Skip to content

Welverdiend!

Maart 15, 2012

Die Hyundai Elantra (in Suid-Korea bekend as die Avante) is gisteraand by ‘n spoggeleentheid in Midrand aangewys as Suid-Afrika se 2012 Motor van die Jaar. Die Elantra het aansienlik meer stemme verwerf van motorjoernaliste as sy naaste teenstander (ironies genoeg ook ‘n Koreaan!), die Kia Picanto. Dis die eerste keer wat ‘n Koreaanse motor hierdie kompetisie wen.

hyundai

Die uitslag is egter nie so verrassend as wat mens sou dink nie. Sedert die bekendstelling van die nuwe Elantra, het die sedan wêreldwyd lof van kritici ontlok en het dit ook die gesogte titel van Noord-Amerikaanse Motor van die Jaar ingepalm. As mens die motorpers dopgehou het, sal jy weet dat die Elantra van die begin af eintlik ‘n gunsteling was in die Suid-Afrikaanse kompetisie. Hierdie Elantra sal moontlik in die toekoms onthou word as die enkele model wat finaal die verouderde persepsie dat die Koreane middelmatige motors bou, ‘n nekslag toegedien het.

Advertisements
9 Kommentaar leave one →
  1. Maart 15, 2012 9:43 nm

    Hyundai maak deesdae SEXY karre. Ek het my oog op ‘n i20 – en dit van ‘n Toyota-gelowige 😯

  2. Maart 16, 2012 7:32 vm

    Ek was nog nooit regtig ‘n Hyundai tipe ou nie maar ek moet erken hulle het die laaste paar jaar my opinie stadig begin verander. Hierdie Elantra is defnitief iets om na te kyk…

  3. Maart 16, 2012 7:33 nm

    Aanhouer wen. Ek hou nogals ook baie van sy grootboetie, die Sonata (?).

  4. Maart 17, 2012 3:11 vm

    Mooi op die oog!

  5. Maart 17, 2012 11:14 nm

    Mooi saamgestelde foto, mag ek dit op twitter gebruik? Ek self was nog nooit ‘n liefhebber van Hyundai nie, my skoonsus ry een – ek het nogal gedink dit is nie ‘n ‘te slegte’ motor nie 🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: