Skip to content

Lank terug en lekker (Vrydagaand-song XXII)

Maart 27, 2010

Die musiek van Fleetwood Mac neem my altyd lank terug na my studentedae en die magiese prag van die Suid-Kaap. Na die naïewe jongtydse drome en al die gepaardgaande illusies. Die musiek neem my op reis na daar waar stukkies van my hart nou nog lê.  Die George-dam, Heroldsbaai se strand, die Outeniekwaberge, die groen van Wildernis se bosse, Victoriabaai se rotse, oesters in Knysna en luilekker dae by Brenton-on-Sea. Maanligaande, liefde op die strand, dolfyne agter die branders, seekos en steak, chardonnay en cabernet, kersligwoorde en happily ever after.

Dit was alles baie lank terug…en dit was lekker.

Advertisements
4 Kommentaar leave one →
  1. Maart 27, 2010 4:16 vm

    Hey! Ek het iewers gelees ‘music is the shorthand of emotion’ .. dis wonderlik hoe ‘n enkele song n gety van onthou oor mens se gedagtes kan laat spoel.

    Dankie dat jy ons saam op reis neem om vlugtig hierdie plekke saam jou te besoek.

  2. kluisenaar permalink
    Maart 27, 2010 10:07 vm

    ‘n Song vat jou terug na ‘n moment, ‘n emosie, ‘n plek, ‘n persoon ongeag hoe dinge in jou lewe verander…die song bly dieselfde…so vat Koos Kombuis my terug Oos-Kaap toe…Sardeniabaai met haar rots-klip wilde see; Hogs Back met al haar watervalle en magic; die Langkloof en dan die Gamtoos….

  3. Maart 28, 2010 6:07 nm

    Nes julle se. Liedjies, woorde en geure is amper soos “trefwoorde” vir mens se geheue. Maar onwillekeurig so.

  4. April 1, 2010 12:10 vm

    Sjoe, dit bring nou vir jou herinneringe. Ek sukkel net om te onthou waarheen hierdie song my terugneerm — dit voel amper of dit ‘n hartseer tyd in my lewe moes gewees het. Asof die lewe my op daardie stadium ontnugter het. Nietemin, ‘n mooi song.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: