Skip to content

Steeds die meester

Maart 12, 2010

400000000000000095829 s3

John le Carré se laaste paar boeke, hoewel steeds baie goed, was vir my nie op dieselfde hoë standaard waaraan mens gewoond geraak het van hierdie meester nie. The Constant Gardener was byvoorbeeld baie gewild, maar as jy sy vroeëre werke ken, weet jy hy kon beter.

Miskien het ek sedertdien te veel resepmatige spioenasieromans gelees of miskien het ek net lanklaas Le Carré gelees, maar sy nuutste boek – A Most Wanted Man – het my geweldig beïndruk. Dit bevestig net weer eens wat ekself reeds lankal weet, maar miskien vergeet het: wanneer dit by die genre van spioenasie kom, is Le Carré net eenvoudig in ‘n klas van sy eie. Hy het ‘n fyn aanvoeling vir, en ‘n geweldige goeie verstaan van die skaduwêreld van internasionale spioenasie. Ver verby die grense van skop-skiet-en-seks, vind mens hierdie skrywer. Sy wêreld van spioenasie is uiters outentiek, gebalanseerd en word hanteer met die mate van sinisme wat dit verdien. Daar is bitter min skrywers (hier moet ek miskien Graham Greene se naam byvoeg) wat so kundig omgaan met die fynere nuanses, wat karakters en hulle motiewe so onvergeetlik kan beskryf en ‘n atmosferiese narratief skep wat jou terstonds opslurp en totaal verplaas na ‘n ander werklikheid.

A Most Wanted Man is bloot uitstekend geskryf en skets die kontemporêre oorlog teen terreur baie eksakt, gestroop van alle vorme van jingoïsme en gemaakte moraliteit. Korrek skets hy die wêreld van spioenasie in skakerings van grys en nie in die deterministiese swart en wit nie, soos so dikwels aangetref in hierdie genre. Hy is ver verwyderd van die cliché’s en die geykte eendimensionele Jack Bauer-tipe oplossings. Hy skryf met ‘n gewete en verstaan die problematiek wat in meeste boeke in hierdie genre nie eers aangespreek word nie. As jy leesstof soek wat vir jou hope aksie bied en eenvoudige antwoorde op al die vrae, hou verby. As jy egter wil verstaan hoe die wêreld van spioenasie werklik daaruitsien, lees hierdie boek.

Le Carré is steeds die meester. Ek erken onomwonde dat, as skrywer, hy my rolmodel is en seker altyd sal wees. As ek net helfte so goed soos hy kan skryf, sal ek tevrede wees.

Aanhaling:

The sources that we newly assembled pariahs here in Hamburg will be looking for have to be conjured into life. They don’t know they exist till we tell them. They won’t come to us. We find them. We stay small. We stay on the street. We do detail, not grand vision. We have no preconceived target to direct them at. We find a man, we develop him, we see what his got, and we take him as far as he’ll go. Or woman. We work the people nobody else reaches. The baggy little guys from the mosques who speak three words of German. We befriend them and befriend their friends. We watch for the quiet incomer, the invisible nomad on his way somewhere who is passed from house to house and mosque to mosque .”

A Most Wanted Man, Simon and Schuster, 491 bladsye, $9.99

Advertisements
12 Kommentaar leave one →
  1. Maart 13, 2010 7:23 vm

    Ek hou van spioenasie-films, maar spioenasie-boeke het my nog nie getrek nie, of ek dink dis eerder luiheid of gebrek aan tyd. Ek stoei nog deur 3 boeke [toevallig al drie boere-oorlog boeke] – ek hoop heeltyd vir meer tyd vir lees, dan’s die volgende ding daar wat gedoen moet word.[skoolwerk].

  2. Maart 13, 2010 8:16 vm

    EK sukkel om vat aan Le Carre te kry. Is nie mooi seker hoekom nie. Jy oortuig my om maar weer te probeer.

  3. Maart 14, 2010 9:54 nm

    Ek het nog net “the spy who came in from the cold” gelees en moet se ek was beindruk. Dis heeltemal anders as die ander spioenasiereekse wat mens kry en ek sien uit om nog van sy werke onde oe te kry 😉

  4. Maart 15, 2010 10:18 nm

    Smake verskil en ek dink nie sy skryfstyl is tuis in almal se kraal nie. Miskien omdat hy so uiters realisties skryf.
    The Spy Who Came in from the Cold is natuurlik die boek wat hom op die spreekwoordelike kaart geplaas het. Dis ‘n klassieke werk en steeds een van die beste spioenasieromans ooit.

  5. Maart 17, 2010 12:16 nm

    The best there is in espionage. Nie die maklikse om te lees nie, maar as mens hou van ingewikkelde, fynste besonderhede en ‘n algemene menslike observasie beskywing en natuurlike die donker wereld van spioene, dan is Le Carre manjefiek. My gunsteling is The little drummer girl. Ek het verlede jaar The Mission Song gelees. Nie so goed soos die bekendes nie maar gee ‘n goeie insig in die werled van die vertaaler.

    As jy ooit jou hande kan le op ‘n book van

    • Maart 17, 2010 11:39 nm

      Little Drummer Girl was baie goed, maar dis vir my moeilik om te kies tussen sy ouer werke. Elkeen is in eie konteks besonders.

  6. Maart 17, 2010 12:20 nm

    Oeps te gou die enter key gedruk. Laat ek weer begin met die laaste sin. As jy ooit jou hande kan le op ‘n boek genaamd The Turn-around van Vladimir Volkoff, probeer dit. As jy hou van La Carre sal jy hou van Volkoff.

  7. Maart 17, 2010 11:37 nm

    Eerste keer wat ek van Volkoff hoor, maar neem jou op jou woord en sal uitkyk daarvoor.

    NS: Mens moet met seker maak om die “L” mooi duidelik te se. 😆

  8. Maart 28, 2010 1:50 vm

    Dankie vir hierdie. Ek hou van spioenasie genre maar boeke onlangs het my min aangegeryp. Sal beslis Le Carre gaan opspoor.

    En pragtige fotos hier – het jy dit alles self geneem?

  9. Maart 28, 2010 6:06 nm

    Dankie vir die besoek en kommentaar, Nadenker. Ek glo nie Le Carre sal jou teleurstel nie. En ja, ek neem al die foto’s self.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: