Skip to content

Michael Fridjhon oor Suid-Afrika

Junie 22, 2011

Kyk, ek is geen aanhanger van wynkonsultant en-beoordelaar, Michael Fridjhon, nie. Die redes daarvoor is nie nou hier ter sprake nie. Maar ek herken en erken wyse woorde as ek dit lees, al is dit nou van Fridjhon, of enigiemand anders vir wie ek min tyd het. Want sien, ek glo dis belangrik dat mens objektief bly en nie bloot die baba met die badwater uitgooi omdat jy nie van die boodskapper hou nie (ditto Steve Hofmeyr ea). Hier dan, Fridjhon se woorde mbt Suid-Afrika (hoewel ek glo dit beide universeel en individueel van toepassing is). Dit is veral die laaste paragraaf wat tref:

It’s difficult to imagine a country which courts disaster the way we do, and then steps back from the precipice as that had always been the plan. We moan daily – with no shortage of grounds for complaint – about what goes wrong, but we’re fiercely patriotic the moment an outsider dares to criticise. Our stand-up comics have us falling about with routines which describe our way of life – a few examples will suffice.

You know your proudly South African when: employees dance in front of the building to show how unhappy they are; you produce a R100 note instead of your driver’s licence when stopped by a traffic officer; Rwandan refugees start leaving the country because the crime rate is too high; you consider the high crime rate as normal.

The interesting feature of this kind of humour is that it depends on its being in some way counter-intuitive. We pretend that crime or corruption is funny – probably to neutralise the sense of exposure and betrayal they invoke. Conversely, we make the things that count in our lives seem unimportant – in order not to be seen to be investing in them. In short, we protect ourselves from disappointment, from ridicule, from belief in ourselves and our future. This way no one can really get to us. No-one can deprive us of what is precious because we make sure we never reveal the true value of anything.

WINE, April 2011

22 Kommentaar leave one →
  1. Boer in situ permalink
    Junie 22, 2011 10:28 nm

    Typical Talmudic bullshit!

    • Junie 23, 2011 8:25 nm

      Ek kry nie klein hoe jy hierdie woorde by die Talmud uitbring nie? Maar aan die anderkant, ek het ook nog nooit die moeite gedoen om die Talmud te bestudeer nie.😉

  2. Junie 23, 2011 12:32 vm

    “No-one can deprive us of what is precious because we make sure we never reveal the true value of anything.“ – Sorry, maar ek stem nie saam met hom nie. Sy uitsprake is regtig effens drasties.

  3. Junie 23, 2011 1:04 vm

    I feel I can’t really comment on the South African situation anymore because I’ve been out of the country for so long only memories seem to be important. But after a while you realize most countries are fucked up and have their own “unique” universal problems. I am in America and here wasted money and corruption is just as bad as anywhere else. $20 billion are fleeced every year from Medicare & Medicaid. No one actually knows how many billions of Social Security is paid to dead people every year, but someone is getting it though. Billions are given to other countries and wars. Why and what for no one in America is really certain. Most Americans don’t want to be in these wars in any case. At least violent crime is mostly absent and reduced to petty crime which is nearly everywhere in the world.

    All I know is that there is no Utopia and no perfect country. There is only a little piece in the sun for each of us and we all have to take it on ourselves to get that little piece in the sun and make it works for us. I know it is a very insular way of looking at life but so is farting against thunder. The smell is always local.

    • Junie 23, 2011 8:30 nm

      bluegrass, statistically speaking, I suppose you are right that “most countries are fucked up”. All countries, just like individuals, have problems and for sure there is no utopia. However, there are indeed many countries that are not “fucked up”.

  4. Junie 23, 2011 2:59 vm

    Wel, mbt die laaste paragraaf: ek is besig om my sin vir humor vinnig te verloor.

  5. Junie 23, 2011 6:13 nm

    Ek sien dit maar net as sy persoonlike opinie. Ek dink dit hang grootliks af van waaraan hy probeer waarde heg. Is dit die dinge wat saakmaak soos bv. vryheid van spraak en gesondheid, of is dit meer materieel?

  6. Junie 23, 2011 8:22 nm

    Ek moet erken ek is nogal baie verbaas oor die kommentaar op hierdie inskrywing. Ek het die woorde nou oor en oor gelees en dit bly steeds vir my treffend en waar. Miskien lees ek verkeerd, of miskien sien andere nie daarin wat ek daarin lees nie?

    Bogenoemde beskrywing is ‘n uitstekende verduideliking van hoe humor mense in moeilike omstandighede help om te oorleef en hulle help om nie hulle rasionaliteit te verloor nie. Deur oor ernstige sake te spot en grappe te maak, gee mense (bewustelik) voor dat die sake nie in werklikheid so belangrik is nie. Dws hulle “ontken” deur humor dat dinge so erg is soos dit in werklikheid is. Dis ‘n basiese oorlewingsmeganisme wat die ondraaglike draaglik maak. Dit is juis dus hoekom ek se dit is universeel van toepassing, asook individueel. Teenspoed kan beter verwerk word deur die beginsel van humor toe te pas. Daarom is dit ook op die VSA en ander lande van toepassing (bluegrass). En ek verstaan nie hoekom hierdie woorde drasties is nie, son? Die feit van die saak is dat humor mens help oorleef en omstandighede versag. Dit is sekerlik die effektiefste middel om mensself te bluf ter wille van geestesgesondheid (son, jy praat van die gekkeparadys?). Het julle al ooit daaraan gedink hoe ‘n depressiewe land Suid-Afrika sou gewees het sonder humor?

    Wat Fridjhon duidelik skets, is dat ons deur humor se: “Dis nie so erg nie.” en so van onsself en andere die feit verbloem dat dit eintlik erg is. So verskuil ons dit wat saakmaak (veiligheid, gesondheid, dienslewering, trots, vooruitgang, uitnemendheid, bevoegdheid ens. – demoerin) en beskerm ons eie geestesgesondheid. Want as ons elke dag humorloos moet erken dat baie dinge wat saakmaak vir nou en die toekoms, afwesig is, sal ons net op ‘n hoop wil sit en ween. Dis ons vestings, ons veilige huis, ons skuiling en ons toevlug. Daarom, in Fridjohn se woorde, “…we protect ourselves from disappointment, from ridicule, from belief in ourselves and our future.”

    NS: Ek sou nooit kon raai dat ek eendag Fridjhon se woorde sou verdedig nie…dis nogal vir my humoristies.

    • Junie 23, 2011 11:04 nm

      Boer, ek dink die meeste van die kommentaar (myself ingesluit) het gefokus op die negatiewe sy van die situasie, die realiteit van Suid Afrika, en nie op hoe humor ons help om moeilike omstandighede te verwerk nie of ons help om van dag tot dag voort te nie teen staande die kondiesie van Suid Afrika. Humor was vanaf die vroegste tye ‘n teenmiddel teen haaglike omstandighede en armoede en politieke onderdrukking.

      Terloops, vir baie in SA is die crime and veiligheid nie ‘n groot probleem nie. Hulle sien dit nie eens raak nie, hulle sien dit as normaal. Ek het onlangs ‘n video gesien waar ‘n swart vrou wat ‘n hotel eienaar is in Johannesburg gese het dat SA tans ‘n uitstekend land is om in te bly, en hoe sy voor 1994 nooit sou kon besit en doen wat sy nou besit en doen nie. Hoe sy nou ‘n lening kon kry en haar eie besigheid besit, ens, ens. Toe hulle haar vra na die hoe crime rates en algemene veiligheid, was haar antwoord basies: What crime and violence? How is it different or more excessive than in Brazil or Mexico or Rome or Paris? Daar teenoor het die wit persone in die video net oor crime and violence gepraat en hoe die land agteruit gegaan het. Die een groep kyk vorentoe, die ander agtertoe.

      • Philip permalink
        Maart 24, 2012 6:38 nm

        Why would you, and the man who very melodramatically call himself as “Boer in ballngskap” want to comment or involve yourself with South Africa or anything South African? You have, after all, decided to leave – why bother with us and our problems? Is it bacause your new country of choice is not really that good or living up to what you thought it would be? Leave us alone! Focus on your new beloved country! We do not need your pity or advice.

    • Boer in situ permalink
      Julie 7, 2011 5:59 nm

      This philosophy is known as escapism and amounts to the inability to face up to reality.
      It is the height of negativity as it can never lead to resolving the problem.

  7. Junie 26, 2011 8:41 nm

    Ek dink daardie laaste paragraaf is waar vir baie Saffas. – ‘n sekere groep. Hoe anders sal jy dan ‘oorleef’?

  8. Julie 7, 2011 1:36 vm

    Ek het nou net “Disgrace” gekyk. Die filmverwerking van J.M. Coetzee se boek met dieselfde titel. Fridjhon se woorde voel skielik dringender-intens met daardie film in my onderbewuste.

  9. Maart 27, 2012 6:36 nm

    @Philip: Dankie vir die moeite om kommentaar te lewer. Ek dink egter die idee dat mens slegs ‘n mening oor ‘n land kan he as jyself daar woon, is eng, spesifiek as dit jou geboorteland is. Ons leef in ‘n geglobaliseerde wereld en baie mense het vele menings oor vele lande, al het hulle moontlik eers nooit daardie lande besoek nie. Terloops, toe ek laas nog na my paspoort gekyk het, was ek ‘n Suid-Afrikaanse burger.

    • Philip permalink
      Maart 27, 2012 9:20 nm

      Dis redelik eenvoudig – soos ek dit sien = wanneer jy kies om ‘n land te verlaat (of ‘n huwelik ) dan neem jy n volwasse besluit om iets anders of beters te kry. Jy het getrek – so ek aanvaar jy vind dit voordeliger daar anderkant (waar dit ookal mag wees) as jou geboorteland. En jy betaal nie meer hier belasting vir die ophef van almal hier nie. Tensy dit teen jou wil is – leef jy dan in “ballningskap”? maw jy kan nie terug nie? in so geval stem ek saam dat jy heimwee kan he. maar wanneer ‘n mens n huweliksmaat of vriend of land of betrekking per eie keuse verlaat, het ek nie simpatie nie en het daardie persoon nie meer – volgens my – die reg om kommentaar te lewer op sy eertydse land / vriend / huweliksmaat nie. Jy het tog gekies: vir iets beters en TEEN die vorige stand. ek dink jy moet maar nuwe vriendjies maak en waar jy ookal is probeer om hulle kulture aan te leer en – siende dat jy vir hulle belasting betaal – jy hulle sal ondersteun of kritiseer.

  10. Maart 28, 2012 8:50 nm

    Ek verstaan jou punt en die analogie wat jy trek met oa die huwelik. Dit is miskien goed vir mens se eie heil om nie terug te kyk nie. Maar ek dink nie mens kan aan ander voorskryf waarop hulle die reg het om kommentaar te lewer of nie. Ek dink mens sal altyd ‘n opinie handhaaf oor jou geboorteland, hoe reg of verkeerd daardie opinie dan ookal mag wees. Dit is elke individu se persoonlike besluit. Dus, sal ons maar moet ooreenkom om te verskil.😉

    • Philip permalink
      Maart 28, 2012 9:46 nm

      Ek kan nie, en sal nie vir jou voorskryf nie – ek wys net vir jou en andere hoe pateties julle eintlik is en hoe ek groot vraagteken plaas oor of julle werklik beter gekies het of nie.. Ek reis gereeld en het huise op drie kontinente – so ek sien die wereld gereeld uit ander hoek Ek sien ook gereeld hoe mense daar besef hulle het fouteer deur weg te trek en kom dan terug. Dis seker moeilik om te erken vir die familie en vriende dat ” ek het fout gemaak – SA is tog maar nie so sleg nie” EK ondersteun die groep wat al ons mense wat getrek het terugverwelkom sonder vrae te vra.. MAAR die wat oorsee aanhou bly en dink hulle kan geld of ander voordele kry uit om opinies te lug oor ons land – – dis wanneer ek n probleem het. EK het jou website toevallig gesien en gehoop ek kry iets interessant daaruit – mmar dit lyk nie so nie. Dus sal ek wag om te sien of jy nog kommentaar het – indien nie sal ek dit maar ‘skip’ vir die toekoms. Sterkte – ek hoop jy kom gou terug en lewer waardevolle bydrae tot ons land.

      • Philip permalink
        April 3, 2012 8:20 nm

        Boerkie – hierdie is nou my finale besoek – wou net kyk of jy dalk kommentaar op my skrywe van 28 maart sou gehad het. Maar ek sien jy het nie – het nie juis gedink iemand – wie in selfopgeleggde ballingskap buite sy land bly en nie kan uitwerk hy kan terugkeer wanneer dit hom pas nie maar dit als gebruik om simpatie op te wek – sal antwoord kan kry nie. waarheid maak seer!! groetnis.

  11. April 4, 2012 5:37 nm

    Philip, ek weet nie watter antwoord jy verwag nie. Jy het jou standpunt gestel en jou oordeel oor my en die inhoud van my blog klaar gefel. Dis hoe jy voel en ek aanvaar dit so.

  12. Grootoog permalink
    Mei 8, 2012 4:29 nm

    More julle almal. Ek het ook toevallig op die webblad afgekom en het noual baie gelees en ek wil ook net my stukkie post. Alles in die lewe gaan vir my om keuses. Ek lewer nie kritiek of kraak af nie, ek probeer net realisties oor die hele SA kwessie wees. Die is my 5de jaar as kontrak werker in die EU lande en ek het al in 3 lande gewerk. Ek het n hele ander perspektief ondek hier. Vir die meeste europeers is dit niks snaaks om in n ander land in die wereld te gaan werk nie, dis n keuse.

    Terwyl ons in SA was was dit asof SA die hele wereld was. As iemand die land verlaat om oorsee iets te gaan doen was hy/sy n verraaier of n wegloper, ons was nooit bereid om na redes te luister nie. Hier het ek agtergekom dat enige mens die reg het om na die beste geleenthede vir hom en sy gesin te gaan, maak nie saak waar in die wereld dit is nie. Dit maak n persoon meer mededigend en gee die ondervindingding om net nog meer sulke geleenthede aan te gryp. Dit is nie spesifiek beperk tot SA nie. Daar is baie Britte, Duitsers, Nederlandse mense, Franse ens wat enige plek werk en dan kies waar hulle n aftree koop, wat almal van hulle doen.

    In Belgie noem hulle dit die Kerkklok syndroom waar alles vir baie mense net om een spesifieke klein gemeenskappie gaan en dis die begin en end van die wereld. Ek wil amper se die hele SA is met daardie ingesteldheid besig.

    Ek is en bly n SAner en gaan weer terug. Tyd sal bepaal waar en wanneer

    • Mei 8, 2012 6:51 nm

      Dankie vir jou bydrae hier, Grootoog. Jy het heeltemal gelyk. Die geskiedenis van die wereld is gevorm deur mense wat nuwe/beter geleenthede buite hulle geboorteland soek. Globalisering het hierdie proses net soveel makliker gemaak en versnel. Meer en meer mense raak in werklikheid wereldburgers.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: