Skip to content

Waarnemings vanuit my leunstoel: Die 2011 Rugby Wêreldbeker: Week 2

September 23, 2011

rugby-world-cup-2011-500x195rugby-world-cup-2011-500x195rugby-world-cup-2011-500x195rugby-world-cup-2011-500x195rugby-world-cup-2011-500x195

Die tweede week van die Rugby Wêreldbeker in Nieu-Seeland het nie soveel hoogtepunte opgelewer nie, met die onverwagse oorwinning van die Iere teen Australië wat uitstaan.

PaulOConnellChargingVAustraliaSept172011INPHO large

Foto: Breakingnews.ie

Hier dan enkele waarnemings hier uit die verte, waar die herfs uiteindelik aangebreek het na ‘n lang en bedompige somer:

  • Die beste wedstryd van die week, was ongetwyfeld Ierland se oorwinning oor die Drienasies-kampioene en Wêreldbeker-gunstelinge, Australië. Ierland het ‘n kragtige vertoning gelewer en sodoende die kaarte vir Australië en ander spanne in die uitspeelrondtes deurmekaar gekrap. Die vraag is net of Ierland so ‘n vertoning sal kan herhaal in die moontlike kwarteindstryd en daarna?
  • Ierland se oorwinning skep die moontlikheid dat Australië in die kwarteindstryd teen die Springbokke te staan sal kom. Nie goeie nuus vir die Wallabies of die Bokke nie. Want die wenner sal dan heel moontlik teen die All Blacks moet speel om ‘n plek in die eindstryd te haal. In teenstelling sal Frankryk, Engeland, Ierland, Wallis die sogenaamde makliker paadjie hê. Om die waarheid te sê is daar selfs sprake dat Frankryk die naweek se komende wedstryd teen die All Blacks met opset sal wil verloor, sodat hulle die “makliker” pad vorentoe kan volg. Maar Ierland moet nog teen Italië wen, alvorens hierdie scenario waar word. Sal dit nie bitter snaaks wees as Frankryk “met opset” verloor nie en daarna klop Italië dalk vir Ierland? Maar persoonlik glo ek nie daar is enige maklike pad tot ‘n Wêreldbeker-eindstryd en nie. Om Ierland as ‘n “maklike” span af te maak, is ‘n fout. Vra maar die Wallabies.
  • Na die eerste week het die swakker spanne beïndruk met hulle veggees, maar die afgelope week het die wiele effe begin afkom. Die gaping tussen die beste spanne en die swakker spanne is maar nog erg groot en vele van die wedstryde was teleurstellend eensydig. Eers het Argentinië vir Roemenië afgeransel, waarna die Springbokke vir Fidji vermorsel het en daarna vir Namibië verneder het. Selfs Italië het ‘n vyftigtal teen Rusland op die bord gesit. En vandag het Australië met nog ‘n vyftigtal die Amerikaners se neus in die grond gevryf. Maar darem was daar nog nie ‘n honderdtal nie.
  • Japan het my teleurgestel deur teen Tonga te verloor, wat op hulle beurt die wedstryd teen Kanada weggegooi het. Japan wil baie graag meer kompeterend raak voor hulle die Wêreldbeker in 2019 aanbied. Maar daarvoor sal hulle dramaties moet verbeter. Gelukkig het hulle darem nog agt jaar daarvoor.
  • Die Springbokke het afgeronde en oordonderde vertonings teen Fidji en Namibië gelewer. Hulle lyk op die oomblik baie goed, maar tog moet mens in gedagte hou dat hierdie vertonings nie teen die beste spanne was nie. Dis ook moeilik om te voorspel hoe die Bokke teen Ierland of Australië in die kwarteindstryd gaan vaar, aangesien hulle in hulle twee wedstryde hierdie week glad nie onder druk was nie. Die enigste wedstryd waar hulle werklik onder druk was, was verlede week teen Wallis en ons weet hoe amper dit was. Die wedstryd teen Samoa (wat Wallis hierdie week opgedreun het) volgende week sal dalk ‘n beter barometer wees vir die Bokke.
  • Op hierdie stadium lyk Nieu-Seeland en Suid-Afrika na gunstelinge, terwyl Argentinië, Ierland en Wallis ook goed lyk. Maar moenie…en ek herhaal moenie…die Wallabies afskryf nie. Hulle Wêreldbeker is nog lank nie verby nie.

Hierdie naweek se 3 groot wedstryde is Frankryk teen Nieu-Seeland, Fidji teen Samoa en Argentinië teen Skotland.

South-African-Biltong

Geniet dit!

rugby-world-cup-2011-500x195rugby-world-cup-2011-500x195rugby-world-cup-2011-500x195rugby-world-cup-2011-500x195rugby-world-cup-2011-500x195

Ok, met hierdie fototjie terg ek net eintlik myself. Dis erg om al hierdie rugby biltongloos te aanskou…

Advertisements
5 Kommentaar leave one →
  1. September 24, 2011 5:11 vm

    Wat die biltong betref, ek besef nou net iets: mans kan ook multitask: biltong eet, rugby kyk en bier drink, alles tegelyk!

  2. September 28, 2011 10:19 nm

    Jy moes maar laat iemand vir jou gepos het B-)

Trackbacks

  1. Waarnemings vanuit my leunstoel: Die 2011 Rugby Wêreldbeker: Week 3 « Boer in Ballingskap

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: