Skip to content

Bruilof in Jinhae

April 16, 2012

Flussies nog het die winter desperaat en venynig ‘n vorm van meteorologiese terreur gevoer deur laag op laag koue te stuur om sodoende die belowende botsels op die bome te intimideer. Vir ‘n kort tydjie het dit selfs gelyk of die winter slaag in die veldtog. Maar helaas, die seisoenale kentering in die natuur is onkeerbaar. Weliswaar is die lente ‘n goeie week of twee laat, maar die lente is hier.

framef6db5e43c4881ab91c988dc309d43c7ddee45af9

Een van die eerste dinge wat die Koreane vreemdelinge met trots meedeel is dat Korea “vier seisoene” het, so asof hulle die enigste land in die wêreld is met vier seisoene. Maar algaande kry mens begrip hoekom hulle dit so trots verkondig. In die eerste plek noem hulle dit in vergelyking met die Suidoos Asië, wat in der waarheid nie vier seisoene beleef nie. In die tweede plek is die seisoene in Korea baie duidelik onderskeidbaar van mekaar.

frame5d8d0e6dceff04cfb4a7348b5e1befab719d3d2eframeff70609e3767e029285a84993076bbb00f80bb2a

Jy sal op geen stadium wonder in watter seisoen jy jou bevind nie. Hier is die natuur se kleurespel net te dramaties om die seisoene te verwar. Soos ek al vantevore opgemerk het, is herfs sekerlik my gunsteling seisoen, maar geen seisoen is so dramaties, uitbundig en ekshibisionisties as die lente nie.

frame7e4f08133530f4a55e7240685cdae271919ec3d7

In die afwesigheid van gereelde sneeu, is die winterlandskap in Korea regtig onaangenaam op die oog. Dit is ‘n eentonige vaalbruin verveling so ver as die oog kan sien, met absoluut geen snars van kleur as afwisseling nie. Saam met die voortdurende koue en in die afwesigheid van sneeu, het die winter die potensiaal om mens se gemoed ook in die grond in te boor.

frame3d010440e41586f2973c7afbe0e60cdfc983113fframe20c0d7067637db16109f29cdc89b575cc2449970

frame0179c110cda30bf806ca0925a3e445c7ddcf986a

frame572d2bba9bcef9016be79c55883646fa1bc4a9e4framecd6135b9883fe8c5958aee0984a40239f6cad951

Maar dan, op ‘n dag, is dit skielik bietjie warmer, jy begin uiteindelik weer die son se hitte effens voel en om jou begin die natuur lewe. Hier en daar sien jy ‘n skoenlapper of naaldekoker en swaeltjies swiep deur die lug. Suutjies-suutjies begin spatsels groen die vaalheid breek. Eers vou die pragtige wit magnolias oop en daarna volg ander plante en die kersiebome. En as die kersiebloeisels oopgaan, weet mens, dis nou waarlik lente.

frame065fb187feb5040425c99e4c93e2f4e47b4fcdfb

Hoewel minder bekend as Japan daarvoor, het Korea baie kersiebome. En sover mens ry of loop sien mens die witpienk bome so tussen die vaal pronk, soos die bome, amper asof in simfonie, trots die oorwinning oor die winter aankondig. Maar as mens regtig die volle visuele klanke van die kersiebloeisels wil beleef en meegevoer wil word deur die gevoel van vernuwing en verandering, is daar geen beter plek om in Korea te besoek as die suidelike hawestad van Jinhae nie. Hierdie stad is regdeur Korea bekend as die plek om te besoek gedurende die lente. Elke jaar, as die kersiebloeisels begin blom, trek die stad letterlik miljoene besoekers van Korea en ander lande. En dit is nie om dowe neute nie.

frame6ef5913d23a647b8f67a968d7de408f846881ae4frame8dcf2c2f19acf0d2ef4cee16d5397259a9626b92

frame3866491060abb5337cb9d7bf87dad875646581d4

frame2d25d480409bb9a2a04a7f81b4e40bcd8814c7f3frame11009e5731b4f6a67d434ea7001159c73d408bfe

Dit is algemene kennis dat Jinhae die grootste konsentrasie van kersiebome in Korea het. Daar word selfs beweer dat hulle die grootste konsentrasie kersiebome in die wêreld het, hoewel ek dit nie kan verifieer nie. Hoe dit ook al sy, Jinhae het baie, baie kersiebome. En as mens die stad besoek, is dit letterlik ‘n see van witpienk bloeisels – straat op straat, heuwel op heuwel, park op park. Om te se dis ‘n lus vir die oog, is ‘n eufemisme. Dit is inderdaad niks minder nie as ‘n visuele orgasme.

frame499f43946612cf3410252672b65daa98487f0a44

En op geen plek in Jinhae is dit mooier en meer dramaties as die bekende Yeogwacheon nie. Dit is ‘n stroom wat vir amper twee kilometer, weerskante beplant is met kersiebome. Langs die stroom is daar houtpaadjies en oor die stroom houtbruggies.

frame3e1cf36a631968c1cdfe77c8536c902be3008887frame10f4316997ade5dc06a45fcedea00d513db9472a

framefcd3861d4c4b25bb3af1ef8caf8d2c676b246224

frame84d4ce0fbdb18284e765684cfe0c9cb00f07dabcframe41a7b4903891bdc925142dafd8c123a362126555

Die kersiebloeisels vorm as’t ware ‘n tonnel waardeur mens stap en dit is een van daardie plekke waar mens net nie kan ophou om die kamera se knoppie te druk nie. Waar die kersieboomlanings stop, vind mens ‘n pragtige park, waar mens verder om ‘n dam kan stap om nog van die lenteprag in te drink.

framebd254b5f6a8b92eeeba857fe3b6b18a642be9115

Verder het ek eintlik nie woorde nie. Die son breek af en toe heerlik deur die wolke, ‘n ligte briesie dwarrel deur die bome en die bloeiselblaartjies waai soos konfetti oor jou en bedek die grond kompleet soos sneeu. Oral loop paartjies, families en vriende rond. Hier en daar word kos uitgepak en impromptu piekniek gehou. Kinders speel, mense lag en rumoer. Daar is inderdaad ‘n gees van vrede en vreugde.

framee9e89a024d93126e46e87be8e954e205b5a83436

Iewers is daar oorlog, iewers is daar geweld en misdaad, iewers word ‘n vuurpyl afgevuur. Maar vandag, hier in Jinhae, vier die natuur bruilof. En as die roes van die jare my denke vervaag en die verganklikheid die vlees verteer, sal ek die kersiebloeiselbruilof by Yeogwacheon in Jinhae nog helder onthou, asof soos gister…

Advertisements
24 Kommentaar leave one →
  1. April 16, 2012 7:55 nm

    Boer, jy het ‘n manier met woorde en ‘n manier met jou kamera. Dis pragtig! Korea was nog nooit ‘n land wat my aandag getrek het nie, maar namate ek jou blog lees en jou foto’s kyk begin ek van opinie verander…

    • April 18, 2012 7:37 nm

      Dankie, Reinhardt. Natuurlik is die pragtige lente en herfs die beste tyd om besoek af te le, maar jy sal nie spyt wees nie!

  2. April 16, 2012 7:58 nm

    Die kersiebloeisels is pragtig verby. Dankie dat ek dit jou lens kon sien.

  3. April 16, 2012 8:53 nm

    Wow, wow, wow!!! Absoluut stunning foto’s en inskrywing Bib! Thea

  4. April 16, 2012 11:21 nm

    Dis absolute awesome foto’s! Ag, WAAR is my lente nog 😦

    • April 18, 2012 7:40 nm

      Mens moet maar eers deur die winter werk om weer by die lente uit te kom, anders waardeer mens nie die lente so baie nie.

      • April 27, 2012 6:57 nm

        Werk dit nie maar in die lewe ook so nie Boer?

      • Mei 1, 2012 5:17 nm

        Inderdaad, Louwie, inderdaad…Het nooit geweet dat toe my Ma my destyds as klein seuntjie geleer het om eers my groente te eet voor ek nagereg mag he, sy my eintlik ‘n belangrike lewensles geleer het.

  5. April 16, 2012 11:25 nm

    Jy het alreeds alles gesê wat die wonder van die natuurskoon betref.
    Dalk is dit iets wat ek op my emmer-lysie moet skryf 😉

  6. April 17, 2012 12:39 vm

    Wow… dis so mooi… ek gaan dit nog eendag sien

  7. April 17, 2012 2:39 vm

    Sprokie mooi!!!

  8. April 17, 2012 2:50 vm

    Ek sal heeldag langs die Yeogwacheon wil sit. Dit is besonder mooi.

  9. April 17, 2012 3:23 vm

    Die lente is altyd so ‘n openbaring. Soos sonskyn na reen. Skoon en vars.

  10. April 17, 2012 4:10 vm

    WOW! Dis regtig foto’s vir legkaartbokse/sjokoladebokse, asemrowend mooi! Jou foto’s skep net die regte atmosfeer. Mens voel lus om net NOU soontoe te gaan.

    • April 18, 2012 7:43 nm

      Dankie, Nikita. En in werklikheid is dit eintlik nog mooier. Die foto’s is maar net ‘n vae weerspieeling van die werklike ervaring.

  11. Mefri permalink
    April 21, 2012 5:15 vm

    Ongelooflike skoonheid wat jy hier vasgevang het Bib en ek moet saam met Reinhardt stem; jy het wragtie “‘n manier met woorde” Dit komplimenteer en verryk die hele lees-en-sien ervaring – my gemoed sommer veertjie-lig en gevul met pure verwondering.

  12. April 22, 2012 1:32 nm

    Dankie Mefri! Ek waardeer jou kommentaar. 🙂

  13. April 27, 2012 6:55 nm

    Pragtig Boer. Hier begin ons vaal-grys winter nou in alle erns en jy ruik al die blommetjies. So draai die wiel.
    Lyk my die Koreane maak moeite vir mooi. Dit sê baie van `n mens wat dit nog doen, en dit sê baie van die mens wat die mooi raaksien en vaslê vir ander om daarin te deel.
    Doen so voort. Jou foto’s is fantasties.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: