Skip to content

Trots Suid-Afrikaans…

Augustus 17, 2012

Sharpeville, 1960

14have CA0-articleLarge

Oorspronklike Foto: Mayibuye Archives

Marikana, 2012

17southafrica-articleLarge (1)

Oorspronklike Foto: Siphiwe Sibeko, Reuters

Na al hierdie jare is die kleur van die slagoffers steeds rooi…bloedrooi.

28 Kommentaar leave one →
  1. Augustus 17, 2012 8:46 nm

    Dit is absoluut hartverskeurend. ‘n Mens sou die belaglike gedagte kweek in jouself dat iemand iewers langs die pad gaan leer en luister.

  2. Augustus 18, 2012 3:02 vm

    Dis verskriklik.

  3. Augustus 18, 2012 3:24 vm

    Dis Afrika. Daar’s nooit iets nuut uit Afrika.

    Van die os op die jas, Boer, laaik jou nuwe heading fotos wat randomly verander. Nou daar’s iets nuut. Een van die fotos vertoon ‘n pragtige blou baai met lower groen plase rondom dit. Is die ryslande? Sekerlik nie wingerde nie?

    • Augustus 19, 2012 4:37 nm

      Bluegrass, dit is inderdaad die wingerdterasse van Lavaux, op die Geneve-meer! Ek het voorheen daaroor ‘n inskrywing gedoen.

  4. Augustus 18, 2012 6:23 nm

    Het ons gedink ons sal die dag ooit weer sien?

  5. Augustus 18, 2012 9:19 nm

    Jou foto’s hier spreek boekdele!

  6. Augustus 18, 2012 9:52 nm

    Jammer die wêreld sien dit nog steeds as wit op swart geweld! Kry soms die indruk dat die foto’s van sulke gebeure maak seker dat daar altyd ‘n blanke betrokke is. Afrika se fondasie is gebou met bloed en trane.

    • Augustus 19, 2012 4:38 nm

      Rustig, ek het nerens opgetel dat kleur as kwessie uitgelig is in die internasionale media nie. Is dit inderdaad so?

      • Augustus 20, 2012 6:21 vm

        Vriend uit Kanada het vir my ‘n link gestuur. Sal kyk of ek dit nog het. Ongeag van ras! Dit is net vir my erg hoe vinniger die land agteruit gaan en hoe min werd alles en veral lewens geword het.

        PS Ook baie interessante artikel gelees oor plaasmoorde op ‘n “genocide watch” blog.

  7. Augustus 19, 2012 4:36 vm

    Die voorvalle is nie heeltemal vergelykbaar nie. Sharpville was politiese betogers wat afgemaai is terwyl hulle weggehardloop. By Marikana het die polisie geskiet op mense met pangas in die hand wat hulle bestorm het.

  8. Augustus 19, 2012 6:09 nm

    Bertus, ek erken dat die konteks van die twee voorvalle drasties verskil (hoewel ek nie so seker is van jou feite oor Sharpeville nie). Feit van die saak is, op die ou-end is dit die beelde van polisiemanne met wapens, wat by die lyke van die dooies staan, wat die wereld ingestuur word. Wat die omstandighede ook al was, stem ek saam met David Africa in die Mail & Guardian:

    “Whatever the challenges confronting police in the face of an agitated and armed group of workers, the numbers of miners killed seems to reflect an action that seriously transgresses the limits of a reasonable response. The images on TV do nothing to dispel notions that the police response was grossly exaggerated”

  9. Augustus 19, 2012 6:17 nm

    Ek wil ook net noem dat in meningspeilings op oa Beeld en Rapport se webwerwe, by verre meerderheid lesers (ek aanvaar hulle is blank en praat Afrikaans) die polisie se optrede steun. Dit laat my ongemaklik voel. Is dit dalk omdat die slagoffers swart is en nie blank nie?

    • Augustus 20, 2012 6:23 vm

      As ek soms so die mense se kommentare lees oor die algemeen op koerant webwerwe dan moet ek saam stem. Dink rassisme onder blankes is amper vir my erger as vantevore.

    • Augustus 20, 2012 4:09 nm

      BiB & Rustig, hierie het niks met rasisme te doen nie, en dis onnodig om wit en swart hier in te sleep. Ongelukkig het jy nie fotos geplaas van die minstens 10 mense wat deur die stakers vermoor is voordat die polisie ingegryp het om die stakers se barbaarse geweld onner beheer te probeer kry nie.

      Ek vind dit onrudbarend dat die verslaggewing oor die hele staking situasie so verwronge deur die media gegee word. Soos in hierdie geval waar meste van die artikels net noem dat 34 stakers deur die polisie geskiet is, maar nie ook noem dat die stakers meer as 10 mense vermoor het nie . Daai een feit wat nie genoem word nie laat dit blyk of die polisie geen rede gehad het om eers daar te wees nie. Dit was dan net ‘n paar stakers wat vreedsaam daar oppoie koppie gesit en koffie drink het.

      Die hele ding kom al van laas jaar af. In Augustus verlede was daar betogings in Bapong, gemik teen die myn. Die betogings het in geweld ontaard en baie skade is aan eiendom aangerig: voertuie, huise en winkels is gebrand. Toe weer in Januarie hierie jaar dieselle ding: ‘n betoging teen die myn ontaard in geweld en weereens word baie skade aangerig en mense is beseer, onner andere mense wat net daar verby gery het. In beide gevalle het die polisie ‘n lae profiel gehou en is a paar mense gevang en aangekla van publieke versteuring. Maar die menigte het ‘n spiraal van geweld gevolg wat nou in die moord van meer as 10 mense uitgeloop het.

      Hoeveel meer mense moes vermoor word deur doe stakers, sonner dat hulle tot verantwoording geroep word? Die polisie het hierie keer eenvoudig hulle werk gedoen.

      http://www.iol.co.za/business/business-news/a-nation-in-mourning-1.1365703

      Interessant dat Zuma ook noem vannie 8 lede van ‘n vee-diestal eenheid wat vermoor is naby Pomeroy.

  10. Anon permalink
    Augustus 20, 2012 5:13 nm

    Tensy mens hier bly en blootgestel is aan die daaglikse groei van arrogansie en marginalisering teen die witman (ja, ek stel dit reguit – want dis tyd dat dinge genoem moet word soos dit is), kan jy doodeenvoudig nie begryp wat in ons binnestes aangaan nie.

    Tog, tenspyte daarvan, en die feit dat die polisie meestal die burgers in die steek laat, is hierdie aksie van die polisie nie iets wat ek kan afskiet nie. Hulle het probeer met waterkanonne, hulle het probeer met traangas, maar na n week van afwering, toe die onwettige betogers op die polisie afstorm, gewapen, en die polisie hulself moes verdedig, slaan die leierskap en buitelanders eers ag. Presies soos Joh vertel: wat van die 10 wat wreedaardig vermoor is voor Donderdag?

    Wat eerder gevra moet word is: Waar was die ministers toe sekuriteitswagte en polisiemanne vermoor is? Waarom word vakunies toegelaat om te maak en breek soos hulle wil?

  11. Augustus 20, 2012 8:47 nm

    Joh en Anon, dankie vir julle kommentaar en insigte. Ek erken dat die situasie baie meer kante het en meer kompleks is as wat dit op die oog af voorkom. Die media is natuurlik ook sensasie-belus en laat nooit feite in die pad van ‘n goeie storie kom nie. Daarom juis die vergelyking met Sharpeville. Die optrede van die polisie destyds in 1960 is nie verskoonbaar nie, maar die storie wat die wereld ingestuur is, het ook net van die 69 dooies gepraat en die polisie wat geskiet het. Die slagoffers is voorgestel as vredeliewendes wat geen bedreiging vir die polisie ingehou het nie. Dit, nadat 9 polisiemanne ‘n kort tydjie voor Sharpeville op die wreedste manier moontlik deur oproeriges vermoor is. Daar was minder as 150 polisiemanne by Sharpeville, wat feitlik omring was deur ‘n skare van byna 20 000 wat die polisie getart het en nie so vredeliewend voorgekom het as wat die media dit probeer uitmaak het nie (dis nou as mens saamstem dat die gooi van bakstene nie vredeliewend is nie). Die polisie het paniekerig geraak en vir hulle lewens gevrees. Na die tyd het die regering van die dag die polisiemanne se optrede gesteun en so ook (sover ek kan aflei) die meerderheid van die Afrikaner bevolking). Of ten minste was hulle nie veroordelend teenoor die polisie nie.

    By Marikana was daar ongeveer 400 polisiemanne en sowat ‘n 1000 oproeriges (as ek nou die media kan glo?). Die polisie het vir hulle lewens gevrees en op die ou-end met skerppunt-ammunisie losgebrand. Weer eens staan die regering van die dag bankvas agter die polisie en wil dit voorkom of meerderheid Afrikaners die polisie se optrede steun. Selfs al sou mens nou wou glo dat die polisie korrek opgetree het, is my vraag ook of dit nodig was om meer as 30 mense dood te skiet en aan te hou skiet om hulleself te beskerm (ditto dieselfde vraag oor Sharpeville).

    En hoewel die politieke konteks verskil, tref ek om bogenoemde redes die vergelyking. Maar as mens ook bietjie dieper kyk, wonder mens ook soms of die poltieke konteks so drasties verskil. Terwyl die regering en sy BEE meelopers kaviaar van kaal vrouens se lywe eet en Dom Perignon drink, is daar ‘n groot arm (hoofsaaklik swart) klas wat in armoede krepeer en deur die regering verraai word op etlike gebiede (waaronder onderwys, dienslewering, mediese dienste ens.). En daar is ‘n geweldige woede besig om teenoor die regering op te bou. Gooi mens hierby die leierskapstryd binne die ANC en die feit dat iemand soos Ramaphosa aandele in die spesifieke myn besit, dan lyk hierdie geval van geweldpleging nie meer heeltemal soos ‘n blote loonverskil nie. My vraag is maar net: As die skares besluit om op ander gebiede ook in hulle massas teen die regering op te staan, gaan die polisie aanhou skiet?

    Miskien moes hierdie ‘n blog-inskrywing opsigself gewees het, maar nou is dit repliek.

  12. Augustus 21, 2012 6:06 vm

    Goeie fotos’. ‘n Dag van rou is uitgeroep – maar wat van die duisende boere wat vermoor word – nou nie op een dag nie, maar steeds, dit kon op een dag gewees het. Ek stem, hierdie het niks met kleur te doen gehad nie, maar die cheek wat hulle het om daardie 10 mense te vermoor – en dan so arrogant daarna te wees. Wie neem deel aan ‘n ‘vreedsame’ optog met ‘n wapen in sy hand?? vra ek myself. Sal ek volgende keer op strike gaan en ‘n geweer saam met my neem?

    • Augustus 21, 2012 6:23 nm

      Goeie punt wat jy maak van die gewelddadige misdaad wat soveel meer lewens eis op ‘n daaglikse basis. Maar dis altyd groter nuus as ‘n klomp mense op een slag vermoor word. Natuurlik is dit ook baie groter nuus omdat die polisie hier die lewens geneem het. Vraag is nou net: Het die polisie net hulself beskerm of ook die belange van die mynhuis en die regering?

      • Augustus 21, 2012 9:52 nm

        Ek stem saam met jou, dit klink altyd erger, as daar so klomp op ‘n slag vermoor word. Die wêreld hoor ook net van die ‘enkele’ plaasmoord en nie van almal op een slag nie. Plaas al daardie moorde op een site [in Engels!] en stuur dit die wêreld in- dalk mag daar ‘n klein reaksie wees – ook dalk nie eers nie, want dis mos ‘wit’ persone. Dus: geen reaksie. So, ons sal maar nie ons tyd mors nie.

  13. Afrikola permalink
    Augustus 21, 2012 6:29 vm

    Privatise the Profits !
    Socialise the Losses !
    Alles draai net om die werkers en die polisie,waar is Lonmin ? Gaan lees hulle “mission statement”,I quote, “We are successful when

    Our employees live and work safely and experience the personal satisfaction that comes with high performance and recognition. ” Recognision ? ,5000ZAR vir die stakende boorers,5.4 million GBP for XStrata CEO,x13 gedeel deur 12,ek wonder wie voel waardeer ? Of weereens Lonmin, Our values

    Zero Harm We are committed to zero harm to people and the environment. Geen probleem,die SAPS tot U diens.A Luta Continua !

  14. Augustus 21, 2012 6:34 nm

    Ek wou eintlik ook nog byvoeg dat in vele lande sou die minister verantwoordelik vir polisie sy bedanking moes indien en in party lande sou so ‘n gebeurtenis selfs die regering tot ‘n val kan bring. In Suid-Afrika is verantwoordbaarheid egter nie belangrik nie. Slegs lojaliteit tel.

    • Augustus 21, 2012 9:48 nm

      Engeland is so ‘n land waar daar vereis sou word van die Polisiehoof om onmiddellik te bedank. Hier dank hulle jou af as jy nie self bedank nie – in so ‘n geval – doen dit so baie, dis nie eers snaaks nie, selfs sokkerafrigters ens. As jy nie ‘perform’ nie, is jy uit.

  15. Augustus 21, 2012 6:45 nm

    http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Polisielede-se-niemand-luister-na-hul-kant-20120821

    Spreekwoordelike storie het drie kante ? Ek wil glo dat daar nie willens wetens geskiet is op die mense nie. Ek wil glo dat elke mens iewers in hom die besef het dat elke liewe aksie ‘n reaksie het.

  16. brieweuitdievreemde permalink
    Augustus 21, 2012 11:56 nm

    Die Marikana voorval is volgens my ‘n skande. In 2009 het ek twee artikels gelees in Taki’s Magazine op die internet – “Why Africa has gone to hell” (James Jackson) en “Yes, Africa must go to hell” (Alex Kurtagic). Beide artikels ‘just says it all’.

    ‘n Uittreksel uit eersgenoemde: “Mark my words. One day it will be the turn of South Africa to revert to type, its farms that lie wasted and its towns that are battle zones, its dreams and expectations that lie rotting on the veldt. That is the way of things. Africa rarely surprises, it simply continues to appal.”

    Ek hoop natuurlik (against all odds) dat James Jackson verkeerd is….

  17. Augustus 22, 2012 5:29 nm

    Dankie vir die verwysings. Uitstekende artikel van Jackson. Dit sluit nou aan by die gevolgtrekkings in die volgende boeke, wat die probleme baie goed verwoord:

    * Out of America: A black man confronts Africa – Keith Richburg
    * The State of Africa – Martin Meredith
    * The Shackled Continent – Robert Guest
    * The Shadow of the Sun – Ryszard Kapuscinski
    * Capitalist Nigger – Chika Onyeani

  18. Augustus 23, 2012 12:27 vm

    Ek wonder net hoekom getalle altyd so belangrik is? Hierdie is ‘n klomp mense wat op ‘n manier gesoek het daarvoor. Oor een Moslem-man wat onskuldig besig is om voort te gaan met sy lewe en dan bespot en doodgeslaan word, is die bohaai glad nie so groot nie. Ek is eintlik baie meer bekommerd daaroor, want dit het ‘n impak op my beeld as blanke Afrikaanse burger van die land.

  19. Augustus 27, 2012 3:46 nm

    Goeie verwantskap wat jy raak gesien het!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: