Slaan oor na inhoud

Switserland: ‘n Lus vir die oog en die lens

September 2, 2011

P8106395

Toe die onafhanklike gemeenskappe in die omgewing van die Luzern-meer, te wete Schwyz, Uri en Unterwalden in 1291 ‘n pakt van gedeelde belange en beskerming gesluit het, kon hulle nie bewus wees nie dat hulle die grondslag gelê het vir een van die vooruitstrewendste nasie-state wat die wêreld ooit sou voortbring.

P8096060P8106356

Vandag word die oorspronklike pakt steeds beskou as die grondslag en die begin van die Switserse Konfederasie*, wat later algemeen bekend sou word as Switserland (afgeleide naam van een van die oorspronklike lede, Schwyz). Hierdie drie gemeenskappe word beskou as die oorspronklike drie kantons (selfregerende gemeenskappe) van Switserland.

P8126928P8126930

Met die tyd saam het ander gemeenskappe deel geword van die Konfederasie en in 1499 het die Switserse leër die gesamentlike magte van Habsburg (koningshuis van Oostenryk) en Swabië (deel van hedendaagse Duitsland) beslissend verslaan. So het die Konfederasie de facto onafhanklikheid verkry van die Heilige Romeinse Ryk (die diverse Frans-Duitse ryk, waarvan Karel die Grote oorspronklike grondlegger was).

P8116512

Dit was egter eers in 1648, na die Vrede van Westfalia, wat Switserland se onafhanklikheid amptelik erken is. Switserland se huidige geografiese beslag het finale vorm aangeneem na die val van Napoleon in 1815, toe die onafhanklike Franse gemeenskappe – te wete Genève, Neuchâtel en Valais – by die Konfederasie ingelyf is. Tot en met 1874 was die kantons, vir alle praktiese doeleindes, nog onafhanklike state en was sentrale beheer afwesig. Die grondwet van 1874 het egter vir die eerste keer ‘n federale beslag aan Switserland gegee, met oa ‘n sentrale gesag en gedeelde geldeenheid.

P8116484P8116533

Vandag bestaan Switserland uit 26 kantons en is grondwetlik sekerlik die beste voorbeeld in die wêreld van hoe verdeelde gemeenskappe in een land saamgesnoer kan word met ‘n gemene nasionale doel. Dit het Switserland vermag deur aan die verskillende kantons die maksimum hoeveelheid selfbestuur te verskaf. Met hierdie grondwetlike beskikking is Switserland vandag ‘n navolgenswaardige voorbeeld van direkte demokrasie (“deur die mense, vir die mense”).

P8126750P8126838

Dit is daarom ook nie verbasend nie dat Switserland gegroei het tot een van die rykste lande in die wêreld. Switserland het een van die hoogste lewenstandaarde en lewensverwagtings ter wêreld; ‘n deurwinterde ekonomie wat resessie na resessie weerstaan; ‘n stabiele geldeenheid in die Switserse Frank; van die strengste omgewingsvriendelike wette in die wêreld; ‘n reputasie vir uitnemende vakmanskap en die kwaliteit van hul produkte; een van die beste openbare vervoerstelsels ter wêreld, en die beste gesondheidsorg wat jy kan kry. Switserland is ook by verre een van die veiligste lande in die wêreld (met openbare vuurwapenbesit wat byna so algemeen is soos selfoonbesit, is dit ‘n feit wat enige anti-vuurwapen aktivis liefs verswyg).

P8116624

Nie sleg vir ‘n land van sowat helfte van Mpumalanga provinsie (in Suid-Afrika) se grote nie, met geen toegang tot die see nie, geen grondstowwe en ‘n etnies-diverse samelewing met vier amptelike tale. Voeg hierby die feite dat Switserland nooit koloniale besittings gehad het nie, nie deel is van die Europese Unie nie en eers in 2002 deel geword het van die Verenigde Nasies, en ‘n mens staan verwonderd oor die sukses van hierdie klein paradys. Miskien het dit juis baie te doen met die feit dat Switserland die afgelope sowat 500 jaar ‘n streng beleid van neutraliteit handhaaf en dus nie na die 16de eeu ooit onderworpe was aan oorlogsverwoesting nie. Daar is seker baie redes vir Switserland se ongekende sukses as nasie-staat, maar persoonlik glo ek dis die mentaliteit van die mense. Hoe mens se kop werk, bepaal grotendeels mens se toekoms.

P8106431

P8106186P8126961

P8116633

Afgesien van die land se grondwetlike sukses, is die land boonop ook een van die mooiste lande ter wêreld. Publiseerbare byvoeglike naamwoorde ontwyk my, maar ek sal maar volstaan deur te noem dat Switserland soos een, groot poskaart in die Alpe genestel is. Dit is sekerlik een van die mees fotogeniese lande wat ek al besoek het. Maak nie saak watter kamera jy het of hoe skeel jou oog is nie – jy gaan sukkel om lelike foto’s in Switserland te neem.

P8126944

Van die outentieke stede soos Luzern, Zürich en Lausanne, tot die Alpe wat jou totaal nietig laat voel en sg “berge” in ander lande soos molshope laat lyk; na die pragtige suiwerblou mere, die wingerdterrasse van Lavaux tot die klein ouwêreldse dorpies van Maienfeld, St Saphorin en andere; na die indrukwekkende eeue oue kastele en pragtige kerke, groen velde en kronkelende riviere. Switserland is werklik ‘n ware lus vir die oog en die lens.

P8106406P8106194

P8106321P8116680

Maar dis ook nie waar dit stop nie. Die land is pynlik netjies, skoon en georden en die verbruikersvriendelike openbare vervoerstelsel is in ‘n klas van sy eie (en beter as wat ek al in die Ooste ervaar het). Die mense is geweldig beleefd, gaaf en vriendelik. Die plaaslike biere is eg en baie lekker, wyl die wyne ook nie te versmaai is nie.

P8096116P8096100

Die verskeidenheid van smullekker kase, brode en koue vleise is sonder einde. Die koffie is in alle eerlikheid van die lekkerste koffie wat ek al in my lewe geproe het (en ek is ‘n groot koffiedrinker!). Kortom, Switserland is ‘n land wat beïndruk van die eerste oomblik wat jy jou voete daar sit, tot die laaste oomblik wanneer Zürich se nagliggies in die niet verdwyn deur die vliegtuig se patryspoortvenster.

P8116643

Daar is in der waarheid slegs een enkele negatiewe aspek wat ek van Switserland kan noem en dis dat (as jy nie in Switserse Frank verdien nie) dit ‘n baie duur (met ‘n hoofletter F!) land is om te besoek. Maar is dit dan die moeite werd? Ja en nogmaals ja! Wanneer jy al lankal vergeet het van hoe jy jou bankbalans verniel het, sal jy steeds die beelde en herinneringe koester van hierdie sprokiesland.

* Switserland se amptelike naam is in Latyns, Confoederatio Helvetica

25 Kommentaar leave one →
  1. ShiningFire permalink
    September 2, 2011 10:50 nm

    Bela bela!!!!!!!!!!!!!!!!!

  2. September 3, 2011 2:43 nm

    Soos gewoonlik is dit pragtige foto’s. Al wat ek nog van Switzerland gesien het was Zurich.

  3. September 3, 2011 6:00 nm

    Ek was ook nog net op die lughawe, jou foto’s vertoon mooi, as dit Blogdesk is, weet ek nie waar daardie funksie is wat jy vir jou foto’s gebruik nie, anders kort myne dalk ‘n ‘update’, dis werklik mooi! Daardie eerste paar laat my aan skaak dink! 🙂

    • September 5, 2011 8:11 nm

      Ek sie die skaak-ooreenkoms 😉 Maar jy vra nou mos vir kok se bestanddele af? 🙂 Ek gebruik steeds Blogdesk, maar ook so ‘n paar ander manipuleringsrprogramme.

  4. Mefri permalink
    September 3, 2011 9:35 nm

    BiB, dit is voorwaar ‘n lus vir die oog en lens. Om met die trein al langs die meer na Oostenryk te ry, was vir my absoluut sprokiesmooi gewees. Jy is so reg, die skoonheid bly verseker voortleef in jou hart se binnekamers, vir altyd en ‘n dag.

  5. September 3, 2011 10:12 nm

    Ek moet ‘n plan maak om daar uit te kom. Dit lyk pragtig.

  6. Heidi BoerkowSki permalink
    September 4, 2011 7:55 vm

    Soos jy se n pragtige land,maar soos ooral is daar definitief ook heelwat donker kolle wat mens as n toeris heelwaarskynlik nie van bewus is nie.Veral by die banke,le baie geld wat nooit ooit sneeuwit gewas kan word nie,En hierdie geld dra daaglik tot die voorspoed en infrasruktuur by,en tot ander se leed.Elke tweede diktator se geld le hier.Maar die bankgeheimenis wakkel en Switserse banke moes in die laaste jaar of twee baie toegestandnisse tot ander lande maak i.v.m belastingontduiking.Ook die sterk Switserse Franc het nie net voordele nie.In die laaste paar maande moes die Nationale Bank biljoene insteek om die Franc se groei teenoor die Euro en Dollar in toom te hou.Was ook ten tyde van die eind fase van Apartheid die enigste staat in Europa wat PW kon besoek,het met Wouter Basson en sy gespuis aan chemiese wapenprogramme meegedoen.Switserse banke het die “regime” geld geskiet,sanksies omgaan en daarvoor het die geld en goud in Switserse bankkluise gerol.Na die Nazi Goud episode,het Ed Fagan,dieselfde Amerikaanse advokaat namens Khulumani groep n eis van 50 biljoen dollar teen twee Switserse banke ingestel.Daarna het die Switserse parlament,n komissie van ondersoek ingestel in verband met die bedrywighede van Switserse firmas en Regerings departemente in Suid Afrika,en is na n paar maande gestaak,nadat dit duidelik geword het ,wat dit vir n kruitvat was.Gelukkig vir die Switsers het Thabo Mbeki besluit om die reperasies te laat staan.Geen wonder plaaslike aktiviste het hier na “Apartheidiland” verwys nie.Switserland het nog altyd baie verbindinge met Suid Afrika gehad deur die jare.Paul Kruger het hier gewoon in ballingskap,die Kruger Huis staan tot vandag toe in Clarens in die Franse canton van Vaude,wat later sy naam verleen het aan die dorpie in die Oos Vrystaat.Nadat Paul Kruger se naam as straatnaam in St.Gallen geskraap is,het PRAAG tot n boikot van Lindt sjokolade uitgeroep.Helvetica is n pleknaam in die Oos Kaap naby Middelburg.Zwingli naby Zeerust is vernoem na Ulrich Zwingli,die reformator,wat die inslag gegee het vir mense soos Johannes Calvin,wat ook in Suid Afrika diep spore na gelaat het.Twee van die grootste Switserse sport sterre ,Roger Federer en Thabo Sefolosha ,het Suid Afrikaanse ouers.Van die grootste firmas op die SMI,die Switserse beurs, het Suid Afrikaanse wortels,Richemont International,beheer deur die Rupert familie,Ivan Glasenberg,die CEO van Glencore is n Suid Afrikaner,Mediclinic besit die Hirslanden Groep,van die beste privaat klinieke in Switserland.En soos jy se,die wyn is nie te versmaai,nie,maar maak jou as n wynkenner nie heeltemal liries nie.Die wynberge is meer in die oog als op die tong.Daarteenoor is daar talle Switsers wat hulle in die wingerde van die Kaap gevestig het,Eikendal,Glen Carlou,Saxenburg,Sonop en hope ander.En nee,wapens is sekerlik geen bewys van veiligheid nie ,eerstens is dit meestal weermag wapens sonder ammunisie,tweedends weet almal hier wat wapens kan aanrig,sien die aanslag op die Zuger Parlament in 2001. Terselfdertyd as n groot wapen uitvoerder,wat natuurlik neutraliteit belas,word werksgeleenthede altyd as n teenvoeter teen anti-wapen aktiviste gebruik .In die laaste referendum het 44% van die bevolking teen weermag wapens by die huis gestem,tendens groeiend,en meer en meer wapens word deur persone ingelewer vir bewaring in die magasyne.One Man’s Tears is Another’s Swimming Pool ! Soos Kerkorrel gese het ,”Die Klein Wit Republiek “,Europa is n realiteit,en Aparterigheid was nog nooit n toekoms nie.Die parralelle is baie dieselfde,maar die Switsers wag nog op hulle RubiC(on)abernet.

    Groentenis uit die Alpe
    Heidi BoerkowSki

  7. September 5, 2011 8:23 nm

    Heidi, dankie vir jou interessante kommnentaar. Van die Switserse konneksies met SA wat jy noem, was ek bewus, maar van ander nie. Ek sal bietjie later ook skryf van my besoek aan Oom Paul se huis. Daar is egter een groter-as-mens Afrikaner wat jy nalaat om te noem en dis natuurlik Mike Horn – sekerlik die moderne wereld se mees waaghalsigste en deurwinterde avonturier. Hy bly al jare in Switserland, maar is ongelukkig baie onbekend in sy geboorteland.

    Dit is natuurlik so dat elke land sy donkerkant het en dat hierdie donkerkant nou nie voor die besoekende toeris se bors gedruk word nie. Suid-Afrika is ook ‘n uitstekende voorbeeld hiervan. Ten spyte van alles, bewonder ek nog steeds die Switsers dat hulle met dit wat hulle het, so ‘n suksesvolle en leefbare land kon skep vir hulle burgers. Switsers kan opreg trots wees op die land waarin hulle woon, en natuurlik is hulle ook.

  8. September 5, 2011 11:32 nm

    Dit is die enigste Europese land wat ek regtig graag sou wou sien. Verder trek my hart Suid-Amerika toe 🙂

    • September 6, 2011 8:59 nm

      Daar is soveel plekke wat ek nog wil sien, dat ek al lankal vrede gemaak het met die feit dat ek in my leeftyd nie daarby gaan uitkom nie…

  9. September 6, 2011 3:19 vm

    Jy laat my lus vêr uithang Boer. Mensig maar dit is mooi. En was Heidi en Peter nie ook beroemde Switsers nie?
    Miskien moet Heidi maar hier kom bly as die Switsers haar so beswaard maak!
    Jou foto’s is soos gewoonlik pragtig.

  10. September 6, 2011 9:00 nm

    😆 @ Louwie….
    Ek beplan om ook nog oor Heidi en Peter te skryf. Hoe dan anders?

  11. September 8, 2011 2:28 nm

    Werklik sprokiemooi.

  12. September 9, 2011 10:33 nm

    @bluegrass: Die geleentheid het hom voorgedoen, maar die moontlikheid dat deel van ‘n volgende boek in Switserland kan afspeel, is nie uitgesluit nie…

  13. Heidi BoerkowSki permalink
    September 11, 2011 8:35 nm

    @louwie,het laasjaar,n halwe jaar in die Suide deurgebring,en hoe het ek dit nie geniet nie ! Daar is omtrent 10 000 Switsers wat ook saamstem en hul lewe daar onder geniet.So ook derduisende ander uitlanders.Snaaks dat so baie Afrikaners so baie met Afrika sukkel.Net in Kaapstad woon meer as 30 000 Duitsers,so die koring kan nie te bitter wees nie ?

  14. September 16, 2011 4:10 vm

    Dankie vir die inligting Heidi, ek sal aan die vrouens en kinders (meer as 10,000 van hulle)van die meer as 4,000 boere wat al vermoor is gaan sê van die 10,000 Switsers wat so lekker bly hier, dit behoort vir hulle baie vertroostend te wees.
    Die meer as 30,000 Duitsers wat hier bly behoort ook meer as te kompenseer vir die meer as 500,000 Suid Afrikaners wat al land uit is omdat hulle nie meer kans sien vir die moord en doodslag hier nie.
    Dan sal ek ook vir die gesin van die Engelse dokter wat nou onlangs hier in ons buurt voor sy mense vermoor is gaan sê Heidi sê dit is eintlik net die Afrikaners wat met Afrika sukkel, hulle moet die moord dus nie so persoonlik opvat nie.
    Jy was `n hele 6 maande in die land, so jy sal tog beter weet as ek wat al `n leeftyd hier bly hoe dit hier gaan. Dit sal nie aan jou `n verskil maak as ek vir jou vertel van misdaad nie, byvoorbeeld dat my bure oorkant die straat se kuiergaste se kar met vuurwapens teen hulle koppe nou een Sondag gekaap is nie en dat dit die derde kaping in soveel Sondae was wat net in ons straat gebeur het nie. Dat my dogter en `n vriendin reg voor my huis met vuurwapens beroof is, dat dieselfde dogter in Bloemfontein by `n kitsbank op die grond vasgetrap is soos `n dier terwyl hulle geld met haar kaart uit haar rekening getrek het nie, dat my vrou per geluk uit `n kaping kon wegkom of dat my bakkie uit my erf gesteel is nie.
    Dan is daar nog ….. ag nee wat man, ons bly in `n pragtige, geweldlose land van liefde en partydjies en pret elke dag.
    Kom kuier gerus weer.
    Net so terloops, daar was al toeriste wat binne 6 uur na hulle aankoms in die land of beroof of vermoor is.
    Ek kan natuurlik ook nie help om te merk hoe vinnig jy was om `n ellelange relaas te skryf oor Switserland se donker kant, net omdat Boer as onskuldige toeris die land besing het nie!
    Ek kan met Afriika saamleef, dit lyk my dit is met die Heidi’s van die wêreld waarmee ek `n helse probleem het.

  15. September 17, 2011 6:00 nm

    Ek oorweeg sterk om later in my lewe (oor so tien of twintig jaar) in Switserland te gaan bly en moontlik eventueel daar af te tree. Of ten minste, Switserland is een van die lande wat ek oorweeg en sit tans as #1 op my lysie.

  16. September 17, 2011 7:42 nm

    Uitstekende keuse! Sal nie omgee om dieselfde te doen nie. 🙂

  17. Heidi BoerkowSki permalink
    September 18, 2011 12:54 vm

    Ja,Louwie dit klink heel plesierig daar in jou Afrika,en ek sal my uit die stof maak,sodat jy weer jou sneeuwittigheid sonder donker kolle kan geniet ! Maar die miljoene toeriste sal kom om ons unieke pragtige land te geniet,met of sonder die Suurbraakers.Net soos hulle ook na Switserland toe sal kom,met of sonder goeie wyn !

  18. September 24, 2011 4:44 nm

    Spesiaal vir jou Heidi, met komplimente van `n ou suurbraker. Gaan lees en kom so effe by.
    Dit pla jou oënskynlik nie dat daar ongeveer 30,000 mense per jaar hier vermoor word nie?
    Pla dit jou hoegenaamd dat daar destyds 10, of is dit 7 miljoen Jode vermoor is? Ontstel dit jou as `n baba verkrag word, of met `n 9 mil pistool deur die kop geskiet word, of dat hier by ons elke 7 sekondes `n vrou iewers verkrag word?
    Lekker bly in kammaland!

Lewer kommentaar op Heidi BoerkowSki Kanselleer antwoord