Skip to content

Wintervers

Junie 19, 2012

Salwende mooi woordbeelde uit die pen van Johan Horn.

frame3546122ed8ee50b11e52bbbea032f5ce3a17981a

winter

ek onthou:
die hange van die berge soos breë hande
teen die aardkors druk
geduldig wag vir die sneeu uit bruin wolke
die karoo
sonder verweer soos ‘n slaaf se rug onder sweep
lê die vlaktes gekerf deur water in stormweer
en dan in stilte dartel onmoontlik lig soos ‘n droom
fladder-vlokkies wit die knouwind vol

en vanaand van iewers buite die vensters van my onthou
is daar weer die stilte
dra die wintersaand
wye beelde van veld en lug en grond
op die skinkborde van my geheue
soos comfort food rond

(c) Johan Horn

12 Kommentaar leave one →
  1. Junie 20, 2012 2:51 vm

    Pragtig!!

  2. Junie 20, 2012 5:42 vm

    Mooi, ek hou van die frase: skinkborde van my geheue

  3. kyker permalink
    Junie 21, 2012 12:19 vm

    Ja, dis erg mooi. Mens verlang altyd weer terug na jou plek van herkoms.

  4. Junie 23, 2012 11:20 nm

    Bitterlik mooi!

  5. Junie 24, 2012 1:43 vm

    Die metafoor / personifikasie van die wintersaand as ‘n kelner wat beelde van “veld en lug en grond” aandra is vir my intens mooi. En wat is comfort food anders as die oproep van mooi gedagtes?!

  6. Junie 26, 2012 12:54 nm

    Baie mooi, vra vir Johann wanneer kom daar dan ‘n bundel?

  7. Riaan permalink
    Junie 27, 2012 4:10 nm

    O Pragtig pragtig! Wat ‘n belewenis.

  8. Junie 28, 2012 7:44 nm

    Sjoe, dit is werklik mooi. Dit praat so duidelik sonder enige voorgee.

  9. Johan Horn permalink
    Julie 8, 2012 5:18 nm

    Goeiemore🙂 Dankie vir die mooi woorde en ondersteuning. Verstom my altyd om agter te kom hoeveel mense tog nog gedigte lees! Ek is baie dankbaar dat jul by my pogings aanklank vind. Publikasie is seker nie vir my beskore nie – ek sal miskien wel eendag ‘n minder akademiese vorm van publikasie probeer, miskien saam met van my foto’s. Of so iets. En dankie aan jou BIB vir hierdie geniune besonderse blog!!!!!!!!!!!! Voel vir my of ek sonder die nodige stamps-in-die-paspoort reeds Korea deur reis het🙂 En dankie dat jy my pogings hier plaas.
    mooi dag daar by julle almal!

  10. Julie 10, 2012 5:47 nm

    Johan, dankie dat jy my toelaat om dit te gebruik.🙂 Ek dink tog publikasie is ‘n moet vir jou. Jy kan nie alles net vir enkele oe hou nie. En daardie foto-boek is ‘n puik idee. Ek sal geduldig wag…

  11. Julie 19, 2012 6:31 nm

    Daar is nou ñ pragtige prentjie in my kop. Dankie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: