Skip to content

‘n Somerpaleis in wintergewaad

Maart 17, 2010

DSCF9249

Die Somerpaleis (Yiheyuan) aan die buitewyke van Beijing – esteties uitgelê rondom die mensgemaakte Kunmingmeer – is die imperiale tuine wat gedien het as ontspanningsarea en somerwoonplek vir die keisers van die Qing Dinastie (1644-1912). Die totale area is geweldig groot en beslaan ‘n oppervlak van ongeveer 290ha, waarvan die meer die grootste gedeelte verteenwoordig. Behalwe vir die meer en tuine, bestaan die area uit ongeveer 3000 strukture, waaronder vele torings, pagodas, brûe, pawiljoene, aanbiddingsale, paleise, beeldhouwerke en muurskilderye.

S7300406

Hoewel die aanvanklike tuine van die Somerpaleis reeds deur die Jin Dinastie (1115-1234) aangelê is, is dit die gerespekteerde Keiser Qianlong (geheers van 1736-95) van die Qing Dinastie wat krediet ontvang vir die skepping van die Somerpaleis in huidige vorm. Die Somerpaleis is in 1750 voltooi om sy ma se verjaardag te vier. Van die agtiende eeu af het dit gedien as ‘n ontspanningsarea vir die keisers en ander hooggeplaastes.

S7300411DSCF9262

DSCF9252S7300390

Gedurende die tweede helfte van die 19de eeu was die paleis bekend as amptelike speel-en blyplek van die invloedryke Adellike Keiserin Cixi (ma van Keiser Tongzhi – geheers 1861-75) wat die werklike mag agter die troon was gedurende die bewind van Tongzhi en Keiser Guangxu (geheers 1875-1908). Sy het Sjina de facto regeer vir ongeveer 40 jaar.

S7300394S7300373

In 1860 is meeste van die geboue vernietig deur die Anglo-Franse magte tydens die Tweede Opium-oorlog. Dit is teen 1886 weer herbou deur Adellike Keiserin Cixi, met geld wat sy (tot groot onsteltenis) uit die vloot se begroting geneem het. Die Somerpaleis het egter weer erge skade gelei in 1900 gedurende die Bokser Rebellie. Tydens hierdie rebellie is westerlinge en westerse belange in Sjina geteiken vir aanvalle en dit het uitgeloop op ‘n alliansie van agt lande (VSA, Brittanje, Rusland, Japan, Duitsland, Frankryk, Italië en Oostenryk-Hongarye) wat troepe na Sjina gestuur het om hulle belange te beskerm. Daarna is dit weer restoureer en herbou. Na die keiser ontsetel is deur die republikeine, is die Somerpaleis in 1924 amptelik as park vir openbare gebruik oopgestel. Sommige geboue soos die Toring van Boeddhistiese Wierook (Fo Xiang Ge) is egter eers baie jare later oopgestel. Die Somerpaleis is in 1998 deur UNESCO geklassifiseer as ‘n wêreld-erfenisgebied.

DSCF9259

Soos soveel ander historiese plekke in Beijing, is die skaal van die Somerpaleis bloot oorweldigend en die area is so groot dat jy ‘n hele dag of dalk twee nodig het om dit behoorlik te verken en in te drink. Ek was baie gelukkig om die Somerpaleis in wintergewaad te aanskou. Dit het vir my ‘n ekstra dimensie verleen aan grootsheid van hierdie pragtige area. Dit het nou wel beteken dat ek nie met die bootjies op die meer kon rondvaar nie (die was natuurlik vasgevries in die ys). Maar aan die anderkant kon ek soos soveel ander besoekers oor die wit wydheid van die bevrore meer stap en kortpad kies tot die anderkant. Dit was ‘n wonderlike ervaring om so op die bevrore en witgesneeude meer te stap en dit het kompleet gevoel soos iewers in die wildernis van die pole. Die koue het nog verder bygedra tot hierdie wildernis-gevoel.

DSCF9271

Die kollektief wat as die Somerpaleis bekend staan is werklik esteties pragtig en ek kan net dink hoe dit in die lente en somer daarna moet uitsien. Daar is so baie wat mens kan oorvertel, maar een van my eie hoogtepunt was die sg Lang Gang – ‘n kleurvolle onderdak gang wat vir omtrent 700m om ‘n gedeelte van die meer en deur die gronde van die Somerpaleis kronkel en ongeveer 14000 skilderye bevat, sommiges waarvan ongelooflike kunswerke in eie reg is. Ek het net so helfte van die gang gestap, voordat ek kortpad kon kies oor die meer.

S7300387

Die fokuspunt van die van die Somerpaleis is die sg. Lanklewendheidsheuwel langs die meer, waar die hoofgeboue opgerig is. Die grootste gebou wat van ver af sigbaar is en onmiskenbaar die duidelikste simbool van die Somerpaleis, is die Toring van Boeddhistiese Wierook . Dis ‘n viervlak-gebou van ongeveer 40 meter en dis hier waar gebede en wierook aan Boeddha geoffer is.

S7300404DSCF9269

DSCF9256S7300374

Ek het net so halfpad teen Lanklewendheidsheuwel opgestap, omdat die paadjies seepglad was en soms gevaarlik. Tog kon ek steeds die pragtige vistas van die wit meer en die geboue daar rondom ervaar. Ek het die oomblik ingedrink en vir ‘n rukkie totale vrede ervaar, waar ek teen ‘n rots geleun het. Dit was vir my ‘n tydlose oomblik om sulke prag te aanskou. Soos ek al voorheen genoem het, skep die sneeu op die Oosterse geboue vir my ‘n spesiale, amper magiese atmosfeer. Ek het die oomblik probeer rek en kon nie genoeg kry van wat ek sien nie. Vir my waarlik uitsonderlik en ‘n ervaring wat ek altyd sal koester. Die Verbode Stad is een plek in Beijing wat jy nie behoort te mis nie…die Somerpaleis definitief die ander.

S7300416

Advertisements
10 Kommentaar leave one →
  1. kaneelsuiker permalink
    Maart 18, 2010 1:31 vm

    Weereens, eendag… (sug)

  2. Maart 18, 2010 3:08 vm

    Stunning pics! As my planne uitwerk sal ek dit in die komende somer kan besoek en dalk met die bootjie op die meer uitvaar en nie op dit stap nie 😉

  3. Maart 18, 2010 8:12 vm

    Mooi…veral die heel laaste foto. Dromerig. 😉

  4. rianabrand permalink
    Maart 19, 2010 7:01 nm

    Mooi foto’s en natuurlik die geskiedenisles is ook heel spesiaal. Dankie.

  5. Maart 26, 2010 4:01 vm

    Pragtig verby. Somer of Winter, dit moet en onvergeetlike belewenis wees. Jou foto’s is uitstekend, dankie.
    Die geskiedenis van daardie mense bly maar so half onwerklik, amper soos iets uit Alice in Wonderland.
    Dankie vir jou storie.

  6. Maart 30, 2010 2:37 vm

    Sal nog eendag daar uitkom…Hoopvol.

  7. Rene permalink
    April 8, 2010 4:31 nm

    Jy het darem maar ‘n oog vir ‘n mooi prentjie! xx

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: