Skip to content

Ek was reg….en ek was verkeerd.

Oktober 23, 2011

rugby-world-cup-2011-500x195rugby-world-cup-2011-500x195rugby-world-cup-2011-500x195rugby-world-cup-2011-500x195rugby-world-cup-2011-500x195

Ek was reg…die All Blacks het uiteindelik die Webb Ellis trofee weer gewen. Baie geluk aan hulle. Enige ander span sou dalk gevou het teen ‘n uitstekende Franse span. Maar Nieu-Seeland het met gedetermineerde verdediging vasgebyt en ek dink meeste mense sal saamstem dat hulle dit verdien.

111023102746-rugby-story-top

Foto: Getty Images

Maar ek was ook verkeerd…Die wedstryd was glad nie eensydig nie en Frankryk het gesorg vir die beste en spannendste finaal in jare. Hulle was eenvoudig uitstekende eindstryd-opponente! En kaptein, Thierry Dusautoir (speler van die wedstryd) was eenvoudig briljant.

rugby-world-cup-2011-500x195rugby-world-cup-2011-500x195rugby-world-cup-2011-500x195rugby-world-cup-2011-500x195rugby-world-cup-2011-500x195

Advertisements
5 Kommentaar leave one →
  1. Oktober 23, 2011 9:46 nm

    Hi Boer, ek het van die begin af geweet hulle gaan wen. Ek was net bietjie meer hoopvol vir SA-die Springbokke- gewees. Ek het nie eens vandag gekyk nie, geweet die Hane het nie ‘n kans nie. Mens kon van die begin af sien hoe GOED hierdie All Blacks. Hulle was net TE goed voorbereid en gereed om te wen. Ek is bly vir hulle en hoop die Springbokke besef dat hulle ou afrigtertjie power was en dat hulle hom lankal moes gepos het, maar ons weet mos hoekom hy daar was. Hopenlik sal hulle nou iemand kry wat weet wat aangaan en wat sy sout werd is.

  2. Oktober 23, 2011 10:24 nm

    Ek wou bitter graag hê die Franse moes wen en het tot op die einde gedink hulle gaan die knoop deurhak, maar die beste span het vandag gewen. Ek gun hulle dit 🙂

  3. Oktober 24, 2011 6:18 nm

    Dit was ‘n ongelooflike senutergende game en ek het elke oomblik geniet! Sou graag die Franse met die beker wou sien, maar ek gun dit vir NZ.

  4. Oktober 25, 2011 4:37 nm

    Ek dink die Franse het way bo hulle normale vlak gespeel en die All Blacks was bietjie “jiitery” gewees. Dit was ‘n goeie wedstryd.

  5. Oktober 25, 2011 8:01 nm

    Wel ek het een les geleer en dis dat die Franse nou een span is wat mens NOOIT kan afskryf nie, maak nie saak hoe power hulle speel nie. Hulle vertoning in die eindstryd was fenominaal.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: