Skip to content

Wie is die man op die perd?

Februarie 8, 2011

P1282968P1282967P1282966P1282965P1282964

Sou jy die dorpie waar ek woon, Uiryeong, besoek, sou jy dadelik vra: “Wie is die man op die perd?”. Want maak nie saak waar jy in Uiryeong gaan nie, die man op die perd kyk vir jou. Jy sien hom die eerste keer P1282981wanneer jy Uiryeong se imposante dorpshek binnery. Hy pryk op ‘n reuse teël-skildery op die muur langs diePC182371 ingang. En hy staan meters hoog, uitdagend, swaard in die lug om die motoriste tot Uiryeong welkom te heet. Sy beeld pryk in skoolsale, in parke en in restaurante. Almal praat met groot agting en respek van hom. Dis duidelik dat hierdie man sekerlik die bekendste en invloedrykste man moet wees wat hierdie klein plattelandse dorpie ooit opgelewer het. Dus…wie is hierdie man op die wit perd?

P1282954

Toe die veglustige Tiyotomi Hideyoshi (1537-98) se Japannese hordes die Koreaanse skiereiland binneval in 1592, was Gwak Jae Woo (1552-1617) ‘n relatief onbekende Confuciaanse leermeester wat in afsondering en vrede op die platteland gewoon het, naby vandag se Uiryeong. NuusPC182368 van die Japannese inval en die nederlae van die Koreaanse leër, het egter die 40-jarige Gwak se lewe verander. ‘n Gevoel van volksliefde en sekerlik ‘n weersin in die veglustige Japannese se aggressie, het Gwak sover gebring om aan sy volksgenote in die suidelike provinsies te verklaar dat die Koreaanse leër nie alleen verantwoordelik gehou kan word vir die beskerming van die skiereiland nie, maar dat dit ieder en elke burger se plig is om die land te verdedig. Gwak se pleitroep het nie op dooie ore geval nie en hy het die eerste vrywilliger volksleër in Korea tot stand gebring, bestaande uit gewone, onopgeleide burgers.

P1282972Gedurende die oorlog, bekend as die Imjin-oorlog (1592-98) was Gwak, sy befaamde 17 luitenante en sy duisende vrywilligers ‘n doring in die vlees van die Japannese magte. Deur geurilla-taktiek toe te pas, het Gwak en sy leër die Japannese invallers telkens verras en die Japannese toevoer-roetes na die binneland ontwrig. Hy het die kuns vervolmaak om die Japannese bote wat van die see af met die P1282950Nakdong-en Nam-riviere opgevaar het, aan te val en te sink. Ironies genoeg was dit nie die Koreaanse leër nie, maar Gwak en sy vrywilligers wat die eerste Koreaanse oorwinning in die oorlog behaal het gedurende die Slag van Uiryeong. Vandag is daar ‘n gedenkhuisie en ‘n pawiljoen langs die Nam-rivier, net buite Uiryeong om hierdie oorwinning te gedenk. In 1597 het hy ook die Japannese magte onder leiding van die befaamde Generaal Kato Kiyomasa (1562-1611) in ‘n groot veldslag in Seokmun-berg verslaan. P1282980

P1022439

Uiryeong se bekendste baken, is die Uiryeong monument wat effe fallies styf-regop staan oorkant die rivier, aan die voet van die berg. Die monument het 18 staalringe van onder na bo, wat Gwak en sy 17 getroue luitenante verteenwoordig. Die monument is geleë in ‘n groter bewaringspark langs die rivier, wat kollektief as Chungiksa bekend staan. Hier is ‘n museum ter ere van Gwak, met dramatiese muurskilderye, PC182365Gwak se oorspronklike swaard, asook ander persoonlike besittings wat aan hom behoort het. Neffens die museum, is ‘n gedenksaal geleë vir Gwak en sy vrywilligers. Hier kan jy ‘n oomblik van stilte handhaaf en wierook vir hom opsteek. Daar is ook ‘n eg Koreaanse gedenkhuisie, waar die kliptablette van Gwak se geskiedenis en sy prestasies bewaar word.

PC182364Dit wil voorkom of die stil, afgesonderde Confuciaanse meester homself op 40-jarige ouderdom omvorm het tot ‘n charismatiese en dapper gevegsgeneraal. Hy het ‘n spierwit hings gery en het altyd rooi gedra. Volgens oorlewering het hy sy oorkleed rooi gekleur met die bloed van jong Koreaanse meisies wat deur die Japannese vermoor is. Vandaar het hy die bynaam gekry van die Generaal P1282991met die Karmosynkleed en saam met sy 17 luitenante, het hy vrees ingeboesem by die Japannese en respek afgedwing onder sy eie volksgenote. Gedurende die Imjin-oorlog (die mees vernietigende oorlog in die Koreaanse geskiedenis), het die Koreaanse magte telkens geswig voor die Japannese en is honderdduisende Koreane dood. Dit het voorgekom of die hele skiereiland in Japannese hande sou val. In hierdie milieu het die Koreane gesmag na helde. Die bekendste Koreaanse held van hierdie oorlog was Yi Sun Sin (1545-98). Gwak Jae Woo was ‘n ander.

PC182370PC182369

Die storie van Gwak Jae Woo het op ‘n snaakse manier vir my baie laat dink aan daardie groot generaal in ons eie geskiedenis, Christiaan De Wet (1854-1922). Aanvanklik was dit die feit dat, soos baie van die Boere, Gwak se leër maar basies vrywilligers was. Voorts het hy ook van geurilla-taktiek gebruik gemaak en op ‘n wit hings gery. Maar die volgende muurskildery in brons reliëf, het my so laat dink aan die foto’s van die ou Boere-generaals en hulle luitenante…

P1282993

Die Koreane vergeet nie hulle helde nie, maar gedenk hulle met trots. Mag ons ook nie ons helde vergeet nie…

P1282968P1282967P1282966P1282965P1282964

9 Kommentaar leave one →
  1. Februarie 8, 2011 10:01 nm

    Dis skrywes soos hierdie Bib, wat mens laat besef dat om ‘n plek regtig beter te leer ken en sy mense beter te verstaan, moet jy sy geskiedenis ook ken. Toe ek die opskrif lees het dit my weer dadelik laat dink aan die standbeelde van Genl Louis Botha, die een in Kaapstad en die ander een in Pta by die Uniegebou.

  2. rianabrand permalink
    Februarie 9, 2011 2:16 vm

    Besonders insiggewend…dankie vir ‘n mooi leesondervinding.

  3. Februarie 9, 2011 2:44 vm

    Dankie. Baie interessant

  4. Februarie 9, 2011 1:37 nm

    Ek vind dit ook regtig interessant. Dankie dat jy vir ons meer van Korea vertel!

  5. Februarie 10, 2011 3:53 vm

    Die laaste paragraaf se dit als. Vrek interessant. Ek hou van die idea dat die dorp nog ‘n hek of ‘n poort het.

  6. Februarie 10, 2011 4:18 vm

    Klink na ‘n lekker ‘storie’ vir ‘n legende. Jy moet begin legendes skryf oor daardie land! [veral vir skole, hier slurp hulle sulke goed op in die Kurr] Dit was nou nogal interessant.

  7. Februarie 10, 2011 8:46 nm

    Baie interresant.

  8. Februarie 11, 2011 6:21 nm

    Geskiedenis, en veral Oosterse geskiedenis, val nie in almal se smaak nie, dus is ek bly julle vind hierdie stuk interessant!🙂

Trackbacks

  1. Oor feestelikhede en ‘n reuse tou « Boer in Ballingskap

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: