Skip to content

Die Bodhisattva van Medeleye, bontkleur lanterns en ‘n gevoel van vrede

April 5, 2011

P3013537

Die redelik onbekende tempel, Yongguksa, het ek ontdek net buite my tuisdorp, aan die voet van Berg Byeokhwa. Die geplaveide kronkelende wandelpad na die tempel, is sekerlik die interessantste aspek van hierdie tempel. Die wandelpad word aan beide kante bewaak deur ‘n ry van 333 enerslykende Avalokitasvara standbeelde wat soms skoon uit plekke uit lyk teen die agtergrond van die wilde, bruin P3013535P3013544winterbosse. Avalokitesvara is die Bodhisattva van Medelye en word in die Koreaanse Mahayana tradisie van Boeddhisme beskou as een van die belangrikste Bhodhisattvas. As jy dus so deur die beelde van beton en goud stap, voel dit soms of hulle oë en hulle vriendelike, saggepunte glimlagte jou met empatie volg.

Voor die ingang na die tempel, is daar ‘n mooi bewaarde pagoda en stupa, wat albei die plekke aandui waar die oorspronklike Bocheon tempel honderde jare terug gestaan het, toe Korea deur die Goryeo (918-1392) konings regeer is. Die pagoda spesifiek is baie gebou in die Silla-koninkryk (57vC – 935nC) idioom – ‘n styl wat deur die Goryeo heersers voortgesit is.

P3013523P3013525

Die tempelmuur is buite kleurvol versier deur afbeeldings van die 12 diere van die Oosterse Diereriem. En wanneer mens deur die hek, met die P3013550trappe opgaan om die tempelgronde te betree, word jy begroet deur ‘n pragtige kleurespel van tradisionele Boeddhistiese lanterns wat tussen die tempelgeboue hang. Dit was ‘n gryserige, koue, bewolkte dag, maar die bont lanterns het sommer lewe gegee aan die tempel. Oral hang hierdie papierlanterns en stimuleer die visuele. Die verskillende tempelgeboue, is soortgelyk aan ander Koreaanse tempelkomplekse met die pragtige kleure van blou, rooi, groen en geel, waaraan ek al gewoond geraak het.

P3013563

By die klein tempelwinkeltjie bied die man vir my vriendelik ‘n koppie groen tee aan en wys my dat ek naby die verwarm moet staan. Ek dink nie hier kom veel vreemde besoekers nie. Ek gesels ‘n paar woorde, diep gedelf uit my beperkte Koreaanse woordeskat. Hulle het ‘n goeie versameling wierook en uiteindelik kan ek weer ‘n slag kwaliteit wierook koop vir my woonstel.

P3013565P3013572

Ek gooi een laaste blik na die see van lanterns en kies dan weer koers teerpad toe – daar waar die taxi my weer sal optel. Ek trek ‘n diep teug asem in, beleef die grys en hemelruim en koue oral om my…maar voel tog vreemd warm en vol vrede.

P3013530

Advertisements
13 Kommentaar leave one →
  1. April 6, 2011 5:55 vm

    Sure is colorful.

  2. schabbers permalink
    April 6, 2011 4:14 nm

    Dit was nou interessant en mooi geskryf!

    En daai lanterns! Mooi-mooi!

    Gooi vir my een in die kuberruim asb?

  3. ShiningFire permalink
    April 9, 2011 3:07 vm

    awwwww! die lanterns is te mooi! 😛 Boer gooi net, ons sal vang!

  4. schabbers permalink
    April 10, 2011 7:19 nm

    Het jy gegooi? Ek verbeel my ek sien iets pienks op die horison!!!!!

  5. Koekie Achenbach permalink
    April 10, 2011 10:25 nm

    Ogh. Dis so verruklik en erg vreemd die als mar ek like daai lanterns ook hulle lyk erg lig

  6. April 11, 2011 12:37 vm

    Baie mooi. Uit ‘n ander wêreld. Mag hulle wel die Een wat Ware Medelye het, ontmoet!
    Dankie boerinballingskap dat jy vir ons al die mooi dinge wat ons dalk nooit sal sien nie, kom wys.

  7. April 12, 2011 11:14 nm

    Wat ‘n wonderlike ontdekking, sommer so op jou agterstoep!

  8. Lou-Lou permalink
    April 14, 2011 12:45 vm

    Dankie, Boertjie, vir die mooi beskrywing. So loop die hele mensdom met daardie versugting na vrede en hoop in sy binneste. Mag hierdie mense ook die ware Hoop, Vrede en Medelye ontdek. Mooi loop op al jou ontdekkingstogte!

  9. kyker permalink
    April 28, 2011 11:38 nm

    Gits, alles lyk so ordelik en mooi daar. Jy is bevoorreg om in ‘n plek te kan woon met so baie geskiedenis en kultuur op jou voorstoep.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: