Skip to content

Middelmatigheid as Maatstaf

Junie 24, 2010

Bravo Bafana! basuin Die Burger vanoggend in groot, vet, swart letters op hulle voorblad, met verskeie foto’s van opgewonde Bafana-ondersteuners. Die koerant gaan voort om Suid-Afrika se oorwinning oor Frankryk te beskryf as  “roemryk” en “‘n mylpaal”. Voorts skryf hulle dat Suid-Afrikaners kan trots wees op Bafana en dat Bafana met “hulle kop omhoog” die Wêreldbeker-toernooi verlaat.

Nou wel…Suid-Afrika raak die eerste gasheerland ooit wat nie verder as die eerste rondte van ‘n Wêreldbeker-sokkertoernooi kan vorder nie. Selfs die (op daardie stadium) swak spanne van Suid-Korea en Japan kon dit in 2002 regkry toe die toernooi aldaar plaasgevind het (Suid-Korea het tot die semi-finaal gevorder). Bafana behoort hulle koppe in skaamte te laat sak, want dis niks minder as ‘n uiterste skande nie. Om dus Bafana te prys vir ‘n eendoel-oorwinning oor ‘n kreupel en onwillige klomp Franse wat die grootste deel van die wedstryd met slegs 10 man gespeel het, is om toe te te laat dat die euforie van die sokker jou nugtere denke aantas. Bafana was in hierdie Wêreldbeker-sokkertoernooi pateties, om die minste te sê.

Was dit die Springbok-rugbyspan of die Protea-krieketspan wat in ‘n soortgelyke situasie was, sou die media beide die afrigter en die spelers verguis het vir die skande wat hul gemaak het. Maar nou is dit sokker en omdat sokker oorwegend deur Afrikane ondersteun en gespeel word, word hulle met ‘n ander, meer polities korrekte kam geskeer. Waar die media en politici ook gewoonlik baie vinnig is om die gebrek aan transformasie in ander sportkodes aan die grootklok te hang, het hierdie rolspelers besluit om eerder te swyg oor die gebrek aan transformasie in Suid-Afrika se sokkerspan. Die span was minder verteenwoordigend van Suid-Afrika se bevolking as wat rugby of krieket in baie jare was (Matthew Booth het nie eenkeer speelkans gekry nie).

Maar kom ons bly maar tjoepstil, ter wille van die vrede. Kom ons bly tjoepstil oor die skande wat Bafana gemaak het en prys hulle eerder vir hulle “dapper probeer”. Kom ons sê dankie aan Parreira wat miljoene betaal is om ons te help skande maak. Kom ons verbeel ons Bafana “was net ongelukkig” en het “hulle bes gedoen”. Kom ons sê dat vir ons, as Suid-Afrikaners, dit goed genoeg is dat Bafana in die eerste rondte vasval en dat hulle “trots” kan wees op wat hulle bereik het (=niks).

Hierdie reaksie op Bafana se patetiese spel en skandes, is weer ‘n duidelike voorbeeld dat middelmatigheid Suid-Afrika se maatstaf geword het. Die land lyk soos hy lyk en funksioneer soos hy funksioneer omdat Suid-Afrkaners geleer word dat die strewe na middelmatigheid goed en reg is. Die implikasie: uitnemendheid en werklike prestasie is nie vir ons beskore nie. Kotsenswaardig!

…dankie, moes dit net van my hart af kry.

Advertisements
11 Kommentaar leave one →
  1. Junie 24, 2010 2:30 nm

    Ek stem só absoluut saam met jou!! Ek het nou vir die eerste keer in my lewe eers regtig begin sokker kyk en na Portugal se fantastiese wedstryd teen Noord-Korea vroeër die week, frustreer Bafana se spel my meer as enige iets anders! Soos jy sê…. pateties!

  2. Kapenaar permalink
    Junie 24, 2010 4:41 nm

    Ek stem nie saam nie. Bafana het wel nie gekwalifiseer vir die wereld beker nie, soos alle lande wat dit al aangebied het, het ons ook outomaties gekwalifiseer. Perreira kry wel ‘n helse salaris maar het goeie resultate gekry, een wedstryd verloor uit 13 wedstryde. Beter as Pieter de Villiers se rekord as ‘n mens nou rugby en sokker moet vergelyk. Bafana het een gewen, een verloor en een gelykop gespeel – al die wedstryde was teen lande onder die top 20 op FIFA se ranglys.
    Om ‘n vergelyking te tref tussen Bafana se prestasie en die Bokke moet ‘n mens ook hul posisie op die wereld ranglys vergelyk. Bv. as die Bokke ‘n wedstryd teen Swaziland (84ste op die IRB ranglys) of Botswana (78ste) speel, verloor een speler en hulle gee ons ‘n groot pakslae want 2-1 in sokker terme is ‘n pakslae. Wat sal die mense dan sê?

    Om te sê hulle is pateties en ‘n skande is verregaande. Wat vir my pateties is is dat my EIGE mense nie die shift kan maak wat die anderskleuriges in ons land gemaak het deur die bokke te begin ondersteun nie. Ek voel tans net: “It does not matter that we did not qualify, what matters is that we hosted the best world cup!”
    Vanaand is die my beurt om deel te wees van die massa wat skree en lawaai as ek vir Nederland teen Cameroon gaan kyk. Ek was in jarrrre nog nie so opgewonde nie!!

  3. Riko permalink
    Junie 24, 2010 6:11 nm

    Ek moet sê dat ek ook nie saamstem nie. Ek dink om enige iets anders voor die toernooi te verwag as dit Bafana (83ste op die ranglys) sou uitval in ‘n groep waar hulle meeding met die 9de, 16de en 17de beste spanne ter wêreld, is onrealisties.

    Ja, die tuisveldvoordeel is ongelooflik, en het Bafana baie gehelp. Ek dink nie hulle was briljant nie, en was maar bra power in die wedstryd teen Uruguay. Maar teen Mexico en Frankryk het hulle bo hulle vermoë gespeel. Wonderlik vir Korea en Japan as hulle kon deurdring tydens hulle tuis-toernooie, maar ek dink die situasie met hulle ranglysposisie en die hulpbronne waaroor hulle lande beskik was dalk heelwat anders.

    Miskien is ek ook meegevoer deur die euforie van die wêreldbeker, maar ek dink nie Bafana was bloot middelmatig nie, en as mense dit wil vier (al is dit bietjie “over the top”), hoekom nou hulle partytjie bederf.

    Ek dink ons vergeet maklik dat die Springbok-rugbyspan en Protea-krieketspan tereg in dieselfde asem genoem kan word as die bestes ter wêreld, en deur ongelooflike sportstrukture ondersteun word wat al vir jare kom, selfs deuir die apartheidstyd.

    As daardie spanne op hierdie vlak sou faal moet hulle daarvoor verguis word, maar as Suid-Afrikaners vir die duur van die wêreldbeker wil hoop, glo of droom dat hulle span beter is as wat hulle regtig is, kom ons gun hulle dit.

    Dit is nie die ondersteuning van middelmatigheid nie, dit is die droom van soveel Suid-Afrikaners wat vir dekades aan die kortste end getrek het dat dinge vir hulle kán beter raak.

  4. Cijferkes permalink
    Junie 24, 2010 7:06 nm

    Ek stem wél saam met jou, BiB. En dis al wat ek tans wil sê oor die hele storie! ‘n Stil bek is ‘n heel bek, nê?!

  5. Junie 24, 2010 10:07 nm

    Ja ou Boer, as ek van hierdie kommentare hier lees dan som dit die situasie baie mooi op. Van hierdie misleide mense met oogklappe op dring daarop aan om hierdie powere vertoning as uitmuntend te beskou. Die mense leef in ‘n droom wereld met dik oogklappe aan.

    Dieselfde gebeur in die werksplek – Sipho die CEO kon uiteindelik uitwerk hoe compounded interest werk, en die maatskappy het hierdie jaar net helfte van die verlies gemaak wat dit laas jaar gemaak het, dus is hy baie suksesvol.

    Almal laat sak die standaard en wens al die powere prestasies geluk. Dis hoe dit werk in sosialistiese lande, en dis hoe dit werk in enige ander derde wereld land.

    Ek is seker ou Kim Jong Il vertel ook vir sy mense van hulle nasionale sokkerspan se moerse prestasies. En almal glo hom.

  6. Junie 24, 2010 10:58 nm

    @Heiko (en BiB) – vir sommiges van ons is hierdie al land wat ons het, al land wat ons ooit sal hê. Ons het nêrens anders om heen te gaan nie, wil dalk nêrens anders heen gaan nie, wat ook al die rede. Dus, ons het ‘n keuse. Ons bly positief en ons probeer elke klein positiewe dingetjie aangryp om ons land en sy mense te MAAK werk. Of ons gaan lê op ons arms en kerm en kla heeltyd oor al die onregverdighede, al die korrupsie, al die misdaad… en dan kyk ons waar bring dit ons.

    Jy haal geldige punte aan BiB, maar dis hoe dit is – gun ons dan ons bietjie waansin vir die oomblik, more is ons weer voltyds gekonfronteer met probleme 🙂

  7. Junie 25, 2010 2:47 vm

    BiB: Ek kyk nie eindtlik sokker nie, maar gaan so half en half saamstem. Al wat ek kan sê is dat die Iere omtrent gejuig het toe die Franse verloor het. Ek bly nie in SA nie en ondersteun ook nie sokker of rugby nie.

  8. Junie 25, 2010 3:00 vm

    Toeval is ‘n snaakse ding. Ek het net vanaand, eintlik net ‘n paar minute gelede, ‘n stukkie op my blog geskryf wat eintlik as my kommentaar hier kan dien. Gaan kyk maar daar hoe ek dink en voel.

  9. Junie 26, 2010 1:26 vm

    Baie goeie kommentaar Anne-Marie.

    Ek stem eintlik saam met BiB oor hoe swak (nie eers middelmatig nie, hoe gaaf sou middelmatig selfs gewees het!) SA bestuur word, maar ek dink nie professionele sport is so ‘n belangrike aanwyser van ‘n land se toewyding aan uitnemendheid nie.
    Vat nou maar Italie – taamlik korrup, maar darem (gewoonlik) ‘n mag om mee rekening te hou in sokker. En Denemarke – een van die heel bes regeerde lande in wereld, maar nou nie juis ‘n groot krag in sport nie.

    Of wat daarvan dat lande soos Griekeland (bankrot weens korrupsie en geldmors), Argentinie (vooheen uit bankrotskap gered), Portugal (tradisioneel een van die armste lande in Europa) almal gerekende kragte in sokker is, maar nie hoog geag kan word as lande waar uitnemendheid en hoë standaarde geld nie.

    Ek dink as mens sport wil gebruik as so ‘n tipe maatstaf moet jy verby professionele sport kyk, en eerder uitvind watter persentasie van die land se bevolking neem self deel aan sport en het toegang to goeie sportvelde.
    As daar groot mate van deelname, en goeie sportvelde is, dink ek die land kry dit reg om sport sy ware doel te laat vervul vir almal.
    Professionele sport moenie gesien word as die eintlike sport nie – vir almal behalwe die handjievol op die veld is dit maar ‘n passiewe ding.

  10. Junie 29, 2010 1:07 nm

    Dat SA nie na die volgende ronde deurgedring het nie, is nie verbasend nie. Nie as ‘n mens in ag neem waar hulle op die wereld ranglys is nie. Maar die feit dat hulle is waar hulle is op die ranglys is ‘n skande as mens dink dat sokker die #1 spel in SA is en in ag neem hoeveel spelers die spel speel en tot die beskikking van Bafana is. SA behoort ten minste onder die top 30 in die wereld te wees en sekerlik onder die top 8 in Afrika. Wat die redes is weet ek nie maar ek weet politiek is dit nie. Daar is geen druk op Bafana om anderskleuriges te kies nie en hulle is ook uitgesluit om “teenwoordigend” van die land se bevolking te wees (in vergelyking met rugby.)

    • Kapenaar permalink
      Junie 30, 2010 3:19 nm

      LEES DIT – LANK, MAAR DIE MOEITE WERD! EK’S SOOO ‘N TROTS SUID AFRIKANER VANDAG!

      This article was published on 15 June 2010 in this newspaper and the author is Shari Cohen, an International development worker in the public health sector.

      I went on a rant the other day regarding the cost of the 2010 World Cup versus all the critical needs South Africa is facing and whether or not the most vulnerable of this country would gain anything from having the World Cup hosted in their country. At that time, I also had some very positive things to say about our hosts for the 2010 World Cup and I wanted to share that side of the coin as well, because it is equally important.
      To say that I have been blown away at the hospitality South Africa has shown the rest of the world would be an understatement. I think back on recent Olympics and struggle to remember much reporting in the USA of athletes from other countries. I remember when a Togolese guy won a bronze medal in kayaking and NBC reported it and I thought to myself, “where are all the other fascinating stories like this one…like the Jamaican bobsledding team.” In today’s America, sadly, we have drifted so far towards being so US-centric that we only seem to root for the Americans.
      Not so here in South Africa. I’ve been here since early May and each week I have become more and more impressed with the global embrace that South Africans have offered up to the world. On the way to the airport a couple of weeks ago, I heard a radio program that said each day they would focus on one country that would be coming to South Africa for the World Cup, and they would explore not only that sport’s history in soccer, but also their politics, religion, and socio-cultural practices. On the television, I’ve seen numerous programs that focus on a particular country and it’s history of soccer and how the history of that country is intertwined with their soccer history. I’ve seen programs on India, exploring why India enjoys soccer but hasn’t really excelled at the global level… yet. And I’ve seen shows on soccer in Muslim countries. Maybe it’s planned, maybe it’s unplanned, maybe it’s by chance, but it is happening. It’s not just about South Africans showing off their varied and multifaceted culture to their global guests, it’s also about using this opportunity to educate South Africa on the rest of Planet Earth’s inhabitants.
      As I moved through my work here in the provinces over the last six weeks, I had a pivotal meeting with the Board members of a rural NGO. They were explaining their guiding program philosophy of Ubuntu. No, not the Linux program. I’m talking about the traditional African philosophy of Ubuntu that essentially says, “No man is an island.”
      I found a better explanation from Wikipedia:

      Archbishop Desmond Tutu further explained Ubuntu in 2008:
      One of the sayings in our country is Ubuntu – the essence of being human. Ubuntu speaks particularly about the fact that you can’t exist as a human being in isolation. It speaks about our interconnectedness. You can’t be human all by yourself, and when you have this quality — Ubuntu — you are known for your generosity.
      We think of ourselves far too frequently as just individuals, separated from one another, whereas you are connected and what you do affects the whole world. When you do well, it spreads out; it is for the whole of humanity.
      To me, Ubuntu is the acceptance of others as parts of the sum total of each of us. And that is exactly what I have experienced during the lead up to, and the initial days of this World Cup. There is nary a South African citizen that I’ve met on the street, or in shops or restaurants or hotels, that hasn’t gone out of their way to greet me and make me feel like I am home. And I don’t mean that in the trivial, “Oh, aren’t they nice, homey people here… ” sort of way. I mean real, genuine interest and questions. People seriously want to know where I come from. What it’s like where I live. How does it compare to where I am now. What do I think of South Africa. Oh yes, and what do I think of Bafana Bafana… The questions and conversations are in earnest. They are honest. And they are had with enthusiasm and a thirst to know more. South Africans are drinking deeply from the cup of humanity that has been brought to their doorstep. I would never imagine that an American World Cup or Olympics would ever be this welcoming to the rest of the world. And that saddens me for the state of my home country, but it also makes me feel the pride of the South African people.
      I have been truly humbled on this trip. And while I have my gripes regarding development here, I cannot say one negative thing about how South Africa has handled its duties as host and hostess to the world. If I could say one thing to sum up being here during this once-in-a-lifetime experience, it would be that I’ve learned the value of Ubuntu, and that when found and offered in abundance, the world is indeed a better place to live in.
      So, if South Africa accomplishes nothing more on the playing field, it will still have won as a host country. I am a cynic, no doubt about that. And yet I have to admit, I’m a little teary just writing this because I leave for home next weekend and I will be leaving a little piece of myself here in South Africa. I just hope I have learned enough to bring back a little piece of Ubuntu to my homeland, where perhaps with a little caring and a little water, it will take root as naturally as it does here, in the cradle of civilization. It’s funny, many people in America still ask me, “are the people in Africa very primitive?” Yes, I know, amazing someone could ask that but they do. And when they do, I usually explain that living in a mud hut does not make one primitive, however, allowing kids to sell drugs to other kids and engage in drive-by killings — isn’t that primitive behavior? I think it is. When I think of Ubuntu and my recent experiences here, I think America has much to learn from Africa in general, in terms of living as a larger village; and as human beings who are all interconnected with each other, each of us having an affect on our brothers and sisters.
      As the 2010 Cup slogan goes, “Feel it. It is here.” Well, I have felt it, because I am here. Thank you South Africa, for giving me this unexpected gift. I am humbled.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: