Skip to content

Vir Japan

Maart 15, 2011

Japanese flag2

Ek wou oorspronklik vandag ‘n ander inskrywing maak, maar met die geweldige lyding en haas overbeelbare totaliteit van vernietiging in my buurland, net hier oorkant die Oos-see, het ek besef dat dit amper skreiend en selfs banaal sou wees om oor ander trivialiteite te skryf. Ek staan weer eens verstom oor die absolute nietigheid van die mens en die irrelevansie van die daaglikse denke, obsessies en bekommernisse en ‘n kaboel ander onbelangrike kwessies waarmee ons onsself besig hou. My hart gaan uit na die Japannese bevolking en my denke en gebede is met hulle in hierdie tyd van onbeskryflike lyding.

Advertisements
13 Kommentaar leave one →
  1. Maart 15, 2011 7:55 nm

    Ja, ek het ook al die afgelope paar dae heelwat oor hierdie dinge gedink. Dat ons maar ook as menslike ras ‘n omgewing gegee is wat nie altyd baie vriendelik teenoor ons is en geskik is vir ons oorlewing nie. Moet ons nie bietjie aan die hele mensdom as “ons” begin dink nie, begin insien dat sekere plekke op aarde nie geskik is om te bewoon of veral kernreaktors op te bou nie. En dan vergeet van eiebelang of volksbelang en plek te maak iewers vir mense wat op so ‘n plek woon, al is dit ‘n hele nasie. Of dink ek nou die ondenkbare? Ek dink ook soos jy aan die mense daar, maar my vraag is hoe gaan die wêreld hulle help? Deur dieselfde plek weer op te bou?

    • Maart 18, 2011 6:43 nm

      Dit bly ‘n prysenswaardige ideaal om aan die mensdom as “ons” te dink, maar ongelukkig (gelukkig?) sien mens hierdie denke slegs in tye van krisis. Die res van die tyd is eie belang.

  2. Maart 15, 2011 8:20 nm

    Dis baie erg.

  3. Maart 15, 2011 9:18 nm

    Disvir my ook ondenkbaar erg.

  4. kyker permalink
    Maart 15, 2011 10:33 nm

    Gedurende die laaste paar maande het daar in hierdie geweste baie dinge gebeur wat my laat dink het oor die swaarkry van so baie mense: Duisende gesinne het onlangs alles verloor in Queensland se vloede. Net in Brisbane was daar 16,000 huise onder water. Toe kom daar later nog meer siklone in die noorde en winde van 300 km/h waai mense se huise weg. ‘n Paar weke gelede, oor ‘n naweek, het 78 wonings in Perth afgebrand gedurende ‘n bosbrand. Daar is mense wat net met die klere aan hulle lyf daarvan afgekom het. Christchurch was ook vreeslik met sy aardbewing. Die onvang van die tragedie wat hom tans in Japan afspeel, is moeilik om te begryp.

    Al hierdie rampe het een ding in gemeen: Mense en gemeenskappe se lewens is onverwags, oornag, onherroeplik verander. En daar is baie verhale van heldemoed, mense wat hande vat en mekaar bystaan, mense wat blymoedig vasbyt en hulle lewens van voor uit niks opbou.

    Ek het weer opnuut besef hoeveel ek het om voor dankbaar te wees.

    • Maart 18, 2011 6:48 nm

      kyker, ek stem nogal saam met bluegrass se sentiment dat die globale reikwydte van die media en tegnologie vandag die gevolg het dat dramatiese gebeure letterlike binne minute in jou sitkamer afspeel, of op jou selfoon of jou tablet. En dit maak dit meer vreesaanjaend en apokalipties. Maar die goeie van die globale media reikwydte is dat mens weer eens jou eie nietigheid besef en dankbaar is, soos jy tereg uitwys. Net soos in mens se persoonlike lewe, glo ek dat slegs ‘n geweldige krisis die ware karakter van ‘n volk na vore bring. Die Japannese kan trots wees.

  5. Maart 15, 2011 11:41 nm

    Jy is so reg. ‘n Mens staan inderdaad “verstom oor die absolute nietigheid van die mens en die irrelevansie van die daaglikse denke, obsessies en bekommernisse.”

  6. Maart 16, 2011 10:05 nm

    Iemand noem vandag hoe ordelik alles steeds daar geskied tsv al die chaos daar.

    • Maart 18, 2011 6:32 nm

      Baie het reeds hierdie opmerking gemaak. As mens dit bv, vergelyk met Orkaan Katrina in die VSA, is dit ‘n heel ander manier waarop die mense reageer. Geen plundery en misdaad en chaos. Dit is wat ek baie waardeer van die Oosterse kultuur: Daar is ‘n sin van gemeenskap en dat almal moet saamstaan en mekaar moet help en die regering moet help ens. Daar is ook geweldige waardigheid ten tye van krisis. Dit verskil so dramaties van die Weste se ekstreme individualisme wat die hele mentaliteit van doen-wat- jy- wil-wanneer-jy wil-soos-jy-wil in die hand werk. Nou, na die krisis besef Japannese ook dat hulself hoofsaaklik verantwoordelik is om te oorleef en weer op te bou en die geweldige tragedie moet beter maak. Hierdie mentaliteit verskil weer dramaties van die Afrika-mentaliteit om te vat wat jy wil he, net te gaan bakhand sit en dadelik iets of iemand te soek om te blameer. Ek het baie tyd vir Oosterlinge en hulle manier van doen. Ons kan so baie by hulle leer.

  7. Mefri permalink
    Maart 17, 2011 10:24 nm

    Telkens wanneer ek van hierdie hartverskeurende vreesaanjagende rampe hoor of lees, word ek bewus van die malsevrees en bekommernisse wat die mense moes ervaar het, ten opsigte van die veiligheid van hulle geliefdes. Ek dink dit kan jou stapelgek maak.

  8. Maart 18, 2011 12:23 nm

    As iemand wat die afgelope 11 jaar al werk vir ‘n Japanese maatskappy en in daardie tyd nou werksverhoudings op gebou het met Japanese kollegas en daagliks met julle praat, is dit vir hulle en vir my ‘n geweldige slag. Die absolute vernietiging van hele gemeenskappe langs die noordelike kus laat my stom. Ek het lank al op gehou en wonder waarom al die rampe soos Kyker hier bo noem ons tref. Dit het nog altyd gebeur maar ons weet net nou daarvan so vinnig omdat ons deesdae in ‘n global TV village lewe. Tog besef ek ook die mens is maar net ‘n muggie teen die sterkte van die natuur.

    • Maart 18, 2011 6:40 nm

      Ek dink as mens sulke persoonlike kontak het, besef mens dadelik die enormiteit van die tragedie soveel te beter. Ek het al in Japan gereis en ek dink ook as mens reeds self in ‘n land was, dan kweek dit by mens meer empatie met die mense daar. En ek het baie tyd vir die Japannese. As mens kyk na Hiroshima en Nagasaki, dan behoort daar geen twyfel te wees oor die land en sy mense se vermoeens om weer te herrys nie. Lees ook hierdie opmerkings van my in konteks van die kommentaar op leon se bydrae.

  9. schabbers permalink
    Maart 19, 2011 10:21 nm

    Wat is die mens?
    Net ‘n tongklik lank, net ‘n voetswik ver

    net grassade in die wind …….

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: