Skip to content

Dis mos soos die lente behoort te lyk!

April 3, 2010

So ‘n paar weke terug was die lente nog spierwit en bitter koud . Steeds laat die huidige aanvoelbare temperature jou onder geen wanindruk dat die winter bes gee nie. Net verlede week het dit nogeens gesneeu. Die verwarmers en verhitte vloere werk steeds oortyd. Die warm winterklere word nog elke dag gedra. Maar…

framedc548877fccc1325ae080794621671ef041b7607frame6f95ac0cc7aa859dc50c1e87e46f77d44106ae54frame2dd81d1ff02f4d21f04a0dd557b02db4c05a0caaframea8f1e20e52f91cffbd6222d3cd1450f9a9ebf6a2frame6e2413c515d8c160e30b0faf8beb33983e052f78framea3cd680f68896cf0dfed7a7125370a1a68a68ebf

Een vir een begin die kersiebloeisels weerbarstig blom, gemotiveerd om te wys watter krag van vernuwing daar in die droë winterbome skuil (die metafoor in hierdie Paastyd ontgaan my nie). Elke dag is daar meer kleure en bloeiselgeure. En die bye sak gulsig toe op die eerste tekens van die lente, hul pootjies lomp en swaar van die stuifmeel. Dus…koud of nie, ten minste begin die lente nou lyk soos dit behoort te lyk!

Advertisements
18 Kommentaar leave one →
  1. Thea permalink
    April 3, 2010 2:25 vm

    Al te pragtig die wasige pienk bloeisels! Hier by ons is dit koud en nat!

  2. April 3, 2010 2:45 vm

    Seisoene .. jy wéét mos al teen hierdie tyd! 😉

    Baie mooi fotografie en yup ek stem die belofte wat dit inhou is amper tasbaar selfs van agter die skerm van waar ek sit.

    Terloops, n baie Geseënde Paasfees vir jou. As mens dink aan die betekenis van hierdie dag word iets soos afstand tussen SA en Korea eintlik heeltemal insignificant, want ons kyk nie meer langs ons nie maar opwaarts.

    Mark Twain (sien ek het hierdie keer onthou) het gesê:

    ‘It’s spring fever…. You don’t quite know what it is you DO want, but it just fairly makes your heart ache, you want it so!’

    En ek dink dit is die gevoel wat lente by meeste van ons ontketen. Geniet elke oomblik daarvan!

    • April 4, 2010 10:17 nm

      Dankie, Elf! Lente het nogal die geneigdheid om mens se gemoed te lig. As die temperature nou net wil begin saamspeel…

  3. April 3, 2010 3:47 vm

    Baie mooi! Die bloeisels laat my dink aan Perskebloeisels ook! Ons het vrugteboorde op die plaas gehad en die perskes se bloeisels was ook hierdie tipe bloeisel, dieselfde pienk. Pragtige foto’s! Hier by ons blom die geel affodille sommer so wild langs die paaie.

    • April 3, 2010 3:48 vm

      Dis maar lekker koud hier ook, heeldag trietsige weer en die noorde hier het sneeu gekry.

    • April 4, 2010 10:19 nm

      Affodille is baie mooi blomme en ek het juis die afgelope naweek geel affodille pragtig in blom gesien. Hoop die lente slaan ook gou deur daardie kant van die wereld!

  4. April 3, 2010 4:59 nm

    Pragtig. Ek is gaande oor die bloeisels, maar hier bo in die Noorde is die lente nog sku. ‘n Paar geelbloeisels hier en daar begin bot, maar andersins lyk dit maar nog vaal.

    • April 4, 2010 10:22 nm

      Ja, Korea kry mos lente so van die suide af op. In Busan is dit in volle blom en ek dink komende naweek gaan dit hier by my op die mooiste wees. Gyeongju is nogal een van die plekke waar dit werklik pragtig is.

  5. April 3, 2010 8:38 nm

    Ai, ek beny julle die vooruitsig van die lente. Herfs is vir my pragtig, maar hartseer.

  6. VanDonk permalink
    April 5, 2010 8:18 nm

    Reen hier aan en af van Vrydag af. Vandag koel en grou.

    Jou blog, is stunning BnB!!
    En wat Le Carre betref … beter is daar nie. Tinker Tailor Soldier Spy is een van my gunstelinge, en natuurlik Little Drummer Girl
    Groete daar

  7. April 5, 2010 11:42 nm

    Baie dankie, VanDonk! Lekker om jou naam weer vir ‘n slag hier te sien.

  8. April 8, 2010 5:51 vm

    Stunning fotos!! en so ‘n pragtige onderwerp!

    • April 8, 2010 11:40 nm

      Dankie, Liezl! Die lente is en bly vir my ‘n jaarlikse gebeurtenis wat my na kamera en sleutelbord laat gryp.

  9. April 16, 2010 5:04 vm

    Dit is nog 15 April hier duskant Tafelberg soos ek nou hier tik, maar sover ek weet het 16 April reeds aan Korea se deur kom klop, which means a brand new season for YOU my friend!

    Baie geluk met jou verjaarsdag! Mag dit n baie mooi dag vir jou wees, maar meer nog, mag die nuwe lewensjaar wat nou vir jou voorle ontvou in n orchard van geluk, vrede en vreugde. Jou huis is waar jou hart is. Dankie dat jy deur die jare so baie van ons ingenooi het.

    Lekker verjaar!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: