Skip to content

Hierdie inskrywing is nie oor bofbal nie (maar was amper)

Junie 13, 2012

Die Koreaanse professionele bofballiga (net soos in Japan, ‘n nalatenskap van Amerikaans imperialisme) het in 1982 tot stand gekom met die oorspronklike deelname van ses spanne. Van toe af het bofbal in Suid-Korea van krag tot krag gegaan en gegroei tot die gewildste toeskouersport in die land. Lotte Giants, gebaseer in die suidelike hawestad van Busan, is een van die oorspronklike ses spanne en bestaan in der waarheid sedert 1975, toe dit as amateurspan gestig is. Hoewel die Giants slegs twee keer in 30 jaar die kampioenskap kon wen en dit laas so ver terug as 1992 kon vermag, is die span ‘n gunsteling onder ondersteuners. Die reuse (by wyse van spreke) Sajik-stadion in Busan is naweek na naweek volgepak met fanatiese Giants-ondersteuners.

P6021512

En juis dit is wat die uwe nie besef het nie toe hy ewe kordaat op ‘n warm somer Saterdagmiddag in Busan aankom om die Giants te gaan ondersteun. Want sien, net so skraal jou kanse is om op die dag van die spel rugbykaartjies vir ‘n wedstryd tussen die WP en die Bulle by die stadion te koop, is dit ‘n onmoontlikheid in Korea om bofbalkaartjies te bekom ‘n uur of wat voor die tyd. Dis natuurlik nou te sê, as mense die obskure karakters wat rondhang en onderhands kaartjies vir dubbel die prys aan jou wil afsmeer, bloot ignoreer.

P6021519P6021523

P6021556

P6021529P6021617

Maar hierdie inskrywing gaan in die eerste plek nie oor bofbal nie. In ‘n groot stad soos Busan, is daar op enige gegewe naweekdag om van te kus en te keur, as jy nou die dag droëbek voor die bofbalstadion te staan kom. Dus was tweede keuse die Busan Internasionale Motorskou in die byderwetse Busan Exhibition and Convention Center (kortweg slegs bekend as Bexco). Bexco is geleë langs Centum City – ‘n moderne inkopie-en vermaaklikheidsparadys in die ooste van die stad, wat onder andere die die grootste afdelingswinkel ter wêreld ter wêreld insluit.

P6021796

Nouja, dis Korea, en as ek vermoed het dat die inwoners van Busan almal by die bofbalwedstryd is, het ek my lelik misgis. Die massas het na die motorskou gestroom en binnekant was dit ‘n malende, stampende, massa mense wat almal kom nekrek het om hulle aan die modelle te vergaap – dis nou beide die motormodelle en die biologies ekwivalent. Maar om regtig naby enige van die modelle te kom het ‘n gestoei en ‘n gestoot afgegee. Ek wou myself regtig weer bietjie op hoogte bring van hoe die nuutste motormodelle daaruitsien en selfs wou ek in een of twee se sagte leersitplekke wegsink, net om ‘n oomblik te droom. Maar dit was my nie beskore nie.

P6021650P6021763

P6021744P6021693

Met eerste oogopslag was my instink om bloot weg te hardloop. Maar ek het immers betaal vir die petalje en sien, sou ek die modelle sien. My oorspronklike plan van bewonder, beleef en geniet het egter vinnig omvorm tot vuur en beweeg…dis nou met die wysvinger op die knoppie van my kamera. Maar Bexco het ‘n reuse uitstal-area, en van vinnig beweeg tussen die massas was daar nie sprake nie. Dus was dit meer ‘n geval van vuur en beweeg kruipend stadig. Gelukkig is ek effe langer as die gemiddelde Koreaan en het dit my die voordeel gegee om bo-oor die massas foto’s te neem. Ek is ook redelik groter as die gemiddelde Koreaan, so ek kon soms ook my eie spasie opbeur om selfs van onder af ‘n paar foto’s te neem.

P6021544P6021628

P6021730

P6021605P6021720

Van die modelle het vriendelik en innemend vir my lens geglimlag, maar ek het dit nie persoonlik opgeneem nie, aangesien hulle maar daardie selfde kunsmatige posisie vir meeste van die honderde lense ingeneem het. Dit was duidelik dat die biologiese modelle veel meer aandag getrek het as die meganiese tipe. Maar miskien is dit te wyte dat so min werklik kans gesien het om deur die skare te beur om die motors te aanskou.

P6021576P6021621

P6021787P6021714

En so van die motors gepraat, daar was ‘n paar mooi modelle en veral interessante nuwe konsepmodelle uit die Koreaanse vervaardigers se stal. Dit was inderdaad ‘n geleentheid om mensself te verkyk aan al die mooigoed, maar ongelukkig minder aangenaam agv die massas. Nogtans was ek gelukkig om met ‘n hele paar skaflike foto’s uit die stryd te tree, gegewe die beproewende omstandighede. Daarna het ek onmiddellik Haeundae toe vertrek om my persoonlike spasie te gaan terugeis met tone in die sand en voete in die vlakwater.

P6021589P6021707

P6021757

P6021676P6021782

Volgende keer sal ek vooraf die bofbalkaartjies koop, maar ek is in nabetragting nie spyt ek was by die motorskou nie. ‘n Mens se brein het die wonderlike gawe om in retrospek die slegte te vergeet en net die mooi te onthou. En die motorskou was waarlik ‘n lus vir die oog en ‘n lekker vir die lens…

…en hier is sommer nog ‘n klompie foto’s op die koop toe.

P6021580P6021598

P6021654P6021684

16 Kommentaar leave one →
  1. Junie 13, 2012 10:50 nm

    Kia se konsep motor het my natuurlik genader. Dis rerig iets anders om te aanskou! Ja en die modelle ook. Mens moet elke keer as jy ‘n foto neem jouself herinner dat sy nie net vir jou alleen smile nie.

  2. Junie 14, 2012 12:37 vm

    So paar jaar gelede (2007) was ek ook na ‘n motorskou in Korea en alhoewel ek begin het om fotos van die karre te neem het my lens baie vinnig sy korrel verander. Dis nie aldag dat ‘n aspirant fotograaf so te kies en te keer het aan gewillige modelle nie! My vriende in Suid-Afrika was baie beïndruk met die Koreaanse motorskou.

  3. Junie 14, 2012 12:58 vm

    Dis ‘n skande dat daar nie eers een manlike model is nie! Dis mos nie net mans wat motorskou toe kom en motors koop nie!👿

    • Junie 21, 2012 2:31 vm

      Dit is baie erger met motorfietse! Ek kan nie help om te wonder hoe iemand met so min klere aan so ‘n masjien kan ry nie? Ek meen, get real.

  4. Junie 14, 2012 7:20 nm

    Dit kom my voor dat jy darem ‘n oog het vir mooi “model”😉

    Son: Mooi mans adverteer net kombuisware!

  5. Junie 14, 2012 9:20 nm

    Die grap is daar WAS manlike modelle ook by sommige van die motors! Ek het hulle net nie afgeneem nie. Maar volgende sal ek dit spesiaal vir Son afneem.

  6. Junie 22, 2012 4:22 vm

    En die meisies is mooi kuis geklee!! Man het al voorheen “topless” modelle by sulke skoue gesien.
    Maar mooi bly mooi, of dit nou `n kar of `n meisie is.

  7. Junie 22, 2012 11:27 nm

    Jy het ‘n goeie oog vir mooi modelle. Biologies amper meer as vir motors. LOL.

  8. kyker permalink
    Junie 23, 2012 11:34 vm

    Mmm. Baie mooi, gladde lyne. Daar is beter dinge in die lewe as om na ‘n bofbalwedstryd te kyk.

Trackbacks

  1. Bofbal en biltong in Busan « Boer in Ballingskap

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: