Skip to content

…en daar was 8

Julie 1, 2010

 500px-2010 FIFA World Cup logo555500px-2010 FIFA World Cup logo555500px-2010 FIFA World Cup logo555500px-2010 FIFA World Cup logo555500px-2010 FIFA World Cup logo555

Die Rondte van 16 is verby en nou is daar 8 spanne oor wat sake gaan uitspook tydens die kwarteindrondte wat Vrydag en Saterdag plaasvind. Vier wedstryde wat hope opwinding, drama en spanning beloof. As jy nie self daar kan wees nie, soek ‘n platskerm-televisie, kry ‘n bier in die hand, gooi ‘n serp om jou nek en blaas die vuvuzela. Elke kwarteindstryd gaan ‘n drama opsigself  wees en die potensiaal is daar om uitstekende sokker te sien.

NED1     BRA1    

Vrydag, 2 Julie (16:00) Nederland vs Brasilië

In die vorige wedstryd teen Chili, het Brasilië behoorlik die krane oopgedraai en gewys waartoe hierdie span in staat is. Om die waarheid te sê, het dit voorgekom of Brasilië met Chili gespeel het soos ‘n kat met ‘n muis. Mens kry die indruk dat Brasilië nog veel meer doele kon aanteken, sou hulle die moeite wou doen. Hierdie is duidelik ‘n span met ongelooflike talent en hulle gaan nie sommer gestuit word nie. Lucio is ‘n rots op die verdediging, terwyl Robinho, Kaka, Luis Fabiano en Maicon op die aanval ‘n nagmerrie is vir enige span. Nederland is slegs een van twee spanne (die ander is Argentinië) wat tot dusver al vier hul wedstryde kon wen. En dit het hulle op ‘n drafstap gedoen. Dirk Kuyt is die speler wat alles laat gebeur en aan die skerppunt is Sneijder, Robben, Van Persie en Huntelaar die angels wat afrond. Ondanks hulle vertonings tot dusver, het Nederland se algemene spel egter nie beindruk nie en dit het nog nooit voorgekom asof hulle domineer soos hulle kan nie. As hulle Brasilië wil keer, sal hulle hul spelpeil aansienlik moet lig, inisiatief moet neem en baie meer aanvallend moet speel. Anders kan hulle maar reeds hulle tasse pak. Nederland en Brasilië het al drie keer vantevore in Wêreldbeker-eindtoernooie ontmoet en hulle deel sover die louere.

URU1     GHA1

Vrydag, 2 Julie (20:30) Uruguay vs Ghana

Ghana verteenwoordig Afrikane se laaste hoop in hierdie eerste Wêreldbeker-sokkertoernooi op die kontinent. Tot dusver het Ghana met selfvertroue en durf gespeel en so talle spanne moedeloos gehad. Hulle oorwinning oor die VSA het egter getuig van deursettingsvermoeë, eerder as uitsonderlike talent. Hulle kon nog net vier doele aanteken in die toernooi en het reeds drie afgestaan. Hulle speel met ongelooflike hart en determinasie, maar ek vermoed dit gaan nie genoeg wees teen ‘n baie talentvolle en gemotiveerde Uruguay nie. Die Suid-Koreane het strawwe kompetisie vir Uuruguay gebied, maar die Suid-Amerikaanse span het koelkop gebly en die wedstryd met groter gemak gewen as wat die telling van 2-1 weerspieël het. Luis Suarez en Diego Forlan bly ‘n formidabele duet in aanval, terwyl die res van die span al hoe meer as ‘n eenheid saam speel. Uruguay behoort makliker te wen as wat meeste mense vermoed. Uruguay en Ghana het nog nooit vantevore kragte gemeet nie.

   ARG1      GER1 

Saterdag, 3 Julie (16:00) Argentinië vs Duitsland

Dis moeilik om my eie vooroordele tersyde te stel as ek na hierdie wedstryd kyk. Die Suid-Amerikaanse span het ‘n groep uitstekende spelers, met Higuain en Tevez tans die gevaarmanne en Lionel Messi die magiese generaal wat aanvalle orkestreer. Tot dusver het Argentinië, met opwindende en avontuurlike spel, gelyk na een van die gunstelinge om die Wêreldbeker omhoog te hou op 11 Julie. Maar ek dink (nog steeds) Diego Maradona is nie ‘n afrigter nie en dat die uitstekende individuele talente in die span die eer behoort te kry. Ek bedoel, kyk jy na Maradona se uitsprake en houding, dan besef jy dat iemand soos Steve Hofmeyr eintlik ‘n nederige mens is. Ek sal nie graag wil sien dat Maradona se ego nogeens verder moet swel nie. Maar selfs met my eie, subjektiewe oordeel tersyde, glo ek regtig dat die span van Duitsland die nodige strategie, vernuf, struktuur en dissipline het om Maradona se grootheidswaan ‘n aansienlike knou te gee. Duitsland het Engeland op metodiese en kliniese wyse afgeransel (binne die groter geheel van die wedstryd se dinamika, is die Engelse doel wat nie toegeken is nie, eintlik irrelevant). Die aanvallende spelers, te wete Oezil, Klose, Podolksi en die briljante Mueller, is besig om vorm te bereik en ek dink dit is juis hierdie spelers wat Argentinië se drome kan verydel. Duitsland se verdediging olv Lahm, sal egter ook hulle kant moet bring om die Argentyne se gevaarmanne in te perk. As Duitsland daarin kan slaag om aanvallend te speel en nie vir spelskeppers soos Messi, Higuain en Tevez ruimte te bied nie, sal hulle die knoop deurhaak. Hierdie twee lande het al vyf keer vantevore in Wêreldbeker-eindtoernooie kragte gemeet. Duitsland het twee keer gewen en Argentinië een keer.

 PAR1     ESP1

Saterdag, 3 Julie (20:30) Paraguay vs Spanje

Indien Paraguay dieselfde saai spel opdis as teen Japan, gaan Spanje hulle aan stukke speel en vir die voëls voer. Hoewel Spanje slegs met een doel teen Portugal kon wen, is die manier wat hulle balbesit behou het en eenvoudig die Portugese doodgesmoor het, geniaal. Portugal kon eenvoudig net nie die bal kry nie en na David Villa se doel was die wedstryd vir alle praktiese doeleindes verby. Villa is nou een  van die top doelskieters van die toernooi en daar kom verseker nog. Vir Paraguay se onthalwe hoop ek dat Fernando Torres nie teen hulle sy vorm herwin nie, want dan kan dinge vernederend raak. Paraguay kon nog nooit vir Spanje wen  nie en ek glo ook nie dit gaan hierdie keer gebeur nie.

500px-2010 FIFA World Cup logo555500px-2010 FIFA World Cup logo555500px-2010 FIFA World Cup logo555500px-2010 FIFA World Cup logo555500px-2010 FIFA World Cup logo555

3 Kommentaar leave one →
  1. Julie 12, 2010 3:26 nm

    Dat die eindstryd tussen tippie-tappie Spanje, en vuil-uil Nederland moes wees, is regtig jammer. Duitsland en Ghana was die leeus van die toernooi.

  2. September 24, 2010 4:22 vm

    Natuurlik is ek baie bly Spanje het gewen, want dis hulle eerste keer en hulle sokker was klinies, howel nie so aanskoulik.

Trackbacks

  1. Sewe maande in die Suidland « Boer in Ballingskap

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: