Skip to content

Saterdagaand-song V

Augustus 25, 2012

 

Na al die jare en al ‘n redelike entjie die 21ste eeu binne, bly Koos du Plessis se oorrompelende invloed op Afrikaanse musiek steeds staande. Ek vermoed dat, as daar nog mense is wat in Afrikaans sing oor ‘n honderd jaar van nou, Koos Doep se liedjies steeds gesing sal word. Hy is eenvoudig ‘n legende en min mense (indien enige) het so ‘n groot invloed gehad op die ontwikkeling van eg Afrikaanse musiek, soos hy. Daarom hou hedendaagse kunstenaars vol om sy liedjies op te neem en te verwerk. ‘n Groot verskeidenheid kunstenaars het al sy liedjies gesing – sommige pogings beter en ander minder goed. Self, verkies ek meeste van die tyd  hoe Koos Doep sy eie liedjies geprewelsing het. Hierdie verwerking van Skadu’s teen die Muur deur Van Coke Kartel is egter vir my uitstekend gedoen en geweldig treffend. Hulle herskep hierdie tydlose lied en verskaf ‘n nuwe dimensie daaraan. Ek dink Koos Doep sou sy kop instemmend geknik het, sou hy hierna moes luister.

3 Kommentaar leave one →
  1. Augustus 26, 2012 7:13 nm

    Sjoe – i like it alot !

  2. brieweuitdievreemde permalink
    Augustus 27, 2012 11:51 nm

    Stem saam met wat jy se. Het so ‘n rukkie terug na Riku Latti (+ verskeie ander) se album in wording geluister: ‘Die Wasgoedlyn’. Afrikaans is ‘blessed’ met wonderlike musikante en ‘n baie ‘unappreciative audience’.
    Ek dink nou aan die onlangse Rapport artikel oor Gert Vlok Nel waarin verduidelik word van die ikoon-status wat hy in Nederland het, terwyl hy in ZA nie veel aftrek kry nie. (Nie dat ek andersins veel ooghare vir die Hollanders het nie, maar dis ‘n persoonlike mening!)

  3. Augustus 29, 2012 5:30 nm

    Gert Vlok Nel is eenvoudig ‘n genie! Maar dit is maar meeste van die tyd so met Afrikaanse musiek. As jy ‘n lewe daaruit wil maak, moet jy kommersieel sing, anders skraap jy die bodem van die pot of jy moet ‘n “regte” werk ook he. Dis dieselfde met skryf. Ek dink dis omdat die Afrikaanse mark maar so beperk is.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: