fc2dad7d9c99d54587b6a34e4c74framefda3fdd0dbd1c0b866b42ffb232a5b628e270bb2

frame0a4b460e60d84bb5e72accd1f570db04cde096d9

Addendum: Hierdie inskrywing is geensins bedoel om onsensitief te wees teenoor Kapenaars nie.

(NS: Kyk ook by Kaalvoet en vir nog foto’s van die lente)

14 Kommentaar leave one →
  1. flippiefanus permalink
    Maart 11, 2010 3:41 vm

    Pragtig! Ek kry skoon heimwee teug Kanada toe. Ag as dit maar in SA geneeu het.

  2. Maart 11, 2010 3:41 vm

    Brrrrrr!, maar mooi.

  3. Maart 11, 2010 4:02 vm

    Seisoene: my gunsteling ‘briewe’ uit Korea van nog altyd af in my blog-lewe. Fantastiese foto’s soos altyd. Die laaste een laat my aan die volgende quote dink:

    “Courage is not the towering oak that sees storms come and go; it is the fragile blossom that opens in the snow.”

    Daar is vir my iets onbeskryflik mooi aan ‘untouched snow’ .. asof dit ampertjies heilig is, want dit le soos n ‘canvas’ vir vars voetspore en wag.

    Make it worth remembering!

    • Maart 11, 2010 10:18 nm

      Elf, bly jy geniet ook die seisoene hier so oor die afstand. Baie mooi aanhaling daardie. Wie het hierdie wyse woorde gespreek?

      • Maart 12, 2010 2:59 vm

        Dis n ou sonde van my om mense se woorde te leen sonder om aan hulle erkenning te gee omdat ek so haastig is om in die betekenis van hul woorde te wandel. Hierdie een het ons te danke aan ene Alice M Swaim. Die foto’s lyk nou met die weer-kyk vir my steeds soos iets uit n prentjieboek.

      • Maart 13, 2010 1:16 vm

        Dankie vir die terugvoer, Elf!

  4. Maart 11, 2010 3:04 nm

    Dis pragtig. Ek hou niks van koudkry nie. Dus, dankie vir die foto’s! 😆

  5. Maart 12, 2010 2:05 nm

    Ek sal ook maar net hier uit my hoekie na die koekies kyk. Ek en koue is nie goeie maats nie.

    • Maart 15, 2010 3:13 nm

      😆 Ek het vakansie nodig… dringend… die kiekies!

      • Maart 15, 2010 10:20 nm

        Wat het jy in die sneeu gesien??? Ek lees dit self nou eers raak, dus dink ek ekself kan ook doen met ‘n vakansie. 😆 😆

  6. Maart 12, 2010 7:23 nm

    Maar dis so mooi, dit maak dit die kouer werd. (Solank die hoop op warmer dae bly staan, natuurlik.)

  7. Maart 13, 2010 7:19 vm

    Brrrrrrrrrrrrr….agtig! en ek kan die koue sommer voel! 🙂

Trackbacks

  1. Dis mos soos die lente behoort te lyk! « Boer in Ballingskap

Lewer kommentaar