Skip to content

‘n Chronologie van Produktiwiteit

April 17, 2010

Onlangs is ‘n groot woonstelkompleks oorkant my eie woonstel voltooi. Die fondamente is in September 2008 gelê en ek het sedert November van dieselfde jaar die vordering maandeliks op film vasgevang (spyt dat ek nie begin foto’s neem het toe daar slegs ‘n stuk oop grond gelê het nie). Om die massiewe kompleks so voor my oë te sien opgaan, was vir my baie interessant, ten spyt van die geraasbesoedeling waarmee ek moes saamleef.

Nov08Dec08

November 2008                                     Desember 2008

Jan09Feb09

Januarie 2009                                 Februarie 2009

Die woonstelkompleks is tipies die behuising van die oorgrote meerderheid Koreane. Omrede sowat 70% van die land beberg is en ruimte baie beperk is, het Koreane geen ander keuse as om boontoe te bou (en te bly) nie. Die hele Korea is vervuil van hierdie, hoofsaaklik eenderslykende, woonstelkomplekse. Prakties is dit wel, maar meeste van die tyd ‘n estetiese nagmerrie.

Maart09Mei09

Maart 2009                                     Mei 2009

Jul09Okt09

Julie 2009                                        Augustus 2009

Nietemin, die eintlike doel van hierdie inskrywing is om my verwondering uit te spreek vir die relatief kort tyd waarin hierdie projek voltooi is. Ek is die eerste om te erken dat ek nie veel van die boubedryf af weet nie, maar vir my was die produktiwiteit ongelooflik om te aanskou. Hulle het (eg in Koreaanse tradisie) letterlik dag en nag gebou, reën, sneeu, sonskyn, somerhitte, Saterdae, Sondae, vakansiedae, onophoudelik vir ‘n tydperk van ongeveer 18 maande. Ek is eerlik as ek se dat ek nie ‘n dag kan onthou waarop daar nie gewerskaf is nie.

Nov09Jan10

November 2009                                   Januarie 2010

Feb10Maart2010

Februarie 2010                                       Maart 2010

Ek het nou vir die eerste keer gaan loer hoe die kompleks van binne lyk (tydens die bouwerke was dit natuurlik toe vir die publiek). Baie ruimte, netjies, afgerond, verskeie speelparkies, paadjies, mooi plaveisel en natuurlik die gebruiklike beeldhouwerk (die Koreane is gek oor beeldhouwerke en daar is by meeste geboue ten minste een beeldhouwerk). Die parkering is ook ondergronds en nie soos baie ander komplekse waar jou motor moet buite staan nie.

P3280711P3280712

P3280716P3280717

P3280718P3280719

P3280720P3280722

Die woonstelkompleks bied seker woonplek vir so ongeveer 2000 mense, dus verwag ek dat die pad voor my woonstel (wat reeds verbreed en oorgedoen is, met nuwe verkeersligte en al) binnekort baie besiger gaan wees. Maar ek gebruik nie ‘n motor nie en dus kan dit my min skeel. Die woonstelle se pryse is maar min of meer die gemiddeld van soortgelyke komplekse hier rond en die pryse begin in die omgewing van so W200 000 000 (ongeveer R1.3 miljoen) vir ‘n drielaapkamer-eenheid. Ek het nog nie gesien hoe die eenhede binne lyk nie, maar is seker ek sal nie omgee om net oor die pad te verhuis nie…as ek nou net my baas se arm kan draai.

15 Kommentaar leave one →
  1. April 17, 2010 3:49 vm

    Dis baie interressant. Ek wonder nou net of die ruimte tussen die woonstelle net tot die inwoners beperk sal wees of sal dit oop wees vir almal.

    • April 18, 2010 7:43 nm

      Nee, anna, hier is dit uitsluitlik beperk tot die inwoners. Hulle betaal duur vir daardie spasie.

  2. April 18, 2010 1:07 vm

    Baie mooi…ek dink daardie ouens sal jou foto’s waardeer…hulle goeie werke aanskou en hoe dit vasgele is in die tydgleuf. Geduld van jou kant af ook om dit so af te neem. Jy moes nou ‘n hele rits van die foto’s gehad het en dit in soort van ‘n animasie saamgeflans het.

    • April 18, 2010 1:07 vm

      Nie dat ek meen die animasie sou beter gewees het nie!

    • April 18, 2010 7:44 nm

      Ek is te tegnologies gestremd vir animasie-prentjies.😉

      • April 21, 2010 11:49 nm

        Hi

        Hier is ‘n animasie (foto’s is bietjie min) van die woonstelkompleks; laai dit in jou browser:

      • April 22, 2010 1:19 vm

        Baie dankie, Globetrotter! Ek is nou heel verras!🙂

      • April 22, 2010 1:07 vm

        Die animasie van Globetrotter is ok, maar dis nie wat ek ingedagte gehad het nie. As jy honderde foto’s [maar jy het sowat 500-700 nodig] elk 5sekondes uit mekaar oplaai in ‘n animasie…maar in volgorde wat die bouwerk plaasgevind het …dan kan jy die bouwerk voor jou sien “afspeel”🙂 As Boer soveel foto’s het, sal ek dit vir hom doen, maar nie nou nie…so na die 15de Mei sal ek bietjie meer tyd he…

      • April 22, 2010 1:25 vm

        😆 100’e foto’s! Het net een elke maand geneem! Maar verstaan wat jy bedoel.

      • April 22, 2010 5:05 vm

        Sie jy! Lui-aard!😆 Ek het onlangs ‘n animasie gesien van ouens wat by ‘n tafel gesit en skaakspeel het…iewers in die US…by ‘n straatkafee. Die ou het net so oor die 700 foto’s gehad, hy het elke 5 secondes! ‘n foto geneem van die twee ouens… dit was nogal iets om te sien, wens ek kan onthou waar het ek dit gesien, as ek dit kan kry, plak ek die link hier vir jou neer. Dit was nou regtig goed.

  3. April 18, 2010 6:12 nm

    Dis erg hoe vinnig hulle so kompleks kan oprig en jy’s heeltemal reg oor die feit dat hulle NOOIT ophou werk tot dit klaar is nie.

    Ek was al in ‘n woonstel in so kompleks en dis regtig stunning binne en ruim, al lyk dit dalk nie van buite af so nie.

  4. April 19, 2010 3:21 vm

    Baie interesant! … wat my opval en laat lekker voel… is jou verwysing dat die Koreane baie hou van beeldhouwerke! … daar leer ek nou iets… So lekker om daarvan te hoor! Beeldhouwerke kry volgens my ondervinding nie so baie aftrek in SA nie. Daar is wel hier en daar stunning werke… maar nie op die skaal wat jy van vertel nie.

    • April 20, 2010 12:00 vm

      As jy hou van beeldhouwerke, sal jy Korea baie geniet. Daar is ook baie “sculptor parks” wat mens kan besoek.

  5. April 20, 2010 7:01 nm

    Ek het in Singapore ook die ding gesien – ons het 4uur in die oggend konstruksiespanne sien werk langs die pad.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: