Slaan oor na inhoud

Iets vrot in Denemarke

Mei 25, 2011

Ek het nog nooit juis enige spesifieke opinie oor Denemarke gehad nie, behalwe ‘n vae beeld van die naakte meermin op die klip en ‘n idee dat Denemarke ‘n netjiese, mooi en demokratiese land is. Ek erken ek weet ook nie veel van Denemarke nie, behalwe dat hulle ‘n sokkerspan het wat soms skaflik vertoon en dat hulle iewers in die suide van Skandinawië lê.

Toe die Moslem mullahs begin fatwas uitreik teen die Deense spotprenttekenaar wat dit gewaag het om die Moslem profeet, Mohammed, as karikatuur te skets, was my simpatie by die Dene met hulle demokratiese beginsel van vryheid van spraak.

untitled

My opinie van Denemarke het egter vandag eensklaps verander, toe ek tot my ontsteltenis lees dat die Deense regering Marmite (van ALLE dinge!) verban het! Ek moes eintlik twee keer lees, net om seker te maak dis nie net ‘n grap nie. Maar wragtig, dis die reine waarheid! Blykbaar bevat Marmite te veel toegevoegde vitamiene! Dus, sit mens nou met ‘n land wat spotprente van geestelike heiliges toelaat, wat betrokke raak by oorloë in Afghanistan en Libië, maar wat Marmite verban?!

Die karakter, Marcellus, in Shakespeare se drama, Hamlet, het dit reg gehad:

There is something rotten in the state of Denmark

22 Kommentaar leave one →
  1. Mei 25, 2011 8:22 nm

    Dis eintlik snaaks dat hulle haar nie in S.A. verban het nie, haar naam is mos so half familie van die groot gewraakte K-woord! 😉 [Hoop nie ek is nou te vinnig vir julle nie.]

  2. Reisiger permalink
    Mei 25, 2011 9:24 nm

    Nee wragtig, nou’t ek als gehoor! 😯

  3. Mei 25, 2011 9:54 nm

    Ek het nou die dag gehoor daar is glo nie Peanutbutter of Oros in Frankryk nie. Dink nie dis verban nie, dis net nie te koop nie. Ek bly nerens waar daar nie Marmite of Peanutbutter is nie!

  4. ShiningFire permalink
    Mei 25, 2011 9:55 nm

    @mykopop – jys definitief te vinnig vir my 😉

  5. Cijferkes permalink
    Mei 26, 2011 12:09 vm

    Haha, daai meermin… Ek’t al op haar skoot gesit… 🙂

  6. Mei 26, 2011 4:37 vm

    @ShiningFire: Ons het nooit aan tafel vir iemand anders gevra as: Gee vir my die maer meid aan asseblief, nie! Dit was darem baie jare gelede toe ons nog onskuldige kinders was.

  7. Boer in situ permalink
    Mei 26, 2011 3:24 nm

    Hamlet self het weer gesê “There are more things in heaven and earth, Horatio, than are dreamt of in your philosophy.”

  8. Mei 26, 2011 5:14 nm

    Ek hoef dit nie te verban nie, ek hou net nie daarvan nie 😉

  9. Mei 27, 2011 12:25 vm

    Die Britte daar bewe seker van woede. Voel seker hulle is in die gesig gevat. “Verban” mag dalk net Britse nuushooftrekke wees. Wat die waarheid is dat die Dene nie die product verban het nie, die invoerder van Marmite in Denemarke het nie die nodige/spesiale lisensie vir ‘n produk met so baie vitamiene nie en het besluit om die verkope daarvan te stop. Het dit seker net aangehou vir Britte en diegene wat weet wat Marmite is, verkope was min en daarom besluit om dit te stop.

    • Mei 27, 2011 8:22 nm

      Dankie vir die verduideliking. Maak nou meer sin, hoewel ek steeds nie kan kleinkry hoekom vitamienes ‘n probleem is nie. Tog hartseer dat koerante altyd sensasie jaag en hulle byna nooit van die feite vergewis nie.

  10. Mei 27, 2011 12:28 vm

    Net nog ‘n voorbeeld van Europese “nanny state” politiek waar die staat nou se wat jy mag or nie mag eet nie. Ek wonder: Eet die Dene so goed en gebalanseerd dat hulle dalk kan ‘overdose” aan vitamiene?

  11. Mei 27, 2011 3:15 vm

    Kinders in my klas het nie eens geweet van Marmite nie!! Toe ek hulle die nuus meedeel, toe bly een vir my vra wat dit is! Toe moes ek gou dit google om haar te wys, ai! Ek kon nie glo sy ken dit nie, maar jy weet watter kinders ek in my klas/skool het, dalk is dit te verstane, maar steeds. Almal in die heelal ken van Marmite. btw…ek hou meer van Bovril, ons het in SA al eerder Bovril gekoop. En my sus het vertel hoe hulle vir die ou mense in die hospitaal ‘n marmite drankie gegee het – as hul bloeddruk laag is. Ek het selfs Marmite drankies gedrink toe ek laat nag geswot het – dit het my goed wakker gehou.

    • Mei 27, 2011 3:20 vm

      ek wou nog se ‘Something is rotten in the State of Denmark’ is een van my gunsteling quotes van Hamlet – wat natuurlik vir jou se dat ek Hamlet gehad het op skool.

    • Mei 27, 2011 8:23 nm

      So eintlik is jy ‘n Bovril mens! 🙂 Ek het grootgeword met Frey Bentos, maar dit bestaan al lank nie meer nie.

      • Mei 31, 2011 12:26 vm

        🙂 Daar is nie regtig ‘n groot verskil in die smaak vir my nie, dis meer die res van die gesin wat vol fiemies is. Ek onthou Frey Bentos, kan nie onthou hoe die houer gelyk het nie – of die smaak, maar kan die naam onthou.

  12. Junie 3, 2011 9:30 vm

    Ek is mal oor Marmite! Sal nie aard in Denemarke nie.

Lewer kommentaar op leonvonmoltke Kanselleer antwoord