Skip to content

Ek het laasnag gedroom…

Mei 25, 2012

Ek het laasnag in volkleur gedroom dat ek agter die stuur sit van ‘n Ferrari F12 Berlinetta en die spogperd se slinke lyf deur die draaie gooi.

Dit was die lekkerste droom in ‘n baie lang tyd. En hierdie is nou amptelik my droommotor (by wyse van spreke).

2013-ferrari-f12-berlinetta-lead

Foto: Autoblog

F12 Ferrari Berlinetta

Enjin: 6 liter V12

Krag: 544Kw

0-100km/h: 3.1 sekondes

Topspoed: 340km/h

Prys: Wie gee om?

Hulle kan nou maar die Aston Martin Zagato hou…ek het in elk geval nooit oor die Aston Martin gedroom nie.

14 Kommentaar leave one →
  1. Mei 25, 2012 11:07 nm

    Dit is ‘n ongelooflike mooi ontwerp vanaf Ferrari. Sal nie omgee om agter die stuurwiel te kan wees nie. Was lanklaas so genader deur ‘n motor soos die een.

  2. Mei 26, 2012 12:04 vm

    Beautiful car!!!!

  3. Mei 26, 2012 12:54 vm

    Jy droom man!

    Ja nee, dit is ‘n mooi ding. Ek wonder daar in Monte Carlo waar die F1 hierdie naweek plaasvind, of hy nie beter sal doen as die F1-karre self nie! Dit sal interessant wees om te sien of Fernando Alonso met sy Ferrari, noudat hy gelyk met Vettel gekom het met 61 punte, na hierdie naweek voor kan wees.

    • Mei 30, 2012 8:05 nm

      En hy is inderdaad voor! Met die Ferrari wat nie die beste motor op die baan is nie, wys Alonso watter goeie jaer hy werklik is. Dis jammer dat Schumi nie voor kon begin, soos hy gekwalifiseer het nie…

  4. Mei 26, 2012 2:41 nm

    Ai, ai, ai. Dis nou ‘n droom waarvan jy nie wil wakker word nie!

  5. Mei 27, 2012 2:32 vm

    Ek is glad nie ‘n motormens nie, maar ek ken skoonheid as ek dit sien. Pragtige kar!

  6. Mei 27, 2012 4:08 vm

    Ek het presies so ‘n kar
    .
    .
    .
    .
    .
    Ek bedoel nou ‘n posbus-rooie.

  7. Mei 27, 2012 7:52 vm

    Dis nou wiele wat met ‘n mens praat! Nou moet Michael Schumacher nog net saam met my in hom ry😉

  8. Mei 27, 2012 6:07 nm

    Lieflike lyne!

  9. Mei 27, 2012 11:38 nm

    WOW!! Nogal rooi ook! Dis hierdie kar wat ek elke dag my verbeel ek in ry as ek, oppad skooltoe, die draaie so wyd vat!! [ lol] [my kar is rooi, btw.🙂 ]

  10. Mei 28, 2012 8:38 nm

    Sjoe!

  11. Mei 30, 2012 8:09 nm

    Na al die jare wonder ek nog steeds wat vir my die mooiste is: ‘n mooi motor of ‘n mooi vrou…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: