Skip to content

Toekomsloosheid (‘n poging tot definisie)

November 16, 2011

P5170760

Toekomsloosheid is ‘n geestestoestand wat – op grond van vorige ervarings, huidige omstandighede en beskikbare feite – voorveronderstel dat ‘n individu se lewensomstandighede nie gaan verbeter en/of verander op die langtermyn nie. Toekomsloosheid impliseer nie noodwendig die afwesigheid van drome, ideale en ‘n bepaalde toekomsvisie nie, maar eerder die oortuiging dat sodanige drome, ideale en toekomsvisie nie (meer) haalbaar is nie. Toekomsloosheid word dikwels geassosieer met die gebrek aan geloof in God, hoewel dit nie noodwendig die geval is nie. Toekomsloosheid is wel geneig om abstrakte begrippe (bv. hoop) te negeer omdat sodanige begrippe nie op bestaande feite gegrond is nie.

Toekomsloosheid word meermale aangetref by pasiënte wat terminaal siek is, bejaardes, mense wat erge trauma beleef het, soldate en/of burgerlikes in oorlogsituasies, gevangenes, werkloses, mense in absolute armoede, mense wat aan kliniese depressie ly en bannelinge.

Moontlike sinonieme: nihilisme, fatalisme.

Advertisements
8 Kommentaar leave one →
  1. November 17, 2011 12:07 vm

    Ek wonder oor hierdie post van jou. Ek dink ek is te veel van ‘n optimis om ooit aan toekomsloosheid te ly. Dit moet allerverskrikliks wees.

  2. kyker permalink
    November 17, 2011 1:46 nm

    Ek dink baie van ons kom op ‘n stadium tot die besef dat al ons drome en ideale nie verwesenlik sal word nie. Miskien is dit dan die regte tyd om te herpreoritiseer en steeds dit met oorgawe na te jaag wat ons wel nog kan vermag. Bereiking van meer realistiese doelwitte kan nog steeds selfverwesenliking bring. Die lewe is te kosbaar om vir lank verbitterd of ontnugterd te wees.

    Tydens my tyd in Chile het ek iets belangriks van mense daar gesien en geleer: Al besit jy min en al is jou vooruitsigte beperk, kan jy nog steeds ware lewensblyheid ervaar.

  3. November 17, 2011 3:04 nm

    Mag ons nooit so n punt bereik nie. Mag ons drome nastreef, al is dit kleintjies.

  4. November 19, 2011 5:25 nm

    Toekomsloosheid kan as ‘n negatiewe gesien word, maar ek dink daar is ‘n soort vrede wat in toekosmloosheid ervaar kan word. Die alewige strewe na meer en meer, die toekomsgedrewenheid, bring ook pyn.

  5. brieweuitdievreemde permalink
    November 25, 2012 7:29 nm

    Boer, het deur ‘n paar van jou ouer inskrywings ‘geblaai’, hierop afgekom en ek kan op die oomblik totaal met bg inskrywing identifiseer. Ek pas nerens netjies in een van die bg. kategoriee in nie, maar soms voel ‘n mens se (beste) pogings net useless. Nie altyd nie, maar soms. Soos nou.

    • November 25, 2012 8:37 nm

      Ek is eintlik jammer dat jy hiermee kan identifiseer. Ek het ‘n vermoede dat ek en in baie dieselfde posisie is. Sal baie graag wil filosofeer oor ‘n bottel goeie rooi. Ek dink ons sal tot dagbreek gesels. 🙂

      • brieweuitdievreemde permalink
        November 26, 2012 2:55 vm

        Met die res stem ek saam, maar EEN bottel rooi? Nee, Boer, jy was te lank in die beskawing. Hier rond drink ons by die krat, nie by die bottel nie 🙂 ‘Alcohol solves no problems, but neither does milk’ (Anon.) Cheers 🙂

      • November 28, 2012 5:27 nm

        Promises, promises… 😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: