Skip to content

‘n Seisoen van Hoop

April 14, 2011

Vreemd hoe die lente se ekshibisionistiese kleurespel asof oornag die flussies koue intensiteit van die winter tot vergetelheid verdoem. Hoewel nog nie warm in die ware sin van die woord nie, is die oordeel bloot op grond van die oormaat visuele stimuli, duidelik dat daar geen teken van winter meer te speur is nie.

frame60ebd8ef7a9734788ed77097a59dd926b16a22c1

Gou raak mens vasgevang in die euforie van geur en kleur. Die bloeisels is oral om, die bome spriet groen, die voëls se kwetter uitbundig luid, bont vlinderfladder vang jou oog en die bye sak ywerig op die blomme af.

frame51e9bc1237a32f93607b26910b0b57c4d6502ef3

Die vriesend koue nagte en sub-zero dae is met eens vergete, asof dit nooit was nie. Die vaalbruin verveligheid van die winter landskap is omtower in ‘n palet van nuwe lewe. Die eens, wit-bevrore rivier, vloei en die watervoëls hoef nie meer op die water te loop nie – hulle swem en baljaar ongebonde. Die klank van kabbelende water is skielik helderder as ooit tevore.

frame98c519d6250ca50ca8258b23010773c8a4b8b892

As ek aan een gevoel kan dink wat die lente opsom, dan is dit hoop. Dit is wat die lente bring, want lente is die viering van lewe. ‘n Goddelike bewys dat daar altyd weer mooi na die lelik is, hitte na die koue…lewe na die oënskynlike doodsheid van die winter.

frame4640e62dfd5bb02d33cff25ac650923d9c5a6c5b

In hierdie Paastyd…heel gepas ‘n seisoen van hoop.

16 Kommentaar leave one →
  1. April 14, 2011 7:15 nm

    Mooi!

  2. April 14, 2011 11:41 nm

    WoW! Wens dit was lente hier. Nou lê die ellendige nat winter voor😦

  3. April 15, 2011 5:31 vm

    My gunsteling geskenk op jou blog, seisoene! Ons het in die laaste paar jaar heelwat van hulle saam deurgedraf ne? Dankie vir nog n mooi post, dankie vir hoop, dankie vir vriendskap en verstaan. Kon mens vir n beter beloning aan die einde van n Winter gevra het as die Lente?

    D A N K I E !

  4. Mefri permalink
    April 15, 2011 7:23 vm

    BiB, hoe absoluut verruklik‼ Ek sit al ‘n hele rukkie hier met opgehoueasem en staar in rou verwondering na die blommeprag. Hoe lieflik en gepas is die belofte van hoop. Dis lank verby slaaptyd, maar ek is nie ‘n oomblik spyt dat ek kom inloer het nie.

  5. April 17, 2011 9:05 vm

    ello wou net inpop en hallo se!

  6. Alta van Rooyen permalink
    April 21, 2011 6:21 nm

    Geseende paasfees! Geniet die lente!

  7. April 22, 2011 2:20 vm

    Baie mooi en….geluk met jou verjaarsdag van ‘n paar dae gelede!! Jy’s ook doodstil daaroor!! Ek hoop die dag was mooi en dat jy dit geniet het! Als wat mooi is vorentoe!

  8. Thea permalink
    April 23, 2011 11:09 nm

    Geniet al die lekker wat die lente meebring en ‘n geseënde paastyd vir jou!

  9. April 27, 2011 4:12 vm

    Baie geluk dan ook met jou verjaarsdag man. Hoop dit was plesierig.
    Pragtig mooi daar by julle nou. `n Grys, nat Winter vir ons hier in Gauteng. Tog wonderlik mistig in die oggende. Ek is versot daarop.

  10. April 28, 2011 10:56 nm

    Pretoria se winter steek ook nou sy kop uit. Bietjie laat maar geseënde paastyd vir jou ook.

  11. Mei 3, 2011 2:49 nm

    Pragtig! Dankie virrie deel.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: