Skip to content

Waarnemings vanuit my leunstoel: Die 2011 Rugby Wêreldbeker: Week 3

September 30, 2011

rugby-world-cup-2011-500x195rugby-world-cup-2011-500x195rugby-world-cup-2011-500x195rugby-world-cup-2011-500x195rugby-world-cup-2011-500x195

Daar was doe afgelope week twee wedstryde wat eenvoudig in ‘n klas van hul eie was. Eerstens was daar die epiese stryd tussen Argentinië en Skotland. Tot dusver was dit vir my die beste wedstryd van die toernooi. Dit was naelbyt en dramaties, met die slegs ‘n stukkie towerkuns deur Lucas Gonzalez Amorosino wat die verskil gemaak het tussen twee baie gedetermineerde spanne. Die uiters talentvolle Amorosino is definitief een van die opwindendste spelers in die toernooi en ek dink nie dit gaan die laaste keer wees wat hy vir die Poemas die verskil tussen wen en verloor gaan beteken nie.

Tweedens was daar vandag se klipharde en dramatiese stryd tussen die Springbokke en Samoa. Die Samoane het (weer eens) gewys dat hulle saam met die groot honde kan blaf en het die Wêreldbekerkampioene laat klippe kou. Soms het die kreatiwiteit en vernuf van die Samoaanse agterlyn mens jou na jou asem laat snak. Die enigste verskil tussen die twee spanne was Frans Steyn se kanonvoet en die Bokke se meedoënlose verdediging.

ARGENTINA

Foto: Getty Images

  • Die vertoning van die Franse teen die All Blacks was soos flou teewater. As mens so na die span kyk en al die kontroversie rondom die afrigter, Marc Lievremont, asook sy verhouding met sy spelers, is die vergelyking met 2010 se Franse sokkerspan, onwillekeurig. Ek gaan verbaas wees as die Franse verder as die kwarteind vorder. Daarenteenoor toon die All Blacks se spel ‘n baie duidelike opwaartse kurwe en hulle speel soos die gunstelinge wat hulle is. Ek glo nie hulle gaan sommer gestuit word nie.
  • Die swakker spanne het die afgelope week deurlopend die spit afgebyt, met vyftigtalle wat op ‘n drafstap opgestapel is teen Roemenië, Rusland en Namibië in uiters eensydige wedstryde. Die IRB* kan dit gerus oorweeg om die aantal wêreldbekerspanne vanaf 20 na 16 te verminder om sodoende die rugby-skouspel meer geloofwaardigheid te gee. Gelukkig is hierdie eensydige, betekenislose wedstryde amper verby, hoewel mens vrees wat Australië en Nieu-Seeland hierdie naweek teen onderskeidelik Rusland en Kanada gaan opdis.
  • Op hierdie stadium lyk Nieu-Seeland steeds na die gunstelinge, met Australië, Ierland, Wallis, Engeland en die Springbokke wat ook na Wêreldbekermateriaal lyk. Argentinië en Skotland het beïndruk, maar ek weet nie of hulle genoeg stamina oor het om in moontlike kwarteindwedstryde mededingend te bly nie.
  • Hoewel Samoa op pad terug is huis toe, was hulle vertoning teen Suid-Afrika fenominaal. Hulle het regdeur die toernooi hulle hart uitgespeel en sou waardige teenstanders in enige kwarteindstryd gewees het. Hulle kan trots wees op elk van hulle vertonings in vanjaar se Wêreldbeker.
  • Verlede week het ek genoem dat die wedstryd teen Samoa ‘n beter barometer vir die Bokke sal bied as die eensydige wedstryde teen Fidji en ‘n hopelose Namibië. En dit was toe ook so. Sodra die opponerende span die Springbokke onder druk plaas, begin die Bokke kwesbaar lyk. Dit het teen Wallis gebeur en weer vandag teen Samoa. Nou kan mens redeneer dat die Bokke elke keer gewen het. Enigste probleem is dat ek glo dat nie Wallis of Samoa die sterkste opposisie is wat Suid-Afrika gaan teëkom in hierdie Wêreldbeker nie.

Hierdie naweek is daar twee groot wedstryde wat bepalend gaan wees in Groep B en Groep C. Engeland pak Skotland in Auckland, wyl Ierland en Italië kragte meet in Dunedin. Al vier spanne speel om ‘n plek in die kwarteindstryd te verseker, so aan passie en drama gaan die wedstryde nie te kort kom nie. Hoewel dit my uiterste vreugde sal verskaf as Skotland die Engelse klop, glo ek nie dit gaan sommer gebeur nie. Net so kan ek nie dink dat die Iere, met hulle huidige spelpeil, gaan vasval teen die Azzurri nie. Maar kom ons kyk…dit gaan opwindend wees!

kaas

Ek dink ek sal die rugby gade slaan met goed verouderde kaas en ‘n glasie stewige Chardonnay.🙂

rugby-world-cup-2011-500x195rugby-world-cup-2011-500x195rugby-world-cup-2011-500x195rugby-world-cup-2011-500x195rugby-world-cup-2011-500x195

* International Rugby Board

9 Kommentaar leave one →
  1. September 30, 2011 9:14 nm

    My naels is afgekou – en dan het ek myself belowe ek gaan die rugby ignoreer!!! So much for (good) intentions😆 Dit help ook nie om te weet my dogter het R500 gewed op die Bokke (wat R4000 kan word as hulle wen!)

  2. September 30, 2011 9:24 nm

    Jy moet maar ‘n paar naels oorhlos vir volgende naweek!😆 Hoop vir jou dogter se onthalwe die Bokke bly op die wenpad

    • September 30, 2011 11:03 nm

      Ek het nie TV nie! Enige idee waar ek aanlyn van die wedstryde (of ten minste die twee wat jy in hierdie skrywe noem) te siene kan kry?

  3. Oktober 3, 2011 5:27 vm

    As jy nie TV het nie [@skryfblok] dan kan jy op yahoo-live ook dit volg. Ek het die krieket een jaar so gevolg toe dit nie op ons TV gebeeldsend was nie. In elk geval, ek hoop die Bokke wen die KE teen Australie. Kyk, ek weet hulle is nie so goed hierdie jaar nie, maar darem vir ons reputasie hoop ek so!

  4. Oktober 3, 2011 11:06 vm

    Dankie Nikita.

    • Oktober 4, 2011 6:52 nm

      Hoop jy’t reggekom. Is maar soms wisselvallig op die Net en mens kry nie altyd ‘n (gratis) direkte uitsending nie. Maar in Seoul behoort dit nie te moeilik te wees om ‘n plek op te spoor waar jy kan kyk nie.

  5. ShiningFire permalink
    Oktober 5, 2011 4:36 vm

    Kry genoeg kasies en wyntjies Boer, die Aussies gaan julle afrantsel😛🙂

  6. ShiningFire permalink
    Oktober 5, 2011 4:37 vm

    Kry sommer genoeg Sojo ook, vir die ekstra skop wat julle gaan kry! mwahahaha!!!!!!!!

  7. Oktober 5, 2011 7:36 nm

    Ons sal maar moet sien…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: