Skip to content

Wanneer ‘n vriend se woorde my omgord

Oktober 17, 2011

P4030066

ek wil
drup

drup

soos die reën in die grootbos bo die see
en daar, op die rand van was en niks
wil ek wag
vir die malgasse om terug te kom

wil ek
my oë tot trane skreef
teen stormwind en soutsproeiweer
wil ek nog eenmaal my lyne wyd gooi
en die
soutwater voel brand
in die klein snytjies aan my hande

 

(c) Johan Horn

5 Kommentaar leave one →
  1. Oktober 18, 2011 12:34 vm

    My gunstelling deel is “wil ek wag / vir die malgasse om terug te kom”. Ek hou van die repiterende [a] saam met die alliterasie van die [g].

  2. Oktober 18, 2011 6:06 vm

    baie mooi beskrywend !

  3. Oktober 18, 2011 3:30 nm

    Hy weet wat hy doen, oraait! Ek geniet ALTYD sy skrywe😉

  4. Oktober 21, 2011 7:08 nm

    Johan het baie talent. Ek is net dankbaar dat hy my soms toelaat om van sy skrywes hier te plaas.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: