Skip to content

Bul teen Bul

Junie 13, 2011

Praat jy met enigiemand oor bulgevegte en die eerste beeld wat opgetower word, is van ‘n waaghalsige matador in ‘n uitspattige uitrusting wat met ‘n rooi doek ‘n groot swart bul uitlok en laasgenoemde metodies en bloedig om die lewe bring.

frame4dd77f21c1a6cfe55946db39c33ccbeb530400f7

In Korea (en inderdaad ook in Japan) is bulgevegte egter ver verwyderd van die bloedige Spaanse weergawe. Daar is geen matadors in snaakse klere nie, geen spiese of swaarde nie en bitter min bloed. Want in Korea is dit nie mens teen dier nie, maar bul teen bul.

frame791c9ceb1e58ef8b8d7dd157afccdf4289cebce7frame946b47c8783e65532f3327f389593c0207ddca88

framed6118fa7a6ccb50872a47d71b5dcd697ce694ab5frame55160acd74c7984ce4edb3d0c4fedaab0a9de732

Bulgevegte in Korea is as’t ware ‘n baie ouer sport as die Spaanse weergawe en, hoewel niemand kan sê wanneer die eerste bulgeveg op die skiereiland plaasgevind het nie, word dit oor die algemeen aanvaar dat die sport ten minste ‘n 1000 jaar oud is. Dit het lank terug, eeue voor die era van telekommunikasie en digitale vermaak, ontstaan as sport, toe boere op die platteland hulle sterkste bulle vir vermaaklikheidswaarde teen mekaar laat veg het. Deur die jare het die sport se populariteit toegeneem en het dit ‘n georganiseerde sport geraak met toernooie, reëls en spesifieke regulasies.

framef0b09343a452b98136dea2c922fe5a7f7f66b7daframe09d9648c4e97b3ccd3458212ca5229afc248a23d

frame66f2ed55fa616800b4dd057da5253b7d38ed693bframeee2357f64f5e5e442faf3d004f28e371693deb7a

Die bulgevegte word in moderne arenas gehou wat spesiaal vir die doel gebou is en die bulgeveg-seisoen is van Maart tot November, wanneer die toernooie in verskeie plattelandse dorpe regoor Korea plaasvind. Van hierdie toernooie is Cheongdo se toernooi die grootste (hier vind ook jaarliks gevegte plaas tussen Koreaanse en Japannese bulle) en dis dan ook hier wat ek die eerste keer bewus geword het van die sport. Ek wou dit nog altyd bywoon en was bevoorreg om tydens my dorpie, Uiryeong, se jaarlikse fees op ‘n Vrydagmiddag op die pawiljoene te gaan sit saam met geswore bul-ondersteuners (nou nie van die blou variant nie!).

frame275debd7ea641e70d8830c9a492df92e194edec7framee93f7fbcd0bb6e4f1eacbe3a50fe7abdcfc4f3fc

framee89dd502d7818132f4aa4efe0fa5d59f9bf64f71framed534a78beb4345383d00a8ee4b31de8f80e4e807

Om een of ander rede het ek dit vir myself baie wreed voorgestel, juis seker omdat daardie Spaanse prentjie in my agterkop was. Dis egter niks wreder as ‘n boksgeveg nie. Twee bulle van dieselfde gewigsklas word gepaar om kragte te meet, saam met hulle eienaars/afrigters wat onderskeidelik in blou en rooi geklee is. Die bulle stamp koppe en die horings klap, terwyl die twee eienaars/afrigters hulle bul met luide krete aanspoor. Die verloorder is die bul wat eerste die aftog blaas. Van die gevegte is so kort soos enkele minute voor een van die bulle opgee, maar ander gevegte kan tot ‘n uur of meer duur. Die aankondiger en die skare skree saam, die soju vloei en buite die stadion, waar seekat, pajeon en samgyeopsal met ywer verslind word, word daar lustig gekuier. En natuurlik is bulgevegte ook die ideale geleentheid om ‘n geldjie te wed om die bul wat jy glo die wenner gaan wees.

frameae8a0d4ad8f3706d2d75c608d070874c1d57f5eb

Die bulle wat aan hierdie sport deelneem is die eienaar se mees gesogte bulle en kan enigiets weeg vanaf 500kg tot ‘n ton. Dit is groot, intimiderende diere en hulle is duidelik in top kondisie. Om die waarheid te sê, word hierdie bulle gepamperlang deur hulle eienaars. Hulle het ‘n spesiale dieet, wat kosse insluit wat in Korea gesien word as kragkosse. Dit is dus vir hierdie bulle glad nie snaaks om oa seekat, ginseng en allerhande ander konkoksies gevoer te word nie. Party eienaars glo selfs dat slangvleis en soju net die regte doepa is. frame197b35233d7ae53cb65b9ec13043e3c22f68aac5

Geen skrywe oor bulgevegte sal volledig wees as mens nie die besondere verhouding tussen die Koreaanse veeboer en sy os of bul noem nie. Nie net is die os ‘n gewaardeerde lid van die Oosterse diereriem nie, maar word bulle/osse ook as getroue vriende gesien en ontstaan daar dikwels ‘n baie noue emosionele band tussen mens en dier. Daar is selfs gevalle waar die boer die dier ‘n gewyde begrafnis gee met grafsteen en al. Hierdie verhouding is kinematografies uitstekend uitgebeeld deur die dokumentêre film, Old Partner, wat in Korea ‘n weghol lokettreffer was. Die regisseur, Lee Chung Ryoul, was geïnspireer om die film te maak deur die geskiedenis van sy eie vader. As jy dalk die film kan opspoor, kyk dit gerus – jy sal nie spyt wees nie.

Ek sluit af met ‘n aanhaling uit ‘n 2007 Reuters nuusberig:

If the bull does his best and wins, people celebrate, but if their bull does not succeed people are understanding of the circumstances. The spirit is the same as that of the Korean people. We celebrate victory but don’t dwell too long on defeat when it comes.”

Advertisements
6 Kommentaar leave one →
  1. ShiningFire permalink
    Junie 13, 2011 9:40 nm

    Baie mooi inskrywing Boer! 🙂

  2. Junie 15, 2011 12:46 vm

    Ek wou self ook nog altyd so ‘n bulgevegkampioenskap gaan bywoon het. Daar was veral een so maand of twee gelede wat ook glo Amerikaanse rodeo inkluis het.

  3. Junie 15, 2011 8:23 nm

    Baie cool inskrywing. Interessant.

  4. Junie 15, 2011 9:30 nm

    Dis nou wat ek noem ‘n bul van ‘n storie. Interessant!

  5. Junie 17, 2011 4:16 vm

    Oulike inskrywing – laat my aan kapokhaantjies op die plaas dink. Ek het my altyd aan hulle verkyk – hulle moes net altyd met mekaar veg.

Trackbacks

  1. Oor feestelikhede en ‘n reuse tou « Boer in Ballingskap

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: