Skip to content

Begin jou eie blog, mnr. Malan…

Julie 15, 2011

regse1

Liewe Mnr Malan,

Ek ken jou van g’n kant af nie, maar miskien is jy nog verlangs familie aangesien my Ma ‘n nooi Malan was. Ek weet ook nie presies wat daar tussen jou en prof. Van Niekerk gesels is nie (hoewel ek ‘n vlieg teen die muur sou wou wees!). Ek weet ook niks van die Volksraad Verkiesingskommissie af en nog minder van die Verkenningsbeweging (ek moes nou eers hierdie entiteite gaan Google) Maar dit lyk my jy het jou humeur verloor en toe die professor aangerand.

Nou, miskien het prof. Van Niekerk jou ma gevloek (hoewel ek dit betwyfel) en miskien het die Verkiesingskommissie en die Verkenningsbeweging edele doelstellings (ek weet nie). Dit wil egter vir my voorkom asof jy en jou meelopers (hulle het na bewering prof Van Niekerk gedreig) nog met daardie ou idee in die kop rondloop van dit wat nie reg gepraat kan word nie, moet reg gebliksem word. Ek mag verkeerd wees, maar ek vermoed ook dat jy dalk baie eng is in jou denke en nog glo dat Afrikane se plek in die tuin is en vroue se plek in die kombuis. Miskien behandel jy ook Afrikane as minderwaardig in die gang van jou daaglikse lewe. Miskien verneder jy selfs Afrikane as jy die geleentheid kry.

Aan die anderkant kan jy dalk ‘n gelowige gesinsman wees wat jou vrou as gelyke behandel en werklik empatie het met armes en werkloses. Jy kan dalk selfs uit jou pad gaan om ‘n naaste vir Afrikane te wees. Miskien behandel jy alle mense met respek en was jou aggressiewe aanranding van prof. Van Niekerk ‘n rare glips, heeltemal uit pas met jou karakter. Miskien het die koerante hulle feite heeltemal verkeerd en het prof. Van Niekerk jou eerste geslaan. Ek weet nie.

Maar wat ek wel weet is dat – as die koerante se beriggewing korrek is – ek my glad nie vereenselwig met die tipe Afrikaner wat jy verteenwoordig nie. Ekself stem nie saam met prof. Van Niekerk nie en ek het dit duidelik so gestel. Maar ek sal die professor se vryheid van mening tot die dood toe verdedig. Die manier wat jy opgetree doen erg afbreuk aan die Afrikaner se reeds verweerde beeld in Suid-Afrika en versterk die negatiewe stereotipering van Afrikaners.

Mnr. Malan, om rede met geweld te antwoord, beteken jy het klaar die geveg verloor. Begin jou eie blog, mnr. Malan. Dalk is dit ‘n beter opsie…

Advertisements
15 Kommentaar leave one →
  1. Julie 15, 2011 9:25 nm

    Hy moet tog net op LitNet gaan blog – nie hier nie ­čśë

  2. Boer in situ permalink
    Julie 15, 2011 11:57 nm

    U bedoel “Afrikaners” nie “Afrikane” nie. Afrikaners is inboorlinge van Afrika. Dit sluit almal in van die Kaap tot Ka├»ro.
    Om na swart Afrikaners in Suid-Afrika of elders te verwys as Afrikane is om nog gebuk te gaan onder die apartheidsbagasie van die 20ste eeu. Die sogenaamde “Afrikanervolk” was ‘n Afrikaner Broederbond sintese waarvan niemand ooit ‘n definisie kon formuleer wat nie anderskleuriges ingesluit het nie.
    Volkspele is ‘n verleentheid.
    Die Voortrekkers is ‘n na-aping van die Boy Scouts.
    Boeremusiek het niks met Afrikaners of Boere uit te waai nie.
    Die Afrikaner Broederbond is ‘n na-aping van die Vrymesselary en die Joodse Raad van Afgevaardigdes.
    Die berigte in “De Zuid-Afrikaan” oor ons voorsate wat uit die Kaapkolonie emigreer het in die 19de eeu het almal verksyn onder die kop “De uitgewekene Boeren”. Die naam “Voortrekker” was ‘n verdigsel van die AB ontleen aan die selfbenaming van sommige egosentriese indiwidue onder die emigrante wat onder die eerste regerings vir hulself spesiale voorregte opgeeis het omdat hulle ‘n paar jaar voor ander emigreer het.
    Die enigste wyk in die 19de eeuse Vrystaat wat na hulself verwys het as “Afferkaanders” toe die wyke deur die grondwetskrywende vergadering gevra is vir bydraes stel dit so:
    “… en wy noemen niet alleen Afferkaanders die in dit lant geboren is…”
    Buitendien het die Afrikaners van die Arikanerbond in die Kaapkolonie alreeds in 1882 vrywillig afstand gedoen van hulle reg op onafhanklikheid toe hulle lidmaatskap van die Britse Ryk en die soewereiniteit van die Koningin aanvaar het.
    Die briefwisseling tussen Nederland en Brittanje van Januarie 1902 wat aanleiding gegee het tot die vredesverdrag van Vereeniging het na die mense wat teen die Britse Ryk geveg het, verwys as die “Boere” in Frans en in Engels. Die Afrikaners van die Kolonie het as vrywilligers aan Britse kant teen die Boere geveg.
    In die jare na die oorlog het die Afrikaners die Boere geleidelik van hule identiteit beroof en so verhoed dat ons ons onafhanklikheid onder die Vredesverdrag van Vereeniging kon terug eis.
    Die res is “koerantstories”.
    Ek het grootgeword onder die waan dat ek ‘n Afrikaner is wat Afrikaans praat en in Afrika woon. Na ek vyftig geword het, het ek ontdek dat ek ‘n Boer is wat Boers praat en, soos Jakob in Egipte, in die land van my vreemdelingskap woon.

  3. Julie 16, 2011 7:59 vm

    Nie eens ‘n gelowige gesinsman sal sy hand vir ‘n ander lig nie, dan beskou ek hom NIE as ‘n ‘gelowige’ gesinsman nie, maar aan die ander kant weer, dalk is hy maar net ‘n ‘gelowige’ {een van daardie wat ‘glo’, maar nie ‘n werklike Christen is nie} en nie ‘n opregte Christen nie. ‘n Opregte Christen sal dit beslis nie eens oorweeg nie en eerder ‘praat’ oor dinge. As hy ‘n blog begin, moet hy ook nie hier kom saampraat nie, ek meng my nie met semels nie…

  4. Julie 16, 2011 11:10 nm

    Hy beskou homself wraggies as ‘n martelaar, want ek sien hy hongerstaak nou. Protes vir die reg om 57-jarige proffies aan te rand wonder ek? Hoe pateties – hierdie ouens is die ware Jannie Jammergatte van SA.

  5. Julie 17, 2011 12:12 vm

    Ek stem saam. Eerder in ‘n ander blogtuiste!!

  6. Julie 17, 2011 6:26 nm

    Dit sal net soveel pret wees op WordPress! ­čść

  7. Julie 19, 2011 2:14 vm

    Hier moet ek bly, dit klink ons gaan nog lekker sports sien met vuisgevegte onder die Afrikaners. LOL!

  8. Julie 19, 2011 2:29 vm

    Stem saam BiB, waarom nie op ons WP werf nie? Kan net pret wees.
    Vreemd maar ek het nog nooit gehoor dat Malema `n teenstander aangerand het nie?
    Hy het skynbaar baie geld. Miskien betaal hy ander om teenstanders by te kom?
    Is tragies, maar daar is baie wat dink Malan is `n held.
    Laat sak my kop in skaamte.

    • Anoniem permalink
      Julie 20, 2011 4:57 vm

      Ja elke Boerelyk in huis en haart is die aap se werk!

  9. Julie 19, 2011 7:35 nm

    Lees gerus hierdie uitstekende stuk beriggewing. Maak ook die situasie rondom Malan duideliker:

    http://carakind.wordpress.com/2011/07/18/a-volkstaat-for-the-vvk/

  10. Anoniem permalink
    Julie 20, 2011 4:51 vm

    Wat meng jy in met jou met jou gebabbel! So ook die res van julle! Eintlik moet jou naam jingobanneling wees! Volgens jou profiel foto kruip in iewers in ‘n koue gat weg! Ken jy jou geskiedenis so ‘n bietjie? Ken jy Danie Theron se geskiedenis? Ja, ja die dag toe hy die Soutgat redakteur paklslae gegee het omdat hy die Afrikaner beledig het! Abel het gedoen wat min bereid is om te doen. Staanop vir wat reg is. Praat twak en kry tabak!

  11. Julie 21, 2011 4:06 vm

    Anoniem, dit is ouens soos jy wat mens skaam maak vir jou eie Afrikanerskap. Jou skrywe laat mens wonder wat jou houtwerk simbool was?
    Ouens soos jy vernietig die bietjie simpatie wat mens nog gehad het met die Afrikaners wat woeker met die tuisland idee. Eintlik hoop ek jy kry so `n plek iewers ver weg, dan is ons verlos van `n erge verleentheid wat nie eers die moed het om onder sy eie naam te skryf nie. Danie Theron sou ook skaam wees vir die ruggraatloosheid.
    Sorry Boer, ek mors nou hier op jou respektabel werf.

  12. Augustus 2, 2011 7:51 nm

    http://www.dieburger.com/By/Nuus/Maak-klaar-ek-sal-slaan-20110729-3 Het jy die een gesien/gelees? ­čÖé

  13. Louis Marais permalink
    Augustus 4, 2011 7:59 nm

    Ek stem nie saam met die manier hoe Abel Malan die situasie hanteer het nie, maar ek verstaan dat hy frustreed. Ek ook van mening dat die media ‘n groter storie daarvan gemaak het as wat nodig was.

    Daar is baie erger dinge wat met ons mense gebeur en, dit word nooit uitverband uit geruk nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: